Page 2 of 2
Re: 7mm manne?
Posted: Tue Nov 09, 2010 10:04 pm
by jmb
Hi Wouter. wat is B12.7 ? Ek ken maar net die gewone. Weet 385 is nie stadig genoeg nie. Ek weet ook nog nie die loop lengte nie. Dit is 'n sendero ek weet nie of hulle verskillende loop lengtes gemaak het nie. Ek het gedink aan 180 gr Bergers vir die STW. Dink jy hulle sal werk?
Re: 7mm manne?
Posted: Tue Nov 09, 2010 10:11 pm
by Francois Marais
JMB
B12.7 is n Somchem kruit wat nog stadiger is as S385, die 12,7/50 Browning word daarmee gelaai, dit is ook in die handel beskikbaar, met prys en laai data kan ek jou egter nie help nie.
Mooi loop
Francois
Re: 7mm manne?
Posted: Tue Nov 09, 2010 10:44 pm
by Wouter Roets
Jmb
Francois slaan soos gewoonlik die spyker op die kop. Daar is nie voorsiening vir B12.7 in Quickload nie. Ek onthou van n artikel in die Magnum so n klompie jare terug maar kan nie onthou of hulle B12.7 gebruik het nie, verbeel my dit was n oorseese poeier. n Mens kan dalk by Somchem self informasie kry. Ek het erens op die voorum gelees van een spesifieke persoon daar wat baie behulpsaam is. Bel vir Magnum en hoor of hulle nog kopiee het van daai uitgawe. Hierdie kaliber is baie gespesialiseerd so geduld is die wagwoord! Steek maar kers op by die manne wat een het.
Sterkte
Wouter
Re: 7mm manne?
Posted: Tue Nov 09, 2010 11:20 pm
by jmb
Baie dankie vir julle raad.Ek gaan regtig moeite doen om die maksimum uit hierdie geweer te verkry. Die STW was vir my 'n baie indrukwekkende kaliber en dit is die rede hoekom ek hom gekoop het. Dit gaan net werk kos lyk dit my om dit te ontsluit.
Re: 7mm manne?
Posted: Wed Nov 10, 2010 10:47 am
by Stefan764
7mm, snaaks hoe alle ander kalibers om hom geplaas is.
Haha! Lekker Christo!! Stem 100% saam met die manier waarop jy dink!!
My 7x64 nou 110gr Impalas gelaai, gat gou kyk wat maak hulle opi skietbaan!
7mmGroete
Stefan
Re: 7mm manne?
Posted: Mon Nov 15, 2010 12:49 pm
by Biltongjagter
Volg hierdie koppeling om te sien wat 'n eintlik relatief stadige 7mm kan doen met die regte tipe koe?l -
http://www.techfund.co.za/gscgalJacoZeeman1.asp
Re: 7mm manne?
Posted: Mon Nov 15, 2010 1:00 pm
by Stefan764
BJ
Mooi voorbeeld van die regte "kit" he. As n man jou goeters ken dan kan dinge mos nie skeefloop nie! Skootplasing baie belangriker as kaliberkeuse!
Lank lewe die 7mm!
Stef
Re: 7mm manne?
Posted: Mon Nov 15, 2010 2:47 pm
by Biltongjagter
Netso Stef, skootplasing is die ding wat finaal tel.
Nogtans moet die 'kit' (lees regte tipe koe?l) wat die ou agter die geweer in staat stel om dit te doen, dit k?n doen en ook boonop sonder uitsondering, keer op keer kan doen - herhaalbare resultate skep vertroue en maak dit wat dalk as onmoontlik beskou word, amper vanselfsprekend. Dit nou so tong in die kies, want elke situasie het sy eie unieke omstandighede in die jagveld.
Groete,
Koos.
Re: 7mm manne?
Posted: Mon Nov 15, 2010 4:41 pm
by jmb
Wat vir my besonders is van die 7mm is die vermoe om spoed te kry met 'n punt met 'n hoe BC. Dit maak hom effektief op lang afstand en nie so windsensitief nie.
Re: 7mm manne?
Posted: Mon Nov 15, 2010 6:05 pm
by Stefan764
JMB da slat jy hom nou op sy kop....