Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by tripodmvr »

Chevvy SS wrote:maar die meeste aksies met n bietjie werk kan akkuraadheid lewer wat die skut nie altyd eers ten volle kan benut nie.

Verduidelik asb. hier Wouter?
Vir bankskiet sal mens vind dat 'n geweer 25mm op 100m skiet. In 'n veldposisie gaan jy weens jou bewerasie ens nie naby daaraan kom nie. Die geweer skiet dus akkurater as jy met jou mikfoute en bewegings.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3126
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by LUAN »

Net 350m? Dis mos kinder speletjies selfs vir n .303 :laugh:
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by Dawie »

spekieries wrote:Nie Heeltemal nie ....... 6.9mm


.277 van 'n duim = 7.0358mm dit is 'n 270

7mm =.285 van 'n duim = 7.24 mm
"The .270 Winchester (or 6.9x64mm) was developed by Winchester Repeating Arms Company in 1923"

Volgens Wiki
Last edited by Dawie on Wed Jul 31, 2013 11:11 am, edited 1 time in total.
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by Piet Pille »

KC wrote:Ai mense... Hoekom n 338. Wil julle n pens skoot skiet en nog die bok laat val. Spandeer eerder jou tyd met wat jy het op die skietbaan en dan durf jy 350m aan
Stem saam met jou KC. Daarom se ek ek dat hy moet oorweeg om daai 30-06 te optimaliseer as vlaktegeweer.

....maar sou hy egter besluit om elkgeval nog 'n geweer by te koop (groter as 7mm soos hy spesifiseer), sal ek defnitief dan iets soos 'n .338 (of miskien .375) gekoop het om die 7x64 en 30-06 te komplimenteer, as om nog 'n 7mm of .30 cal by te koop..
KC

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by KC »

Hi Pieter,


Ek verstaan jou post so.

Met jou op die een
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by Wouter Roets »

Chevvy

Ek het nie presies geweet waarvoor die P17 staan onder aan Willem se lys van gewere nie. Dankie Pieta het ook so vermoed en sal net wag vir Willem om dit te bevestig. Selfs die P14 en P17 in hierdie geval kan uitstekende akkuraadheid op lewer. Hierdie kan gedefinieer word as sub MOA en selfs kleiner. Het al met n paar P14 tedoen gehad wat die heel dag 1/2 MOI sal skiet sonder dat daar enige modifikasies aan die aksie aangebring is. Deur die aksie te blue-print, beter sneller, aksie te bed in n goeie stabiele kolf is maar gewoonlik hoe jy dit vermag met n aksie wat nie uit die staanspoor dit wil lewer nie.

Soos Oom Maruis tereg se moet die skut nog hierdie akkuraadheids potensiaal kan benut wat nie altyd moontlik is onder veldtoestande nie. Oor die algemeen is die skut die swakste skakel in hierdie ekwasie, maar dit maak nog steeds nie die toerusting los maak van die verlangde akkuraadheid nie.

Ek stem dat die gewone skut beter af is met n geweer wat minder skop, maar met oefening is die meeste mense heeltemal in staat om die groter kalibers te kry om te skiet daar waar hy mik. Groter kalibers vermeerder verseker die doodmaakpotensiaal en hierdie is baie gerusstellend op langer afstande. Goeie skootplasing kan nooit los gemaak word van hierdie hele redenasie nie en moet nog altyd steeds gesien word as n gegewe. Ons moet ook net kop hou oor die kaliber en koeel se penetrasie en energie potensiaal in hierdie aplikasie. Energievlakke moet verkieslik bo 1800 foet/pond vlakke wees en inpaksnelehede moet ook voldoen aan die koeel vervaardiger se minimum vereistes. Aangesien ons hier ook van afstande praat waar die meeste skuts begin sukkel sal dit dalk heel raadsaam wees om n 10% of selfs 20% by te las by hierdie vereistes.

