Miniatuur bankskroef bou projek

Hier kan toerusting wat self ontwerp is geplaas word soos bv. 'n selfgemaakte "tumbler" of ieta dergelijks
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Miniatuur bankskroef bou projek

Post by Gert Odendaal »

Ek gaan nog `n rukkie tyd spandeer aan die kake, nog vylwerk en skuurwerk is op hande, dan moet ek `n manier uitwerk om twee stukkies vyle in die kake vas te kry vir `n beter greep. Maar sal nog dink wat om te doen. Ek het besluit om die voorste paneel kleiner te maak maar dieselfde profiel te behou.
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Miniatuur bankskroef bou projek

Post by Gert Odendaal »

Ek kon die week weer begin werk aan die bankskroef. Ek het nou die kake vasgesweis, hier kan die persoon wat die projek bou besluit hoe hy die profiel van die kake wil maak. Ek gaan twee stukkies vyle op die kake vassit vir beter greep. Die volgende stap gaan wees om die skroef-handsvatsel te maak.

Ek het ook die "anvil" op die bankskroef votooi, elke persoon kan self besluit of hy die item wil opsit, vir my lyk dit net beter en gee goeie balans.
http://i800.photobucket.com/albums/yy288/gertodendaal1/Miniature%20table%20vice%20Internet%20build/P1011179_zps88288763.jpg
http://i800.photobucket.com/albums/yy288/gertodendaal1/Miniature%20table%20vice%20Internet%20build/P1011186_zpsb4a39860.jpg
http://i800.photobucket.com/albums/yy288/gertodendaal1/Miniature%20table%20vice%20Internet%20build/P1011184_zps1dc62a45.jpg
http://i800.photobucket.com/albums/yy288/gertodendaal1/Miniature%20table%20vice%20Internet%20build/P1011185_zps076e24be.jpg
http://i800.photobucket.com/albums/yy288/gertodendaal1/P1011173_zpsb84ecec1.jpg
http://i800.photobucket.com/albums/yy288/gertodendaal1/P1011172_zps99a100e6.jpg
http://i800.photobucket.com/albums/yy288/gertodendaal1/P1011171_zps38a0cc37.jpg
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Miniatuur bankskroef bou projek

Post by Gert Odendaal »

Ek het gevorder met die bankskroef, die skroef gedeelte is klaar. Ek sal foto's oplaai soos wat ek die twee skroefdele voltooi.
Al wat nou oorbly is die afwerking en die verf deel.

http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011244-1.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011245.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011255.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011235.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011246.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011237.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011247.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011234.jpg
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2326
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Miniatuur bankskroef bou projek

Post by JAGTERSREG-JRM »

Dagse

Ek is verstom.........dink soms is mens te lui om te dink.Nooit gedink dit is so eenvoudig nie.

GRoetnis
Kobus
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Miniatuur bankskroef bou projek

Post by Gert Odendaal »

Dankie Kobus

Ek dink ons is maar gekondisioneer om liewer te koop as om te maak en bou. Die lewe is te gejaagd om nog tyd aan sulke projekte te spandeer. Ek glo meeste van die lede kan `n geweer bou, en ander projekte, daar moet net finansies , tyd en mentorskap by betrokke wees.

Groete

Gert
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Miniatuur bankskroef bou projek

Post by PWV »

Gert Odendaal wrote:Dankie Kobus

Ek dink ons is maar gekondisioneer om liewer te koop as om te maak en bou. Die lewe is te gejaagd om nog tyd aan sulke projekte te spandeer. Ek glo meeste van die lede kan `n geweer bou, en ander projekte, daar moet net finansies , tyd en mentorskap by betrokke wees.

