Page 2 of 2
Re: Boog jag - vir nou eers boogskiet
Posted: Mon Apr 13, 2009 8:29 pm
by Gerhard
Christo,
Vir jou eerste boog jag stel ek voor jy skiet 'n blesbok of kudu koei.
Vergeet van rooibok of vlak vark hulle string jump baie maklik as jy nie wag vir die regte geleentheid nie.
Blesbok en Kudu koei string jump glad nie.
Ek het al springbok gewalk en stalk daar naby Villiers tot so op 30 yards maar kon nie skoot kry nie want hy het verby gestap draf.
Ek persoonlik jag of geweer of boog.
My geweer gaan altyd saam as ek gaan boog jag want as ek aanjaag moet ek die aanjaag so gou moontlik met die geweer klaar maak.
Re: Boog jag - vir nou eers boogskiet
Posted: Mon Apr 13, 2009 8:37 pm
by Christo
Gerhard
Ek is ook van mening dat 'n koedoe koei seker die makliker van die klomp is. Sal maar sien wat gebeur die volgende keer in die veld/bos. Ek het 'n missie om nie die erste keer te probeer om in 'n "hide" te sit nie. Ek verkies om eerder langs 'n voetpad of draad weg te kruip sodat die elemente so natuurlik moontlik moet wees. In die gebied waar ek gaan jag is daar gewoonlik nie wild wat wild geskiet word nie, en die diere is baie meer rustig. Sal die wedervaringe deel met julle.
Christo
Re: Boog jag - vir nou eers boogskiet
Posted: Mon Apr 13, 2009 9:08 pm
by Gerhard
Christo wrote:
Gerhard
Ek is ook van mening dat 'n koedoe koei seker die makliker van die klomp is. Sal maar sien wat gebeur die volgende keer in die veld/bos. Ek het 'n missie om nie die erste keer te probeer om in 'n "hide" te sit nie. Ek verkies om eerder langs 'n voetpad of draad weg te kruip sodat die elemente so natuurlik moontlik moet wees. In die gebied waar ek gaan jag is daar gewoonlik nie wild wat wild geskiet word nie, en die diere is baie meer rustig. Sal die wedervaringe deel met julle.
Christo
Christo,
Nee ek verstaan baie goed.
Maar ek stel tog voor dat jy met jou eerste paar jagte eers uit 'n hide jag net om met alles vertroud te raak.
Daar is bitter baie goete wat in ag geneem moet word om akkurate skoot met die boog te skiet in veld omstandighede.
In hide is die kondisies bietjie meer beheerd.
Trust my is nie maklik om op full draw te kom sonder dat die dier jou sien nie en dan nog met die adrenalien wat pomp kan mens maklik aanjaag.
Oefen so baie as wat jy kan.
Ek vat 'n papier bord en skiet vir die middle, ek hou nie daarvan om op klein kolletjie te skiet nie want daai kolletjie sit nie op die bok nie.
Oefen afstande moet wees:
20, 23, 25, 27,30
ek het net een keer na dier op 40 yards geskiet.
Daai otterjasie het plank dwars gestaan en toe die pyl haar tref tref dit haar by die lies area in plaas van die vitals. Ek het haar 60 yards verder gekry sy het op gevlieg nog 60 yards gegaan. Ek het haar vir nog uur gelos en toe ek haar kry was sy op haar laaste.
Sal nie weer so lang skoot op dier vat nie.
Dis hoe die pyle geval het toe ek nog in SA was en elke dag bietjie kon oefen.
Hierdie was op 27 yards.

Re: Boog jag - vir nou eers boogskiet
Posted: Mon Apr 13, 2009 9:16 pm
by Christo
Dankie Gerhard
Miskien is ek te ywerig, swak punt van my. Sal die raad ter harte neem.
Christo
Re: Boog jag - vir nou eers boogskiet
Posted: Mon Apr 13, 2009 9:50 pm
by basie
Christo
Ek is self 'n boogjagter. Het laasjaar Mei maand my eerste koedoe geskiet. Bul 46,5 duim horings gehad. Kyk bietjie Africa's best bowhunts vol.7 van Dries Visser Safaris hoe skiet hulle jakkies en ook rooikat. Die groot ding le maar net by oefen,oefen, oefen. Ek skiet gereeld tarentale en hase sommer in die lande. Tel ook by die oefen.
