70gr punt in 243

boeta
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm

Re: 70gr punt in 243

Post by boeta »

Freddie

Tomma. Ek dink ons moet maar een van Clarence se silencers vir Louis laat kry vir sy OUTA moeite. Kan nie dink dat hy nog sonder een skiet nie.

Stem saam,dink ons kan dit maar doen,ek sal help.

Boeta
Last edited by boeta on Tue Nov 09, 2010 6:43 pm, edited 1 time in total.
An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: 70gr punt in 243

Post by Louis102 »

Freddie/Boeta

Wat van ek probeer hom eerder losskiet tydens OTA?  Ek is seker maar van die ou skool, maar het nog nooit veel sin vir 'n knaldemper gehad nie.  Nadat ek egter Piet Breedt se getuienis oor Teminator Knaldempers gehoor het, mag ek dalk oorweeg om my geliefde 243'tjie se loop vir ewig te skend met skroefdraad so naby aan die kroon...

Nou dat ek daaraan dink, nou die dag 'n meisiekind met 'n tattoo hier op die kruis, 'n stud deur die neus, 'n toonring en 'n stukkie silwer hier deur die naeltjie gesien. (die res was toe met skrapse klere, so ek weet nie of daar dalk nog iets was nie)  As mens lank genoeg aanhou kyk, begin lyk dit dan later ook oraait, of verbeel ek my?  Weet nie of dit haar maak lekkerder vry nie, maar dit is seker nie die punt nie?  So was dit nog altyd vir my met knaldempers op 'n roer gewees.

As ek egter 'n Terminator losskiet, gaan ek daardie sprong waag!

Groete
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: 70gr punt in 243

Post by Freddie101 »

Ou Louis
n Knaldemper kan jy nie met naeltjieringe en sulke onnodige bykomstighede vergelyk nie. Dit is nie vir die show nie. Dit is vir beter skiet en sodat jy darem nog steeds die jakkies kan hoor antw as jy ouer word.  Daar was mos reeds so ligte dispuut toe ons daar by jou was ;)

Dit is darem lekker as jy hoor waar jy skiet.

Boeta ons sal maar nog so bietjie werk aan hom.

yol bolsun
yol bolsun
boeta
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm

Re: 70gr punt in 243

Post by boeta »

Louis

Is net bang as jy silencer op het gaan jy later buffels ook skiet met die 243.Nee wat Louis jy sal nie spyt wees nie,net een ding is jy sal moet gewoond raak aan die lengte van jou roer.In die begin is dit nogal vreemd

Boeta
An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: 70gr punt in 243

Post by Francois Marais »

Louis
As mens lank genoeg aanhou kyk, begin lyk dit dan later ook oraait, of verbeel ek my?
Nu praat jy........

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: 70gr punt in 243

Post by Louis102 »

Freddie101 wrote: ... Daar was mos reeds so ligte dispuut toe ons daar by jou was ... yol bolsun
Freddie

Jy onthou nie te slegs vir 'n ou man nie.  Punt is, ek is klaar doof.  Knaldempers kan my tog nie maak hoor nie, kan dit?  Maar ek's mos nie te oud om te leer nie, veral nie as dit my gaan laat beter skiet nie!

Yol Bolsun, wees net versigtig vir grate!
Louis

Ns.  Clarence, vergewe asb. ons het jou onderwerp nou lelik gekaap.  Hou ons asb. op hoogte van daardie nuwe punte wat jy toets.
Goeie dade oortref goeie woorde.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 70gr punt in 243

Post by Wouter Roets »

Hallo tjops
Ek het uiteiendelik op hierdie gesprek uit gekom. Jy kan verseker ook met S355 laai maar S365 is meer geskik vir die 243. Hier is die maksimum vir S365; 48.8gr 59911psi 103.1% dopfulling 3543ft/sek TPL 68.83mm en doplengte 51.92mm. Hierdie is uitgewerk op 24 duim loop. As jy kan gee my al jou gegewens bv looplengte, dopmaak, slagdopmaak, TPL met 1mm sprong dan sal ek vir jou n akkuraate lading gee.
Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
theterminator