Groete

Gert
Gert
Almal het nie dieselfde talente gekry nie. Jy is 'n kunstenaar op hierdie gebied.
Yster is te hard vir my. Hout werk so bietjie beter.
Mooi stuk werk.
Groetnis
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Miniatuur bankskroef bou projek

Post by Gert Odendaal »

Dankie Oom Pieter
Ek het as `n houtwerker begin, maar het vroeg in my lewe ander materiale se eienskappe begin raaksien en daarmee begin werk, my gunsteling natuurlik is koper , dit soldeer , en gloei maklik uit, wat `n mens maklik daarmee kan laat werk. Ek het nou begin aandag skenk aan metaal gravering, wil dit nou baie goed leer doen, dit kan handig te pas kom by die geweer bouery. Ek sal binne volgende week klaar maak met die bankskroef.

My worsstopper het ek al begin mee, het vandag `n stuk tevlon gekry, ronde skuif met die mates van 200mm diameter, en 60 mm dik, dit kos nogal R1530.00 `n aardige bedrag, gelukkig het `n ander man `n stuk afgesny en hy het nie geweet wat die stuk kos nie, nou kan hy nie betaal nie en niks kan nou met die stuk gedoen word nie. Ek was nou so gelukkig om die stuk oor te neem om my worsstopper klaar te bou...partykeer is geluk ook aan `n man se kant... ;D ;D
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Miniatuur bankskroef bou projek

Post by Gert Odendaal »

Die laaste paar stappe van die bankskroef plaas ek nou, dan bly nog net die afwerking en verf deel oor.

Fitting the washer with a split pin securing the threaded rod to open and close the vice jaws.
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011276.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011284.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011285.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011287.jpg

Die tap en boor van die vasskroef handsvatsel, ek het `n handsvatsel in die hande gekry wat ek gebruik het deur `n bout van 10 mm diameter te tap en die 6 mm diameter skroefdraad daarin te tap en in te skroef.
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011261.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011263.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011294.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011290.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011293.jpg
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Miniatuur bankskroef bou projek

Post by Gert Odendaal »

Pieter Willem Vorster wrote:Gert
Kan jy so 'n "press" ook bou?

Groetnis.
Oom Pieter jammer ek het nie die vraag rakende die bou van die "press " geantwoord nie, ek kom Desember Kaap toe, sal by Oom kom inloer en na die "press" kyk en dan een bou, waarvoor word die press gebruik?

Ek hoor graag van Oom.

Groete

Gert
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Miniatuur bankskroef bou projek

Post by Gert Odendaal »

Ek kon vandag weer werk in die kluis. Die bankskroef se kake het ek "checkkerring" werk op gedoen. Al wat nou oorbly is on die bankskroef more te spuitverf. Die projek is dus nou afgehandel en ek sal nie meer fotos oplaai nie. Ek sal in die middae aandag aan my "clawmounts gee, en in die aande aandag aan my worsstopper bou projek.
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011331.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011334.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011330.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011332.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011338.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011341.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011345.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011344.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011339.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011340-1.jpg
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Miniatuur bankskroef bou projek

Post by BRNO (Pierre) »

Baie goed gedoen Gert, en dankie vir die stap vir stap illustrasie.

Mooiloop!
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Miniatuur bankskroef bou projek

Post by Gert Odendaal »

Hierdie is die laaste fotos rakende die miniatuur bankskroef internet saam bou projek.
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011349.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011354.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011350.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011351.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011353.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011353.jpg
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6972
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Miniatuur bankskroef bou projek

Post by DWB »

Baie mooi gedoen Oom Gert
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Miniatuur bankskroef bou projek

Post by Gert Odendaal »

Dankie Deon, ek kon meer tyd ingesit het in die afwerking maar vir my doeleindes is die skroef goed genoeg. Ek glo ook nie daaraan om sweislopies af te werk nie, dit verswak die laste net om mooier te lyk wat nie vir my werk nie.
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Miniatuur bankskroef bou projek

Post by Cobus(Cobb) »

Gert, baie mooi.
Ek bly heeltyd met 1 vraag wat opkom.....HOEKOM??
Het jou so spisifieke een met daai afmetings nodig, of doen jy dit sommer as stokperdjie...??
Daai kleintjies is orals beskikbaar, teen 'n prys ja, maar is die kool die sous werd??

