Teenstrydige waarneming - Leupold en Nightforce

User avatar
Biltong
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm

Re: Teenstrydige waarneming - Leupold en Nightforce

Post by Biltong »

Ludwig wrote:Wicus, my antwoord was eerder op Greyghost se opmerking oor die Zero Lock van sommige NXS modelle gemik. Kort antwoord is nee, die turrets op 'n NXS model, en so ook eintlik maar enige tactical tipe turrets, kan nie sluit nie. Indien dit sluit, word dit as target turrets geklasifiseer. Turrets wat kan sluit is nie 'n gewenste funskie onder taktiese gebruikers soos in die polisie en weermag nie.
Sorry Ludwig, ek sien nou. Ek lees en tik te stadig. Werk nog tussenin ook. :o
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Teenstrydige waarneming - Leupold en Nightforce

Post by 243Songdaug »

Greygost - die verstelling van die Leopoldt het my ook in die steek gelaat - dis hoekom ek oorgeskuif het na die Nightforce.

Ek skiet steeds die Leopoldt, maar ek verstel hom nie - ek mik op of af. Die Nightforce se kliekverstelling is 100% betroubaar.

Ek en 'n paar vriende skiet nou al geruime tyd gonge op langafstand en ek het by verskeie geleenthede al opgemerk dat van die ander vervaardigers se teleskope se verstellings nie so betroubaar is nie. As die manne voordurend hul "Clickskaarte" oorgemaak wil he kan jy maar weet - sy scope se verstelling is nie op standaard nie.
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2480
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Teenstrydige waarneming - Leupold en Nightforce

Post by Nico Harris »

Ek het lank met leupold geskiet- vx 2 en3! Hulle is lekker helder en in my ondervinding stel hulle betroubaar! Die een probleem wat ek wel gehaad het is dat hulle eye relief verander saam met die vergroting! Dit het my baie gepla. Ek het toe vir my n Zeiss conquest 4.4-14x44 gekoop...en nog nooit terug gekyk nie! Die een op my 9.3 gebruik ek nou al 8jaar en hy nog nie n beat gemis nie! Ek het nou vir my die nuwe 5-25x50 Conquest HD5 gekry met lockable target turrets vir my sako 22-250! Sal julle manne laat weetnhoe hy maak! Groete Nico
Post Reply