Page 2 of 2

Re: Skootplasing (Gemsbok)

Posted: Wed May 01, 2013 1:35 pm
by Kalahari
Van voor na agter: koei, jong bul (slyp nog nie horings nie), groot koei.
Ek het al baie gemsbokke geskiet en sien hulle gereeld, maar my opinie hier bo is ook maar raaiskoot, baie moeilik om gemsbok geslag op horings te bepaal.

Re: Skootplasing (Gemsbok)

Posted: Wed May 01, 2013 1:56 pm
by Cobus(Cobb)
Ek het so geleer......
Bul se horings bly dikkerig tot op punt tot waar dit vinnig dunner word/taper...
Koei se horing taper baie gouer....

Die boer vra my toe....."sien jy dit?"...ekt maar net ja gesê.... ;D ;D ;D

Daarop gebasseer, bul in eerste prent...(sal so 1 duim regs en 2 duim af skiet op daai rooi kolletjie)
Bul regs op ander prent, ander 2 is koeie

Cheers

Re: Skootplasing (Gemsbok)

Posted: Wed May 01, 2013 3:40 pm
by BRNO (Pierre)
Ek wil darrem net hier noem, dat n Gemsbok my gunsteling dier is om te jag. Dit is werklik die een dier wat my sommer stil maak as ek langs sy karkas staan na n goeie skoot. Ek droom werklik al na daai "spook" gesigte daar in Boshof se randjies teen die einde van Mei. Daai gesigte is darrem werklik die mooiste in die veld as hulle n man so om die bossies beloer.

Re: Skootplasing (Gemsbok)

Posted: Wed May 01, 2013 6:06 pm
by JK
Bulle se horings is bietjie dikker en korter as die koei sin. maar dis ook maar n raaiskoot meeste van die tyd as jy nie die bok mooi kan sien nie

Re: Skootplasing (Gemsbok)

Posted: Wed May 01, 2013 6:39 pm
by Chevvy SS
Het julle gesien dat die regterkantse bok se swart nie deurkom vanaf die voorkop tot op die neus nie?

Re: Skootplasing (Gemsbok)

Posted: Wed May 01, 2013 7:06 pm
by Cobus(Cobb)
Chevvy SS wrote:Het julle gesien dat die regterkantse bok se swart nie deurkom vanaf die voorkop tot op die neus nie?

Het so gesien ja, die eerste foto s'n ook....Die vraag is nou, watter een van die twee is reg???? wie sê so?????

Cheers

Re: Skootplasing (Gemsbok)

Posted: Wed May 01, 2013 7:08 pm
by PWV

Re: Skootplasing (Gemsbok)

Posted: Wed May 01, 2013 7:39 pm
by Chevvy SS
Cobus(Cobb) wrote:
Chevvy SS wrote:Het julle gesien dat die regterkantse bok se swart nie deurkom vanaf die voorkop tot op die neus nie?

Het so gesien ja, die eerste foto s'n ook....Die vraag is nou, watter een van die twee is reg???? wie sê so?????

Cheers

Cobb, net die regterkantse een- kyk, die ander 2 loop deur.

Re: Skootplasing (Gemsbok)

Posted: Wed May 01, 2013 7:43 pm
by Cobus(Cobb)
Chevvy SS wrote:
Cobus(Cobb) wrote:
Chevvy SS wrote:Het julle gesien dat die regterkantse bok se swart nie deurkom vanaf die voorkop tot op die neus nie?

Het so gesien ja, die eerste foto s'n ook....Die vraag is nou, watter een van die twee is reg???? wie sê so?????

Cheers

Cobb, net die regterkantse een- kyk, die ander 2 loop deur.

Ek weet, ek praat van die skootplasing foto, waarmee die post begin is...hy loop nie deur nie

Re: Skootplasing (Gemsbok)

Posted: Thu May 02, 2013 9:18 am
by Jean Marais
Ek sou ook sê die een regs is die bul, en die ander twee is koeie.

Wat ek nou opmerk is dat die masker van die bul nie die swart vertikale strepie het soos by die koeie nie. Op die eerste foto merk ek dit ook, so dan moet ek aflei dis ook 'n bul.

Vir die ouens wat weet, sou dit 'n korrekte aanname wees??

Groete

Re: Skootplasing (Gemsbok)

Posted: Thu May 02, 2013 9:26 am
by mariusr
Ja dit sal nou intressant wees as hier nou 'n ontdenking gedoen word! Bring nog fotos van bulle!miskien maak ons geskiedenis! :):

Re: Skootplasing (Gemsbok)

Posted: Thu May 02, 2013 11:15 am
by Jakkalsgat
Jean / Marius

Nee, die afleiding is verkeerd, gaan kyk op my website HTTP://jacostander.wix.com/jakkalsgat-safaris daar is paar fotos van Gemsbokke en toevallig die enigste een wat se uurglas leeg is, is RW koei met sulke skewe horings maar ek sal ook vir julle foto van 'n koei kan laai wat se uurglas nog nie leeg geloop het nie.

Groete
Jaco

Re: Skootplasing (Gemsbok)

Posted: Thu May 02, 2013 11:33 am
by mariusr
Seker soos vinger afdrukke en luiperd se kolle en zebra se strepe uniek aan elk een! :):

Re: Skootplasing (Gemsbok)

Posted: Thu May 02, 2013 11:49 am
by Jean Marais
Hallo Jaco

Dankie vir jou terugvoer. Ek het nogal gedink dit kan nie so maklik gewees het nie.

Re: Skootplasing (Gemsbok)

Posted: Thu May 02, 2013 2:17 pm
by Kalahari
Jean

Ek stem saam met Jaco, die uurglas teorie (storie van bul en koei) het ek ook al getoets en die "myth is busted" ;D .
Die sekerste manier is maar om daardie skede onder die pens te kyk en seker te maak daarvan.
Ek dink die eerste bok aan die begin van die draad wat onder die boom staan is ook 'n koei, ek het so bietjie met ctrl en + gezoom en ek sien nie skede nie.

Groete