Page 2 of 2

Re: Doppe wat vassit!!!

Posted: Thu Nov 18, 2010 7:54 am
by jmb
Stefan minder kruit sal seker help maar dan gaan jy spoed verloor. Die heel beste ding om te doen d.w.s as dit die nek area van die kamer is wat te styf is is om maar eers te probeer om jou doppe se nekke te sny. As dit nie werk nie moet die kamer maar weer geream word.

Re: Doppe wat vassit!!!

Posted: Thu Nov 18, 2010 8:45 am
by Stefan764
Johan

Hierdie was ProAmm 150grainers van die rak af... Het nog nooit probleme gehad nie, behalwe hierdie batch? Nie lat dit n probleem is nie, maar as n man 2 skote vinnig moet skiet ini veld kan dit een raak...

My selfgelaaide goeters gaan baie gemaklik in en uit, nog geen doppe gehad wat vassit nie. NORMAS werk toe skitterend!

Dink jy die 53,7gn is normaal vir standaard ammo? Dit voel vir my bietjie hoog aangesien die maks 54gn is??

Stef

Re: Doppe wat vassit!!!

Posted: Thu Nov 18, 2010 9:56 am
by jmb
Stefan dit is nogal hoog. Veral as jy dink dat sommige gewere wanneer jy self laai druk gee onder Somchem se maks. Ek dink daar was 'n ligte foutjie.

Re: Doppe wat vassit!!!

Posted: Thu Nov 18, 2010 10:33 am
by Hein M.
Stefan764 wrote: Johan

Hierdie was ProAmm 150grainers van die rak af... Het nog nooit probleme gehad nie, behalwe hierdie batch? Nie lat dit n probleem is nie, maar as n man 2 skote vinnig moet skiet ini veld kan dit een raak...

My selfgelaaide goeters gaan baie gemaklik in en uit, nog geen doppe gehad wat vassit nie. NORMAS werk toe skitterend!

Dink jy die 53,7gn is normaal vir standaard ammo? Dit voel vir my bietjie hoog aangesien die maks 54gn is??

Stef
Stef,

Is dit S365?  Indien wel is die lading reg.  Somchem se herlaaitabelle dui die maks aan as 55gr.  Lyk in elk geval nie of dit 'n te hoe lading kan wees wat die probleme kan veroorsaak nie.

Hein M.

Re: Doppe wat vassit!!!

Posted: Fri Nov 19, 2010 12:38 pm
by Vasvat
Die ammo wat ek gebruik het was gekoopte PMP, wat snaaks is is dat dit net so af en toe gebeur, die goed het ook baie goed gegroepeer, onder 20mm op 100meter. Het nog 'n klompie Higland ammo wat ek gaan toets om te sien of hulle ok so maak. Die slagpen het ek nog nie gemeet nie maar dit voel nogal vir my in my onkunde dat hy bietjie ver uitstaan! Willie

Re: Doppe wat vassit!!!

Posted: Sun Nov 21, 2010 11:26 am
by jmb
Vasvat as jy nou die doppe gehou het en 'n micrometer in die hande kan kry om die wanddikte van die nekke te meet sal jy nogal 'n antwoord kon kry. Indien die doppe se wanddikte baie wissel kon dit miskien die probleem veroorsaak het.

Re: Doppe wat vassit!!!

Posted: Mon Feb 14, 2011 12:33 am
by Francois Marais
Vasvat/ Manne

Ek het dalk die oplossing gekry vir die doppe wat vassit.........

Broer het met sy 223 agtergekom dat daar nie n konotasie is tussen die spoed (druk) en wanner die dop vassit nie, party het sommer op lae spoed vasgesit. Hy het ook opgemerk dat daar nie n duidelikke extractor merk op die dop is soos n geskeure rim, of so nie.......

Hy het toe die extracktor claw mooi bekyk en gesien dat dit ook nie baie mooi haaks (90 grade) is nie, en ook so met die doppie uitstampery agter gekom dat die doppies nie te vas sit nie, extracter claw uitgehaal en hom haaks gemaak, en in die proses dan nu ook so 2 tiendes langer, wat mos nu gaan gebeur as jy aan die hakkie fyl. Hy besluit dan ook dat terwyl hy nu besig is, hy sommer die ejactor spring gaan ligter maak. Die gewere gooi mos n doppie 2m ver, maak nie saak hoe stadig jy die slot oopmaak nie, hy reken dit sal help om die doppie nader aan die bolt face te hou.

Siedaar, alle vassit probleme opgelos, so 80 skote verder, met sy warmste handloads, en sommer n lekker warm skiet sessie ingesluit.

Die rim dikte is nie 100% op alle doppe nie, in my pa se 22-250 werk PMC doppe puik, maar het hy n probleem met sommige PMP's, met die wat die reik afstand van die extractot verleng is, kan dit nou alle doppe bykom om uit te trek, die bietjie minder stywe ejector spring kan ook dalk net n bietjie bydra dat die claw die rim bykom, veral as daar n effe groot headspace is.

Hoop die lang beskrywing maak sin....

Mooi loop
Francois

Re: Doppe wat vassit!!!

Posted: Mon Feb 14, 2011 11:13 am
by fanie17
Kamer druk en vassit kan ook deur kopspasie veroorsaak word.Die beste is dat n goeie smit die geweer deurgaan,anders praat met die vervaardegirs.

Re: Doppe wat vassit!!!

Posted: Wed Feb 16, 2011 4:49 pm
by HVZ
Vasvat

Ek skiet ok die howa 223 maar het nog nooitprobleme gehad nie, ek laai net met remington doppe. Jy kan op die 55gr sp 25.5gr s321 probeer en met n lengte van 56.5mm. Die lengte sal seker nie werk in jou geweer nie maar dis darm n begin punt. Ek hoef seker nie te se dat jy moet onder begin met die lading en op werk.

Lekker aand
HVZ