Page 2 of 3
Re: 308Win vs 30-06
Posted: Fri Apr 30, 2010 2:42 pm
by Brno308 jagter
DirtyOldSix..
Gaan lees self die artikel in die nuwe Wild en Jag, daar word standaard fabrieks ammunisie in 180gr in beide die 308 en 30-0kwes getoets en MET STANDAARD GEKOOPTE 180GR REMINGTON RONTES klop die 308 die 30-0kwes met spoed..
Dis nie ek wat so se nie, dis die chrony en die skrywer van die artikel..

Manne gaan lees maar gerus die artikel..
Ek belowe jou 'n 308 sal met 'n 150gr punt "self gelaai" jou 30-06 klop met trompsnelheid.!
Wat kan ek se.. My 308 kan met 44 gr S335 'n 30-06 klop wat 55+ gr kruit moet gebruik .. Ek spaar 'n hele 11gr kruit ten minste.. HaHaHa..
Sorry Manne.. Daai klein "Buksie" soos wat hy mos genoem word kan sy ouboet 'n goeie pakslae gee.!!
308 groete vir ewig en ewig.. !!
Brno
Re: 308Win vs 30-06
Posted: Fri Apr 30, 2010 2:47 pm
by Hein M.
BRNO,
Jy klink soos iemand wat die 308 patentereg vir die volgende 1000 jaar bekom het
Hein M.
Re: 308Win vs 30-06
Posted: Fri Apr 30, 2010 5:09 pm
by 222
Taffie
Die lank en die kort van die hele ding AMEN
Re: 308Win vs 30-06
Posted: Fri Apr 30, 2010 5:16 pm
by Nico Harris
julle maak nou soos kinders wat baklei wie se pa die sterkste is! los dit nou maar.
Re: 308Win vs 30-06
Posted: Mon May 03, 2010 9:59 am
by Louis Kriel
tafjak wrote:
DirtyOldsix
DirtyOldsix wrote:
Haal die emosie uit die argument en kyk na die feite. Die 30-06 se dop vat +- 10gr meer kruit as die 308 dop, daarom gaan hy met alle punte (110, 125, 143, 150, 165, 180, 200 en 220 gr) vinniger wees as die 308.
Ek glo nie dat dit heeltemal waar is nie, S321 werk beter in die korter(51.9mm) dop as die 64mm(30-06). Met dit s? ek eintlik dat die 308 meer met die kruit(verskillende ontbrandings tempo's) kan doen as die 30-06 op dieselfde gewig koe?l. Druk agter 'n 150gr 30 kaliberkoe?l is tog die direk verantwoordelik vir die spoed van die koe?l sou ek reken. So as die druk 60 000 psi is in die 308- en 30-06kamer is, met dieselfde groefdraai, dieselfde looplengte en dieselfde koe?l moet die spoed ook dieselfde wees.
Of, is ek nou heeltemal mal? Help asb!
Die 308 kan nie die 180-220gr koe?ls so vinnig as die 30-06 skiet nie, maar is ook nie daarvoor gemaak(1in12 twist) nie. Die 30-06(1in9 of 1in10) doen net beter met swaarder koe?ls as die 308.
Maar dat die 30-06 skuts beter as die 308-manne is, is gewis.
Mooiloop
Tafjak
En hier slaan jy die spyker op die kop, die 308 is 'n MEER "effektiewe" kaliber as die 30-06 maar nie vinniger nie. Jy gaan dus verder met 'n blik kruit kom as ek.
Re: 308Win vs 30-06
Posted: Mon May 03, 2010 10:03 am
by Louis Kriel
Brno308 jagter wrote:
DirtyOldSix..
Gaan lees self die artikel in die nuwe Wild en Jag, daar word standaard fabrieks ammunisie in 180gr in beide die 308 en 30-0kwes getoets en MET STANDAARD GEKOOPTE 180GR REMINGTON RONTES klop die 308 die 30-0kwes met spoed..
Dis nie ek wat so se nie, dis die chrony en die skrywer van die artikel..

