Kees se kind verwoes alles

Fanie

Re: Kees se kind verwoes alles

Post by Fanie »

Ek het bietjie oor jou hokke storie gedink, dit is dalk 'n beter idee as jy groot wil gaan.  Klink amper soos die 'canned lion' jagtery en gaan nie juis selfbevredigend wees nie.  Ek wil net nie die een wees wat die hokke skoonmaak nie...

Dit sal interressant wees om te weet hoe so hok werk sodat jy 'n klomp op 'n slag vang.
Fanie

Re: Kees se kind verwoes alles

Post by Fanie »

Dalk iets soos die ?  Hy kan in klim maar kan nie terug uit nie want sy gewig maaf die deur toe.  As hy van die plaat afklim maak die deur met gravitasie weer oop vir die volgende een.  Dis nou nie volgens skaal nie maar net om die meganise aan te dui.  Die binneste gedeelte sal 'n plaat moet wees, die buitenste maak nie saak nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Fanie

Re: Kees se kind verwoes alles

Post by Fanie »

Nee wat Oom Pine, niemand het iemand enigsinds aangevat nie.  Buitendien ek laat net vrouens aan my vat ;-)

My vertrekpunt is dat as iets deurentyd onderhou en beheer word is die probleem nie meer rerig 'n probleem nie.  Die groot probleem met enige diere se beheer is dat boom drukkers (tree huggers) ongelukig altyd daarin slaag om met emosionele valshede juis die beheer van diere te dwarsboom.

Een so 'n voorbeeld is die robbe aan ons kus, daar is nie genoeg kos vir hulle nie so hulle vrek nou op strepe en skep ander probleme.  Hulle word nie beheer nie want dis te wreed maar nou is dit ok dat hat hulle van die honger vrek.  Die haai aanval waarin iemand dood is so paar dae terug is waarskynlik ook te wyte aan die haaie wat daar rond hang en aas op die vrekkende robbe.

Nog so 'n voorbeeld is die olifante.  Eers wanneer die troppe verwoestende getalle bereik word daar teen groot koste verminder.  As oordeelkundige beheer uitgeoefen word deur bv jagters toe te laat om die minder gewenstes uit te skiet sal die olifante nooit 'n probleem wees nie, en dit is dan 'n inkomste vir verdere bewaring.  Ek kan dalk net klem le op oordeelkundige beheer en nie die fiasko wat tans aan die gang is nie as mens net kyk wat met die renosters aan die gang is.  Ek twyfel of ons oor 'n jaar nog gaan oor he as die eh eh eh regering nou eers weer beheer neem daarvan.

Platanna's sou waarskynlik omtrent nie bestaan het as dit nie vir die hengelaars was wat hulle teel vir die mark nie.  Daar is kort-kort stories oor klagtes dat hengel winkels hulle verkoop, en verseker geen skaarste aan hulle nie.  Padda's (amper se ek parras) is gewoonlik die eerste diere wat verdwyn wanneer besoedeling voorkom.  Sorrie ek weet dis nou nie iets wat jy nou juis sinvol kan skiet nie maar net as voorbeeld.

Enige iets wat op die regte manier begin word word later as 'n sport of tradisie beoefen.  Soos die masogiste wat mekaar met paint ball's skiet (almal kan nie blou bulle wees nie), dit maak geld wat die voortbestaan daarvan veseker.  Daar is ook 'n groep ouens wat hulle self 'spesie hengelaars' noem wat net karp vang en daar is allerhande vreeslike vereistes van hoe jy wat moet doen sodat die vis nie iets moet oorkom nie - en karp is juis 'n algemene vis, maar die feit dat dit op 'n sekere manier gedoen word is wat dit gewild maak.

Nou net so, se nou maar die kese se beheer word een of ander 'extreme' (om dit meer gesog te kaat klink) naam gegee en dit word nou 'n spesiale sport op sy eie, dan skep jy mos 'n mark vir die beheer van die diere.  'Beheer' hoef mos nie net gedoen te word wanneer diere skaars is of eers heeltemal te veel is nie, dit gaan mos juis om die balans te handhaaf.

