billike verkyker

jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: billike verkyker

Post by jamalley »

Een van die manne het tydens die opname van Wild & Wragtig so een saamgebring en hy werk puik, maar manne die prys, sjoe.
User avatar
rudib
Hero Member
Hero Member
Posts: 755
Joined: Wed Mar 14, 2012 7:31 am

Re: billike verkyker

Post by rudib »

Nikon Monarch 10x42
Jaco Brink
Newbie
Newbie
Posts: 36
Joined: Mon Jan 21, 2013 8:09 pm

Re: billike verkyker

Post by Jaco Brink »

Manne
As dit by verkykers kom is ek seker snaaks, maar hier is nogal ‘n heel paar soorte in my kluis. Verder kyk ek graag na almal se goed om te sien of daar iets beter is en om te sien of ek nie dalk te veel betaal het vir van die goed. Party het ek nie gekoop en was pryse.
Dit is ook so dat elke verkyker wat mens koop dadelik die beste is en dat mens graag wil vir ander vertel dat dit so is.
Soos met alle dinge is dit nie net die kwaliteit van die apparaat nie, maar ook die prys wat bepaal of dit waarde vir geld is. Met ander woorde as jy R 4500 vir ‘n verkyker betaal moet mens vra: vergelyk dit met verkykers van R 6 000 of R 2 500? Dit is wat die waarde vir my bepaal. (As dit kyk soos ‘n verkyker van R 4 500 het jy nie waarde vir geld gekry, net waarde.
Ek gee kortliks my opinie (let wel slegs my opinie) oor van die goed wat ek al gebruik het, of besit het, of mee gewerk het in terme van waarde vir geld:
Die Leopold is overpriced en nie die moete werd nie.
Die Steiner se lense maak als te geel, hoewel dit lekker stewig is. Ek dink dit is bietjie overpriced, en die Discovery reeks glo is m@er overpriced.
Die Bushnell is goed geprys maar jy betaal vir wat jy kry. Die Fusion (wat kan range) is seker die dofste verkyker val al die wat meer as R 800 kos.
Vanguard is goed geprys en kompeteer ‘n paar duisend rand bo sy prys.
Burris het goeie optics, ek weet nie wat hulle nou kos maar is baie goed. Ek praat nie van hulle speelgoed modelle nie maar die Signature series en op.
Meopta is puik waarde vir geld en kompeteer met verkykers R 8 000 bo sy prys. As jy ‘n Swarovski tipe optic soek en wil ‘n paar duisend rand spaar is Meopta jou ding. Ek weet nie wie hou hulle aan nie.
Die Leica maak als effe groen en is biejie overrated (lees overpriced). Die Geovid (wat kan range) is nog erger.
Die Nikon High Grade reek is nice, maar dan dit is nie meer ‘n goedkoop verkyker nie. Dit is vir my moeilik om te sê maar persoonlik in daardie prysklas is daar ander goed om te koop.
Zeiss is effe overpriced m.a.w. jy kry amper waarvoor jy betaal, veral met hulle duurder modelle, maar betaal darem ook ‘n bietjie vir die naam. Ek verstaan die lense word darem nog in Duitsland gemaak, die saak word net elders aanmekaar gesit.
Swarovski is ‘n paar duisend overpriced, net soos Nike, Rolex, Louis Vuitton ens. Maar dit is hulle voordeel om die “benchmark” brand te wees. In die rolprent The big year was dit opvallend hoeveel Swarovski’s daar was. Een van die hoofspelers het wel wat lyk soos ‘n Zeiss Victory FL gebruik.
Van almal is die een wat my vir sy prys die meeste beïndruk die Kamakura wat Valie het. As ek luister wat hy betaal het is dit verseker die koop. Ek weet nie wie dit aanhou nie, hy kan dalk laat weet waar hy dit gekry het. Dit kom nie 100% by die R 25 000 modelle nie, maar kos ongeveer 11% van hulle prys.
Ek het nog nooit ‘n Rudolph so ek sal maar liewers niks daaroor sê nie. Die prys lyk nie sleg nie, maar weereens moet mens bepaal of dit kyk soos ‘n R 4 000 of soos ‘n R 2 900 verkyker.
PS: Ek het deesdae ‘n weersin vir enigiets waarop daar iewers staan Made in China, al het dit watter brand name op. Kyk ook maar waar die ding gemaak is, al kom dit van Amerika of Europa af. Soos hulle sê “nowadays everything is made in China, except for baby’s they are still made in the Vachina”
User avatar
GERT vd M
Hero Member
Hero Member
Posts: 650
Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm

Re: billike verkyker

Post by GERT vd M »

DAGSE MANNE EN MANINNE,
Ek is baie tevrede met my Redfield Rebel 8x32. SIEN MOOI WAARNA EK KYK EN IS NIE TE SWAAR NIE. Waarde vir geld. Daar is baie , baie ander make wat baie duurder en mooier is. Die vraag is : Wat wil jy doen met hom? Wil jy n klein voeltjie se snawel vorm op 150meter bekyk en of wil jy net sien of daai gemsbok n tril het of nie. almal maak spelfoute
Groetnis
Gert
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
Swys14
Hero Member
Hero Member
Posts: 1045
Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm

Re: billike verkyker

Post by Swys14 »

GERT vd M wrote:DAGSE MANNE EN MANINNE,
Ek is baie tevrede met my Redfield Rebel 8x32. SIEN MOOI WAARNA EK KYK EN IS NIE TE SWAAR NIE. Waarde vir geld. Daar is baie , baie ander make wat baie duurder en mooier is. Die vraag is : Wat wil jy doen met hom? Wil jy n klein voeltjie se snawel vorm op 150meter bekyk en of wil jy net sien of daai gemsbok n tril het of nie. almal maak spelfoute
Groetnis
Gert
presies! wat ek ook se, solank daar goeie after sales backing is en die waarborg reg is. dis hoekom ek maar vir die hawke gegaan het, en moennie 'n fout maak nie, opties hou hy kers vas met die wat duurder is, kyk maar self.

Gert, waar het jy die redfield gekopp en wat kos die manne?
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: billike verkyker

Post by Pappabeer »

Ek het nou al 2 Kamakura HD-7 verkykers gehad. Die eerste een is ongelukkig regstellend geherverdeel na n mede landsburger.

Hulle was onder R4000 en ek is tevrede met hulle, alhoewel dit nie heeltemal Swarovski is nie. Die prys maak dit vir my die moeite werd want jy kan hom vervang as jy moet, sonder om in n OR te gaan by die bank. Sovêr my kennis egter strek maak Kamakura die Nikon verkykers. Dit is alles Japan Optics Compony. Ek mag verkeerd wees en hoor graag.

Het jy al reg gekom Cassie?
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
GERT vd M
Hero Member
Hero Member
Posts: 650
Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm

Re: billike verkyker

Post by GERT vd M »

Swys 14,
Het hom by sentraal wes kooperasie gekoop en die prys daai tyd was as ek reg onthou
onder R1300.
Groetnis
Gert
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
vaalseun
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Thu Aug 18, 2011 8:47 pm

Re: billike verkyker

Post by vaalseun »

Ek het self n kamakura en dink dis baie goeie waarde vir geld.Die beeld kwaliteit is baie goed (nie in die selfde klas as swarovski nie) maar vir wat jy betaal
dink ek dis die moeite werd
JK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am

Re: billike verkyker

Post by JK »

Julle slim manne asb, wat is julle opinie van die Nikon Prostaff 7 8 x 42 in vergelyking met die monarch 5 of 7. Die Kamukura gaan vir R4500 hier.
Post Reply