Manne gaan lees maar gerus die artikel..
Ek belowe jou 'n 308 sal met 'n 150gr punt "self gelaai" jou 30-06 klop met trompsnelheid.!
Wat kan ek se.. My 308 kan met 44 gr S335 'n 30-06 klop wat 55+ gr kruit moet gebruik .. Ek spaar 'n hele 11gr kruit ten minste.. HaHaHa..
Sorry Manne.. Daai klein "Buksie" soos wat hy mos genoem word kan sy ouboet 'n goeie pakslae gee.!!
308 groete vir ewig en ewig.. !!
Brno
Jy moet onthou met statistiek kan jy ook "bewys" dat die ANC regering 'n goeie "job" doen om die land te regeer!
Re: 308Win vs 30-06
Posted: Mon May 03, 2010 10:47 am
by tafjak
DirtyOldsix
Ek laai vir altwee en die resultate laat baie manne(wat vir altwee laai) kopkrap.
Re: 308Win vs 30-06
Posted: Mon May 03, 2010 11:06 am
by Geno
Brei bietjie uit oor die resultate asb Taffie.
Re: 308Win vs 30-06
Posted: Mon May 03, 2010 11:16 am
by Ponkie
Ja ek sal ook graag meer wil weet. Ek is 'n groot 308 man en my pa skiet met 'n 30-06, so stel belang om meer te weet.
Re: 308Win vs 30-06
Posted: Mon May 03, 2010 11:32 am
by JACQUES BOTHA
Taffie.
laat loop dit word laat. Ek sal graag wil sien hoe en watse info jy uit albei uit kry.... Onthou taffie ref n roer in die rooi.........
Bottom line. Gebruik wat jy het. en wat jy geniet om te gebruik .Dis goedkoper en makliker om n geweer se trajek te leer ken as om n ander roer te koop , dis nou vir die minder slim ouens soos ek en die ouens soos ek wat na die begroting moet luister. Die slim manne kan 10 gewere se trajekte onthou en elkeen gebruik in eenjaar om 10 tot 20 verskillende spesies te jag.
groetnis
JB
Re: 308Win vs 30-06
Posted: Mon May 03, 2010 12:59 pm
by tafjak
Wat Jacques ges? het van die 150gr koe?ls in die 308 is waar. Nou as ons spoed praat is 2900fs net so vinnig as 2950fs. Nou om 3000fs te skiet met 150 gr koe?l in die 308 en 30-06 is moontlik en die 308 sal 321 of 335 kruit gebruik waar die 30-06 365 sal moet gebruik op dieselfde koe?l. Jy kan 321 in die 30-06 gebruik, maar die dop se volume sal baie spasie los wat die akkuraatheid beinvloed. Nou om dieselfde akkuraatheid as die 308 te kry moet die 30-06 na swaarder(langer) koe?ls gaan en dan sal die spoed weer minder wees as met die 150's.
Omdat die ware 308 'n 1in12 twist het en die 30-06 'n 1in10 is die gewig koe?ls vir die 308 in die 140-155gr range en vir die 30-06 in die omgewing van 180gr. So, die stelling dat die een vinniger as die ander is, is waar en ook nie waar nie. Met dieselfde grein koe?ls in altwee sal die 30-06 vinniger wees, maar akkuraatheid sal ingeboet word deur die 30-06 in ligter koele en die 308 weer in die swaarder koele. Die 30-06 kan nie die 110gr Vmaxe vinniger as so 3200fs skiet nie(jacket strip in die 1in10 loop), maar die 308 haal dit maklik met die 1in12 loop. So, 6 van die een en 'n half dosyn van die ander.
Net vir interresantheid, die 243(1in10twist) met 100gr koe?ls haal net-net 3000fs, maar met die 87greiners maklik 3200fs. Met die 70gr koele weer maklik 3500fs. Nou watter een is nou die vinnigste of akkuraatste.
Al hierie gewere is akkuraat volgens my(mag ook verkeerd wees), maar nie goed genoeg vir benchrest nie, daarvoor het ons ander kalibers met ander doppe nodig en gekombineer met 'n bakgat gunsmith.
Daar is geen swak kaliber nie, noem een asb as julle verskil. Niemand skiet koedoes met .22LR nie, maar dit is moontlik om koedoe daarmee dood te skiet(net naby genoeg wees of om sy o? uit te skiet en die hardloop homself dood teen lorrie). Niemand skiet ook muise met 30-06 nie, maar is moontlik om muise dood/raak te skiet daarmee. Elke kaliber het sy plek, al is dit net om iets bang te maak.
Die 30-06 waarvoor ek laai skiet klein groepe met 165gr Interlock so teen 2800fs en die 308 met 150greiners ook leker klein teen net onder die 2900fs.
Re: 308Win vs 30-06
Posted: Mon May 03, 2010 3:28 pm
by Wielie Waps
Manne
Ek het die naweek manne vergesel op 'n jag in die Suid Vrystaat. Kalibers op die bakkie was .375,.270,30-06,300WM en 22-250. Ons het Springbokke en Blesbokke geskiet op afstande tussen 150 en 300m. Slegs 3 van 16 s/bokke was blad skote. Die res was almal kopskote selfs met die .375 so as jy jou geweer ken en jy vertrou jou vermoe kan jy kos op die tafel sit.
Re: 308Win vs 30-06
Posted: Mon May 03, 2010 4:12 pm
by Ponkie
Wielie waps
Dit is soos my pa ons geleer het. Skiet 'n nek/kopskoot of skiet dan liewers mis, maar Hy werk nie met morsige of kerrie vleis nie!;D My pa redeneer dat as jy vir die nek skiet, het jy altyd 'n "langer" teiken. As jy sou dink die bok staan 200m en dis eintlik 250m sal jy hom nie mis nie, want daar is ruimte vir op/af skiet, afhangende van die afstand. Bygese, hier in die karoo skiet meeste manne met 'n trajek waar die geweer sal zero op 180-200m. Voordat jy jagveld toe gaan is die heel belangrikste om te weet waar jou geweer op watter afstand skiet as jy kos op die tafel wil he!
Groete
Ponkie
Re: 308Win vs 30-06
Posted: Mon May 03, 2010 4:38 pm
by Wielie Waps
Ponkie
Ek stem 100% saam met jou. Kan net noem dat ek ook gesien het hoe 'n rangefinder die manne deurmekaar maak. Manne het volgens my beter geskiet toe die ding nie daar was nie.
Re: 308Win vs 30-06
Posted: Mon May 03, 2010 4:40 pm
by Nico Harris
Ponkie....of jy skiet die bek af...dan is jou kerrie vleis lekker taai

