Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek vra altyd so, wat skat jy die beste ... wind{en is die wind konstant} of afstand?
Baie manne gebruik rangefinders in die jagveld, maar hoeveel loop rond met wind meters?
Ponkie wrote:
155gr Match King teen 2980ft/s
Al wat ek wil s? is pasop, daai is nie speletjies vir 'n standaard 308 nie.
Arnold, ek stem saam. 2980vps met 'n 155gr koeel in 'n 308 verteenwoordig 30-06 snelheid en die drukvlakke sal veels te hoog wees. Somchem gee 'n maksimum van 3000vps aan vir 'n 150gr koeel in 'n 30-06 en 2820vps vir 'n 308. Ponkie, gaan daardie lading asseblief weer na, jy gaan iets seermaak.
Hou ook in gedagte dat, wanneer mens die snelhede en BC van loodkern koeels vergelyk, is .470 vir die Swift Scirrocco baie beter as die beste van die 130gr koeels, wat minder as .300 is. Sou mens 130gr TSX of 130gr GSC HV vergelyk is die BC baie beter. .340 vir die TSX en .374 vir die GSC HV. Dit gee 'n 300m verskil op windskuif (20kph) van minder as 8mm maar die val op 300, met 'n 200 zero, is 30mm minder. Vir papierskiet is dit om't ewe. Vir jag is daar 'n ander faktor wat mens moet in ag neem. Vlugtyd. Indien die dier beweeg wanneer die koeel in vlug is, is korter vlugtyd goud werd. Daar is die monos voor die loodkern koeels. Ek is ook baie meer gemaklik met die wete dat 'n goed ontwerpte mono verseker sal oopmaak, maar nie sal breek tot die mate wat mens sien met loodkern koeels nie. Die venster van aanwending is soveel groter met monos.
Wanneer gebrek aan werverrigting nie 'n opsie is nie, bring goed ontwerpte monos 'n mate van betroubaarheid wat moeilik is om te oortref met 'n loodkern. http://www.gsgroup.co.za/galfrancogiulietti.html
Julle laat my nou al hoe meer wonder. Ek het wel my laaste ammunisie deur die chronie gehad, maar ek 3 verskillende soorte punte met verskillende ladings daarby getoets. Daar was beslis 'n lading wat 2980 was, maar dink dit was een met die ligter punte en dat ek nou deurmekaar geraak het. Ek sal in my boekie gaan kyk en weer terugvoering gee.
Jammer vir die onduidelikheid en dankie dat julle my waarsku.
Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
Ek het gister die volgende ladings gelaai. 3 patrone met (44.5). 3 met (45), 3 met (45.5),3 met (46) en nog 3 met (46.5). Ek gaan dit more skiet om te kyk waarmee ek n ggoeie groepering kry,sal op die uitkyk wees vir te veel druk en dan donderdag terugvoering gee
BRADLEY wrote:
Ek het gister die volgende ladings gelaai. 3 patrone met (44.5). 3 met (45), 3 met (45.5),3 met (46) en nog 3 met (46.5). Ek gaan dit more skiet om te kyk waarmee ek n ggoeie groepering kry,sal op die uitkyk wees vir te veel druk en dan donderdag terugvoering gee
Dit is vir die 125gr punte en met S335 kruit, ek wil die geweer n bietjie vinniger maak om die trajek laer te maak, nou wil ek gaan kyk met watter ladings ek n goeie groepering kry. Ek het voorheen op n lading van 43.5 groepering gekry maar die patroon het te vinnig geval