Jakkalse geskiet deur lede??

Hoeveel jakkalse het jy al die jaar geskiet?

1-25
57
67%
25- 50
13
15%
50 - 75
5
6%
75-100
4
5%
Meer as 100
6
7%
 
Total votes: 85

User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Jakkalse geskiet deur lede??

Post by Geno »

Ek het darm gedink ek sal meer hokke geskud kry deur my stelling?
Manne, re?l 1 van internet en forums: Moenie alles glo wat jy lees nie! ;D

Ek het maar net bietjie bollie gepraat met die hoop dat ons die probleemdier-afdeling weer kan kickstart. Dit lyk hoeka of die "somerjagters" ontwaak het na hulle rustige, warm-in-die-huis winterslapies.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Jakkalse geskiet deur lede??

Post by Reggie Gerber »

Mooi Geno

Rattle their cages bud

Reggie
CZ 200s Hunter PCP
baikel shotgun
.22lr Bruno
204R Howa
223Ai Howa
243 Howa
243 Savage Axis
308 Bruno
CZ 75 PO7 Duty 9mm
User avatar
Boertjie
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm

Re: Jakkalse geskiet deur lede??

Post by Boertjie »

Geno

Ek het my nogal vererg vir jou.Jy vertel my nogal jy het fotos ens. en ken die pesoon persoonlik >:(
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Jakkalse geskiet deur lede??

Post by Geno »

Boera,
Jis maat, ek het jou darm hook, line en sinker gevang! ;D ;D ;D
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Boertjie
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm

Re: Jakkalse geskiet deur lede??

Post by Boertjie »

Geno

Ek moet se, jy het my gekry.(I'll be back)
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Jakkalse geskiet deur lede??

Post by visstok »

Mooi man Geno, vang jy nou lekker vir Oom Boertjie! Moet se, jyt my ook gehaat vir n ruk!

Groete Alex
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
User avatar
Boertjie
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm

Re: Jakkalse geskiet deur lede??

Post by Boertjie »

Visstok

Dit lyk of ek al 1 was wat kommentaar gelewer het.Ek het Geno sommer gemail om te se hy praat n klomp bollie.

Boera
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Jakkalse geskiet deur lede??

Post by visstok »

Oom Boertjie, as ek mag vra, hoeveel het Oom al naastenby die jaar gerol?

Groete Alex
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: Jakkalse geskiet deur lede??

Post by Smirre »

More
Die poll staan nou stil.
ek het somme gemaak en die meeste jakkalse wat geskiet isdeur lede, is onder 2000 sover die jaar
Vir die hele wye SA is dit nie eers 'n druppel in die emmer nie.

Miskien moet daar meer OPS mooihuile wees om die getalle hoer te kry?

Sirre
User avatar
Martin Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 573
Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm

Re: Jakkalse geskiet deur lede??

Post by Martin Marais »

Hello Smirre

Waaraan skryf julle manne die "min" jakkalse wat deur lede geskiet is toe?

Is die jakkalse te slim om ingeroep te word?

Slegte tyd van die jaar om die poll te hou?

Is die jakkalse uitgeroei ???

Ek hoor graag.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Jakkalse geskiet deur lede??

Post by Gerhard »

Martin Marais wrote: Hello Smirre

Waaraan skryf julle manne die "min" jakkalse wat deur lede geskiet is toe?

Is die jakkalse te slim om ingeroep te word?

Slegte tyd van die jaar om die poll te hou?

Is die jakkalse uitgeroei ???

Ek hoor graag.
Daar is dalk nie so BAIE toegewyde jakkals jagters nie???
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: Jakkalse geskiet deur lede??

Post by Smirre »

Gerhard
Dink jy is reg
Het eenmaal met Hein gepraat oor die forum en hoeveel lede daar is.
Ek maak toe die opmerking dat as elke lid net 10 jakke skiet per jaar (was toe net 1600 lede) haal on dalk so 16000 van die peste af.

