Page 2 of 2
Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER
Posted: Thu Feb 07, 2013 8:13 am
by Lourens Potgieter
Is daar nog ouens wat weet van die baan? Ek kan nie onthou dat daar weermag grond is in die omtrek nie, die baan moes op privaat grond gewees het...Hoe moeilik sal dit wees om so baan weer oop te kry?
Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER
Posted: Thu Feb 07, 2013 8:25 am
by Lourens Potgieter
As ek reg kyk is die baan 900 meter lank.......
Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER
Posted: Sun Mar 10, 2013 10:03 pm
by LongWolf
Ek het in desember op krokodil op 500m geskiet . Ek vat altyd my eie klokkies saam. Daar was een of 2 mane wat toe goeds moets hulle self gehelp het op my teiken. Daarmee het ek geen probleem nie behalwe dat hulle nie in geoefen of ingeskiet was vir die afstand nie en het ek hulle gevra om liefs eerder te los voor daar n ongeluk kom. Kan dalk juis oor sulke goedjies wees dat daar nie meer teikens of gongs gelos word op 500m nie . Dit sal tragies wees as ons nie meer op 500m kan lood stoot nie.
Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER
Posted: Mon Mar 11, 2013 5:16 am
by Gerhard
Deeg wrote:As ek reg kyk is die baan 900 meter lank.......
Ek onthou die baan goed.
Het n hrlr paar Diensskiet kompetisies daar gedoen.
Hy is toe gemaak agv veligheids redes.
Die veiligheids zone agter die baan is nou toe gebou as ek reg verstaan...
Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER
Posted: Mon Mar 11, 2013 8:07 am
by swc-tr
Deeg wrote:Is daar nog ouens wat weet van die baan? Ek kan nie onthou dat daar weermag grond is in die omtrek nie, die baan moes op privaat grond gewees het...Hoe moeilik sal dit wees om so baan weer oop te kry?
Die baan by Onderstepoort/Bon Accord waarvan jy praat is die Kaalplaas skietbaan, ook bekend as Kmdt. OJS Coetzee skietbaan. Dit was vroeër jare Wonderboom Kommando se skietbaan, maar op privaatgrond. Die plaas is egter verkoop, die nuwe eienaars wil nie skiet toelaat nie, dus is die baan nie meer in gebruik nie, die skyframe in die skietgat is ook al weg. Was altyd net 800m lank, maar die laaste paar jaar terwyl die baan oop was, het Bisley dit verleng na 900m.
Daar is ook 'n handwapen skietbaan aan die regterkant by die 800m, weet nie of dit nog gebruik word nie.
Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER
Posted: Mon Mar 11, 2013 8:19 am
by Gerhard
swc-tr wrote:Deeg wrote:Is daar nog ouens wat weet van die baan? Ek kan nie onthou dat daar weermag grond is in die omtrek nie, die baan moes op privaat grond gewees het...Hoe moeilik sal dit wees om so baan weer oop te kry?
Die baan by Onderstepoort/Bon Accord waarvan jy praat is die Kaalplaas skietbaan, ook bekend as Kmdt. OJS Coetzee skietbaan. Dit was vroeër jare Wonderboom Kommando se skietbaan, maar op privaatgrond. Die plaas is egter verkoop, die nuwe eienaars wil nie skiet toelaat nie, dus is die baan nie meer in gebruik nie, die skyframe in die skietgat is ook al weg. Was altyd net 800m lank, maar die laaste paar jaar terwyl die baan oop was, het Bisley dit verleng na 900m.
Daar is ook 'n handwapen skietbaan aan die regterkant by die 800m, weet nie of dit nog gebruik word nie.
Ek onthou nog goed...
Ons het een middag op die 300m gestaan en reg gemaak vir n snel oefening.
5 sekondes na ons die bevel Oë op die Vront kry hol daar in span vlak varke tussen die 100m en skiet punt oor.
Vinnig het die baan offisier bevele gegee om te ontspan...
Die hele aflossing se vingers het jeuk vir daai span vlakkies...

Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER
Posted: Tue Jul 16, 2013 11:29 am
by Lourens Potgieter
Dis baie jammer die plek is toe....die baan self is nie toegegroei nie, gebou staan nog met dak. Dalk moet iemand die eienaar probeer opspoor en probeer ompraat.....daar is 'n redelike koppie agter die baan so kan nie dink dis nie veilig nie.
Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER
Posted: Sun Jul 28, 2013 9:35 am
by LongWolf
Ludwig wrote:LongWolf wrote:Ek het in desember op krokodil op 500m geskiet . Ek vat altyd my eie klokkies saam. Daar was een of 2 mane wat toe goeds moets hulle self gehelp het op my teiken. Daarmee het ek geen probleem nie behalwe dat hulle nie in geoefen of ingeskiet was vir die afstand nie en het ek hulle gevra om liefs eerder te los voor daar n ongeluk kom. Kan dalk juis oor sulke goedjies wees dat daar nie meer teikens of gongs gelos word op 500m nie . Dit sal tragies wees as ons nie meer op 500m kan lood stoot nie.
Ek was so 3 weke terug by Krokodilspruit. Toe was die 400m en 500m bane gesluit want die eienaar het nou beeste wat daar loop.

Ludwig
Die eienaar laat soms sy beeste wei tussen 400 en 500m maar die 500m is nog steeds oop om te gebruik. Daar is egter geen teikens meer daar nie en ook nie gongs nie. Daar was gister weer n paar mane wat 500m gegooi het.
Die eienaar is maar net versigtig want sy huis sit iewers aan die agterkant van die kop so die manne wat op 500m gooi word goed dop gehou vir veiligheid redes.
Maar soos in als in die lewe gaan dit net 1x idioot kos wat niks van ver skiet af weet nie, om aan te jaag omdat hy in n droomwereld leef en hy homself as die beste sniper ini wereld sien, en dan is dit die einde van die 500m vir ons...
Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER
Posted: Mon Aug 24, 2015 11:12 am
by LoopSoosStroop
Jammer dat ek nou hierdie ou draad weer lewe gee.
Iemand al hier geskiet, en weet of die plek bestaan?
http://www.traininginfirearms.co.za/Sniper-Range.htm
Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER
Posted: Mon Aug 24, 2015 10:22 pm
by douw
Maggies, die lyk na 'n lekker plek!