REEN METER:

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
tafjak

Re: REEN METER:

Post by tafjak »

Manne

Laat weet so bietjie hoe lyk die syfers daar by julle. Dit lyk of die noorde winterre?n kry. Sal nogal hou van so bietjie hier ook, weer droog hier.

Taffie
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: REEN METER:

Post by JACQUES BOTHA »

hier in bloem is die water van bo maar skraps....ek skat nie meer as 6 mm nie...
ma dis nogsteeds beter as niks....
Shoot straight and tell the truth!
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: REEN METER:

Post by britsman »

Naand Christo en almal,
                        Hier reen dit nou lekker ....... of kry ons nou "julle" reen, Christo?
      "Karre" het so in 'n ry was gesteek, in ons ou dorp toe paadjie.

         groete,
                   brits
Last edited by britsman on Sat Jun 20, 2009 9:18 pm, edited 1 time in total.
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: REEN METER:

Post by Christo »

Britsman

Ons het sover baie lekker re?n gekry, maar ek sien op die Noorweegse en Weather SA erge re?n vir ons vir Ma-Wo en temp max van 4-7 grade vir Woensdag. Sal maar sien hoe maak ons dan.


Die ergste vir my is die vee wat ons kraal, die skape is vuil en dit is nie goed dat hulle in die nat slaap/staan nie. Klomp loop al kruppel van dorings en ek dink dit gaan ontsteek ook nog. Ons sal 'n ander plan gou moet maak.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: REEN METER:

Post by britsman »

Christo,
              Die vee wat gekraal word...... is dit 'n voerkraal of moet jy al jou vee kraal?
    brits
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: REEN METER:

Post by Christo »

Britsman

Ons het probleme met ongediertes in die vorm van honde en 2 beniges en die uielande is ook nie toegekamp nie, en daarom slaap die vee op kraal elke aand. Nie voerkraal nie.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Ambessa

Re: REEN METER:

Post by Ambessa »

Hallo Christo
Christo wrote:...Die ergste vir my is die vee wat ons kraal, die skape is vuil en dit is nie goed dat hulle in die nat slaap/staan nie. Klomp loop al kruppel van dorings en ek dink dit gaan ontsteek ook nog. Ons sal 'n ander plan gou moet maak.
Het jou antwoord aan Britsman gelees. Tragies. As daar geen ander uitweg is nie (soos dit met julle reeds blyk die geval te wees) en julle elke aan moet kraal, kan 'n hortjiesvloer (sodat mis later uitgekrap kan word) oorweeg word. Dit is wel duur maar op die ou einde word baie minder stres op die diere geplaas en hulle bly ook skoner en gesonder. Dit mag in julle geval die moeite en belegging werd wees. Veral as jou "kraal" ook nog "2-benig proof" en veilig teen honde moet moet wees?

Baie boere sal toenemend gedwing word om ook na hierdie meer drastiese opsies te kyk.

Ambessa
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: REEN METER:

Post by Freddie101 »

Weet nie by julle nie, maar hier in tarkastad is dit bitter koud met wind reen en kapok. Is besig om te skeer en is maar bekommerd oor die mowwe. Hulle is egter baie taai en mens kan nie glo hoe hulle loop en eet in sulke omstandighede nie. Vandat ek begin jag het in die nag het ek eers besef hoe koud dit buite kan raak.  Sover 15 mm gemeet. Ek wonder wat die jakkies en katte doen in sulke omstandighede.
Groete Freddie
ns. hoor graag hoe lyk die weer by julle.
yol bolsun
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: REEN METER:

Post by JACQUES BOTHA »

FREDDIE
DIS EINTLIK MAKLIK OM TE VOORSPEL...WAG TOT NET NA DIE REEN EN DAN  SIEN JY OF DIE KAT EN/OF DIE JAKKALS HET GEVANG....
DIESELFDE GELD VIR DIE 1 TOT 3 DAE VIOOR DIE GROOT KOUE OF DIE GRROT REEN KOM...EK MAG VERKEERD WEES, MAAR EK SIEN DIT GEREELD DAT MY TELEFOON MEER WERK NET NA DIE REEN,  EN AAN DIE ANDER KANT WEET EK OOK DAT EK VERMOED DAT JAKKALSE EN KATTE INGEBOUDE BAROMETERS HET...EN DAAROP KYK AS DIE LUGDRUK STYG OF DAAL..
Shoot straight and tell the truth!
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: REEN METER:

Post by britsman »

Almal,
          Hier op die STORMBERGE sous dit nou lekker. Hoe lyk dit daar by julle?
       
        groete en voorspoed,
                                      brits
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: REEN METER:

Post by WillJak »

Brits, hier by ons tussen Willowmore en Steytlerville re?n dit ook lekker - ons het al so 8 mm gehad en die voorspelling is vir nog vandag en more - selfs dalk 'n donderstorm of twee more, tot so teen die aand, dan trek hy weer bietjie oop. En ons het dit bitter nodig, dis dr??g!!
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: REEN METER:

Post by MEERKAT »

In vroee oggend ure begin reen teen 12h00  26 mm gemeet (Beaufort West)

Kan die week in klammigheid weer tel hoeveel goggas op jul plase rondloop. ??? ???

