303 + P7 led lenser Teen die bosvarke

User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: 303 + P7 led lenser Teen die bosvarke

Post by vlakvark1 »

Net so na 9 uur vanaand gaan ek gou uit om my werksbakkie te bêre in die werkswinkel
en so staan ek en kyk na die maan wat so wil kop uitsteek en dink ek dat oor n week is dit weer bosvarke soek toe ek n gekraak en gebreek van mielies hoor
Nou die mielieland is so 30tree van my huis af en ek luister weer ingedagte en
weet sommer daar is net een dier wat so mielies breek en kou

Nou kan ek nie glo dat dit so naby aan die huis is nie maar ek is nuuskierig en gryp gou
die geweer en trek n warm baadjie aan

Loop so om die kraalmuur en die mielie brekery word al harder.

Ek loop toe sommer binne in die mielies in med die Led lenser aangeskakel en geweer gereed
om te skiet

En daar staan hy so 25 tree van my af en die 303 laat loop met die koeël
Ek hoor die skoot is raak maar die vark breek nou mielies soos n stroper nie kan nie

Ek luister aandagtig en dit word stil, daai ''stroper'' se diesel is op en het gaan lê

Ek loop na waar ek gehoor het dit breek mielies en daar lê sy
Netjiese skoot deur die hart

https://dl.dropboxusercontent.com/u/148410933/20130712_214718.jpg

UITGESLAG 53KG
https://dl.dropboxusercontent.com/u/148410933/20130713_084403.jpg
Last edited by vlakvark1 on Sat Jul 13, 2013 11:21 am, edited 1 time in total.
vlakvark en bosvark Bvk
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: 303 + P7 led lenser Teen die bosvarke

Post by Rasmus »

Lekkerrrr!
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: 303 + P7 led lenser Teen die bosvarke

Post by mariusr »

Ai al te lekker! Mooi skoot!
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3126
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: 303 + P7 led lenser Teen die bosvarke

Post by LUAN »

Lekker man was self gistraand met die 303 opsoek na varke maaar niks gekry. Kan jy volmaan ook soek vir hulle of is dit nie n goeie idee?
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: 303 + P7 led lenser Teen die bosvarke

Post by vlakvark1 »

.303 wrote:Lekker man was self gistraand met die 303 opsoek na varke maaar niks gekry. Kan jy volmaan ook soek vir hulle of is dit nie n goeie idee?

Ek het altyd net volmaan aande gaan soek
Het begin om te kyk vir hulle op donkermaan aande en het hulle so gekry
Hier kom hulle baie laat uit as die maan skyn maar as dit donker is kom hulle al van 7uur die aand
af
vlakvark en bosvark Bvk
User avatar
Dweetster
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 455
Joined: Mon May 07, 2012 5:34 pm

Re: 303 + P7 led lenser Teen die bosvarke

Post by Dweetster »

Mooi vlakvark1
Dit lyk vir my daai 303 van jou is ook op autopiled as hy vark ruik. Iemand het my amper laas naweek wou gas gee oor my varksnoet (303) tot ek hom belowe het die geweertjie het al meer varke geskiet as wat sy 300wm al enige iets anders saam geskiet het. Dis nie my jag geweer nie dis my werk geweer.
Ek moet ook se ek het al baie varke geskiet wat ek nie kon kry nie, dit gebeur wel.

Daar is niks soos varkjag nie.niks.
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: 303 + P7 led lenser Teen die bosvarke

Post by vlakvark1 »

Dweetster wrote: Ek moet ook se ek het al baie varke geskiet wat ek nie kon kry nie, dit gebeur wel.
Het presies gestraand met my gebeur
Vark staan mooi plankdwars maar so op 55tree en ek skiet
Kon net 1 bloedstreep kry vir so 700m waar hy binne in die popelierbos in is
So ja dit gebeur :-[ :-[
vlakvark en bosvark Bvk
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: 303 + P7 led lenser Teen die bosvarke

Post by Gerhard »

mooi vlakkie!!!

Ja nee n bosvark kan n taai bogger wees.

Een so met die boog verloor. Skoot het mooi geloop en die lumi nock het mooi weg geraak waar hy moes.

Bloed spoor 200m verder verloor.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Roger
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am

Re: 303 + P7 led lenser Teen die bosvarke

Post by Roger »

Baie mooi!

Dit lyk soos vet pret!
Too many to mention ;-)
User avatar
Dweetster
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 455
Joined: Mon May 07, 2012 5:34 pm

Re: 303 + P7 led lenser Teen die bosvarke

Post by Dweetster »

N vriend van my wat n beroeps jagter is het met n klieent n varksog in die week geskiet, die ou het die vark se rug af geskiet. Toe hulle by die gedierte kom het sy stil gele tot hulle verligting, maar toe bars die hel los. Die vark gryp toe die klieent aan sy broekspyp wat hom gelukkig met net n gat in sy broek los. ( ek dink dalk was daar iets meer as net n gat in sy broek)
Dit het blykbaar geweldig vinnig gebeur wat n mens maar net weer laat besef n wilde dier bly gevaarlik.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 303 + P7 led lenser Teen die bosvarke

Post by DWB »

D'uard, altyd locked and loaded tot mens weet daai ot is dood. Dit kon lelik geraak het daai!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: 303 + P7 led lenser Teen die bosvarke

Post by vlakvark1 »

Dweetster wrote:N vriend van my wat n beroeps jagter is het met n klieent n varksog in die week geskiet, die ou het die vark se rug af geskiet. Toe hulle by die gedierte kom het sy stil gele tot hulle verligting, maar toe bars die hel los. Die vark gryp toe die klieent aan sy broekspyp wat hom gelukkig met net n gat in sy broek los. ( ek dink dalk was daar iets meer as net n gat in sy broek)
Dit het blykbaar geweldig vinnig gebeur wat n mens maar net weer laat besef n wilde dier bly gevaarlik.
Ek loop ook altyd nader mat gelaaide geweer en lig.
Staan so 10m vêr en lig en kyk vir asemhaling en gooi sommer n klip daar teen die kop
om te sien of daar beweging is voor ek nader gaan.
vlakvark en bosvark Bvk
User avatar
Dweetster
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 455
Joined: Mon May 07, 2012 5:34 pm

Re: 303 + P7 led lenser Teen die bosvarke

Post by Dweetster »

Nee ek is self maar baie versigtig vir die goet. Het eenkeer n sog met kleintjies geskiet wat net gewyer het om te vrek. Het die eerste skoot te ver agter geskiet, sy het soos n vark geskreu tot ek nader kon kom vir n doodskoot, die 2de een was vir die kop bedoel maar het op die skouer geval agv haar gedraaiery. Sy het geval en toe weer op gestaan terwyl sy toe soos n leeu grom en brull.
Ek was te bang om nader te kom sy was wild hoor. Nog n slegte skoot was nie genoeg nie tot ek die 4de een in die nek kon pland wat haar toe laat stil le het.
Ek het maar net besef ek sal n slegte luiperd jagter uitmaak. Ek sou 2de gekom het.
Spekboom
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Wed Nov 14, 2012 4:40 pm

Re: 303 + P7 led lenser Teen die bosvarke

Post by Spekboom »

Vlakvark

Watse brackets het jy gebruik om die lenser vas te skroef?

Daan
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: 303 + P7 led lenser Teen die bosvarke

Post by Gerhard »

Dweetster wrote:Nee ek is self maar baie versigtig vir die goet. Het eenkeer n sog met kleintjies geskiet wat net gewyer het om te vrek. Het die eerste skoot te ver agter geskiet, sy het soos n vark geskreu tot ek nader kon kom vir n doodskoot, die 2de een was vir die kop bedoel maar het op die skouer geval agv haar gedraaiery. Sy het geval en toe weer op gestaan terwyl sy toe soos n leeu grom en brull.
Ek was te bang om nader te kom sy was wild hoor. Nog n slegte skoot was nie genoeg nie tot ek die 4de een in die nek kon pland wat haar toe laat stil le het.
Ek het maar net besef ek sal n slegte luiperd jagter uitmaak. Ek sou 2de gekom het.

Ja nee kyk...

Dis nou maar een ding wat baie mense nie weet nie.

Hoe n bosvark kan brul en grom veral as jy hom inni nag hoor... :):
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: 303 + P7 led lenser Teen die bosvarke

Post by vlakvark1 »

Spekboom wrote:Vlakvark

Watse brackets het jy gebruik om die lenser vas te skroef?

Daan
Ek het met die lig ook n bracket en skakelaar by gekoop

https://dl.dropboxusercontent.com/u/148410933/20130722_211128.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/148410933/20130722_211150.jpg
vlakvark en bosvark Bvk
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: 303 + P7 led lenser Teen die bosvarke

Post by vlakvark1 »

Jy kan die bracket op joe teleskoop of om die geweerloop vas sit
Ek sit hom op die teleskoop vas. Werk vir my die beste
vlakvark en bosvark Bvk
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3126
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: 303 + P7 led lenser Teen die bosvarke

Post by LUAN »

Ek het ook presies so bracket is nie so stewig maar doen die job. Ek soek net n flits met daardie pressure switch wat by jou hand is want om elke keer die flits an en af te sit by sy knop gaan nie werk as jy moet vinnig speel.
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: 303 + P7 led lenser Teen die bosvarke

Post by vlakvark1 »

.303 wrote:Ek het ook presies so bracket is nie so stewig maar doen die job. Ek soek net n flits met daardie pressure switch wat by jou hand is want om elke keer die flits an en af te sit by sy knop gaan nie werk as jy moet vinnig speel.
Ek weet nie van nog ligte met die pressure switch nie. Die ledlenser werk heel gaaf met sy prerssure switch
vlakvark en bosvark Bvk
User avatar
Dweetster
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 455
Joined: Mon May 07, 2012 5:34 pm

Re: 303 + P7 led lenser Teen die bosvarke

Post by Dweetster »

Nextorch het ook n presure skakelaar
Post Reply