Page 2 of 2
Re: Wen 1 van 2 Jagte alles ingesluit: SAJWV GWES Tak
Posted: Thu Feb 21, 2013 1:46 pm
by Rooies
Berg-Bewer wrote:
3 de Prys: Onmoet vir Reds in lewende lywe!!!! Alles ingesluit
Vir daai rede alleen, koop ek sommer nog vyf kaartjies.

Re: Wen 1 van 2 Jagte alles ingesluit: SAJWV GWES Tak
Posted: Fri Feb 22, 2013 10:50 am
by Berg-Bewer
Hoe sĂȘ hulle Jakkals prys sy eie stert?
Manne ek wil julle mooi vra om asb die post met al julle vriende te deel. Die wat dit al gedoen het baie dankie en die wat alreeds ingeskryf het, skryf maar nog 1 of 'n paar keer in asb?
Julle ondersteuning word waardeer!
Beste groete Berg-Bewer
Re: Wen 1 van 2 Jagte alles ingesluit: SAJWV GWES Tak
Posted: Sat Feb 23, 2013 2:42 pm
by Berg-Bewer
Vir die wat dalk tussen 16h00 op 22 Feb en 14h00 23 Feb 2013 ge sms het / ingeskryf het vir SAJWV GWES se sms kompitisie om 1 van 2 groot jag pakkette te wen: Die "Server" van die diens verskaffer was af gewees, so indien jy nie die boodskap "Thank you for your patronage" ontvang het nie het jou sms nie deur gekom nie! Wees asb so gaaf en stuur weer jou sms om inteskryf asb! SMS jou naam & van na 48778
Baie dankie vir u ondersteuning! SAJWV GWES Tak bestuur!
Re: Wen 1 van 2 Jagte alles ingesluit: SAJWV GWES Tak
Posted: Thu Jul 18, 2013 11:10 am
by Berg-Bewer
Baie dankie Frederick
Nou hoe lyk dit dan vir my al die ander Forum manne is in die veld besig?
Kom manne asb ondersteun? Ek weet ek kan staatmaak op julle!
Daar is 14 dae oor en al wat ek vra is dat elke man elke dag een sms of 14 sommer op een slag stuur?
Baie dankie vir julle ondersteuning.
Beste groete
Jaco Bruwer
Re: Wen 1 van 2 Jagte alles ingesluit: SAJWV GWES Tak
Posted: Thu Jul 18, 2013 11:11 am
by Berg-Bewer
SMS JOU NAAM & VAN NA: 48778
SMS Jou Naam & Van na 48778 en staan 'n kans om een van die volgende pryse te wen. Koste R10.00 per sms en alle fondse gaan vir SAJWV Griekwaland-Wes Takontwikkeling.
SMS JOU NAAM & VAN NA: 48778
Die kompitisie strek van: 19 Feb 2013 - middernag 31 Julie 2013
U kan soveel keer as u wil inskryf, daar is geen beperking nie!
Die trekking om die wenners te bepaal sal op 02 Augustus 2013 deur JM Accountants behartig word en die bestuur van SAJWV
GWES Tak sal beide wenners onmiddelik na die trekking telefonies
in kennis stel.
1ste Prys:
SPITSKOP SAFARIS (Kimberley)
'n "Grandslam" (Al 4 kleure Springbok Ramme)
+ 1 x Blouwildebees en 1 x Blesbok
1 Jagter & 1 nie Jagter, 1 dag se jag en 1 nag se verblyf.
Ingesluit: Gids, jagvoertuig, etes, koelkamer en slag.
Enige iets langer of ekstra is vir die wenner se rekening!
WAARDE: R22,450.00
2de Prys:
FORT RICHMOND SAFARIS (Belmont / Kimberley)
1 x Eland Koei, 1 x Koedoe Koei, 1 x Rooihartebees,
1 x Blesbok, 1 x Rooibok en 2 x Springbok. Geen trofee diere!
2 Jagters en 2 nie Jagters, 2 dae se jag en 2 nagte se verblyf.
Ingesluit: Gids, jagvoertuig, etes, koelkamer en slag.
Enige iets langer of ekstra is vir die wenner se rekening!
WAARDE: R18,450.00
Alle inskrywings en prys trekkings word geoudit en behartig deur:
JM ACCOUNTANTS
Dankie vir u ondersteuning: SAJWV GWES TAK Bestuur