Hoop julle kry lekker reen

Knou goggas af
MEERKAT
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: REEN METER:

Post by britsman »

MEERKAT wrote: Kan die week in klammigheid weer tel hoeveel goggas op jul plase rondloop. ??? ???
        Dankie vir dit ook.

          groete,
                      brits
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: REEN METER:

Post by Freddie101 »

Vanaf vanoggend so 11mm gemeet maar nou skyn die son af en toe. Hoop ons kry nog hier op Tarka.
Groet Fredddie
Mooi reen in beaufort meerkat
yol bolsun
boeta
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm

Re: REEN METER:

Post by boeta »

Nog net wolke en wind by ons,hoop die wind waai ni die wolke weg ni.Die plot manne hier hoop ni dit reen ni want die koring staan vol aar en die lusern is gesny

Boeta
An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: REEN METER:

Post by WillJak »

Brits, ons het nou (18h30) darem al 24mm gehad vir die dag.
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
Ambessa

Re: REEN METER:

Post by Ambessa »

Hallo Britsman
britsman wrote:...op die STORMBERGE sous dit nou lekker. Hoe lyk dit daar by julle?
...so the wind brought some good water with it? You must start using the camo more frequently...  ;) ?

Even here it is wet since the rains started last night.

Many parts of the country need good rains.

Ambessa
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: REEN METER:

Post by Foxcreek »

Hallo almal

Ek is bly om te sien dit re?n wyd. Ons het hier teen die Drakensberge( Giants Castle se area) die vorige twee weke al so 50 mm gehad en oor die naweek 20 mm gehad. op die oomblik re?n dit lekker hier. Die planters staan reg en as die weer breek begin ons mielies plant(plant ook so 15 ha ekstra vir die bosvarke).

Hoop die re?n kom ook vir die manne wat erge droogtes beleef.

Foxcreek.
Food grown in depleted soils is itself deficient, and animal products derived from stressed beasts bear a burden of guilt.
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: REEN METER:

Post by Freddie101 »

Tot vanoggend 30 mm gemeet vanaf gister by my op Tarkastad.
Hoor graag van reen by ander.
Freddie
yol bolsun
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: REEN METER:

Post by britsman »

Freddie/ Foxcreek,
                        45mm sover hier by ons ..... baie dankbaar. Lyk vir my of dit lekker wyd geval.Nog so bietjie dan sit jakkie vas in die modder. :D :D

        groete en lekkerdag vir almal,
                                                  brits
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
User avatar
Kruger
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm

Re: REEN METER:

Post by Kruger »

Baie dankbaar vir 36mm wat ons gister hier (Jansenville) gehad het. Ons staan nou op ongeveer 84mm vir die jaar terwyl ons gemiddelde reen 275mm per jaar is. Dis die derde agtereenvolgende jaar wat ons minder as die helfte van ons gemiddelde reen kry. Hier is geen reserwes nie. Dalk draai dinge nou en kry ons weer van die sewe vet jare. Groete
Winners never quit - Quitters never win.
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: REEN METER:

Post by WillJak »

Kruger, ek hoop van harte jy is reg dat die dalk die draaipunt is - ons het darem afgeskop met 30mm vir die naweek - dis sommer lekker nat!!
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: REEN METER:

Post by JACQUES BOTHA »

MANNE EN MANINNE HIER IN BLOEMFONTEIN IS DIE SLUISE VAN DIE HEMEL OOP...
DANKIE AAN DIE VADER VIR DIE GAWE...
DANKIE HEER VIR U GENADE..
LAAT ONS IN DANKBAARHEID OPKYK (MET N SMILE ASB)
STERKTE AAN AL DIE BOERE WAAR DIT NOG DROOG IS...
DAAR WAAR DIT REEN .. GENIET DIT MANNE
GROETE
JB
EK DINK HIER IN BLOEM STAAN ONS NOU 0P  70MM
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: REEN METER:

Post by Foxcreek »

Angus Buchan het verlede week 'n biddag vir re?n op George gehou, en nou hoor ek op die radio nuus dit sous behoorlik daar, en ook in die Overberg. Is daar manne wat kan bevestig.

Foxcreek.
Food grown in depleted soils is itself deficient, and animal products derived from stressed beasts bear a burden of guilt.
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: REEN METER:

Post by britsman »

Almal,
        In Burgersdorp is tot 100mm gemeet.

  groete,
            brits
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
Post Reply