Teleskoop vir 308?

User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Teleskoop vir 308?

Post by Hein M. »

raychell wrote: My ondervinding is dat jy baie goed moet kan kyk om deur 'n Vortex te kan kyk.
Stem nie saam nie.  Enige bewyse vir hierdie opmerking sal hoog op prys gestel word.

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Teleskoop vir 308?

Post by Hein M. »

Biltongjagter wrote: Heeltemal reg Francois en daarom het ek so geantwoord:
Dat die koe?l 'n boog trek is juis uitgewys in die trajek syfers in die tabel.
Dus, gaan korrel nou op 150m presies waar jy die koe?l wil plaas op die teiken, en agv die boogpad van die koe?l uit 'n 308 wat op 300m ge-zero is en daardie 130gr koe?l, land daai koe?ltjie 5.06" hoog vanwaar jy jou kruishare se kruispunt geplaas het.
Maar nog steeds is dit net 'n .308, al wat hier verander het was die koe?l tipe wat dieselfde .308 veel beter vermo?ns gegee het.

Francois, nou praat jy 204 Ruger - nie vergelykbaar met 130gr nie.
Maar kom ons kyk na die doodgewone ou .222 Rem en hierdie keer 'n 40gr koe?ltjie van daai selfde soort.

.222
Altitude        : 3000 ft      Temperature      : 48.302  ?F 
Bullet Weight  : 40 gr        BC              : 0.205     
Xwind Speed    : 0 mph        Xwind Angle      : 0 ?       
Muzzle Velocity : 3575 fps    Zero Range      : 300 meters 
 
    Range  Height    Vel      Energy      TOF             
  -------  -------  -------  -------  -------           
        0    -1.50    3575.0  1135.0    0.000           
      50    1.17    3452.1  1058.3    0.047     
      100    2.96    3330.3    985.0    0.095 
      150    3.82    3209.8    915.0    0.145     
      200    3.66    3090.6    848.3    0.197     
      250    2.42    2972.9    784.9    0.251     
      300    0.00    2858.1    725.5    0.308     
      350    -3.70    2745.7    669.5    0.366     
      400    -8.77    2635.7    617.0    0.427   

Nou raak dit tot op 350m 'n redelike plat gradeboog storie, nie waar nie?

Siglyn steeds reguit, maar koe?lpad maar redelik gering weg daarvan af.

En gee daai .308 'n 100gr van dieselfde soort koe?ls - wat kry jy dan?

.308
Altitude        : 3000 ft      Temperature      : 48.302  ?F 
Bullet Weight  : 100 gr      BC              : 0.3       
Xwind Speed    : 0 mph        Xwind Angle      : 0 ?       
Muzzle Velocity : 3500 fps    Zero Range      : 300 meters 
 

    Range  Height    Vel      Energy    TOF             
  -------  -------  -------  -------  -------           
        0    -1.50    3500.0  2719.8    0.000     
      50    1.14    3416.4  2591.4    0.047 
      100    2.88    3333.3  2466.9    0.096     
      150    3.69    3250.8  2346.3    0.146     
      200    3.52    3168.9  2229.5    0.197     
      250    2.30    3087.5  2116.5    0.249 
      300    0.00    3006.8  2007.3    0.303     
      350    -3.45    2927.6  1902.9    0.359     
      400    -8.12    2849.6  1802.8    0.415

Sjoe, hoe spoeg so .308 daai koper pilletjie dan nou?

Geniet die aand,
Koos.
Koos,

Goeie uiteensetting.  Ek leer baie. 

Wil net weet.  Is daar enigiets wat jy inboet met hierdie poging om die trajek platter te maak?  Is die 308 nie tradisioneel 'n geweer waarmee "normaalweg" 130 tot 150gr klas punte  skiet nie?  Weetnie. Vra net.  Ek het noudiedag 'n artikel gelees van iemand wat 110gr punte met sy 30-06 skiet in 'n poging om platter te skiet - en nie kon kersvashou by die 22-kalibers in kompetisies nie.  My kennis is beperk, so ek sal graag wil weet.

Hein M.
Last edited by Hein M. on Sun Nov 28, 2010 7:18 pm, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: Teleskoop vir 308?

