270 Jaggeweer

User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: 270 Jaggeweer

Post by Kalahari »

FHM wrote:Ek kry die gevoel julle is lamal 'ge Anton' hierso...
FHM, dit kan dalk so wees, maar nou het ons sommer weer 'n draad waarna ons die volgende .270 vraag na kan verwys, dan hoef ons mos nie alles weer oor te tik nie ++>:
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: 270 Jaggeweer

Post by FHM »

Kalahari wrote:
FHM wrote:Ek kry die gevoel julle is lamal 'ge Anton' hierso...
FHM, dit kan dalk so wees, maar nou het ons sommer weer 'n draad waarna ons die volgende .270 vraag na kan verwys, dan hoef ons mos nie alles weer oor te tik nie ++>:
Ah - sien jou plan! ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: 270 Jaggeweer

Post by Carl »

Ja 547 views nog geen Antonwoord nie. Ek dink hy het klaar gekoop gehad en wou net seker maak hy het nie fout gemaak nie. Ek het dit baie op die fotografie forums gesien. "Ek het 'n Canon XC500 gekoop, dink julle dis 'n goeie kamera?" :)
Hy't mos klaar een van die beste kalibers gekoop.!!
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: 270 Jaggeweer

Post by PWV »

anton1 wrote:13 views geen raad ,hoe werk dit ?
Hoekom dink jy 13 ouens het verby gehou toe hulle .270, lees?
User avatar
Johan22
Hero Member
Hero Member
Posts: 524
Joined: Mon May 07, 2012 8:07 am

Re: 270 Jaggeweer

Post by Johan22 »

Carl
Ja dit is 'n goeie koop wat jy nou wil maak en dan kan jy volgende jaar weer skiet. Volgens my kan hy nie verkeerd gaan met .270 nie baie lekker skiet geweer. Recoil min as jy kd op sit en nie te duur as jy wil herlaai nie. Skiet baie plat daar sal seker manne se dat hulle sou die geweer koop en daardie geweer koop maar as jy eers se jy wil .270 koop dan doen jy dit. Vir my werk hy mooi.Groete
Johan22
.270 (Musgrave)
.303 (Lee Enfield) 
.357 (S/Weston) 
.22 (Bruno)
.243 (Krico)
.308 (Mauser)
.22 (Remington)
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: 270 Jaggeweer

Post by Carl »

Ek dink Anton was 'n one night stand snik snik.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: 270 Jaggeweer

Post by Piet Pille »

Carl wrote:Ek dink Anton was 'n one night stand snik snik.
Jip. Voel self nou vuil en gebruik..
User avatar
Andrew Leigh
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 439
Joined: Sat Jun 30, 2012 4:29 am

Re: 270 Jaggeweer

Post by Andrew Leigh »

Pieter Willem Vorster wrote:
anton1 wrote:13 views geen raad ,hoe werk dit ?
Hoekom dink jy 13 ouens het verby gehou toe hulle .270, lees?

++>:
User avatar
Gerrie Smith
Full Member
Full Member
Posts: 175
Joined: Sun Feb 19, 2012 12:26 pm

Re: 270 Jaggeweer

Post by Gerrie Smith »

Pieter Willem Vorster wrote:
anton1 wrote:13 views geen raad ,hoe werk dit ?
Hoekom dink jy 13 ouens het verby gehou toe hulle .270, lees?
Daar is net 1, die .30!!!
Mauser_Werke
Newbie
Newbie
Posts: 17
Joined: Thu Aug 08, 2013 11:18 pm

Re: 270 Jaggeweer

Post by Mauser_Werke »

Die heel beste geweer wat ooit op aarde gemaak is, is die een waarmee jy elke jaar gaan jag, niks kwes en dan biltong huistoe bring. Dis die heel beste geweer. Om nie te kwes nie moet jy baie oefen en om biltong huistoe te bring moet jy raakskiet. Dit bly maar die "moer agter die roer" en nie die "roer" himself nie. ++>:
Dakskroef
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Mon Sep 29, 2014 9:07 pm

Re: 270 Jaggeweer

Post by Dakskroef »