Sien hierdie gladnie as kritiek of skoorsoek nie, ek wil net verstaan waarom....soos met jou geweer bou projek, dit verstaan ek 100%, maar die vice bly vir my 'n kopkrap..

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Miniatuur bankskroef bou projek

Post by Gert Odendaal »

Goeie naand Cobus
Jy mag maar vra, ek sal nooit `n vraag as kritiek sien nie, ek het die bankskroef gebou vir die volgende redes:

As `n internet bou projek waar ek stap vir stap die bankskroef bou en stappe beskryf , sodat lede van die spesifieke forum wat nie masjiene soos frees en oppervlak slypers het nie, maar tog basiese hand gereedskap wat in `n kas iewers gestoor word kan gebruik om die basieses handvaardigheids tegnieke te kan bemeester deur so `n eenvoudige projek te bou.

Ek wil kyk hoe ek tegnieke kan ontwikkel om spesifieke projekte oor die internet meduim aan te bied, sodat ek my manier van aanbied kan verbeter .

Die bankskroef het ek benodig om kleiner artikels/items in vas te skroef en af te werk wat ek nie met my normale bankskroef kan doen nie.

Soos wat ek met my .375 H&H Magnum se bouwerk vorder kom daar artikels na vore wat die werk vir my makliker maak. Ek kan nou makliker `n ghost ring visier in my kleiner bankskroef vasknyp as in my groter bank skroef.

Dan is daar talle items wat ek nog wil bou met my eie hande/breinkrag en eie ontwerp. Dit is regtig makliker om `n item te koop deesdae, vernaam Chinese artikels wat regtig baie goedkoop is, my idee is om `n item te bou as ek dit nodig het. Ek het die tyd, kennis en wil , terselfde tyd leer ek beter tegnieke en beter kommunikasie metodes in afstands onderrig, nie almal se metode van kennis oordra is so goed dat ander leke dit kan verstaan nie.

Ek is besig om al die SAQA vereistes vir `n wapensmit uit te werk om te registreer vir `n applikant wapensmit, baie van die projekte wat ek tans mee besig is en wat ek nog wil doen sluit aan by die SAQA vereistes.

Deur die tegnieke stap vir stap met fotos toe te lig en te beskryf word dit in `n bundel/handleiding vir wapensmit prosedures vervat wat ek dan as `n portefeulje inhandig.

Die groot prent is dus: ek verbeter my eie handvaardighede/kennis, afstands onderrig tegnieke, ontwerp metodes, verbeter my kundigheid rakende tipe materiale wat ek gebruik soos aluminium, veerstaal, teflon, koper gietyster . Kennis rakende interne /eksterne ballistiek (balistic) vorm maar deel van die bouprojekte in die kluis waar ek opleiding rakende wapensmit prosedures onder Johan Greyling se leiding ontvang.

Ek is tans besig om my ontwerp vir `n .404 Jeffery gietblok uit te werk vanaf `n voorbeeld wat ek van `n forumlid in New Zeeland ontvang het. Ek kan die gietblok koop vanaf Brownells in Amerika, dit is bekostigbaar, maar dan het ek nog niks geleer rakende die punt ontwerp nie, ook nie iets van die eienskappe van staal/aluminium nie...

Dit in `n neute dop is maar waaroor ek self projekte ontwerp en bou. Die grootste rede is dat ek `n geleentheid gebruik wat aan my gegee is wat min ander mense ooit in hulle lewe kry.

Op my ouderdom na ek onsuksesvol deur my hart aangeval is kyk `n mens deur ander oe na die lewe...jy neem dag vir dag, en is dankbaar as jy `n goeie dag beleef het, self die slegte of minder goeie dae leer jy om te geniet, want jy weet dit moet ook verbygaan, self vir die tipe dae word dankbaarheid eenkant gesit dit leer jou om te verdra... ;D :laugh:
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
Post Reply