Groetnis
Wouter
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3126
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by LUAN »

1800 foet/pond so baie? Dis so 2280fps met 155gr koeel
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by Piet Breedt »

My keuse sal n.300WSM wees, ongetwyfeld.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by Wouter Roets »

.303

Die minimum kreteria vir die jag van Whitetail deer word gesien as 1200foet/pond deur die meeste lanafstand skuts van formaat. Hierdie diere is in die klas van ons springbok. Is my aanbeveling dan enigsins so vergesog op diere in die eland, blouwildebees, gemsbok ens klas? Onthou ook dat n mens nooit hierdie somme moet maak met die idiaal ingedagte nie. Daar moet altyd ruimte wees vir wanneer dinge skeef loop soos wanneer groterige skouer en bladbene getref word om nog steeds oor genoegsame energie te beskik om by die lewens organe uit te kom. Hier is dit weer die geval van plan for the worst but strive for the ideal.

Die inpaksnelheid wat jy hier noem sal vir die meeste tipe koeels ook heel aanvaarbaar wees, selfs die monokonstruksie tipe wat ons weet so bietjie meer spoed nodig het as die meer konvensionele tipe kunstuksie koeels. Hierdie is belangrik in jou beplanning om die koeel al die nodige elemente te gee om te kan werk soos wat hy ontwerp is.

Groetnis
Wouter
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3126
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by LUAN »

My vriend het n eland op 500m met 165gr gmx deur die skouer mors dood geskiet met sy .308. Wonder hoeveel ftlb was die impakspoed.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by Wouter Roets »

303

Ek se geensins dat n dier nie gedood kan word deur n koeel wat nie aan die vereiste voldoen nie, ek maak net n aanbeveling in die veband wat ek dink redelike water dra. Dit is seker nie te moeilik om te verstaan nie? Gaan ons nou begin om voorbeelde waar diere op die blad met n .22LR doodgeskiet is ook hier gebruik?

Willem het n baie geldige vraag gevra en n mens probeer hom met soveel as moontlike informasie toerus in die verband. Kom ons hoop hy kan darem eendag wanneer hy hier lees die "white noise" uitfilter.

Groetnis
Wouter
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by Marc »

Hallo Willem

Die manne het goeie raad gegee, maak maar soos jou hart vir jou sê maat. As ek jy was het ek die 300WSM gekoop, hy is gebou vir bietjie verder skiet met baie beter akuraatheid as die 30-06 :) Tweedens dis wat jou hart begeer en daarom gaan wat ook al jy aankoop nooit 100% satisfaksie veskaf nie ;)

Ek het 'n 338LM, maar my doelwit is bietjie verder as 350m.

Mooi loop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Willem Grobler
Full Member
Full Member
Posts: 154
Joined: Mon Jul 08, 2013 2:48 pm

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by Willem Grobler »

Baie dankie aan almal wat so konstruktief bydra. Moet sê ek dog dis net die Amerikaners/Kanadese daar in die beerwereld wat so lief is vir die 338 WM, maar lykmy hier is ons ook lief vir hom (en die 300WM). En die 300 WSM lykmy "tiekel" 'n hele paar van ons.

Pieter kyk na Bobby Hart kolwe, op hierdie stadium lyk dit vir my na die beste ambidekstriese taktiese kolwe wat baie gemaklik in jou skouer val en wat hier beskikbaar is (en terwyl jou seun nog net 3 is doen nou jou veranderinge soos jy dit wil hê, as julle ouer word begin hulle ook insette lewer op allerande veselglas en gekleurde kolwe ens wat al hoe verder van ons meer tradisionele ouens se smake val....).

Baie van julle stel voor dat ek met die 30-06 moet eksperimenteer wat ek dink ek wel moet doen. Die P17 aksie is 'n "opgradering" van die P14 en ek skat dalk meer bekend vir sy betroubaarheid en sterkte (oom Ginger van Zyl sê altyd sy eerste pasmaakgeweer wat hy as geweersmit gebou het was 'n 500 Jeffery op 'n P14-aksie en blykbaar skiet die eienaar nog steeds met die geweer). Maar ek kry ongelooflike akkuraatheid met my 30-06 oor 100m veral met 200 gr punte. Ek sal bietjie 200m toe gaan met +- 150gr punte en kyk hoe dit lyk.

