Nuwe Musgrave's

rednat

Re: Nuwe Musgrave's

Post by rednat »

By teleskope praat ons van Amerikaanse zeisse en Genuine Zeisse.

Van vandag af sal daar gepraat word van JJ musgraves en Ware Musgraves
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Nuwe Musgrave's

Post by Jagtersdok »

Ek het vandag weer na daai goeters gekyk, dis darem glad nie oom Ben se Musgraves nie
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Re: Nuwe Musgrave's

Post by GreyGhostGear »

Hi almal,

Net 'n Musgrave vragie so bietjie van die topic af, ek het 'n pragtige .308 Musgrave van my pa ge-erf, mint kondisie en seker nie veel meer as 250 skote deur daai loop nie. Is ek reg as ek se mens kry 'n mod 80 en 'n mod 90? Hoe weet ek watter model het ek? Sal graag bietjie meer van die geweer wil uitvind..
rednat

Re: Nuwe Musgrave's

Post by rednat »

Plaas foto dan kan die manne ID

Musgraves wat ek ken en 6 van het:
6mm Musgrave ombouings
K98
Model 80
Model 90
Vrystaat (veldmodel en luukse)
President
Model 2000
Enkelskoot Jag
Enkelskoot Rep.aksie SS
Enkelskoot RSA SS
Enkelskoot Lyttleton SS
Dit is net die bekendes. Daar is verskeie variasies binne sekere
modelle bv. daar was 5 soorte model 90's.
Dan is daar ook nog die pasmake

As daar iemand is wat oor die hele Musgrave vervaardigings en model geskiedenis beskik moet hy asb. sy besonderhede verskaf sodat ek met hom kan kontak maak. 
Last edited by rednat on Fri Apr 15, 2011 6:44 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13665
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Nuwe Musgrave's

Post by Geno »

Hallo Rednat,
'N maat van my kan 'n 308 President model koop in uitstekende kondisie, wat sal 'n goeie prys wees?

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
rednat

Re: Nuwe Musgrave's

Post by rednat »

Geno
Musgrave vuurwapens is nog redelik verkrygbaar. Die President is egter skaars.
Pryse vir tweedehandse vuurwapens in RSA is tans laag met ons wette en probleme. Die ou wat bereid is om baie te betaal laat maak vir hom na smaak 'n skietding. Musgraves in goeie toestand wissel so van tussen R3000 en R7500 - daar is dus wel baie goeie kope in die privaathandel. In die privaathandel koop jy altyd billiker -- hang af hoe kwaad die eienaar vir die vuurwapenwet is. Wees verseker dat sekere handelaars vuurwapens vir 'n appel en ei by raadop privaateienaars oorneem en dit dan teen tot 1000% wins verkoop.
Die President dateer terug uit die middel 1970tigs (as ek reg onthou) -- alhoewel die geweer dus goed lyk mag sy loop nie meer so gaaf wees nie -- toets dus die landings en voel vir skurwe plekke!! 'n Goeie koopprys vir 'n mooi President in huidige toestande sal seker so R 7000 tot R9000 wees.
Ek glo dit is die beste geweer wat Musgraves gemaak het -- dit was spesiaal.
Last edited by rednat on Fri Apr 15, 2011 10:23 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Nuwe Musgrave's

Post by Armand Steenkamp »

Ek wens ek kan eendag so n geweer besit.Of enige musgrave!!
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Nuwe Musgrave's

Post by Jagtersdok »

Ek sal my Musgrave nooit ooit verkoop nie never in my life!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
rednat

Re: Nuwe Musgrave's

Post by rednat »

Armand
Is dit werklik 'n lewensbegeerte. Kontak my dan as jy R4000 het.

Ek mag miskien vir jou 'n enkelskoot mediumloop Musgrave RSA ( met die toeloop ) iewers h? -- in goeie toestand.
Jy laat dan die plat skyfskiet korrelmounting voor deur iemand wat sy job ken verwyder.
Laat sit vir jou 'n kolf op deur Beyers en jy het 'n pasmaak wat in een gat skiet.

Of hou hom net so en sit teleskoop op -- hy het sy gaatjies en was wel as skyfskiet en jaggeweer met teleskoop gebruik.

Dit was van die eerstes toe Musgrave nog aan sy naam gebou het --- en hulle nog 'n paar op 'n slag gemaak was.
Last edited by rednat on Sat Apr 16, 2011 8:36 am, edited 1 time in total.
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Nuwe Musgrave's

Post by Jagtersdok »

Rednat

Watse kaliber is daai?
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
rednat

Re: Nuwe Musgrave's

Post by rednat »

O jammer
Enkelskoot skyfskiet soos genoem --  dws. 7,62/308 met skyfskiet groefdraai dws. vir die ligter 308 punte 110 tot 168.