:D right, dagse almal. Ekt sopas by julle aangesluit en anton se vraag gesien
Wel, ek het n baie soortgelyke vraag. Ek weet vir n feit
Dat n 270 n ordentlike geweer is. Ek skiet al so 5 jaar gereeld
Met n vriend vn my sn. Om di waarheid te se, met sy 270 EN sy 30.06
En altwee skiet lekke, en altwee akuraat.
Ek wil nou ook vir myself n geweer aanskaf, maar
Een geweer vir alles. Van springbok tot kudu/ eland. NOu soos ek se,
Die ander 2 skiet baie lekke, maar omdat ek gewoonlik net kopskote probeer
Skiet, is da eintlik niks wat oit bly lewe na n skoot ni. So ek is ook geintereseerd in
Of n 270 of n 30.06. Juis omdat ek weet hulle skiet lekker. Maar nou
Het n ander vriend vir my sy 243 gewys en gese dit is wat k moet kry,
So nou is ek effens deurmekaar.
Ek ken ni make ni, n geweer is net n geweer :-[
I n 243 ni dalk te klein om groter bokke plat te trek ni? As n kopskoot ni moontlik i ni?
Help asb????
O ja, en voor almal vra, ek is el cheapo, so, ek dink so rondom R9000?
User avatar
Steppenwolf
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 274
Joined: Sat Jun 21, 2014 5:52 pm

Re: 270 Jaggeweer

Post by Steppenwolf »

Vir n eerste geweer sou ek aanraai jy oorweeg .308 of 30 06 of 270. Die 243 is n lekker kaliber en doen goed maar baie boere is so bietjie bekommerd as jy opdaag met n 243 vir Kudu's, BWB, ens. Die 243 herlaai ook bietjie moeliker as die ander. Soos reeds genoem die 270 is baie lekker veral as a "plains" rifle maar nie so maklik vir self herlaai nie. Die 30 06 en .308 vir my maak die meetse sin! My persoonlike keuse is die .308 as a "begin geweer" lang loop lewe is miskien die deurslagewende rede hoekom ek die .308 sal kies. Hier onder a "quote" van n kenner:

"I'm not sure how to express my personal sentiments toward the .308 Winchester. I have a short span of attention, I get bored quickly when cartridges aren't problematic to handload, especially when they respond predictably to changes, and when there is a ton of handload data available from factory sources. The most derogatory .308 Winchester characterization I can make is that it is a well mannered, hard hitting, inherently accurate, economic and easy to load, world class cartridge. I apologize for this brutally honest criticism, but it needed to be said".
"the more I practice, the luckier I get'
Dakskroef
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Mon Sep 29, 2014 9:07 pm

Re: 270 Jaggeweer

Post by Dakskroef »

Dq steppenwolf.
Di 308, is dit ni n baie ou maak geweer ni? Of dink ek nou aan n 303?
As j my di keuse gee tussen 308 en 30.06, glo ek di 30.06 sal bo eindig.
Nou di volgende vraag is seker ook verwag, almal praat van self laai,
Is dit beter om met self gelaaide patrone te skiet omdat j die lading reguleer
En elkeen dieselfde laai?
En di projektiel grootte, is 30 06 en 270 dieselfde of naastenby eenders?
En die equipment vir self laai, is dit baie duur? En is dit goedkoper of duurder om payrone self te laai?
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: 270 Jaggeweer

Post by JACQUES BOTHA »

Manne en maninne
Die 270 is n bitter lekker kaliber vir jag Ek laai egter slegs 140 grein punte in my 270 omdat die die goue middeweg is tussen die 130 en 150greiners.
Jy kry alles wat jy in enige ander super duper kaliber kry in hierdie allrounder en met daai 140 grein punte wat baie hoe bc het en lekker ver dra met genoeg oemf om dood te maak waarna jy mik met regte skootplasing.
Komponente baie beskikkbaar en punte altyd oral beskikbaar .
Lieflik vir karoo springbokker to bosveld kudu en asm jy graag wil elande .
Geniet jou keuse onthou dis jou keuse en jou keuse is die regte een vir jou
Groete
Jacques
Wayne
Hero Member
Hero Member
Posts: 1007
Joined: Sat Mar 24, 2012 5:36 pm

Re: 270 Jaggeweer

Post by Wayne »

