Page 2 of 2

Re: 6.5 Creedmoor en Savage LPR

Posted: Sat May 25, 2013 1:47 pm
by Arnold
Wouter Roets wrote: Arnold ek het al my hoop opgesit op Nosler CC doppe maar lyk my dit gaan nie maklik wees om hulle hier te kry nie. Ons het darem n paar Amerikaanse jagters wat inkom later die jaar so sal dalk kyk of ek deur hulle n plan kan maak. Ek sal dit dalk sterk moet oorweeg om na n ander kaliber te kyk vir doppe. Dit is iets waarvoor ek nie eintlik lus is nie. Dink jy die 22-250 sal die beste roete wees om te gaan?
Die 22-250 dop het die minste werk aan. Nek op tot 6.5mm en skiet hom om te fireform. Die creedmoor dop is 'n 22-250 improved met 30 grade skouers, dit is hoekom ek kyk na 'n 6mm creedmoor

Re: 6.5 Creedmoor en Savage LPR

Posted: Sun May 26, 2013 10:12 am
by Wouter Roets
Dankie Arnold

As ek so vinnig loer is die 6mm XC Tubb ook net omtrent n afgenekte 6.5 Creedmoor.

Groetnis
Wout

Re: 6.5 Creedmoor en Savage LPR

Posted: Sun May 26, 2013 10:44 am
by Arnold
Die 6XC se skouers is bietjie terug gedruk om vir hom n langer nek te gee. Die creedmoor het effens meer dop kapasiteit as die XC

Re: 6.5 Creedmoor en Savage LPR

Posted: Mon May 27, 2013 7:55 am
by Arnold
Lapua brass, 22-250 langs die gevormde 6.5 Creedmoor dop
http://i157.photobucket.com/albums/t58/waynedavid/cm_forming0011.jpg
http://i157.photobucket.com/albums/t58/waynedavid/shooting1230021.jpg

Re: 6.5 Creedmoor en Savage LPR

Posted: Mon May 27, 2013 12:53 pm
by JPS
Wouter,

Dankie vir die terugvoer. Hou ons op hoogte soos jy en die roer mekaar vind. Die vriend van my het toe besluit op 260Rem. In die Tikka T3 sporter.

Mooiloop
JP

Re: 6.5 Creedmoor en Savage LPR

Posted: Mon Feb 23, 2015 12:05 am
by WerMos
Manne probleme met doppies vir die 6.5 Creedmoor is iets van die verlede.

koop lapua 308 doppe en vorm hul in jou Full lenth sizer. Sny doppe se lengte en saar het jy n smart doppie. So maklik soos dit. Ek het nog n stap verder gegaan en die palma 308 doppies gevorm met die small rifle primer.

Die creed loop nou soos n haai op n houtkatrol!!

Re: 6.5 Creedmoor en Savage LPR

Posted: Mon Feb 23, 2015 9:26 am
by Wouter Roets
Werner

Daai het baie mooi uitgekom soos reeds vir jou vroeer gese. Dit is darem lekker as iets uitwerk soos n mens voor die tyd gehoop het.

Arnold ek het n ander persoon n ruk terug aangeraai om 22-250 Rem doppe as voog te gebruik na aanleiding van jou raad hier. Die doppe na vorming was n goeie 1mm en meer korter as die maksimum CIP en SAAMI spec vir die 6.5 Creedmoor. Net iets om in gedagte te hou indien jy dit wil gebruik.

Soos reeds gesien kan 308 doppe met min moeite afgenek word. 260 Rem doppe sal ook baie goed werk sowel as 243 Win wat opgenek word. Onthou net as jy afnek soos in Werner se geval met die 308 is jou nekwand diktes gewoonlik hoer en soms moet n mens die nekke skil. In fabrieks kamers is dit gewoonlik nie n probleem nie.

Groetnis
Wouter

Re: 6.5 Creedmoor en Savage LPR

Posted: Mon Feb 23, 2015 10:02 am
by WerMos
Ludwig

Ek het n paar proeflopies met ander fabrikaat 308 doppies gedoen. Pmp vorm glad nie mooi nie. Sako het ook mooi gewerk. Maar die nuwe lapua's wat reeds "geaneal" is werk die beste nekke en skouers is mooi sag en vorm maklik en presies.

Ek het sommer "inside and outside neck turning gedoen" terwyl ek besig was en moet se die doppies lyk heel windgat!

Re: 6.5 Creedmoor en Savage LPR

Posted: Mon Feb 23, 2015 10:17 am
by WerMos
Ludwig

Ek skil as standaard praktyk al my ander kalibers ook so rapsie in die nek in. Nou weet ek nie meer van doughnuts nie!

Lekker skiet manne!

Re: 6.5 Creedmoor en Savage LPR

Posted: Mon Feb 23, 2015 11:39 am
by Wouter Roets
Luddie

My kennis oor die goed is absoluut teoreties so ek leer ook maar so saam met die manne. Wat ek al gelees en gepraat het met ander manne is die opnek van doppe die beter manier om te gaan as die afnek. Het dit ook so aan Werner deurgegee.

Hierdie is dan eintlik n interessante een want hou doen die vervaardigers dit dan? Hulle trek uit dieselfde koppie(bras) bv n 308, 7mm-08, 260 en 243. Of is dit nie so nie? Hoe spreek hulle dan die vorming van doughnuts aan? Dit lyk nie of daar geskil word aan die dop aan die buite of binne kant nie. Al wat ek kan dink is hoe hulle dit aanspreek is deur n kleiner koppie(bras) te gebruik met die kleiner kalibers. Hoor graag wat julle dink.

Groetnis
Wout

Re: 6.5 Creedmoor en Savage LPR

Posted: Mon Feb 23, 2015 12:37 pm
by Wouter Roets
Luddie

Soos ek se ek leer saam en jou ondervinding wys n mens nou weer die teendeel van wat almal se. Heel interessant om die minste te se. Natuurlik speel jou tight kamer seker hier ook n bydraende faktor.

Groetnis
Wout

Re: 6.5 Creedmoor en Savage LPR

Posted: Mon Feb 23, 2015 3:57 pm
by WerMos
As n standaard praktyk moet inside and outside neck turning gedoen word. Dis regtig maklik en vinnig