Re: 308Win vs 30-06
Posted: Mon May 03, 2010 5:26 pm
by JACQUES BOTHA
en dan is jy sommer taai vir jouself ook ne.....
Groetnis
JB.
Prima punte op bladskote lewer redelik aanvaarbare resultate met min vleisverlies of skade.....en......teen nie te windmakerige spoed nie....
Hang af wie skiet en hoe die man agter die roer wil en kan skiet....
it is your choice.....
Re: 308Win vs 30-06
Posted: Mon May 03, 2010 7:13 pm
by DSBW
1980 Musgrave 308, 1988 Niko Sterling 4x40, 308 vir ewig..............
Al is dan net om bietjie reaksie uit Francois te kry.
Ek weet manne, alle kalibers is goed, as die komponente goed is, en die vakmanskap goed is, is die roer reg, irrelevant van die kaliber, oor die skut kan ons seker lank gesels. My gunstelinge:
1. 308
2. 303 met gaatjie visier. As jy die swaarder punte skiet val hy enige jakkals innie grond in.
308 groete
Re: 308Win vs 30-06
Posted: Mon May 03, 2010 7:27 pm
by Ponkie
Hallo almal
Ek het nie bedoel om op enige iemand se tone te trap nie, ek is maar net van kleins af geleer om liewers 'n nekskoot ipv 'n bladskoot te skiet. Ek het niks teen enige iemand wat verkies om 'n bladskoot te skiet nie. Dis mos maar net elkeen se persoonlike keuse. Ek het al bladskote gesien wat minder vleisskade as 'n nekskoot gee, maar oor die algemeen gee 'n nekskoot minder vleisskade, veral op die keelafsnybeen. Ek is ook geleer om duidelik seker te maak van watter kant af die wind kom en dan te kyk of die bok windop of windaf kyk, want dit sal bepaal of jy 'n bekskoot of misskoot sal skiet.
Weereens jammer as ek op enige iemand se tone getrap het.
Groete
Ponkie
Re: 308Win vs 30-06
Posted: Mon May 03, 2010 8:23 pm
by JOHANNIC
Ponkie
Dis ou tone trap hulle maar