Ek stel ook 'n hide voor vir die eerste keer of wat.
Julle ander manne kan dit defnitief 'n try gee, dit is sommer baie lekker. Hoop nie die "bunny huggars" karring te veel met ons sport nie.
Geniet daai boogjag, dit is immers ons eie sport.
Basie
Re: Boog jag - vir nou eers boogskiet
Posted: Mon Apr 13, 2009 9:52 pm
by Gerhard
Christo wrote:
Dankie Gerhard
Miskien is ek te ywerig, swak punt van my. Sal die raad ter harte neem.
Christo
Nie probleem nie Christo.
Gaan loer bietjie hier....
As jy meer wil leer
http://www.bowhuntingforum.co.za/
Re: Boog jag - vir nou eers boogskiet
Posted: Fri Apr 24, 2009 7:20 pm
by Boogskutter
Gaan op
www.anchorpoint.com daar is ook goeie gesprekke wat die boogmanne voer, dit is een van die groot forums vir Suid-Afrikaanse boogjagters.
Re: Boog jag - vir nou eers boogskiet
Posted: Thu May 14, 2009 1:20 am
by hanz
ek al vir 2 jaar boog
moet nog n springbok skiet en n jakkals, maar voel veiliger met roer vir vlekkie
het nie als gelees nie, maar hou van die idee
hanz
Re: Boog jag - vir nou eers boogskiet
Posted: Sat May 16, 2009 7:25 am
by Christo
Boogskutter
Ek was nou net op
http://www.anchorpoint.com/ en glo my daar is niks wat bo? aanbetref daar nie. Ek sal miskien die Helkom ou wat nie my lyne kan fix nie saam wil nooi boogjag toe, maar dit is al wat ek daar kry.
Christo
Re: Boog jag - vir nou eers boogskiet
Posted: Sat May 16, 2009 7:45 am
by Mac
Christo,
Try this link for bowhunting
http://www.bowhuntingforum.co.za/
Graham
PS Sorry, see that the link is already posted by Gerhard.
Re: Boog jag - vir nou eers boogskiet
Posted: Sat May 16, 2009 7:56 am
by Christo
Mac21
Dink ek is al daar geregistreer. Dankie in elk geval
Christo
Re: Boog jag - vir nou eers boogskiet
Posted: Mon May 18, 2009 7:31 am
by Gerhard
Christo wrote:
Mac21
Dink ek is al daar geregistreer. Dankie in elk geval
Christo
Christo,
Ek is amper elke dag daar...
Kom s? hallo as jy gerigestreer het.
Gaan kyk in die Trophy room na die ouens se jag fotos...
Net om jou lus te maak....

Re: Boog jag - vir nou eers boogskiet
Posted: Sat Jun 13, 2009 7:18 pm
by jaracal
Ek wil my Leupoldt LPS 3.5 x 50 ruil of verkoop om 'n boog te koop. Indien Ruil Lings-handig "drawlength" 30-31; waarde van scope 2de hands R6000-00.
Rede vir verkoop, het sopas opgehou met professionele jakkalsjag. Nou wildplaas/reservaat bestuurder.
Groete
Heinrich
Re: Boog jag - vir nou eers boogskiet
Posted: Sun Jun 14, 2009 7:58 am
by tafjak
Heinrich
Onthou om die regte vere vir die flights te gebruik, dit is les nommer 1.
Ons gaam jou baie baie mis in die jakkalsjagveld, maar weet dat ons net kan bel as die dinge deurmekaar raak. En deurmekaar sal dit raak as Jaracal nie sy ogie daar hou nie. Voorspoed in die nuwe pos, darem nie te veel aanpassings vir jou wat die bedryf goed ken nie.
Taffie
Re: Boog jag - vir nou eers boogskiet
Posted: Tue Jun 16, 2009 5:49 pm
by jaracal
Jaracal wrote:
Ek wil my Leupoldt LPS 3.5 x 50 ruil of verkoop om 'n boog te koop. Indien Ruil Lings-handig "drawlength" 30-31; waarde van scope 2de hands R6000-00.
Scope is verkoop
Re: Boog jag - vir nou eers boogskiet
Posted: Wed Jun 17, 2009 1:05 pm
by Christo
Heinrich
Sterkte met die besluit. Ons sal jou seker nog lank met ons h?, bloed is mos dikker as water.
Christo