Re: 70gr punt in 243

Post by theterminator »

manne,  ek wil nie Wouter se data in twyfel trek nie,  maar almal skiet nie met dieselfde sterkte aksies nie
wat vir een geweer werk,  werk dalk nie in 'n ander nie. nuwe aksies is duur en fytlik onverkrygbaar -  papier is geduldig.  rekenaarprogramme kan nie die sweetspot op 'n loop bepaal nie,  daar is te veel ander faktore wat verskille kan veroorsaak
kry maar 'n lading deur geleidelik meer te laai tot jy by die gewenste resultate uitkom
ons S-365 wissel te veel tussen batches om kortpad te vat.  meet maar die spoed van elke lading dit is baie veiliger

terug by die V-maxe -  tot 3300fps skiet dit 'n gat deur 'n jakkals dat die manne wat die velle soek niks daarmee kan doen nie
daai jakkals met 'n blitzking deur die longe sou nie eers sy stert beweeg het met 'n v-max deur die longe nie
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: 70gr punt in 243

Post by Louis102 »

theterminator wrote: ...daai jakkals met 'n blitzking deur die longe sou nie eers sy stert beweeg het met 'n v-max deur die longe nie...
Terminator

Ongetwyfeld is V Max'e uitstekend.  Ek skiet nie nou V Max'e nie, omdat ek dit nie op 'n stadium in die hande kon kry nie.  Het nou 'n voorraadjie Blitskings - dis die storie.  Die voorbeeld van die jakkals op 30 m was hoogs uitsonderlik, net om darem regverdig te wees.  Dit was 'n ongewisselde jongetjie, hier in Januarie vanjaar.  Weet nou nog nie hoe so 'n klein jakkalsie met 'n tonnel deur die ribbes, dit so v?r kon maak nie.  Dit is definitief nie die re?l nie. 

Ek is opsoek na die regte manier om die twee punte te toets en met mekaar te vergelyk.  Want m?re doen ek die toets.  Skiet ek in 'n pak nat tydskrifte in?  Hoe moet ek maak?

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Tomcat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:48 am

Re: 70gr punt in 243

Post by Tomcat »

Louis

Ek het n loop gedaan geskiet met blitskings. Hulle is regtig harder as die V max en ballistic tips. As jy tevrede is met jou punte skiet hulle.
Is maar net n opinie gewees.......

Mooihardskiet
Tomma

NS Dalk moet ons eerder van koeels praat. ;D Wens die weer was beter dan kon ek dalk ook n ou bietjie gejag het.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: 70gr punt in 243

Post by Louis102 »

Tomcat wrote: ... Hulle is regtig harder as die V max en ballistic tips ...
Tomma, reken jy dit is die punt ( :)) wat ek oor die onderskeie koe?ls wou maak?  Dan verstaan jy my doodseker verkeerd.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Tomcat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:48 am

Re: 70gr punt in 243

Post by Tomcat »

Louis
Louis102 wrote: Dan verstaan jy my doodseker verkeerd.
Ek praat oor harder en sagter of mis ek die topic. Miskien roei ek nou met myself ;D

T
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 70gr punt in 243

Post by Wouter Roets »

Clarence
Ek het daardie informasie net deurgegee sodat n maksimum verkry kon word. Daar was n hele klomp ladings deurgegee wat glad nie oor n kronograaf getoets was nie en daarom het ek n maksiemum op die mees geskikste poeier deurgegee. Dit is Saami se maksimum en as jy na die drukflakke kyk sal jy sien dit is nogal laag vir hedendaagse aksies. Die 243 staan nie bekend in die mark dat dit op swak aksies gebou word nie, soos bv 6mm Musgrave nie. Te make met jou stelling dat daar nie programme is wat n geweer se sweetspot kan voorspel nie, ek gaan nie met jou saam stem daaroor nie. Ek het heirdie programme gaan toets teen my ladings van 21 kalibers en 15 jaar se herlaai data en dit is verstommend hoe akkuraat hierdie programme is. In spoed en akuraatheid kan ek met redelike vertroue agter hierdie inligting staan! Dit is ook nogal verbasend oor hoe konstand Somchem dan ook oor die jare gepresteer het. Snaaks dat dit ook net S365 is wat die skuld gegee word! Interne balestiek is n wetenskap, n baie ingewikkelde een moet ek toe gee, maar daar is tog reels en riglyne wat soms kan lei tot kort paaie. Ek vir een is defnetief nie een wat gaan skroom om dit te gebruik nie, en as jy nie is dit jou saak.
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: 70gr punt in 243

Post by JACQUES BOTHA »

WOUTER:
Somchem het glo self baie hogere druk ervaar in hulle toets proses met die nuwe 365..
wonner ook hoekom net 365...
Dalk is daar n verklaring ?
Groete
Jacques
Shoot straight and tell the truth!
Post Reply