'n Vrind het 'n 303 op 'n Vektor-aksie -en loop laat bou en dit is ongelooflik hoe hy langafstand met daardie geweer skiet (maar hy is 'n kranige 300m skut wat elke week op die baan is).

Nou net 'n ordentlike teleskoop kry en dan is my toetsfase aan die gang!
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by spekieries »

270W
Bore diameter= .270" 6.87mm
Grove diameter= .277" 7.04mm

Alles waar, maar Koeël = .277 m.a.w. ware 7mm
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13590
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by Capt. Yoda »

.303 wrote:My vriend het n eland op 500m met 165gr gmx deur die skouer mors dood geskiet met sy .308. Wonder hoeveel ftlb was die impakspoed.

As daai GMX die loop verlaat teen 2800fps sal hy teen so 1890fps trek op die 500m merk.Dit is so 1300fp as ek dit reg het
Teen daai spoed is die GMX basies n FMJ koel en gaan hy nie omklink nie so as jou skoot nie 100% op die vitals was nie sal daai Eland nog vir n dag of so hardloop
As jy n blad been raak skiet glo ek dit sal wel bq help met die omklink proses op daai afstand
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by grumpy »

Ek sou hom met n geweer op die blad skiet!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by Wouter Roets »

Willem

Jou beste koeelgewig vir jou gegewe looplengte met die 30-06 gaan die 165-168gr wees. Nodespoed(spoed waar jy die beste groepering tewagte kan wees) gaan in die omgewing van 50-60ft/sek agter die 150 greiners wees maar jou energie vlakke gaan by die tromp al klaar so 10% hoer wees. Hierdie sal net groter word namate jou afstand vermeder vanwee die 165/168 greiners se hoer BC waarde.

Momentum is die bepalende fakror as dit by penetrasie kom met eenders vervaardige koeels en hier sal die swaarder 165/168 greiners n daadwerklike voorsprong he op die 150 greiners.

Groetnis
Wouter
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by Dawie »

spekieries wrote:270W
Bore diameter= .270" 6.87mm
Grove diameter= .277" 7.04mm

Alles waar, maar Koeël = .277 m.a.w. ware 7mm

Jy's reg
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3126
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by LUAN »

Capt. Oblivious wrote:
.303 wrote:My vriend het n eland op 500m met 165gr gmx deur die skouer mors dood geskiet met sy .308. Wonder hoeveel ftlb was die impakspoed.

As daai GMX die loop verlaat teen 2800fps sal hy teen so 1890fps trek op die 500m merk.Dit is so 1300fp as ek dit reg het
Teen daai spoed is die GMX basies n FMJ koel en gaan hy nie omklink nie so as jou skoot nie 100% op die vitals was nie sal daai Eland nog vir n dag of so hardloop
As jy n blad been raak skiet glo ek dit sal wel bq help met die omklink proses op daai afstand
Ja die spesifieke koeel het omgeklink hoor. Ek verstaan party mono koeels is harder as ander en daarom sal party makliker omklink as ander so mens moet dit ingedagte hou.

As jy net 350m gaan skiet en jy weet die afstand en het al die regte tools hoekom praat jy van n vlakte geweer? Elke kaliber gaan mos val tot op daai afstand party net meer as ander so jy "dial" net meer. Dan kan jou 30-06 mos net so gebruik word as hy mooi groepeer op die afstand.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3973
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by tau »

Ek het my jaglewe begin met Gemsbokke in Namibie. EK het eers nou die dag begin bosjag en dit is deesdae my gunsteling jag. In my vorige lewe is enige iets onder 7mm te min vir gemsbokke in die vlaktes. In die kalk van die suide van Nam waai die wind maar altyd in die winter om die grassade te versprei. So iets met so bietjie spoed en gewig het goed gewerk.

Minder raad en meer my opinie sou ek se iets met 7mm REM Mag en .300 WM se performance met minder recoil. Soos ek verstaan is dit waar die WSM inkom en die lewe makliker maak. Ek skiet Gemsbokke met my 7mm REM Mag en 150 gr Ballistic tips en my pa 175gr Hornady Interbonds in sy 7mm REM Mag. Ek dink net so agter die blad met hierdie koeels wat nog lekker oopmaak op vlakte afstande kan jy nog 'n bietjie te ver agter die blad skiet, maar die koeels maak genoeg oop om die bok te dood of plat te skiet.