Ek meen hier sit ons nou en klets soos 'n klomp ou stoep tannies en dit net as gevolg van jakkalse... nog 'n voorbeeld.  Wel iemand moet die praatwerk doen ;-)

Bobbejane is nie heeltemal so onnosel as wat mense dink nie al is dit net 'n dier.  Kyk bietjie wat doen die bliksempies waar hulle gewoond is om tussen mense te bedel, hulle hou die kleintjie uit na die besoekers want hulle het agtergekom dit ontlok emosie en dan gee die mense makliker vir hulle iets om te eet.  Jy vang die kese ook net een maal met dieselfde truuk dan moet jy met iets oorspronklik vorendag kom.  Dit gaan jou dwing om bietjie te dink ook, iets wat baie moeilik is by mense :-D

Om die kese te gaan skiet gaan nie 'n kwessie wees van jy wals daar in, skiet 'n klomp en gaan huis toe nie, jy gaan so bietjie vernuf en deursettings vermoe en geduld aan die dag moet le om hulle uit te oorle veral as hulle mense met jag assosieer.  Ek se kom ons kyk wie kan sy jagters vaardighede na die ekstreme toe vat wat hom die vermoe sal gee om die bobbies uit te oorle.

So wat ek voorstel is as dit  bv 'n sport gemaak word dan is dit moontlik om beheer oor hulle getalle uit te oefen en dit sal natuurlik so bietjie geld in die bedryf ook betaal.  Deelnemers sal so bietjie vaardighede moet byleer en sekere dinge sal werk en ander nie.  Dit is ook nog een verdere rede waarom mense wapens moet he gesien in die lig van die ontwapening wat aangaan.

Enige iets wat jy met styl en elegansie aanbied vind byval by mense, hierdie hoef nie soos 'n klomp trigger happy barbare te wees wat alles voor die voet probeer uitmoor nie.  Maak dit iets sinvols dan sal dit werk.  In my beskeie opinie 'n meer sinvolle oplossing as om die kese in hokke te vang en te vermoor.  Meer mense word daardeur ook bewus gemaak van ons natuur, bewaring en kennis oor die diere.

Ek kan al die pampoen gogga monderings sien om die bobbejane te lok.  Dit gaan wees soos om vir 'n boer die 50kg t-been op sy bord aan te bied...  Herder ek kon nooit verstaan hoe 'n bobbejaan so stink gogga met soveel smaak kan opvreet nie.
Last edited by Fanie on Sun Apr 22, 2012 4:06 pm, edited 1 time in total.
User avatar
tobie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 96
Joined: Sun Nov 15, 2009 12:40 pm

Re: Kees se kind verwoes alles

Post by tobie »

Ek ken ook die hokke met val deure.dis een hok wat in 4 gedeel is.elkeen kompartement is omtrent so groot soos n rooi kat hok.net bietjie hoer.met 2 hokke vang jy 50 so gou soos nou,pasop net n haastige hond verbrand sy mond.Wat by ons gewerk het jy moet hulle eers voer met die mielie en stronke.moenie die hok stel tot hulle elke dag plus getou hulle kossies kom een nie.stel dan.tot jou hokke minder as 4 uit 8 deure toe is en jy nie die trop met jou aan koms weg gejaag het nie.dan voer jy maar weer tot hulle weer 'maker word'.Moenie op hulle skiet naby die hokke nie. skiet net die in die hok en gaan gooi hulle ver weg.Al is hy pink skiet hom as hy in die hok is. alle deure moet n 'catch' op he.hulle leer baie vinnig om n deur oop te maak.ons deure is ook van plaat gemaak.moenie die hokke met bloed agter los.maak maar n bietjie skoon en gooi nuwe grond in die hokke na elke vangs.jy moet elke dag tenminste 1 keer gaan kyk en in die somer 2 keer as dit moontlik is.maak die hokke met n sif wat nie hulle hende ens sny nie.die buite bobjaane sal die hokke gou met seer asosiheer.
Groete Tobie.
Jy kan maar hardloop, maar ek sien jou!!!
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: Kees se kind verwoes alles

Post by Foxcreek »

More almal.

Die bobejane hier by ons maak vreeslik amok. Ons skiet en ons skiet, maar kom nerens nie. In die begin het ons so vier of vyf geklop, met 'n sessie, en dan bly hulle so 'n maand weg. Nou is jy gelukkig om een te klop en hulle bly skaars 'n week weg.
Ons dink om maar hokke te probeer. Ons het egter geen ondervinding van bobejane vang met hokke nie. Ons weet ook nie hoe moet die hokke lyk en wat om as lokaas te gebruik nie. Ek sal dit baie waardeur as iemand my kan help met planne vir keeshokke.
Hier in die area is nog nooit met hokke gevang nie en ek dink ons sal 'n klompie kan roer met hokke. Sal dit hoog op prys stel as iemand sal kan help aangesien die mielie plantery om die draai is vir ons.
Post Reply