Hy het toe al vir my gese daar is maar  BAIE min toegewyde jakkals jagters.

Smirre
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Jakkalse geskiet deur lede??

Post by Eugene »

Smirre wrote: Gerhard
Dink jy is reg
Het eenmaal met Hein gepraat oor die forum en hoeveel lede daar is.
Ek maak toe die opmerking dat as elke lid net 10 jakke skiet per jaar (was toe net 1600 lede) haal on dalk so 16000 van die peste af.

Hy het toe al vir my gese daar is maar  BAIE min toegewyde jakkals jagters.

Smirre
Ek sal baie graag 'n toegewyde jakkalsjagter wil wees, maar dis duur om dit reg te doen en ek het nie werklik die tyd daarvoor nie (weens twee jong kindertjies, hulle ewe jong ma en 'n buurman met 'n dwalende oog... ;)).

Dink dis maar die meeste manne se probleem...  :-\

Ek skiet van tyd tot tyd op die plaas jakkalse, maar dit was altyd 'n ry-en-soek oefening en nie 'n sit-en-roep oefening nie. Ek gaan bietjie saam met paar ernstige ouens hier plaaslik uitgaan en sien hoe word die roep ding behoorlik gedoen en dan sal ek stelselmatig begin om toerusting bymekaar te maak!

Groete
Aim small, miss small
User avatar
Arno Pienaar
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 280
Joined: Sat Oct 15, 2011 9:37 pm

Re: Jakkalse geskiet deur lede??

Post by Arno Pienaar »

Ek dink nie die fout le by die jagters en voltydsejagters nie , dis net min mense stem op die poll.
Mooiloop Pienaar
Arno Pienaar
Edenburg
Suid-Vrystaat
User avatar
Martin Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 573
Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm

Re: Jakkalse geskiet deur lede??

Post by Martin Marais »

Arno Pienaar.

Min mense stem seker op die poll. Dit blyk ook dat die mense wat gestem het eerlik is.  As ek partydae na die ouens se stories oor hul jakkalsjagtery luister,dan smaak dit vir my die rooijakkals as spesie staar uitwissing in die gesig.

groete
User avatar
Kleinpiet
Full Member
Full Member
Posts: 142
Joined: Thu Jun 30, 2011 5:40 pm

Re: Jakkalse geskiet deur lede??

Post by Kleinpiet »

Ek is 'n toegewyde jakkelsjagter, maar jag net by myself en ook nie net met in die nag roep nie.  Vir my gaan dit om meer lammers aan te kry as om te kyk hoeveel jakke en kan skiet.
Henry 7
Hero Member
Hero Member
Posts: 511
Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am

Re: Jakkalse geskiet deur lede??

Post by Henry 7 »

Ek dink hier is baie van ons wat dit net op ons eie gronde en dalk aangrensende buurplase doen om ons verliese te bekamp en hier is net eenvoudig nie soveel jakke soos bv. in die saaidele waar hulle nie baie geskiet word nie.
Dit maak ons nie minder toegewyd nie.
As ek die poll-getalle so kyk dan sal die OPS mooihuile nie werk nie want die vereistes s? net manne met baie ondervinding!
User avatar
Arno Pienaar
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 280
Joined: Sat Oct 15, 2011 9:37 pm

Re: Jakkalse geskiet deur lede??

Post by Arno Pienaar »

Jamer ek kom nou eers op die lug. Ek weet nie wie stem op die poll nie maar vat Bv. Vir Eugene(geno) hy het nou 100 Jakkalse/Rooikatte vir 10 maande geskiet ek weet nie het hy dit op die poll gestem nie , ek glo nie ons sal weet hoeveel word geskiet nie. Te min mense stem op die Poll dink ek. Maar dis lekker om te sien hoeveel vlekke sneuwel tussen die paar wat stem.
Mooi dag
Pienaar
Arno Pienaar
Edenburg
Suid-Vrystaat
Post Reply