Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Meerkat, hier by ons in n geweerwinkel ( Hightech Arms in Benoni) is n splinternuwe Howa Hogue gelamineerde kolf met "Thumb hole" te koop vir R 3500.00. Dit is net n kwessie van opsit en vasdraai. Laat weet as jy belangstel.
Ek het my howa se kolf laat inkom van hier af, ook vir onder R 2000.00, maar ek moes hom self afwerk
Kan iemand my bietjie meer vertel van die verskille tussen die Varmint en die Hogue? Al wat ek kan sien op die twee is dat die varmint n 24" loop het met n thumbhole kolf en die hogue het n 22" loop en n sintetiese kolf. Is die kwaliteit van die twee maar min of meer die selfde en die akkuraatheid?
Ek soek 1 in .223Rem maar my begroting is beperk, of anders moet ek na die Mossberg kyk. Wat se julle manne.
Die varminter het 'n 24" bull barrel, die Hogue is 'n 22" met sporter loop. Die hogue kolwe flex maar taamlik en dit is nie goed vir mooi skiet nie.
Ek het 'n 223 Rem met 22" sporter loop gehad, toe laat ek die loop tot op 20" sny om hom kort te hou met die silencer op. Ek het laas naweek 3 skote met hom in 15mm op 200m geskiet. {sien ook die eerste bladsy vir 'n foto van hoe die geweertjie nou lyk}
Ek het nou vir my een in 243W bestel, ek hoop hy skiet ook so mooi.
Jagtersdok wrote:
Sover ek dit het is die varmintor meer akuraat, het ook 'n ietwat dikker loop. Ek hou in elk geval meer van die thumbhold stock
Jip, dis reg.
Hier in Windhoek verkoop Ahrens Guns die lope met n aksie aan, van n dun loop tot n duk loop, dan verkoop hulle die kolwe los, so jy kan jou eie kolf kies soos jy dit wil he. Ek kan verkeerd wees maar daar is seker so by die agt verskillende kolwe in grootte en kleure.
Dan weet ek ook van 2 Howa Varminters in Windhoek, 1 is n 243 en die ander n 223 wat die naweek hulle eerste springbokke gaan skiet.

Daai 243 Varminter sal seker sy kant bring... is net die m03r agter die roer wat sy kant sal moet bring..
As alles goed gaan sal ons Maandag 'n fotokie hier plaas van die tweeling en hulle plesier wat hulle verskaf!!
Hou die Lood in die LUg manne!!
Jeagermeister
.22 Slazenger
.22 BRNO Deluxe
243 HOWA Varmint (Die "Hulk" herdoop nou na "Shrek")
6.5x57 Sauer 200 LH
30-06 Sauer 200 LH
300WM Ruger M77 LH
R1
LM4
SKS
en dan nog die vuisgewere....
Het vir S&O gebel hulle se die ouens wat die howas invoer African hunting supplys ? Gan eers weer oor drie maande vooraad kry.Het nou n varminter gekry vir 11500.So as jy nou een by n wapen handelaar kan kry moet jy hom vat,hulle raak nou net al hoe duurder
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet