Page 2 of 2
Re: Smoking guns kolwe?
Posted: Sun Oct 06, 2013 8:49 pm
by martinvanderberg
Hi Jake
Die kolwe wat jy van my sien en die spraywerk is maar net n drupel in die emmer. Die kleur wat jy wil hê sal ek vir jou spray en benodig ek net n foto van wat jy wil hê.
Re: Smoking guns kolwe?
Posted: Sun Oct 06, 2013 8:51 pm
by DWB
Goeie Dag Martin,
Sou mens na die klassieke tipe kolwe vir jag gewere kyk, hoe gaan jy tewerk met pasmaak kolwe?
Pas jy die kolwe volgens die skut of is dit standaard groottes wat jy gebruik?
Re: Smoking guns kolwe?
Posted: Sun Oct 06, 2013 9:11 pm
by martinvanderberg
Goeie naand Deon
Ek sal sê dat klassieke kolwe soos Tacticals en duimgat kolwe meer vir skyfskiet bedoel is. Wanneer jy aanlê op die baan wil jy baie gemaklik jou geweer kan hanteer en indien jy vir elke soort kompetisie n kolf op jou geweer het wat gemaklik is vir die spesifieke kompetisie, kan dit net voordelig vir jou wees.
Ek gebruik die skut se geweer en "customfit" die geweer met Epoxy binne in die kolf in. Ek pas al my kolwe aan volgens die skut se maattes ( length of pull ) asook linkerhands of regterhands ens.
Re: Smoking guns kolwe?
Posted: Sun Oct 06, 2013 9:16 pm
by DWB
Dankie Martin,
Ek verwys spesifiek na klassieke jaggeweer. K98 tipe kolwe.
Ek is tans besig om 'n 404 Jeffery (Groot kaliber) aanmekaar te laat sit en oorweeg om een van jou kolwe op te sit terwyl ek vir die hout kolf spaar.
Sal nader aan die tyd met jou in kontak kom.
Re: Smoking guns kolwe?
Posted: Sun Oct 06, 2013 9:26 pm
by martinvanderberg
Hi Deon
OK, ek verstaan jy praat van die Monte Carlo styl kolf. Daarmee stem ek saam met jou. Die standaard klassieke styl kolwe is meer bedoel vir jag.
Als reg met my verder Deon, mooi aand verder.
Re: Smoking guns kolwe?
Posted: Sun Oct 06, 2013 9:33 pm
by DWB
Dankie Martin,
Ons sal nog praat, maar daar gaan nie 'n Monte Carlo naby kom nie
Mooi aand!
Re: Smoking guns kolwe?
Posted: Sun Oct 06, 2013 10:36 pm
by Johan Reyneke
Haai Martin
Kan jy 'n linkshandige kolf maak vir 'n regshandige geweer aksie.
EK skiet links maar al my wapens regshandige aksies.(Ek is eintlik regs maar oog dominansie is links)
Mooi Aand
Re: Smoking guns kolwe?
Posted: Mon Oct 07, 2013 1:22 pm
by martinvanderberg
Middag Johan
Ja ek kan vir jou n linkshandige kolf bou en kan jy my e-pos by
admin@smokingguns.co.za
Re: Smoking guns kolwe?
Posted: Wed Dec 25, 2013 8:28 am
by Adrian
Martin ek dink jy gaan baie kolfe verkoop!
Ek gaan definitief met jou praat orr twee kolwe!
Re: Smoking guns kolwe?
Posted: Thu Jun 08, 2017 3:25 pm
by Langeraat
Ek weet hierdie is 'n ou draad, maar ek is ook nou op soek na die regte kolf vir my 6.5 Creedmoor. Is daar dalk al van die manne wat kan terugvoer gee oor hierdie kolwe? Dankie.
Re: Smoking guns kolwe?
Posted: Thu Jun 08, 2017 3:34 pm
by Riaan Kriel
Jy kan maar bestel en koop. Jy sal nie spyt wees nie. Goeie kwaliteit produk, goeie diens binne redelike tydperk teen n billike prys. Martin is nog iemand wat trots het in sy werk.
http://www.smokingguns.co.za/contact-us.html
Re: Smoking guns kolwe?
Posted: Thu Jun 08, 2017 4:11 pm
by Eugene
Langeraat wrote:Ek weet hierdie is 'n ou draad, maar ek is ook nou op soek na die regte kolf vir my 6.5 Creedmoor. Is daar dalk al van die manne wat kan terugvoer gee oor hierdie kolwe? Dankie.