Post by Janjak »

Giela,
jy kan gerus na die 4-16 vergroting in die Lynx en Nikon kyk. Hulle kos gewoonlik bietjie minder maar gee goeie diens en min moeilikheid.
Die 6.5-20 en 6-24's is ook goed, die voordeel is dat jy kan sien as daai trajek op die teiken bietjie begin krom trek en dit vroegtydig regstel. ;)
As jy eers aan die groter vergrotings gewoond is sal nie weer kleiner teleskope wil gebruik nie.
Die paralaks moet jou ook nie te veel bekommer nie, jy kan die bv op 100m stel voor jy begin jag en hom daar los.

As jy dalk op n stadium trajekte soek laat my weet dan stuur ek sommer vir jou n program.
Hy vra van scopes manne.... nie trajekte nie.
Biltongjagter

Re: Teleskoop vir 308?

Post by Biltongjagter »

Janjak, beoogde of beplande trajek is tog een van die faktore wat bepalend gaan wees in teleskoop keuse omrede -
Nogtans Francois en Louis, is hierdie stukkie oor trajek en 'n spesifieke koe?l kombinasie juis daargestel om die keuse van 'n teleskoop te vergemaklik. Naamlik, hoe platter die trajek is, hoe 'n mindere 'optical miracle' met allerlei trajek verstellings 'gadgets' (lees 'turrets') + parallaks foefies, sal nodig wees vir alles op tot 400m. Feit soos 'n koei!!!
Hein ja, met GSCHV koe?ls is die .308 'n 100gr tot 130gr koe?l geweer - hoogstens 140gr vir sekere spiraal lengte lope.
So boet jy nie werklik enigiets in deur 100gr tot 130gr GSCHV koe?ls te gebruik nie.
Dit bloot omdat die beter konstruksie van di? tipe koe?ls, gelanseer teen trompsnelhede ho?r as konvensionele loodkern koe?ls, steeds genoeg momentum tot gevolg het om enige van ons vlaktewild soorte met goeie skootplasing met een skoot neer te vel.

Nie werklik kompeterend uit .308 of 30-06 met die .22-kalibers in kompetisies nie, aangesien die ligter kalibers baie ligter koe?ls teen baie ho?r trompsnelhede kan lanseer ( 3700vps tot selfs 4700vps) wat darem bietjie bo die gewone .300's se vuurmaakplek is.

Belangrike vraag, Hein. Hoop die antwoord gee perspektief hieroor.

Groete,
Koos.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Teleskoop vir 308?

Post by Geno »

Ek sal maar eerder niks se van my .308 nie. Hou maar bietjie OTAIV dop vir Stefan764 se terugvoer oor die .308 slagting van die Suid-Oos Kalahari....
Giela, ek het 'n Leupold VXIII 3.5-10X50 op my .308, en dis nou regtig 'n lekker scope vir daai geweer.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Teleskoop vir 308?

Post by Francois Marais »

Koos

Ek het al de post weer gelees en sien n plek of twee waar ek jou verkeerd gelees/verstaan het.

Verduidelik egter vir my hierdie een...
Francois, nou praat jy 204 Ruger - nie vergelykbaar met 130gr nie.
Hoe kry jy dit dan reg om n
die doodgewone ou .222 Rem en hierdie keer 'n 40gr koe?ltjie van daai selfde soort.
en nou skielik met n 100gr 308 punt te vergelyk.

Koos, jy praat nu al van nie konvensionele punte, in gewigte wat nie regtig in die kalibers waaroor ons praat gebruik word nie, my aanvanklike aanmerking was gemaak, tong in die kies, oor n 308 wat met n boog skiet, en al gebruik jy watter redinasie, n std 308 Win, met n standaard 150gr konvensionele loodkern punt, of dan nu koeel, skiet soos n gradeboog, PUNT.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Teleskoop vir 308?

Post by Hein M. »

Koos,

Baie dankie vir die sinvolle antwoord.

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Biltongjagter

Re: Teleskoop vir 308?

Post by Biltongjagter »

Francois, met hierdie wat jy s?:
..... en nou skielik met n 100gr 308 punt te vergelyk.

Koos, jy praat nu al van nie konvensionele punte, in gewigte wat nie regtig in die kalibers waaroor ons praat gebruik word nie, my aanvanklike aanmerking was gemaak, tong in die kies, oor n 308 wat met n boog skiet, en al gebruik jy watter redinasie, n std 308 Win, met n standaard 150gr konvensionele loodkern punt, of dan nu koeel, skiet soos n gradeboog, PUNT.
Jy's reg Francois, die bedoeling was nie werklik om die .308 met die 100gr koe?l te vergelyk met die .222 Rem en 'n 40gr koe?l nie - maar tog om te wys dat die volgens jou, gradeboog trajek eie aan 'n .308, nie noodwendig so hoef te wees nie - vandaar dan die tabel om aan te toon dat 'n .308 nie noodwendig net 'n 'bosdonkie' is nie en ook nie die 'skiet soos 'n gradeboog Punt' as 'n feit hoef te aanvaar nie. Die trajek tabel bewys dit immers.