Ek is nou nie verkoopangstig nie maar as ek nou vir Armand met sy hartsbegeerte kan help??
Ek het 'n idee dat Musgrave destyds nog nie hul eie lope gemaak het nie en Ferlach lope gebruik het -- dus ook van die beste. Het nog een op pasmaakkolf deur Musgrave en hy skiet op 300 'n 2 duim groep as ek die dag reg bewe.
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Nuwe Musgrave's

Post by Armand Steenkamp »

Rednat ek soek so n geweer met n seer hart!
Ek het n buurman met die selle roer soos jy nou se.Hy wil ontsla raak van hom.
Ek  werk nou aan hom En hy het nie n groot kennes van geweere nie so ek dink ek gan
hom vir n helse bargian optel!Maar ek gan jou laat weet as ek nie regkom nie dankie
vir die aanbod ek wardeur baie!!

Groete armand
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
rednat

Re: Nuwe Musgrave's

Post by rednat »

Armand
Mooi man
Hoop werklik jy kry hom, want dan kan ek hierdie een vir myself hou en hom by sy ander maters staanmaak.
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Nuwe Musgrave's

Post by Jagtersdok »

Rednat

As jy dan nou sou oorweeg om daardie outjie te laat gaan , hou hierdie groot Musgrave liefhebber asb dan op eerste roep as Armand nie daai meesterstuk sal vat nie.

Die ouens lag vir my. "n man wou my ruil, sy Sako vir my Musgrave toe vertel ek hom waar hy met daai Sako kan gaan hehehe. My Musgrave sal ek hou tot die dag wat ek my laaste asem uitblaas.

So laat weet my as jy hom vir nog liefhebber sal laat gaan

Ek kan al in my geestes oog Sien hoe sal hy Die Nosler 150gr Accubonds stoot. Pappa ek kry sommer hoendervleis en ander dinge as ek daaraan dink
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Nuwe Musgrave's

Post by Monrique (SJ) »

Ek weet sommer self wat ek met so n oukie kan maak wat rednat nou van praat!! Soek self nog na een.

Groetnis
rednat

Re: Nuwe Musgrave's

Post by rednat »

JD
Ek het niks teen Sakos nie behalwe dat hul 375 in die model 75 die hel uit jou skop ( tipe kolf ) Ek verruil my Musgraves ook nie vir Sakos nie -- Musgraves is vir my nou maar net gemaak om meer akkuraat te wees -- dan praat ek natuurlik van die met die eie Musgrave aksies.

Hierdie geweer is nog by die handelaar maar ek het hom klaar betaal. Ek het al reeds so een en ons kan dus maar 'n plan maak terwyl jy nou so amper nostalgies raak in jou pleidooi -- lyk my jy sal hom kan geniet teen so 'n billike prys ( eintlik kos net so 'n aksie vandag al meer as dit )
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4600
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Nuwe Musgrave's

Post by James Wilson »

Rednat, as jy spesifieke vrae het oor Musgrave dan kan jy my maar laat weet. ek het n swaer wat 15 jaar vir musgrave gewerk het. hy het onder oom Ben Musgrave begin as n passer en draaier. gaande wg het hy deur die pos gestudeer en was later die hoof van bemarking, plaaslik sowel as in europa. hy ken vir jou baie stories oor die politiek agter die skerms asook baie van die tegniese data oor al die modelle en lope. as iemand belang stel dan kan ek maar vir hom vrae vra, en vir julle terugvoer gee.  ek en so 4 vriende het tydens die Aim show by hom oorgeslaap. die manne het hom gepeper met vra tot diep in die nag. as ek dit reg verstaan was Musgrave die eerste agent om Swarovski die land in te bring. hy het destyds die ooreenkoms namens Musgrave geteken in Swarovski se fabriek. hy het destyds gereeld in die Magnum verslyn en ek het nou die dag weer op n onderhoud in die magnum op afgekom waarin Gregor Woods( ek dink) met hom n onderhoud het en waar hulle deur die fabriek op n toer gaan.

een van die intresante stories wat hy my vertel het is dat hulle n geweer vir Sylvestor Stallone gebou het om mee bere te skiet.  
Last edited by James Wilson on Sun Apr 17, 2011 11:59 am, edited 1 time in total.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
rednat

Re: Nuwe Musgrave's

Post by rednat »

Jagbehep
Dankie vir die aanbod.
Oral is daar stukkies en brokkies oor wat mense weet en dink hulle weet.
Dit sal jammer wees as die Musgrave geskiedenis verlore moet gaan.
Die vrae wat ons versamelaars het is amper 'n kortverhaal.:
Die ontstaan van Musgrave, eienaarskap,  datums, waar, wanneer, deur wie, naamveranderings, fabriekplasings en dan baie belangrik: die volle reeks van vuurwapens vervaardig, kalibers met modelle en die balangrikste kenmerke van die verskeie modelle -- NB spesiale poduksies.
Groot storie n?.
Feit is as dit nie aangeteken en geboekstaaf word nie sal dit oor 'n klompie jare vergete historiese kennis wees.As jou swaer so iets feitelik wil saamstel kan dit argiefmateriaal word met spesiale erkenning aan hom.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4600
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Nuwe Musgrave's