Langeraat, ek het toe Martin net begin het, gaan kyk en was nie vreeslik beindruk nie. Maar ek het intussen baie van sy kolwe gesien en vasgehou en jy kan met 'n geruste hart bestel.
Re: Smoking guns kolwe?
Posted: Thu Jun 08, 2017 7:17 pm
by Langeraat
Dankie Riaan en Eugene, dit klink baie goed.
Weet iemand dalk min of meer hoe swaar die kolwe is, sê in vergelyking miskien met 'n Boyds Euro Varminter of iets dergliks. Die eerste prys sou wees om een bietjie te bekyk en vas te hou maar Potchefstroom is effens vêr om te ry net daarvoor.
Ek weet mens vra nie sommer iemand om sy geweer te kom bekyk nie maar miskien is daar dalk 'n goeie Samaritaan in die Pretoria area wat dalk een het waarna ek net vinnig kan kyk asb?
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Re: Smoking guns kolwe?
Posted: Thu Jun 08, 2017 7:18 pm
by Langeraat
Verwyder - Duplikaat
Re: Smoking guns kolwe?
Posted: Thu Jun 08, 2017 7:39 pm
by Giepie
Ek was begin van die jaar by sy winkel en het gekyk na die kolwe vir 'n Lee Enfield. Die agterste deel wat hy gehad het was 'n duimgat kolf wat vir my heelwat swaarder was as die oorspronklike een.
Re: Smoking guns kolwe?
Posted: Fri Jun 09, 2017 9:45 am
by Eugene
Langeraat wrote:Dankie Riaan en Eugene, dit klink baie goed.
Weet iemand dalk min of meer hoe swaar die kolwe is, sê in vergelyking miskien met 'n Boyds Euro Varminter of iets dergliks. Die eerste prys sou wees om een bietjie te bekyk en vas te hou maar Potchefstroom is effens vêr om te ry net daarvoor.
Ek weet mens vra nie sommer iemand om sy geweer te kom bekyk nie maar miskien is daar dalk 'n goeie Samaritaan in die Pretoria area wat dalk een het waarna ek net vinnig kan kyk asb?
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
As ek reg onthou, was dit effens swaarder as 'n soortgelyke laminated kolf. Ek dink Jacques (Theron) Stompe het so een en bly naby jou.
Re: Smoking guns kolwe?
Posted: Fri Jun 09, 2017 10:08 am
by Riaan Kriel
Ek kan nie werklik met sekerheid sê nie omrede my laminated kolwe en die sintetiese kolwe se vorms heelwat verskil. Ek glo as daar 'n verskil is, is dit nie baie groot nie. Martin se kolwe is gemaklik in die hand, die geweer voel gebalanseerd en die los kolf voel nie uitermate swaar nie. Dit is wel effens swaarder as die oorspronklike houtkolf.
Re: Smoking guns kolwe?
Posted: Fri Jun 09, 2017 11:03 am
by Langeraat
Dankie menere vir die terugvoer. Ek dink ek sal Martin ook kontak en bietjie met hom gesels.
Re: Smoking guns kolwe?
Posted: Fri Jun 09, 2017 1:50 pm
by Berra .204
Ek het vir my ook 'n kolf by Martin laat bou. Ekt die kolf bietjie laat verander en dit het hom swaarder gemaak. Martin het gate in geboor om hom ligter te maak maar hy is maar nogsteeds swaar. Martin se kolf weeg 1.8kg en my howa se Euro varmint so 1.4kg. Ek het wel my eurovarmint se voorkant dunner geskuur so hy is nie standaard nie. As ek enige iets negatief oor Martin se kolwe moet se is dit die verf. Dit lyk baie mooi en als maar dit krap redelik maklik. Voor waar die bipod druk is nie verf al af.
Hier is my Smoking guns kolf
Re: Smoking guns kolwe?
Posted: Fri Jun 09, 2017 1:55 pm
by Berra .204
Foto met cheekpiece gestel.
Re: Smoking guns kolwe?
Posted: Fri Jun 09, 2017 2:58 pm
by Langeraat
Dankie vir die eerlike terugvoer Berra. Ek moet se dit lyk nogal bakgat. Dit is jammer van die verf wat maklik krap en afkom. Ek wonder of 'n "clear coat" bo oor hom nie beter gaan beskerm nie?