My Pa het my ook so geleer,maar met meerkatte, mik vir die kop/nek(.22) dan skiet jy hom in die bors

,hulle staan mos regop
Groete johan
Re: 308Win vs 30-06
Posted: Tue May 04, 2010 5:24 pm
by Hein M.
Ponkie wrote:
Ek het nie bedoel om op enige iemand se tone te trap nie, ek is maar net van kleins af geleer om liewers 'n nekskoot ipv 'n bladskoot te skiet.
Ek het ook so geleer. Op afstande van meer as 200m raak die nekskote riskant, maar ek dink jy sal saamstem daarmee. Die tipe punt is ook bepalend met bladskote.
Groetnis!
Hein M.
Re: 308Win vs 30-06
Posted: Tue May 04, 2010 6:48 pm
by Ponkie
Oom Johan
Nee ek wil maar liewers seker maak dat ek niemand se tone raaktrap nie, want netou is hier 'n groot oom met 'n ingroei-toonnael en as ek daai toon raaktrap wil ek nie weet hoe ek gaan lyk nadat daai oom op my getrap het nie!

So, "better be safe than sorry...! "
Groete uit 'n papnat Matieland
Ponkie
Re: 308Win vs 30-06
Posted: Wed May 05, 2010 8:29 am
by Louis Kriel
Ponkie wrote:
Oom Johan
Nee ek wil maar liewers seker maak dat ek niemand se tone raaktrap nie, want netou is hier 'n groot oom met 'n ingroei-toonnael en as ek daai toon raaktrap wil ek nie weet hoe ek gaan lyk nadat daai oom op my getrap het nie!

So, "better be safe than sorry...! "
Groete uit 'n papnat Matieland
Ponkie
Jy laat my nou dink aan daai ou Jan Spies storie waar die oom die staal dropper op sy liddoring toon laat val. Seeer!
Re: 308Win vs 30-06
Posted: Sun Jul 11, 2010 9:10 pm
by B C
Ek het 'n 30-06 en 2 308's. My 30-06 is geackly en skiet 'n bok se kop vlenters met 'n A-Max, maar ek moet se as ek een geweer moet kies om te hou sal ek sonder om te dink die 308 met RSA aksie vat. Ek het ook al gewonder watse geweer sal ek eendag vir elkeen van my seuns wil gee as 'n eerste geweer, 'n 243. 308, 7-57, 223,222, maar na my mening as alle punte bymekaar gegooi word is die 308 vir my die beste keuse. Hy is soos toiletpapier, ekonomies en baie meerdoelig!
Re: 308Win vs 30-06
Posted: Mon Jul 12, 2010 1:27 pm
by Wismit
Ek het `n 30-06 asook `n 308. As dit by jag kom verkies ek my 30-06. Hy is akuraat en baie veelsydig. Ek kan van 110gr tot 220gr punte skiet. Dus van Rooibok tot Eland.
As dit by skyfskiet kom vant ek 308. HHy is akurater. Kan met hom 110gr tot 200gr punte skiet. Rooibok tot Koedoe.
My 2c
Re: 308Win vs 30-06
Posted: Mon Jul 12, 2010 1:58 pm
by Louis Kriel
Wismit wrote:
Ek het `n 30-06 asook `n 308. As dit by jag kom verkies ek my 30-06. Hy is akuraat en baie veelsydig. Ek kan van 110gr tot 220gr punte skiet. Dus van Rooibok tot Eland.
As dit by skyfskiet kom vant ek 308. HHy is akurater. Kan met hom 110gr tot 200gr punte skiet. Rooibok tot Koedoe.
My 2c
Ek het 'n 30-06 en 'n .303. Vandat S355 op die mark is, is my .303 net so vinnig soos 'n .308
