6.5 x WAT???

User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: 6.5 x WAT???

Post by 243Songdaug »

M?re KSV

Jy is reg daai 25 se loop is kas toe.  Maar ek dink die loop wat Truvelo op daai 25 gedraai het was nie hul beste gehalte nie. Johan het skaars 400 skote deur hom gestoot.

Ek sal vir Johan bietjie moet couch omtrent instandhouding tov jou wapen se loop en dan hoop ek hy is nou genees van sy "need 4 speed"  - lope vat freaken lank om te organize!

Ek wil nou eers 'n klompie moola bymekaar kry - ek dink 'n regte volbloed linkerhand "Farley" of "Predator" aksies sal net die ding wees om 'n 28 duim stainles pyp aan te hang - in .260 kaliber natuurlik!  Moet nou net eers 'n paar bonusse opgaar.

Jou paspoort al gekom?
Groete.
Jaco
Dont tell me, show me......
User avatar
Greg
Newbie
Newbie
Posts: 1
Joined: Tue Jun 29, 2010 8:31 pm

Re: 6.5 x WAT???

Post by Greg »

Hello Manne,

Kan iemand my miskien help?

Ek het .260 Rem (Remingtom Mountain LSS) en ek will dit 'improve' ...

Weet een van julle wie in SA het n reamer om die loop te verbeter na 'n AI 'wildcat' ...

Dit sal effens meer koste effektief wees as om die hele ding (en en) in te voer...

Hoor graag van julle.

Greg
.375 H&H
.338 Win mag
.30-06 AI
.260 Rem
6x45
.22 LR
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: 6.5 x WAT???

Post by Francois Marais »

Greg

Ek kan vir jou kry as jy nie geholpe raak in SA nie.

Het vi jou mail gestuur.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: 6.5 x WAT???

Post by KSV »

Greg,

Nee wat die is n hopelose saak! Sal jou ruil, 270 Rem sendero vir joune?

Kalahari Groete
Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: 6.5 x WAT???

Post by 243Songdaug »

Hey Hein(KSV)

Ek het toe Saterdag saammet daai mater van my wat my lope vir my doen deur die 25 se loop gekyk met 'n borscope - ek dink Truvelo het 'n dat aan ons verkoop - daai loop sou in sy lewe nie geskiet het nie!

Die mater het tog lekker gelag en toe loop haal hy vir my die nuwe pyp wat ons nou op die 25 gaan hang uit - dis eenvoudig ongelooflik hoe die gehalte van die lope verskil!!!!

Laat ek jou dit s?:  ek koop nie sommer weer 'n pyp by enige man nie - en dit sal maar kletter voor ek weer 'n molycroom loop op een van my aksies hang!

Ek wil nou eers 'n klompie moola bymekaar hark vir 'n Mark 4 Tactikal vir die 243 - as ek klaar is met dit dan moet my 260 gebou word.

Hou daai sendero - jy gaan nog lang trane huil as jy daai roer verkoop - wat het ek jou van die 22-250 ges?? Jy wou die ding smous nog voor jy hom gesien het - vandag moet ek net keer of jy skiet verdomde elande met die ding.

Hou jou sendero - jou jack jeuk. 

Groete en 'n mooi aand!
Jaco.
Dont tell me, show me......
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 6.5 x WAT???

Post by Arnold »

Uiteindelik is ek nou ook besig met 'n 6.5mm ... of dit nou 'n straight 260 gaan wees of 'n improved met 35 grade skouers of 'n Ackley met 40 grade skouers weet ek nog nie.

Ek beplan om 123gr Lapua Scenars te skiet en hoop om tenminste so 3000fps te haal. Die loop sal seker 'n 1-9 twist Broughton wees wat vanaf 'n Stiller Predator aksie gaan hang. Ek is nog onseker oor die kolf maar hy gaan die rondtes voer uit 'n enkel kolom AICS magesyn. Ek besin nog op die stadium oor of 'n Accuracy International of Bell & Carlson A5 kolf.

Enige insette van julle manne se kant af oor of ek vir die straight of die AI moet gaan?  
Last edited by Arnold on Tue Aug 24, 2010 9:27 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: 6.5 x WAT???

Post by Francois Marais »

Arnold

Bietjie leeswerk vi jou

http://www.the-long-family.com/260AI.htm
These numbers are from the article that was shown to me. I realize that my results may vary. Some of the listed calibers are not factory loaded anymore, and anything under a 6% gain is considered pointless. 260 Remington Ackley 140 grain bullet 4.3%
Volgens hierdie man "pointless" om n 260Rem te ackley, met net n 4.3% verbetering in spoed.
http://www.familyfriendsfirearms.com/forum/archive/index.php/t-85242.html

http://www.chuckhawks.com/26cal.htm

http://www.6mmbr.com/gunweek046.html

http://www.snipercentral.com/260.htm

Jy het seker al n paar gelees, maar hoop iewers is daar iets wat jy nog nie weet nie, daai ackley dop lyk dam dem pragtig.

Jou keuse, my 260 Remington doen sy ding, solank ek my kant bring.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 6.5 x WAT???

Post by Arnold »

Ja ek het seker omtrent al alles gelees.

Die een dag dink ek om te Ackley en die volgende dag weer nie. Kry jy dougnuts Francois?

Is dit meer werk om doughnuts reg tesien as om doppe te vorm vir die ackley? Ek hou baie van die idee van minder werk en meer skiet  ;D
Soos jy s?, daai ackley doppie lyk baie mooi. 'n Paar ouens hier skiet 'n 35 grade skouer model en is regtig vol lof oor die akkuraatheid van daardie rondtetjie.

Ek sou darm seker naby kon kom aan 3000 fps met 'n 123gr koeel uit 'n 28" loop met die standaard rondte of hoe?
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: 6.5 x WAT???

Post by Francois Marais »

Arnold

Ek gebruik NORMA 243 doppe wat ek net deur n 6.5 neck-sizer sit om hulle op te nek. Ek kry GEEN donuts nie.

Ek laai 43.5gr S365 op 120gr SMK en 120gr NBT, die MK skiet 3080ft/sec, en die Noslers 3100ft/sec. Dit is egter baie na aan my geweer se maksimum, 1-9twist Walther Match loop. Al twee Gemsbokke op oor die 500m kopkote geskiet met die MK.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Post Reply