Vandaar dan dat ek Hein soos volg geantwoord het:
Nie werklik kompeterend uit .308 of 30-06 met die .22-kalibers in kompetisies nie, aangesien die ligter kalibers baie ligter koe?ls teen baie ho?r trompsnelhede kan lanseer ( 3700vps tot selfs 4700vps) wat darem bietjie bo die gewone .300's se vuurmaakplek is.
Ek hoop dit klaar daardie misverstand effe op vir jou.

Nou hierdie ene van jou, Francois:
Koos, jy praat nu al van nie konvensionele punte, in gewigte wat nie regtig in die kalibers waaroor ons praat gebruik word nie,
ai Francois, letterlik duisende jagters dwarsoor die w?reld gebruik hierdie gewigte (lees lengte) koe?ls in hulle .308's en alle ander gewere met heerlike verrassende resultate - soos ek ook kan getuig.

S?, die tyd van net loodkern koe?ls daar buite en alles wat daarmee saamgaan is vir altyd verby, die nuwe verbeterde ontwerp, konstruksie van koe?ls en beginsels daaraan verbonde, is reeds stewig gevestig en ons moet kennis neem daarvan, of ons nou wil of nie!

Welcome on board, Francois!

Lekker dag,
Koos.
Giela

Re: Teleskoop vir 308?

Post by Giela »

Sien ons praat nou van 308

As mens eers mooi weet hoe die sogenaamde boog loop, dan het mens 'n wenresep!

Wil niemand aanvat nie, maar my redenasie is dat die 308 nie verniet seker die w?reld se popul?rste skerpskut ronte is nie as hy nie goed is op langer skote nie en nie doodmaak potensiaal daar het nie. Die 308 groepeer ook seker die beste van kalibers bo 6mm. Of wat se almal?

Wat van die manne wat bisley op 900meter se kant geskiet het?

Ek laai maar my 165grein Nosler Partition in die 308. Werk lieflik vir jag
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Teleskoop vir 308?

Post by Raven »

Giela wrote: As mens eers mooi weet hoe die sogenaamde boog loop, dan het mens 'n wenresep!
Dit is waar my probleem sit met die spesifieke kaliber, in die jagveld het jy nie altyd om eers mooi te range, alles in ag te neem, en dan jou gemsbok wat 263 meter ver staan 'n presiese hart skoot te gee nie... ek s? maar net.
Giela wrote: Wat van die manne wat bisley op 900meter se kant geskiet het?
Presies my punt, ek skiet nie Bisley nie, hulle vat hul tyd op 'n stilstaande teiken,  ek jag en geweer moet skiet waar ek mik.... ek s? maar net.
Giela wrote: Ek laai maar my 165grein Nosler Partition in die 308. Werk lieflik vir jag
Hulle loop ook baie mooi in my 300WinMag.

Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Giela

Re: Teleskoop vir 308?

Post by Giela »

My punt wat ek wou maak met die bisley is dat dit met 'n 308 geskiet word, nie ander kalibers nie

Wat van 'n springbok op 100meter? Hoeveel meer vleis sal die 300WM mors teenoor die 308?

308 is een van die beste all-rounders volgens my
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Teleskoop vir 308?

Post by Raven »

Giela,
Die 308 is dalk 'n goeie "all rounder", maar ek sien dit as 'n bos geweer en nie 'n vlakte geweer nie.
Giela wrote: Wat van 'n springbok op 100meter? Hoeveel meer vleis sal die 300WM mors teenoor die 308?
Op 100 meter skiet 'n man mos breinskote, niks anders. ;)

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Giela

Re: Teleskoop vir 308?

Post by Giela »

Goeie punt, maar die 308 WIN sal bietjie beter wees vir 'n kopskoot aangesien hy akkurater is. Minder horings en bekke sal afgeskiet word

Groete
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Teleskoop vir 308?

Post by Raven »

Giela,
Ons almal het begin om eers 'n Volla te ry...  ;)

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Teleskoop vir 308?

