26.05.2010
Inenting teen slenkdalkoors: Alles wat boere moet weet
DIT is nie prakties moontlik om die vektore (muskiete) wat slenkdalkoorsvirus versprei, uit te roei nie. Daarom is immunisering van beeste, bokke en skape en die bewegingsbeperkings soos dit huidig geld, die enigste werkbare beheermaatre?l.
Dr. Rainer Hassel, veearts en dieregesondheidskonsultant by Agra, s? dit is nie die praktyk onder boere in Namibi? om as deel van hul roetine-immuniseringsplan hul diere teen slenkdalkoors in te ent nie.
Een rede is dat die periodes tussen slenkdalkoors-uitbrekings baie lank is. Namibi? het in 1974 laas ?n werklike epidemie van die siekte gehad. Die eerste uitbreking daarna het in 1985 plaasgevind en was nie omvangryk nie, s? dr. Hassel.
Intussen het 25 jaar verloop voordat slenkdalkoors nou weer in die land gediagnoseer is. Indien slenkdalkoors eers voorkom, kan dit egter baie vinnig van plaas tot plaas versprei.
Dr. Hassel s? dit is daarom van die uiterste belang dat produsente die beheermaatre?ls wat deur die direktoraat veeartsenydienste afgekondig is, getrou nakom en gehoor gee aan die oproep om hul diere te immuniseer.
Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) het onlangs in ?n verklaring gewaarsku dit is byna onmoontlik om die omvang en erns van die slenkdalkoors-epidemie in Suid-Afrika (en ook hier in Namibi?) te voorspel.
Die OBP s? vorige gebruikspatrone van entstowwe teen slenkdalkoors ? soos dit blyk uit bewusmakingsveldtogte en vergelykende studies ? teenoor die huidige vraag wys duidelik baie Suid-Afrikaanse boere het nie hul vee hierteen inge?nt nie.
Dit het daartoe gelei dat ?n groot persentasie van veekuddes in die streek hoogs vatbaar vir slenkdalkoors geword het. In die verklaring wys OBP daarop dat hy twee soorte entstowwe teen slenkdalkoors vervaardig, naamlik ge?naktiveerde (dooie) en geattenueerde (lewendige) entstof.
Die produksievolume is sedert die uitbreking in Suid-Afrika by die groter vraag aangepas. Namibi? behoort teen die einde van die week van die lewendige entstof in voorraad te h?, terwyl die dooie entstof eers teen einde Junie of begin Julie in die land verwag word, het dr. Hassel gister aan Republikein ges?.
Luidens die OBP-verklaring kan entstof nie as ?n behandeling gebruik word nie, maar slegs as ?n voorkomende maatre?l. Die lewendige entstof wat deur Onderstepoort Biologiese Produkte gemaak word, kan in alle niedragtige beeste, skape en bokke gebruik word en gee goeie beskerming in alle vee.
Di? entstof is goedkoper as die dooie entstof en die dier hoef net een keer in sy lewe inge?nt te word. Dit is maklik om die lewende entstof te produseer. Boere moet egter nie dragtige diere met die lewende entstof inent nie, want ?n klein persentasie aborsies of fetale misvorming kan voorkom.
Dragtige skape, bokke en beeste kan met die dooie entstof inge?nt word. Die entstof is duur en tydrowend om te produseer en het ?n kort rakleeftyd van een jaar. Diere moet jaarliks gedurende die lente met die dooie entstof inge?nt word.
Jong diere of diere wat nog nie voorheen met die dooie entstof inge?nt is nie, moet drie weke n? die aanvanklike inenting ?n tweede of skraagdosis inenting kry. Diere ontwikkel eers ?n goeie immuniteit 2-3 maande na inenting.
Dit sal verseker dat hulle nie die siekte opdoen nie en so word mense wat met sulke diere werk of noue kontak het, onregstreeks beskerm. Raadpleeg die veearts aangaande immuniseringsprogramme.
Lewendige (geattenueerde) entstof
Diere kan op enige ouderdom inge?nt word, behalwe dat lammers, kalwers en bokkies van gesoute diere nie inge?nt moet word voordat hulle ses maande oud is nie omdat die teenliggame in die biesmelk die uitwerking van die entstof mag belemmer.
Hierdie siekte kom gedurende die laat somer en herfs voor en daarom is dit wenslik om vatbare diere gedurende die lente, 3?6 weke voordat die ooie by die ramme geplaas word, in te ent.
Indien moontlik moet teling so gere?l word dat ooie vanaf Februarie tot April lam om te verseker dat lammers beskerm is deur die teenliggame in die biesmelk gedurende die tyd van die jaar wanneer hierdie siekte voorkom.
Waarskuwings
Moet nie diere binne 7 dae na inenting vir menslike verbruik slag nie. Slegs gesonde diere moet inge?nt word. Hou buite die bereik van kinders, oningeligte persone en diere.
Onder normale omstandighede behoort dragtige diere nie met lewende entstof inge?nt te word nie, aangesien dit in ?n klein persentasie van di? diere, maar veral in skape, aborsies of fetale misvorming kan veroorsaak.
Hoewel hierdie produk breedvoerig onder ?n wye verskeidenheid van toestande getoets is, mag dit as gevolg van verskeie redes faal. Indien dit vermoed word, raadpleeg ?n veearts en verwittig die registrasiehouer.
Gebruiksaanwysings
Gebruik slegs soos voorgeskryf. Steriliseer spuite en naalde deur dit vir ten minste 15 minute in water te kook. Moet nie ontsmettingsmiddels of brandspiritus gebruik om spuite en naalde te steriliseer nie.
Die aktiewe bestanddeel van die entstof is in die vorm van ?n poeier of klont in ?n klein botteltjie. Dra 5 ml verdunningsvloeistof met ?n steriele spuit oor na die botteltjie gedroogde entstof. Meng deeglik totdat die poeier opgelos is.
Dra die opgeloste entstof terug na die oorgeblewe verdunningsvloeistof en meng weer goed. Die entstof is nou gereed vir gebruik en moet dadelik ingespuit word. Vermy blootstelling aan ho? temperature en direkte sonlig gedurende inenting.
Skud die bottel goed voor gebruik. Gebruik ?n afsonderlike naald vir elke dier, veral tydens slenkdalkoors- uitbrekings.
Dosis
Beeste, skape en bokke: 1 ml onderhuids
Uitwerking van die entstof
?n Ligte koorsreaksie wat gou verdwyn, mag vanaf die tweede tot vierde dag na inenting voorkom en na drie weke is die diere ten volle beskerm.
Een inenting verleen gewoonlik lewenslange immuniteit, maar alle diere sal nie noodwendig volledig beskerm word nie. Die entstof is beskikbaar in bottels van 100 dosisse en moet by ?n temperatuur van 4?C tot 8?C in ?n yskas geb?re word.
Moet nie die entstof gebruik n? die vervaldatum wat op die bottel gedruk is nie.
Dooie (ge?naktiveerde) entstof
Vatbare diere kan op enige ouderdom en ongeag die stadium van dragtigheid of laktasie inge?nt word. Kalwers of lammers van ge?mmuniseerde diere kan slegs doeltreffend inge?nt word n? die ouderdom van ses maande.
Jaarlikse inenting word aanbeveel en dit is wenslik om gedurende laat winter of vroe? lente te ent.
Waarskuwings
Moet nie diere binne 7 dae na inenting vir menslike verbruik slag nie.
Slegs gesonde diere moet inge?nt word. Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en diere. Hoewel hierdie produk breedvoerig onder ?n wye verskeidenheid van toestande getoets is, mag dit as gevolg van verskeie redes faal.
Indien dit vermoed word, raadpleeg ?n veearts en verwittig die registrasiehouer.
Gebruiksaanwysings
Gebruik slegs soos voorgeskryf. Steriliseer spuite en naalde deur dit vir ten minste 15 minute in water te kook. Moet nie ontsmettingsmiddels of brandspiritus gebruik om spuite en naalde te steriliseer nie.
Gebruik ?n afsonderlike steriele naald vir elke dier. Skud die bottel goed voor gebruik. Vermy blootstelling van die entstof aan ho? temperature en direkte sonlig gedurende inenting.
Dosis Beeste 2 ml onderhuids Skape en bokke 1 ml onderhuids
Uitwerking van die entstof
Optimale beskerming word verkry met ?n skraagdosis 3 ? 4 weke na aanvanklike inenting, met jaarlikse her-inenting.
Die entstof is beskikbaar in bottels van 100 ml.
Bronne:
Dr. Rainer Hassel, veearts en dieregesondheidswetenskaplike by Agra. Drs. Jan du Preez en Faffa Malan, albei van Intervet. Onderstepoort Biologiese Produkte by
www.obpvaccines.co.za
Ronelle Rademeyer