Page 2 of 2
Re: Effek van knaldemper
Posted: Thu Aug 30, 2012 10:11 am
by Johan JvR
Ruhan
Party ouens vat sommer 'lipstick' om die loop in te kleur. (moenie jou vrou s? nie, steel hom net)
'n Drukpunt sal seker ook help, maar soos ek verstaan is dit nie ideaal nie - my logika s? die drukpunt lig net die loop weg van die kolf af, wat dui dat loop erens teen kolf raak as mens skiet. Die manne reken mens moet maar die aksie glassbed ook terwyl jy besig is.
Laat weet asb as jy reggekom het.
Re: Effek van knaldemper
Posted: Thu Aug 30, 2012 10:16 am
by pietjacobs
Johan is reg, daai Knaldemper kos R700 en as jy na hom toe ry sit hy hom nog verniet op ook. Terminater vra Andries so +-R1600 opsit en alles.
Jy kon 2 gekoop het

en hulle so nog gewerk het ook

Re: Effek van knaldemper
Posted: Wed Sep 05, 2012 3:30 pm
by JopieFourie
Dag almal. Waar kry ek oom Pieter se nommer? Wil ook KD op roer sit.
Re: Effek van knaldemper
Posted: Wed Sep 05, 2012 5:55 pm
by Johan JvR
Pieter Jacobs
082-sewe-8379drie 9
Re: Effek van knaldemper
Posted: Thu Sep 06, 2012 1:13 pm
by JopieFourie
Dankie Johan
Re: Effek van knaldemper
Posted: Tue Sep 18, 2012 1:13 pm
by Sarelss
Ai Ruhan........
Wat sal ons nou ookal s?? Ek het 'n R3500 koedoebul wat jy kan kom skiet vir R5000, wyl jy nou in die gewoonte is om gerook te word......
Re: Effek van knaldemper
Posted: Wed Sep 19, 2012 2:21 pm
by Ruhan
Lyk my ek het daai knaldemper reggekry! Was vanoggend gou skietbaan toe en na een sighter skoot op 200m gevolg met drie skote kry ek hierdie verrassing! 7.22mm
My gemoed is rustiger en ek sal beslis met meer selfvertroue kan skiet met die knaldemper op.
Groete.
Re: Effek van knaldemper
Posted: Wed Sep 19, 2012 3:03 pm
by Deon R
Baie mooi Ruhan!!!
Re: Effek van knaldemper
Posted: Wed Sep 19, 2012 3:04 pm
by Eugene
Baie netjies!

Re: Effek van knaldemper
Posted: Thu Sep 20, 2012 2:28 pm
by Sarelss
Baie mooi Ruhan, maar wat nou van daai Koedoebul van R7000?. Die oplaai is ingesluit. LOL
Re: Effek van knaldemper
Posted: Thu Sep 20, 2012 8:28 pm
by Ruhan
sss308 wrote:
Baie mooi Ruhan, maar wat nou van daai Koedoebul van R7000?. Die oplaai is ingesluit. LOL
Ons kan praat aangesien dit oplaai insluit? Ek sal bietjie meer betaal as ek nie die pens hoef uit te haal nie!
Re: Effek van knaldemper
Posted: Thu Sep 20, 2012 10:13 pm
by Chukudu
al lyn hy HOE mooi op, partykeer wil die koeel net nie deur 'n te klein gaatjie gaan nie. hy hoef nie te raak voor hy bont gooi nie. as daai baffles 'n halwe mm oopgeboor word gaan jy 10mm groepe skiet.
groetnis.
Re: Effek van knaldemper
Posted: Fri Sep 21, 2012 7:40 am
by Silent Hunting
Het nou net gelees van die "arc eyes". Dit sluit aan by die een. Dit is gewoonlik tydens die welding wat daardie staal so effe skeef trek wat kan veroorsaak dat alles nie 100% oplyn is nie. Gelukkig is daar maniere rondom dit.
Re: Effek van knaldemper
Posted: Sat Sep 29, 2012 10:54 pm
by Sakkie Rust
Hi Ruhan
Wat het jy toe gedoen om jou KD probleem uit te sorteer ?
Groete sakkie
Re: Effek van knaldemper
Posted: Sun Sep 30, 2012 6:50 pm
by Ruhan
Hi Sakkie,
Ek het hom binnekant mooi skoongemaak met 'n nylon borseltjie en toe werk hy perfek. Weet nie watse verskil dit gemaak het nie maar hy werk.
As ek nou deur hom loer is die randjies van die baffels glad waar dit altyd bietjie grof was.
Groete,
Ruhan
Re: Effek van knaldemper
Posted: Sun Sep 30, 2012 7:16 pm
by Sakkie Rust
Hi Ruhan
Dankie vir jou reply , ek het n terminator KD gekoop en toe ek deur hom kyk kon ek stukkies staal op die baffels sien het hom ook toe uit geborsel maar ek sukkel nogsteeds ek bly regs skiet. Ek het iewers op die forum gelees dat jy n boorpunt moet vat en deur werk om die baffels skoon te maak
Groete sakkie
Re: Effek van knaldemper
Posted: Sun Sep 30, 2012 7:22 pm
by Silent Hunting
Sakkie,
Jy kan die boor metode probeer. Ek vind 'n dun ronde vyl werk beter. Persoonlik probeer ek soveel moontlik "burrs" verwyder as moontlik as ek KDs maak om die probleem te voorkom.
Hoop jy kom reg.
Groete,
Henk
Re: Effek van knaldemper
Posted: Sun Sep 30, 2012 7:25 pm
by Beretta
Jy kry n stel ronde vyle vir n ketting saag hulle werk mooi in die demper ek gebruik dit vir myne
Beretta
Re: Effek van knaldemper
Posted: Sun Sep 30, 2012 7:28 pm
by Silent Hunting
Beretta,
Hoe gaan dit? lanklaas jou naam gesien, of dalk was ek skaars.
Henk
Re: Effek van knaldemper
Posted: Sun Sep 30, 2012 7:42 pm
by Beretta
Dit gaan goed hoe gaan dit met die silencers sien jy het n nuwe draaibank gekoop. Sit fotos op laat ons sien.
Beretta
Re: Effek van knaldemper
Posted: Sun Sep 30, 2012 7:49 pm
by Sakkie Rust
Dankie vir die raad manne !
Gaan hierdie prosses elke keer herhaal moet word as ek met die KD aan skiet? Of is dit maar n probleem met nuwe KDs ?
Groete sakkie
Re: Effek van knaldemper
Posted: Sun Sep 30, 2012 7:56 pm
by Silent Hunting
Sakkie,
As jy hom werk met die vyl behoort jy die meeste Burrs uit te kry. As hulle uit is, is dit heeltyd speel tyd.
Henk
Re: Effek van knaldemper
Posted: Sun Sep 30, 2012 8:01 pm
by Silent Hunting
Beretta,
Sal so maak. Is die komende week vasgevang in daardie mooi Sandton gebou
Sal hier na die naweek se kant toe kyk vir fotos. Wanneer vat jy 'n "ordentlike" kd vir jou roer...
Sal jou later kontak. Wil jou een stuur om die manne by jou klub te wys, as dit reg is met jou.
Groete,
Henk
Re: Effek van knaldemper
Posted: Sun Sep 30, 2012 8:11 pm
by Beretta
Dankie dit is reg so ek kan net se sterkte daar in Sandton ken van die plek werk die week ook net so n paar blokke van die plek af. Traffic maak n mens mal.
Dankie
Beretta