Page 2 of 3

Re: Herlaai data 22-250 Remington

Posted: Mon Oct 03, 2011 7:33 am
by D4D
Marno

Ek wil nou nie iets kwyt raak nie.
Volgens my gaan dit nie so seer oor die hoeveelheid kryt wat jy ingooi nie,maar meer dat jy nie die voorgestelde spoed in die boekie oorskry nie sonder drukking.
Die rede hoekom ek so se is dat ek laai 55gr sierra blitz varmenter(Loodpunte) met pmp doppe en 34.7gr S335 kryt en ek skiet hom deur my howa en kry `n gemiddelde spoed van so 3640f/s sonder eninge druk.
Met ander woorde het ek al klaar 3 gr meer kryt in my doppie as wat die boekie voorskryf.

Jy kan gerus die 55gr sierra`s (#1345) probeer, ek het nog niks probleme met hulle gehad nie en hulle is baie akuraat en bekostigbaar.

Re: Herlaai data 22-250 Remington

Posted: Mon Oct 03, 2011 7:37 am
by marno
Thanks D4D,

Ek het 55gr Vmaxe gekoop wat ek op die jakke wil gebruik en wil nou toets ladings uitwerk, maar hierdie storie dat die data se maks 31.2 is, het my nou heel deurmekaar gekrap, nou weet ek nie eers watse toets ladings ek moet laai nie.

Dankie vir jou raad ook.

Re: Herlaai data 22-250 Remington

Posted: Mon Oct 03, 2011 8:10 am
by Geno
Marno,
vergeet van die maks lading. kyk na die Maks SPOED! Dis waarvoor mens 'n chrony gebruik.

Re: Herlaai data 22-250 Remington

Posted: Mon Oct 03, 2011 8:13 am
by marno
Geno,

Dis presies waar die ander probleem in kom.  Op daai data se dit die maks spoed is 3468fps.  Daar is nie 'n manier nie.

'n 22-250 skiet maklik meer as 3468fps.  So dit is wat dit nog meer confusing maak.

Re: Herlaai data 22-250 Remington

Posted: Mon Oct 03, 2011 8:29 am
by bullseye
Marno

Jy moet werk met n chrony .Ek sien die meeste manne op forum gebruik s335 met sukses en heelwat hoer spoed as wat somchem aangee.Ek gebruik s355,35.5gr, 55gr siera blitzking teen 3600vt/sek dit is ook basies die node wat quikload gee vir beste akkuraatheid. ek kan egter nog hoer gaan met spoed maar dan is geweer minder akkuraat.

groetnis
Ben.

Re: Herlaai data 22-250 Remington

Posted: Thu May 03, 2012 10:59 am
by James Wright
KSV wrote: Julle se my nou eers hulle het 53 gr V maxe!!!

Ponkie.  Het die shots geskiet teen 3700(34.3 S335). Hein
Hein,hoe ver het jy die shots van die lande af gelaai?

Re: Herlaai data 22-250 Remington

Posted: Thu May 03, 2012 11:00 am
by James Wright
het enige van julle al die Custom Competition 52 gr punte gelaai?

Re: Herlaai data 22-250 Remington

Posted: Thu May 31, 2012 8:44 pm
by heinmarkram
kan iemand help? hoeveel kruit agte 50gr sierra sp blitzkings?

Re: Herlaai data 22-250 Remington

Posted: Wed Jul 18, 2012 1:00 pm
by D4D
heinmarkram wrote: kan iemand help? hoeveel kruit agte 50gr sierra sp blitzkings?
Het nog nie 50gr blitzking geskiet nie maar wel 55gr Blitzking en het 33gr S335 gegooi om `n spoed van gemiddeld 3500f/s te kry.

Re: Herlaai data 22-250 Remington

Posted: Wed Nov 07, 2012 10:39 am
by C.J.
Manne, net 'n vraag.

Ek het 'n 1/14 twist op my Bonzai. Volgens al die "twist rate calculators" is 1/14 te slap vir 'n 55gr punt. Worry ek verniet? Ek het huidiglik 50 gr Nosler BT's, en ek hou nie van die boat tail nie, daar word beweer dat 'n boat tail bietjie die loop kan vreet. Die 55gr Vmax is flat base, so ek sien dit as die logiese keuse.

Ek is maar nog 'n nuwe lid van die bonzai klub, so ek soek raad.

Dankie,
C.J.

Re: Herlaai data 22-250 Remington

Posted: Wed Nov 07, 2012 11:28 am
by Geno
CJ,
Volgens Quickload is die 50gr Nosler se lengte 20.19mm, en die 55gr V-Max FB 20.65mm. Ek glo regtig dat die verskil weglaatbaar klein is, en jy met 'n geruste hart die 55gr kan skiet.

