Page 2 of 4
Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.
Posted: Wed Dec 12, 2012 1:24 pm
by FHM
Weer 4 keer gaan jag en my blou-oog meisiekind saamvat na ten minste 2 van die jagte.
Daai 375 HH Win mod 70 Win Saf Express wat my soveel slapelose nagte al gegee het in my kluis en dan in die bos kry, en o ja - die kolf laat graffeer deur ons eie professionele graffeerder 'Cindy' - wat ook hier lid is.
Gesonde en gelukkigge jaar vir almal van julle!

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.
Posted: Wed Dec 12, 2012 1:54 pm
by F.L.A.S.H
Manne my jag planne lyk bitter sleg vir 2013, ek het a vol jaar met die swatery en werk. So ek sal gelukig wees met een uitstappie (hoef niks te skiet nie, will net in die veld wees)
Maar ek het darm een wens

en dit is dat al my mede Jaracal maats se droome en wense waar word en dat ALMAL daar sal wees ( veilig en gesond) vir 2014
Mooi loop manne, en genut die res van 2012
F.L.A.S.H
PS Marc jy en jou familie is bo op my hoop vir a gooie jaar lys

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.
Posted: Wed Dec 12, 2012 2:14 pm
by kopskoot
Al wat ek na streef is "World Peace"

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.
Posted: Wed Dec 12, 2012 2:17 pm
by Eugene
1. Dat Marc se wens waar word

2. Om die natuur weer soos in 2012 te kan geniet;
3. Om saam met goeie vriende om 'n hardekool vuurtjie te kuier;
4. Dat elke skoot 'n doodskoot sal wees, sonder enige foute;
5. As alles reg loop, dalk twee nuwe spesies op my lysie, naamlik Swartwildebees en Zebra;
6. Miskien dalk die beginfase van my langafstandskiet geweer....
Groete en geniet hom!
Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.
Posted: Wed Dec 12, 2012 2:20 pm
by PWV
Piet-Skiet wrote:
Twee newbies vat op 'n baan en gan wys hoe 'n geweer werk en om teskiet.
Wat laat jou dink dat Newbies nie kan skiet nie? Of skat jy dat hoe meer "Posts" jy op die Forum het, hoe beter skiet jy?
Pieta, hier gaan jy lelik op jou neus kyk.
Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.
Posted: Wed Dec 12, 2012 2:24 pm
by BLOK
My eerste wens is oorlog in afrika wie wil nou vriende met die vyand wees. haha
Dan wil ek maar net he volgende jaar moet loop soos die jaar was dan sal volgende jaar ook n lekker suksesvolle jaar gewees het soos wat die jaar ook maar was. haha
En ek hoop om n buffel sponsor te kry vir die 204.
En wil graag n bok verder skiet as wat ek kan.
Wat meer wil n man dan he.
Oukei dalk meer studente meisies hier in Potch om op te pas en dan daai verskiet projek aan die gang kry en dalk nog n grootgeweer en dalk nog ........... en dalk nog ..................................................
Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.
Posted: Wed Dec 12, 2012 3:35 pm
by Spanner
Ok hoop om in 2013 in Botswana se Tuli-blok te gaan soek vir Eland en Koedoe. Ek sukkel my vr?k om my planne te laat uitwerk, veral omdat Botswana se regering nou amper alle jag daar gestop het, die ou daar is nie seker of die jag en vleis deur die grens, gaan uitwerk nie...
Dan wil ek daai Bosvark-stoel wat ek by Oom Johan gekoop het goed gaan inwy, ek het hom die week op my bakkie gemonteer. Ek wag net dat my verlof moet begin.
Bosvark skiet volgende jaar
Meer gaan bass vang en pap-gooi saam met my laaitjie in Leeupan.
Spanner
Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.
Posted: Wed Dec 12, 2012 4:29 pm
by grumpy
Piet Skiet het mos niks gese van newbies wat nie kan skiet! Dit is seker nuwe ouens wat hy bietjie sal tou wys maak!!
Ek persoonlik dink PS sal party ander manne op HULLE neuse laat kyk!!!!