Post by Wouter Roets »

Hallo Giela
Jammer dat ek nou weer oor teleskope wil praat as hierdie gesprek nou eweskielik oorgevat is deur die 308! Kom ek begin deur te se dat ek n groot Leupold man is en 11 VX3 teleskope diens doen oor n hele spektrum kalibers. Met die uitsondering van twee kalibers 25-06 Ack (Varment hunters) en 458 Lott (Dupleks) het al die ander die Boonne & Crockett kruishare. As jy hou by sy aanwysings werk hy uitstekend en kan jy regtig wondere verrig in die jagveld, maak nie saak watse tipe lading jy gebruik nie. Ons jagomstandighede(dag met goeie lig) vereis niks groter as n objektiewe lensgrootte van 36-40mm nie. Nagskiet is n ander storie en word die teleskope baie meer gespesaliseerd en as dit nie n  groot gedeelte van jou jag uitmaak nie, wat jou kaliber nie voorstel nie, sal ek aanbeveel jy bly in daai objektiewe lens spektrum. Onthou dat die 25mm buis juis vir daai lensgrootte gepas is. Met n groter opjektiewe lens moet die teleskoop uiteraard hoer gemonteer word en gepaardgaande daarmee sal jy jou ringe en moontlik die basise ook moet verander vir die 30mm buis en hoer posisie van die teleskoop. Hoer teleskoopmontering beeienvloed n persoon se impakbane op die trajek dramaties. Ek persoonlik steur my nie baie aan paralaks verstellings nie, met net een teleskoop wat dit besit. Dit is vir my nie n groot invloed op normale jagomstandighede nie en ook nie so groot op beter teleskope nie. My voorstel aan jou sal n keuse van tussen die VX3 3.5-10x40 of die 4.5-14x40(Boonne & Crockett) wees met eersgenoemde die meer gepaste teleskoop. Neem ook net in ag met jou keuse die organisasie en geskiedenis van die plek. n Lewenslange waarborg beteken niks as die plek nie meer bestaan nie! Organisasies wat kort bestaan se kaanse op oorlewing is seker ook nie so sterk soos ouens wat al dekades bestaan nie. Dink maar aan hoekom so baie ouens Toyota ry. Daar is baie produkte wat in spesifieke gebiede beter is maar as n persoon oor die geheel prentjie besin is daar min wat kan meeding.
Sterkte met jou keuse en wat jy ook al op besluit, geniet dit!
Groete
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Re: Teleskoop vir 308?

Post by Robert »

GIELA

Ek dink net die ouens wat so sleg praat van onse .308's is jaloers omdat :

1) hulle nie afstand kan skat en , dan blits vinnig die aanle punt kan bepaal, sonder fencie toerusting, nie,
2) nie kan verstaan dat dit 'n baie goeie all rounder is nie
3) Die mees verskeidenheid punte en poeiers geskik is vir die war horse.

Wees trots op hom en moet jou nie deur die fyn gunnietjies laat twyfek nie.

Soos oorle Tolla gese het " die fyn houtjies steek net die vuur aan maar die groot houte maak die kos gaar"

Robert
Oorwining deur opleiding
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: Teleskoop vir 308?

Post by Skolla »

Robert wrote: ouens wat so sleg praat van onse .308
Wees trots op hom
Manne
Daar was nog nie iemand wat sleg gepraat het van n 308 nie en ook nie van n Landrover nie.
MAAR daar sal altyd met die twee gespot word en of jy dit wil glo of nie ek het wragtag ook altwee.
En ek erken hulle het maar hulle tekortkominge net soos ander gewere en motors, maar hulle is nou maar eenmaal soos Koos van der Merwe grappe. Onthou hoe meer jy hulle terug antwoord hoe meer spot hulle.
Maar moet nie dioe topic stop nie want ek geniet dit.
Miskien kan ons nou weer n slag iets oor Landrovers s?.
Skolla
User avatar
namhunt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 387
Joined: Mon Aug 17, 2009 3:44 pm

Re: Teleskoop vir 308?

Post by namhunt »

Skolla

Miskien kan ons nou weer n slag iets oor Landrovers s?.
Ek hoor die nuwe Landrovers se agter ruite vehit deesdae....... Glo om jou hande warm te hou as jy hom stoot.  :D

Groete
Daan
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Teleskoop vir 308?

Post by Raven »

Skolla,
Moet nooit jou LandLover langs jou kamervenster parkeer in die aand, want jy HOOR hoe breek hy!!!
;D
Raves.
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Giela

Re: Teleskoop vir 308?

Post by Giela »

Hi Wouter

Dankie vir die goeie inligting, het nog nie so daaraan gedink nie. Ek jag nou en dan jakkalse in die nag, het miskien gedink aan die 56mm lens, ek sien die VX-3L modelle vou so om die loop met die lens. So dit behoort seka net so naby aan die loop te sit soos die 40mm lens?

Wil nog vir my 'n 222 REM aanskaf vir die jakkalse en lekker speel

Robert

Ek stem saam jou. Is trots op die 308.
Alle kalibers het maar hul voordele en nadele. Party het net meer voordele as ander, soos die 308 WIN ;D

Groete
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Teleskoop vir 308?

Post by Wouter Roets »

Giela
Die VX3L is defnetief n opsie veral die modelle met die 50mm objektiewe lens, hy is oor as genoeg.
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Teleskoop vir 308?

Post by spekieries »

Skolla ek het ook met trots 'n .308 wat ek nie vir 'n pea-shooter sal verruil nie. Maar wragtig ek weet waar om die streep te trek met my voertuie!

.308 Groete
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Teleskoop vir 308?

Post by Francois Marais »

Koos

Nou hierdie ene van jou, Francois:
Quote
Koos, jy praat nu al van nie konvensionele punte, in gewigte wat nie regtig in die kalibers waaroor ons praat gebruik word nie,
ai Francois, letterlik duisende jagters dwarsoor die w?reld gebruik hierdie gewigte (lees lengte) koe?ls in hulle .308's en alle ander gewere met heerlike verrassende resultate - soos ek ook kan getuig.
Het jy dalk n aanduiding watter % van die wereld mark van punte (koeels) jou produk handhaaf op hierdie stadium??
S?, die tyd van net loodkern koe?ls daar buite en alles wat daarmee saamgaan is vir altyd verby
I beg to differ.......Daar sal altyd n paar "vlentergat" jakkalsjagters en bok oesters daar buite wees, ek weet en is by altwee betrokke, wat nie n hel gaan omgee vir jou duur, nuwe tegnologie, wonder punt nie, solank as wat Hornady n V-Max maak, sal dit wees wat hy skiet, onthou hierdie is die manne wat 2500 punte op n slag koop, twee keer per jaar, en nie boksies van 50 elke 3 jaar nie.
die nuwe verbeterde ontwerp, konstruksie van koe?ls en beginsels daaraan verbonde, is reeds stewig gevestig en ons moet kennis neem daarvan, of ons nou wil of nie!

Welcome on board, Francois!
Miskien weet jy, miskien onthou jy nie, ek het reeds by jou van jou produk bestel, nadat ek nie enige reaksie uit HOOFKANTOOR kon kry nie, darm 2 maande later n mail gekry om te hoor of ek nog in die produk sou belangstel. My hoof rede hoekom ek dit gedoen het, was juis om nie agter te bly nie, en ook my opinie te kan gee word daar van die nuwe tegnologie wonderpunte gepraat word. Ek het reeds julle webwerf van voor tot agter deurgelees, en het net goeie goed gesien, maar soos ek reeds gese het, dat hierdie nuwe verbeterde ontwerp, konstruksie van koe?ls en beginsels daaraan verbonde oornag die koeel industrie gaan oordonder, ek glo te min.

Mooi loop, en onthou om hoog te vat met daai 308.
Francois
Last edited by Francois Marais on Sat Dec 04, 2010 9:35 pm, edited 1 time in total.
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Teleskoop vir 308?

Post by Stefan764 »

Sjoe........

Bly is ek nou ek ry n Drifter en skiet 7x64....
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: Teleskoop vir 308?

Post by DSBW »

Francois

Baie dankie, jou laaste "post" gee goeie perspektief oor die hele GSC punte debat. Mens sou wragtag kon dink hierdie goed is die ongelooflikste op aarde, soos wat dit op die forum tot vervelens toe bemark word. Natuurlik sal daar ouens wees wat tevrede is met hulle, maar waaragtig is dit nie nie die "be all & end all" nie, en beslis hou Koos se argumente nie water nie.

Dink die manne moet bietjie bemarking 101 studeer, een van die belangrikste dinge in bemarking is dat jy NIE alle ander produkte afmaak as swakker as jou eie nie, eerder konsentreer op jou eie produk se voordele, indien enige.

Dawie
Post Reply