En dan die .338 WM as jy wil, want ek kry so gevoel in my as ek een van daai patrone vashou wat half onwettig voel. Al hoekom iemand nie van 'n .338 sal hou in die vlak nie is omdat hy nie een het, kan skiet of kan bekostig nie :)........dus hoekom ek nog nie een het nie ek is te arm.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by alecjohnson »

300 WM sonder twyfel. Ek het 'n takbok geskiet op 10 tree (bladskoot) en het gedink daar sal F... lipen min vleis bruikbaar wees, ek het toe 1 of 200 gram se vleis verloor. die terugskop is baie hanteerbaar. So dit bly persoonlike keuse, maar vleis skade word verminder deur goeie punte.
afrikanerbloed
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Sat Dec 10, 2011 2:07 pm

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by afrikanerbloed »

Wat van die ou staatmaker 300H&H.
Goeie loop leeftyd,skop nie te erg nie ,verskeidenheid koeels om van te kies,goeie trajek,min windskuif en akuraatheid staan vir niks terug nie.
Ek sou se dat n 200grn Accubond op die regte plek net die medisyne sal wees vir daai Gemsbokke.
My 2c.
Groete
Johan
Willem Grobler
Full Member
Full Member
Posts: 154
Joined: Mon Jul 08, 2013 2:48 pm

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by Willem Grobler »

3 Aspekte oor die onderwerp:

1) Ek het weer baie gedink oor die 30-06 potensiele omskepping. Dit is egter my erfgeweer wat my Pa in 1973 nuut gekoop het en ek in 1992 by hom oorgeneem het. Sentimenteel ja, maar ek het baie goeie herhinderinge en my seun is ook nou baie lief vir die geweer, so ek het besluit om nie aan hom te karring en sy voorkoms te verander met nuwe kolwe ens nie.

2) Ek is besig om te kyk na kwotasies vir 'n geboude 300 WSM en sal terugvoer gee soos wat die inligting "werkbaar" raak. Lykmy die beskikbaarheid van aksies kan 'n probleem wees veral as jy 'n spesifieke aksie soek (in my geval 'n kortaksie Remington). Dit lyk ook of 'n 24" 1:10 twist loop vir 160 - 200 gr punte die antwoord is. Ek het 'n Krieger ingedagte - sal bietjie raad hieroor waardeer. Die geweer moet swaar wees met 'n bi-pod om die skop sover moontlik te elimineer en om lekker van die bank af mee te skiet (my 7x64 is 'n "Mountain Rifle" met 'n dun 20" loop en is lekker lig indien mens die berge in moet vaar)

3) Kolwe - hier is 'n paar manne wat ook belangstel in ambidekstriese kolwe. Op hierdie stadium lyk dit na 'n Bobby Hart of die kolwe van Armtech in Potchefstroom. Ek het 'n vrind wat al 7 gewere by hulle laat bou het met hulle kolwe en hy is baie gelukkig (google Armtech). Enige terugvoer oor hierdie kolwe sal ook waardeer word.

Baie dankie weereens vir almal se insette!
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by KalahariKlong »

My 7x64 diens my baie goed op die tiepe skote hier in die kalahari. Ek sal nou maar nie die klip in die bos gooi nie maar het al op redelike afstande gemsbok en kudu geskiet. Die 150gr TSX werk baie mooi vir die doel.

Groete
KK
User avatar
FrancoisN
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 275
Joined: Wed Feb 02, 2011 6:51 am

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by FrancoisN »

afrikanerbloed wrote:Wat van die ou staatmaker 300H&H.
Goeie loop leeftyd,skop nie te erg nie ,verskeidenheid koeels om van te kies,goeie trajek,min windskuif en akuraatheid staan vir niks terug nie.
Ek sou se dat n 200grn Accubond op die regte plek net die medisyne sal wees vir daai Gemsbokke.
My 2c.
Groete
Johan
+1

Dink ook my 300H&H sal die ding kan doen.
Post Reply