Page 2 of 2
Re: Kambaku Jagkompetisie
Posted: Mon Dec 03, 2012 1:23 pm
by Cz_apie
Jammer dat ek so lank gevat het om die wen nommers op te sit - het dit so pas eers ontvang
Prys nommer een is nommer 006
Prys nommer twee is nommer 253
Prys nommer drie is nommer 421

Sorry Grumpy - daai kaartjies van ons het uit die bus uitgeval

Re: Kambaku Jagkompetisie
Posted: Mon Dec 03, 2012 4:13 pm
by grumpy
Geen probleem. Reelnog steeds om n gestremde seun te vat vir n jag. Soek net n plek wat bietjie wiel vriendelik is want hy is in n rolstoel.
HY gaan nie self kan skiet nie maar ek sal dit vir hom doen op die bakkie waar ek hom sal vas maak as ons deur die veld ry.
Groete
Grumpy

Re: Kambaku Jagkompetisie
Posted: Mon Dec 03, 2012 7:46 pm
by Marc
Seker julle kon darem paar stene las, ek het 'n blik verf en kwas gelas

Re: Kambaku Jagkompetisie
Posted: Mon Dec 03, 2012 7:57 pm
by Jakkalsgat
grumpy wrote:
Geen probleem. Reelnog steeds om n gestremde seun te vat vir n jag. Soek net n plek wat bietjie wiel vriendelik is want hy is in n rolstoel.
HY gaan nie self kan skiet nie maar ek sal dit vir hom doen op die bakkie waar ek hom sal vas maak as ons deur die veld ry.
Groete
Grumpy
Grumps
Jammer ek "hi-jack" effens.
Skuus ek vra maar hoekom sal hy nie kan self skiet nie? Praat met my ek het 'n grootmaat in 'n stoel op Hopetown wat so 4000ha uit 'n stoel boer en sy plaas is redelik wiel vriendelik. Jy sal verbaas wees wat hierdie manne als kan vermag en moet ons hulle nie onderskat nie. Ek het hierdie jaar jagter gehad met een been en hy staan vir niks terug nie. Het 'n Protea atleet (parapleeg span) wat ek volgende jaar op sy 1ste jag vat maar hy is darem redelik mobiel.
Groete
Jaco
Re: Kambaku Jagkompetisie
Posted: Mon Dec 03, 2012 9:36 pm
by grumpy
Jaco, die kind se hande en vingers is gekrul as ek so mag se. Kan nie die geweer reg vas hou nie en ek gaan nie dat hy die half moon club join nie!!
Hy was so opgewonde toe ek met sy ouers praat. Wens jy kon sy gesig sien en die smile!!
Ek sal plan maak vir die kind want dit is iets wat hy nooit sal vergeet nie

Re: Kambaku Jagkompetisie
Posted: Fri Dec 07, 2012 7:55 am
by Cz_apie
Re: Kambaku Jagkompetisie
Posted: Sat Dec 08, 2012 1:37 pm
by Marc
Goeie Werk manne