I am not a fundi, I will try and answer your questions, the clever chaps can give you more info. You want an all rounder, and I see that you want to shoot some rather big animals. Yes, smaller calibers can shoot big animals, shot placement is the thing, but you will be taking big chances with them and some farms, as said, have strict restrictions on caliber size.
.243 - too small for what you are needing as an all rounder.
.308 and 30-06 shoot the same bullets, but the 30-06 has a bit more "vuma" and therefor shoots flatter
.270 and .30... calibers do not shoot the same bullets. You can use the caliber size as your guide for bullet size. ( .270 is .270 inches in diameter).
Re-loading is only cheaper if you shoot a lot, it is more accurate, gives you a wider selection and very addictive and lots of fun once the "goga" bites.
There are other calibers that can work, but I think that the 30-06 or 308 would probably fit your needs.
Hopefully I have answered some of your questions.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: 270 Jaggeweer

Post by Carl »

Hallo Dakskroef,
Waar is jy woonagtig? As jy kan stap by jou naaste skietwinkel in en vra die manne wat kos 'n volledige herlaai stelsel. Of gaan loer by Safari se aanlyn winkel. Seker so R3-5000, nou gaan jy moet besluit hoeveel jy skiet en of dit die moeite werd is. Ek kan jou wel verseker die genot en akkuraatheid wat jy daaruit kry is $$ werd. Jy en jou ander skiet pel kan ook saam begin herlaai en so die kostes afbring.

Geweer - jou begroting - koop 'n 308W in 'n Howa (onthou jy moet nog teleskoop koop). Dan sit jy vir hom 'n Hunt Buddy knaldemper op vir die perfekte allrounder.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Steppenwolf
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 274
Joined: Sat Jun 21, 2014 5:52 pm

Re: 270 Jaggeweer

Post by Steppenwolf »

Dakskroef wrote:Dq steppenwolf.
Di 308, is dit ni n baie ou maak geweer ni? Of dink ek nou aan n 303?
As j my di keuse gee tussen 308 en 30.06, glo ek di 30.06 sal bo eindig.
Nou di volgende vraag is seker ook verwag, almal praat van self laai,
Is dit beter om met self gelaaide patrone te skiet omdat j die lading reguleer
En elkeen dieselfde laai?
En di projektiel grootte, is 30 06 en 270 dieselfde of naastenby eenders?
En die equipment vir self laai, is dit baie duur? En is dit goedkoper of duurder om payrone self te laai?
Die 30 06 is n ouer kaliber as die .308.! Die 30-06 is n lekker kaliber maar als in ag geneem, is die .308 vir my persoonlik so kat spoegie beter. Soos ek genoem het, ... minder recoil, baie akkuraat so te se die dieselfde "voete" as die 30 06. en in hierdie geselskap die langste "barrel" lewe. My tweede keuse vir n begin allrounder jag geweer sal definitief wees tussen die 270 of 30 06. Enige van hierdie 3 staatmakers sal goed wees
"the more I practice, the luckier I get'
Dakskroef
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Mon Sep 29, 2014 9:07 pm

Re: 270 Jaggeweer

Post by Dakskroef »

Dq carl, wayne, en syeppenwolf. Julle almal se replies het darm al klaar gehelp.
Ek dink na als wat ek gelees het, sal ek besluit op di 30.06.
Nou, almal noem dat howa n goeie betroubare maak geweer is.
Het howa ook n 30.06 beskikbaar? Ek is in graaff-reinet, en al skietwinkel wat hier is, is wildman.
Het al n paar keer daar ingegaan en rondgekyk, maar biki skaam om te vra.
Te bang ek vra n dom vraag.
Maak n knaldemper regtig n baie groot verskil aan di klank en/of recoil van n geweer?
En na watter grootte/tipe scope kan n mens kyk? Ek verstaan tasco is ni te sleg ni, en blykbaar het nikon n paar goeies uit?
dehacked
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am

Re: 270 Jaggeweer

Post by dehacked »

Ek gaan jou nie probeer ompraat om jou keuse in kaliber maar ek gaan ten sterkste aanraai jy kry 'n ordentlike teleskoop. Dit hoef nie 'n zeis te wees maar ek glo jy moet bietjie hoer mik as tasko. Daar is goeie nikons beskikbaar so ook redfield en 'n klomp ander gemiddelde tipes wat hulle goed gedra. 9x werk vir my vir 200m kopskote maar is te min vir 300. Enige iets meer as 12x moet jy paralax stel so nie altyd ideal vir alle jagters nie. 'n Ordentlike knaldemper is 'n baie goeie belegging. Die beter make verminder klank en terugskop aansienlik. Soveel so dat my 270 met Moose nie veel harder as .22 is nie. Beslis baie sagter as 9mm pistool.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
Leon Crous
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 433
Joined: Wed Jun 18, 2014 12:08 am

Re: 270 Jaggeweer

Post by Leon Crous »

Jes Dakskroef,
Ek sou ook na .30-06 kyk vir eerste/"all-rounder" geweer. As jy herlaai gaan jy baie keuses beskikbaar hê en as jy nie herlaai nie, dink ek ook nie daar is 'n ander kaliber met 'n grooter "van die rak af" verskeidenheid nie.
Wat teleskoop aanbetref moet jy ook defnitief na die Rudolf's kyk! Baie goeie waarde vir geld!
(Moet my asb nou nie kruisig oor die brille kommentaar nie manne, ek self het nie een nie maar nadat ek op Huntex 'n paar hanteer het moet ek sê ek's baie impressed)
Groete,
Leon.
User avatar
Steppenwolf
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 274
Joined: Sat Jun 21, 2014 5:52 pm

Re: 270 Jaggeweer

Post by Steppenwolf »

Die Howa maak na my mening, is die beste waarde vir geld in SA. Ek het nog nie n slegte ding raak gelees of gehoor van hom nie. Ek verneem ook dat die Howa manne saam praat met BAIE duurder gewere oral oor die wereld!! "In fact" party manne se hulle skiet beter as baie ander meer eksotiese make! Jy sal nie n fout maak met n HOWA nie, glo my! As jy op hom besluit dring aan op n Hout stock of Laminated stock. Die standaard (sintetiese) Hogue stock in my mening is te 'flexible" en "just does'nt do it! Scope gewys, die opinies hierbo is voorwaar goeie opsies. Met n "limited budget" gaan jy nie n fout maak met Nikon, Redfield, Rudolph, Vixon of Lynx nie.

.308 groete ;)
"the more I practice, the luckier I get'
User avatar
Steppenwolf
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 274
Joined: Sat Jun 21, 2014 5:52 pm

Re: 270 Jaggeweer

Post by Steppenwolf »

Steppenwolf wrote:Die Howa maak na my mening, is die beste waarde vir geld in SA. Ek het nog nie n slegte ding raak gelees of gehoor van hom nie. Ek verneem ook dat die Howa manne saam praat met BAIE duurder gewere oral oor die wereld!! "In fact" party manne se hulle skiet beter as baie ander meer eksotiese make! Jy sal nie n fout maak met n HOWA nie, glo my! As jy op hom besluit dring aan op n Hout stock of Laminated stock. Die standaard (sintetiese) Hogue stock in my mening is te 'flexible" en "just does'nt do it! Scope gewys, die opinies hierbo is voorwaar goeie opsies. Met n "limited budget" gaan jy nie n fout maak met Nikon, Redfield, Rudolph, Vixon of Lynx nie.

.308 groete ;)
Yes, jy kry die Howa in 30 06 en nog baie ander kalibers.
"the more I practice, the luckier I get'
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: 270 Jaggeweer

Post by Carl »

Ek sal ook die 30-06 aanbeveel maar uit simpatie aan die 308 inherente akkurate kaliber klub het ek die aanbeveel.
;)
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1894
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: 270 Jaggeweer

Post by Ratel »

Carl wrote:Ek sal ook die 30-06 aanbeveel maar uit simpatie aan die 308 inherente akkurate kaliber klub het ek die aanbeveel.
;)
Kom nou Carl
Koop nou maar daai 308 wat jy so lankal begeer. >:D
Maak 'n verskil
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: 270 Jaggeweer

Post by Carl »

Ek het so mooi Heckler en Koch in 308W by Safari gesien. My gat juk....

Het in die armie gevoel die R4 is nie die Antwoord nie
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Post Reply