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.
Posted: Wed Dec 12, 2012 4:32 pm
by gillie
Sjoe, wat jag betref die volgende:
1. Eenskoot doodskote.
2. Eerste Kalahari-jag te STS.
3. Olifant jag meemaak in die Caprivi.
4. Baie duif"shoots" by te woon.
Groetnis
Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.
Posted: Wed Dec 12, 2012 4:49 pm
by Chevvy SS
1. Wil graag weer in die rooisand gaan jag.
2. My herlaaivaardighede baie opskerp.
3. Baie meer tyd op die skietbaan deurbring.
4. Met vertroue oor langer afstande kan skiet.
Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.
Posted: Wed Dec 12, 2012 4:55 pm
by Dimitri
1. Biggest wish is to continue giving my son, George (4 years old), the type of outdoor experiences that he finds enjoyable and interesting and have made him so knowledgeable and passionate about nature with a healthy interest in hunting.
2. That I am able to guide my younger son, Alec (2 years old), down the same path as George.
3. That my wife and children continue to accompany me on every possible hunting trip.
4. To add Common Reedbuck to my species list
5. To see a 55" kudu on foot and get buck fever when I do.
6. Not to wound any animals.
7. To be able to identify more plant species (ask locals for help at each new hunting venue)
8. To recover from shoulder injuries so that I can hunt with my bow again in 2013.
9. To bump into a bushpig during the day
10. To shoot most of my animals at under 100m with my rifles and under 25m with my bow
Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.
Posted: Wed Dec 12, 2012 5:45 pm
by Monrique (SJ)
Vir goeie gesondheid en genade van Bo!
Groetnis
Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.
Posted: Wed Dec 12, 2012 6:00 pm
by PWV
As ek nou weer daar tussen die rooiduine kom, sou ek hierdie 300m-skoot op 500 m wou herhaal.
Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.
Posted: Wed Dec 12, 2012 8:07 pm
by bengogga
Ja dis waar piet-skiet is my pel en ons beplan al lank om skietbaan toe te gaan, maar
ons is altwee besige manne en daar is altyd iets in die pad.
Maar jy weet ek trek net jou been piet-skiet.
Oom Pieter, eks ook n 'newbie'' en dis nie lekker nie, so ek laat loop met die posts dat ek kan ''upgrade''.
Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.
Posted: Wed Dec 12, 2012 9:03 pm
by Koos Barnard
Pieter Willem Vorster
Moet s?, ek lees ook onnodige venyn in jou opmerking teenoor Piet-Skiet oor die newbies
Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.
Posted: Thu Dec 13, 2012 12:32 am
by johnny
2013
Goeie rooiwyn om kampvure drink saam familie en vriende na goeie jagtogte.
groetnis
Johnny
Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.
Posted: Thu Dec 13, 2012 9:27 am
by PWV
Piet-Skiet
Wat ek tot dusver op die Forum ondervind het, is dat almal gemoedelik gesels en met mekaar die draak steek in sommige gevalle. Indien jy, soos Koos Barnard dit stel, enige venyn in my opmerking gelees het, vra ek nederig om verskoning.
Op my ouderdom het ek hopelik alle selfbeeldprobleme teen hierdie tyd verwerk en uit sorteer. Op die Forum verwys Newbie na 'n spesifieke groep mense - ouens soos ek wat nou eers by die Forum aangesluit het en nie na 'beginners' of "appies" (apprentice") nie.
Ek het ook nooit jou skietvaardighede in twyfel getrek nie. Hoe kan ek - en weet niks daarvan nie.
Ek lees graag jou bydraes op die Forum, want deur slegs te kyk na die formidabele lys van vuurwapens waaroor jy beskik, dwing respek af.
Geseende Kersfees.
Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.
Posted: Thu Dec 13, 2012 10:38 am
by Sarelss
* Ek wil graag 'n onvergeetlike jagtog met my Pa aanpak wie se jare en vermoeens aanstap.
* Ek wil graag dat my vrou en kinders meer geleentheid kry om te jag.
* ek wil graag 'n moerse Eland bul jag. Een van daai 500kg manne.
* wil graag nie een kwesbok h? nie en myself dwing om binne my vermoeens te skiet. (sien gesprek oor lanafstand skiet en etiek)
* Wil gereeld saa my pelle gaan jag en skiet.
* miskein wil ek ook nou weer nog twee jonge dames leer jag
ss
Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.
Posted: Thu Dec 13, 2012 10:50 am
by Marc
Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.
Posted: Thu Dec 13, 2012 10:56 am
by DWB
My studies moet nou tot 'n einde begin kom, eks moeg na 5 jaar en het nog een en 'n half oor!
Wil graag 'n 100kg Bosvark en Vlakvark beer skiet.
Dan wil ek maar net als kan juggle tussen familie, werk en jag.
Minder stress as dit enigsens moontlik is.
Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.
Posted: Thu Dec 13, 2012 2:36 pm
by Eugene
Eugene wrote:
1. Dat Marc se wens waar word

2. Om die natuur weer soos in 2012 te kan geniet;
3. Om saam met goeie vriende om 'n hardekool vuurtjie te kuier;
4. Dat elke skoot 'n doodskoot sal wees, sonder enige foute;
5. As alles reg loop, dalk twee nuwe spesies op my lysie, naamlik Swartwildebees en Zebra;
6. Miskien dalk die beginfase van my langafstandskiet geweer....
Groete en geniet hom!
Ek het een ding hierbo vergeet, en dit het niks met jag en gewere uit te waai nie!
7. Ek wil elke geleentheid wat ek kry in 2013, gaan visvang saam met my seuntjie! Het die laaste keer op 23/12/2011 visgevang en gaan nie weer kans kry voor 2013 nie. En dis @#$%^$# swak vir iemand met 3 km vaalrivierfront op die plaas!
Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.
Posted: Thu Dec 13, 2012 3:19 pm

Posted: Thu Dec 13, 2012 3:33 pm
by FCLoretz

Eugene,
Ek en jy moet dan bietjie gesels.
Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.
Posted: Thu Dec 13, 2012 7:43 pm
by Frederik
Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.
Posted: Thu Dec 13, 2012 7:55 pm
by Marc
Goeie raad, dan het ons dalk al bietjie ontwikkel ook