Post by James Wilson »

ja, jy praat waar, ek het hom so 6 maande terug omgepraat om die geskiedenis van Musgrave en verwante stories en intresanthede op papier te sit. hy het reeds daarmee begin. hy is n baie presiesse tipe persoon en sal hy daai iligting nie publiseer as hy nie eers van verskillende bronne gebruik gemaak het om sy feite te bevestig nie. dit is egter n groot werk. hy is tans die MD van n nasionale mpy en ek dink sy entoesiasme oor Musgrave is nog daar, maar ek weet nie of hy altyd die tyd het nie. as jy regtig so baie belang stel in Musgrave kan ek maar by hom hoor of jy hom nie kan besoek nie, alternatiewelik moet jy maar jou vra en miskien foto's na my toe mail. se maar waar bly jy en of jy hom wil ontmoet, dan kyk ek wat ek kan reel. hy is n baie gemaklikke persoon.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Penkop
Hero Member
Hero Member
Posts: 621
Joined: Tue Nov 16, 2010 11:29 am

Re: Nuwe Musgrave's

Post by Penkop »

Jagbeheb,

Vra hom asb uit oor Musgrave se .22 Ambidex.

Ek verstaan daars net 1 dosyn vervaardig?

dankie byvoorbaat
Waar daar 'n rokie trek is daar 'n bier'tjie...
rednat

Re: Nuwe Musgrave's

Post by rednat »

JB
Dankie.
Ek het nie enkelvrae nie.
Soos ges?: die volledige geskiedenis en weergawe van vuurwapen/modelle ontwikkeling om te verhoed dat die kennis verlore gaan sal 'n waardevolle bydrae wees.
Hoop hy voer sy voorneme uit.
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Nuwe Musgrave's

Post by Jagtersdok »

Rednat ek het jou pm gestuur
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4600
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Nuwe Musgrave's

Post by James Wilson »

penkop, ek kon net vinnig met my swaer praat oor jou vraag.  die .22 Abidex is soos wat die naam se n .22 wat geskik was vir links en regs handige mense. die geweer is deur n persoon van Musgrave self ontwerp. ek sal later weet wat die persoon se naam was, ek was nou vinnig op my swaer, hy kan net onthou dat die persoon se naam Johan was(hy is oorlede).  maar hy sal later die naam onthou. Johan het by die pasmaak afdeling van Musgrave gewerk en het die konsep ontwerp in sy tee tye. daar het egter n lang tyd verby gegaan voordat Musgrave die geweer begin vervaardig het, omdat die slotaksie wat twee handig was baie moeilik en duur was om te vervaardig, veral die manier waarop die slot gesluit het was uniek en moeilik om te bou. eers toe Musgrave cnc masjiene begin kry het, het dit begin lyk of die lyn van .22's moontlik sal wees.  die aanvraag op die einde en die ooraanbod van goedkoop ingevoerde .22's  het gemaak dat die lyn van .22's nooit lewensvatbaar was nie.

ek onthou ook dat my swaer my ook al vertel het dat Musgrave op n groot poging gegaan het om links handige jaggewere te maak. op daardie staduim was hulle een van slegs 2 of 3 mpy in die wereld wat dit vir links handige mense beskikbaar gestel het. dit was vir almal by Musgrave baie vreemd dat die belangstelling van die publiek oor die reeks linksh. wapens maar baie min was. my swaer spesifiek het navraag begin doen in die bree publiek, en op die ou end is hy deur meer as een linksh. jagters die antwoord gegee. die meeste linksh jagters kon nie links skiet nie. daar was nie links wapens toe hulle groot geword het nie en het dus regs leer skiet. vir hulle om nou links te skiet is net so vreemd soos n vir n regsh. om links te skiet.



Johan Joubert is die persoon
Last edited by James Wilson on Mon Apr 18, 2011 8:36 am, edited 1 time in total.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Penkop
Hero Member
Hero Member
Posts: 621
Joined: Tue Nov 16, 2010 11:29 am

Re: Nuwe Musgrave's

Post by Penkop »

Dankie Jagbehep,

My Pa is linkshandig (nie 'links' nie, maar 'linksHandig'!!), maar hy skiet uit sy linker skouer en werk die grendel so dwars-oorkruis, lyk eintlik komieklik, maar hy's nogal vinnig!

Toe hy hoor van die Ambidex het hy 2de verband op huis geneem om daai outjie te koop. Waarop hy geweldig trots is!
Waar daar 'n rokie trek is daar 'n bier'tjie...
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4600
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Nuwe Musgrave's

Post by James Wilson »

penkop, miskien kan rednat ons hier n aanduiding gee, maar ek vermoed daai .22 is baie werd. ek hoop ek kon jou help met jou navraag.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Post Reply