Re: Herlaai data 22-250 Remington

Posted: Tue Mar 11, 2014 9:45 am
by TWEE RIVIER
goeie more
ek het hierdie ou topic oor die 22-250 herlaai data gekry ek het n thompson centre venture met n gewone loop en reflex knaldemper die loop van waar hy by die aksie inskroef is 525 mm lank
as daar n moontelikheid is dat iemand my kan help met n quick load lading vir die geweer sal ek dit waardeer die spoed wat ek op die oombelik kry oor chrony met s335 is soos volg 35 gr 3484f/ps (gem van 5 skote) 36gr 3591f/ps (gem van 4 skote) 36.5gr 3663f/ps (gem van 5 skote)
ek het ongelukkig nie die h2o dop volume vir die geweer nie amper vergeet ek die spoed was bereik met 55gr hornady varmint met n tpl van 61.5mm

ek het ook ander kalibers maar sal onder die verskillende post vir die kalibers post

baie dankie

groete


twee rivier

Re: Herlaai data 22-250 Remington

Posted: Tue Mar 11, 2014 9:58 am
by tripodmvr
Elke geweer is uniek en jy moet lading daarvoor ontwikkel. Begin op minimum lading en bring spoed en geweerdata en ons kan help met QL.

Re: Herlaai data 22-250 Remington

Posted: Tue Mar 11, 2014 3:00 pm
by TWEE RIVIER
dankie tripod ek sien ek het vergeet van die twist ook hy is 1/13 twist
groete

twee rivier

Re: Herlaai data 22-250 Remington

Posted: Tue Mar 11, 2014 4:18 pm
by tripodmvr
Kyk na die berekeninge en jy gaan skrik. Spoed moet aangepas word vir jou korter loop. Jy is tussen 2 nodes en al die spoed en kruit help nie veel nie en jou doppe en geweer kry skade. Sal vir jou nodes voortsel wat op veilige druk is.
Twee Rivier 22_250 Vmax 55 S335.JPG

Re: Herlaai data 22-250 Remington

Posted: Tue Mar 11, 2014 5:01 pm
by tripodmvr
Hier is die boonste node wat jy met veiligheid kan kry. Spoed is 3507vps.
Twee Rivier 22_250 Vmax 55 S335 Node 3.JPG

Re: Herlaai data 22-250 Remington

Posted: Tue Mar 11, 2014 5:14 pm
by TWEE RIVIER
dankie tripod
ek neem aan ons moet na node 2 (.776 m/s barrel time) toe gaan as ek die ding nou reg verstaan
jou tyd is baie waardeer
ek het n foto van my slagdoppie maar sukkel bietjie om op te sit

groete
twee rivier

Re: Herlaai data 22-250 Remington

Posted: Tue Mar 11, 2014 5:24 pm
by TWEE RIVIER
ek sien ons het op dieselfde tyd getik
baie dankie ek sal die een gaan probeer
ek het nie baie van die hornady's oor sal ons met nossler ballistic tip die selfde lading kan gebruik, want ek hoor die hornady's is maar skaars

groete
twee rivier

Re: Herlaai data 22-250 Remington

Posted: Tue Mar 11, 2014 5:54 pm
by tripodmvr
Hulle lengtes is baie naby aanmekaar. Laai maar liefs 'n grein of 2 af van dit wat ek nou voorgestel het en kyk wat jy kry. Dan behoort ons maklik te kan kalibreer.

Jy vra of ons na node 2 toe kan gaan? Jy was reeds oor maks druk met 36,5gr en dan wil jy nog hoër gaan om node 2 te kry?

Re: Herlaai data 22-250 Remington

Posted: Wed Mar 12, 2014 5:51 am
by TWEE RIVIER
skies ek verstaan die barrel time ding nou beter, het gedink .766 was stadiger
dankie vir al jou moeite en tyd dit is hoogs wardeer
groete

twee rivier

Re: Herlaai data 22-250 Remington

Posted: Wed Mar 12, 2014 5:10 pm
by TWEE RIVIER
tripod
ek wil net seker maak die voorgestelde lading is vir s335
ek sien regs bo op die quick load data staan ook selected propellant s321

groete

twee rivier

Re: Herlaai data 22-250 Remington

Posted: Wed Mar 12, 2014 5:32 pm
by tripodmvr
Daardie is 'n hooflêer wat al die kruite se data in het. Kyk in die raampie net onder dit - daar verskyn die tipe kruit wat gekies is.

Re: Herlaai data 22-250 Remington

Posted: Wed Mar 12, 2014 5:38 pm
by TWEE RIVIER
dankie ek ek het so gedink wou net seker maak ek is maar skrikkerig vir die goed al lyk dit nie so met die druk wat ek gehad het nie

groete

twee rivier

Re: Herlaai data 22-250 Remington

Posted: Wed Apr 09, 2014 9:11 am
by Chucky
More

Remington vls laai ek nou met 40gr GS Custom HV punte.
Hornady doppe,
S 335 drymiddel,
Winchester primers en
38.4gr dryfmiddel.
Geen drukking in dop nie.

Volgens hulle web blad kan ek ongeveer 4200fps max loop.
Nog nie myne getoets nie maar hy groepeer skoot vir skoot. Het begin baie getwyfel dat die lading te hoog gaan wees en gerreld met die ouens van GSC gepraat. Later het hulle gese gooi alle ladings papiere weg van ander punte want dit maak jou kop "mal" !! Eers begin vir veiligheid op 33gr dryfmiddel en van daar opgewerk tot ek by 38gr uitgekom het.

Nou versaan ek die hele koel punt van hulle beter. Net die 3x "bands" agter op die punt loop op jou loop se groewe,
Geen drukking op die groewe nie

Re: Herlaai data 22-250 Remington

Posted: Wed Apr 09, 2014 2:00 pm
by boeta
Marno

Ek het nog ou kruit die nuwe kruit is warmer,hulle dit met die nuwe herlaai boekies
afgebring