Page 2 of 2
Re: 2000 lede, 1500 onaktiewe lede
Posted: Thu Jul 05, 2012 7:05 pm
by Blackie Swart
Cobb ek glo nie mens moet hals oor kop mense afhaal nie.Ek self het lanklaas n bydrae gemaak op die forum Ek werk in die buiteland en het nie altyd toegang tot die net nie.Wat ek wil se is dat mens eers elke persoon se rede moet hoor voordat hy of sy vanaf die forum verwyder word.Dink ons moet dit aan die stigsters se bekwame hande oorlaat. Maar net my mening.
Groete
Blackie
Re: 2000 lede, 1500 onaktiewe lede
Posted: Mon Jul 09, 2012 11:47 am
by Heinds
Dis waar wat julle se maar dit is tog lekker as 'n mens na 'n paar uur terugkom en jy kan weer iets nuuts en interesant lees wat iemand "gepost" het.
Ek glo elke forum gaan maar deur sy siklusse, kyk bv hoe besig die lisensie seksie was toe daar so baie probleme was by CFR. Kyk hoe besig raak die "Jagblad" skielik as dit jagseisoen raak.
Dit is maar so, solank daar 'n paar manne is wat gereeld met die vrae help glo ek sal die forum bly aftrek kry. Wat dit nog meer spesiaal maak is dat dit in afrikaans is, kom ons hou aan om hom te stimuleer!
Re: 2000 lede, 1500 onaktiewe lede
Posted: Wed Jul 11, 2012 2:59 pm
by Yousuf
Manne,
I am English speaking, and the majority of the posts on this forum is in Afrikaans.
Nou dit vat/neem my bietjie langer om in Afrikaans te lees en verstaan, veral as die pos nou in suiwer hoe Afrikaans is. Maar ek leer darem lekker.
What I am trying to say is that I am more of an active reader than a contributor, because it takes me a little longer to understand clearly the Afrikaans language.
I have posted in English and got replied in Afrikaans so it takes me some time to comprehend the posts, thus making me an active reader and at the same time I am brushing up and improving with my Afrikaans.
My punt is, dat ek lees meer as wat ek tik.
MOET NET NIE VIR MY AS LID VAN DIE FORUM AFHAAL, OMDAT DIT IS LEKKER HIER OP DIE FORUM.
Re: 2000 lede, 1500 onaktiewe lede
Posted: Wed Jul 11, 2012 3:03 pm
by Freek
Dis reg so Ingelsman, ek watch hulle...

Mens moet hierdie saak versigtig hanteer.
Re: 2000 lede, 1500 onaktiewe lede
Posted: Tue Jul 24, 2012 8:26 am
by Vosman
Hier lees ek ook eers nou die onderwerp raak.
Ek is deesdae ook maar meer van 'n "roof kyker", daar is baie mense wat baie meer as ek weet, so ek lewer nie te veel bydraes nie.
Die verwydering van lede dink ek ook nie is heeltemal nodig nie, dink maar aan die verlore seun.

Re: 2000 lede, 1500 onaktiewe lede
Posted: Tue Jul 24, 2012 8:45 am
by Biltong
Ek se ook, los die lede op die forum al is hulle onaktief. Stuur dalk so eenmaal 'n jaar 'e-possie met advertensie en link na die forum.
Onaktiewe lede benadeel nie die forum nie op enige manier nie.
Groete
Wicus.
Re: 2000 lede, 1500 onaktiewe lede
Posted: Wed Jul 25, 2012 2:46 pm
by Marc
pine wrote:
Biltong, Ek kan nie meer met jou saamstem nie, hulle geniet die plek en geniet ons en laat hulle lekker lees, eendag op n reendag met so n tydjie aan hulle kant sal hulle kom praat. Almal is nie gebou vir praat nie. Ten minste het ons n platform, met so veel lede wat ons nog net sterker maak in ons saak van die liefde vir jag en die veld. Geseend Pine
Oom Pine
Ek sou dit nou nie beter kon s? nie
Mooiloop
Marc