Page 2 of 2
Re: Bles/Springbok jag die naweek
Posted: Fri Jun 15, 2012 9:00 am
by FHM
Cobus / Pieter,
neewat manne ek is bly die dinge kom op en dan sort ons dit op n beskaafde manier uit. Dis tog hoekom ons almal iets tussen die ore het - om te kan bevraagteken en te kan redeneer - dis een van die voordele vir so n lekker forum - en ons wys die jong knapies dat verskille met woorde kan reggemaak en uitgesort word.
Carls, ja ek het 'n twee-poot' aan beide my gewere - weet nie hoe het ek al die jare sonder so iets klaargekom nie, hel dit kannie eties wees om met n twee-poot te skiet nie manne !!! (hehehehe)
Re: Bles/Springbok jag die naweek
Posted: Fri Jun 15, 2012 9:38 am
by Silent Hunting
Eties of nie...

Alles gaan deesdae oor gemak en makliker. Evolisie - Strik, klip, boog, geweer, teleskoop, ens.. Jag bly lekker.
Ek glo jy kan op enige manier jag solank die motivering/ rede reg is. Ek sien oneties as iets soos 'n doellose skiet waar jy alles wat leef en beef skiet sonder 'n rede.
Henk
Re: Bles/Springbok jag die naweek
Posted: Mon Jun 18, 2012 11:37 am
by FHM
Manne,
ek is terug min of meer in een stuk.
Soos vooraf geweet is kniee en elmboe nerfaf en gesig lekker gebrand. Ek het ongelukkig nie fotos geneem nie - ons jag was van so aard dat ons die rugsakke absoluut lig moes pak en daar was net nie plek vir my kamera nie. Dit was n heerlike veeleisende jag oor daardie terrein van granietkwarts en klip. Ons het 2 x S/bokke en 2 x B/bokke gekry - so die jag was baie suksesvol. Ek het in my 35 jaar van jag nog nie so hard gewerk op 2 bokke nie - amen!
Ons het baie vroeg (donker) Saterdagoggend n ligte kampie gemaak onder n boom in n droe rivierloop - seker die enigste flippen boom op daai plaas! Net rugsakke en slaapsakke met skraal proviant - wors / biskuit en koffie en water en roostertjie en klein mediese tassie. Dit was uitsluitlik loop en bekruip alhowel ek seker is ons het meer bekruip as loop - as ek so na my rugsenings en bobeen-spiere voel vanoggend.
Ons het min wind gehaad, my gebed Vrydagaand is verhoor. My vriend het met sy .270 en 150 gr Norma Oryx gegooi en ek het op die 0-kwes met 180 gr Swift A besluit. Sy twee bokke is geskiet op + - 300 m en ek het my 2 op so 250 m gekry. Die Namib Springbokramme is groot!!! -ons twee het onderskeidelik 24 en 26 Kg uitgeslag. En daai nekke ongelooflik dik - jy moes baie mooi kyk tussen die Blesbok en Springbok nekke net om die verskil te kon sien.
Gelukkig was daar selfoon sein op die hele plaas (10000 Ha) dus kon die boer maklik bereik word en die karkasse is kom haal kort nadat ons n bokke gekry het en die pense uitgehaal het. Ons het Saterdagaand heerlik gebraai in die veld onder die sterre en na die jakkalse se koor geluister. Dis ongelooflik hoe duidelik skoon die nagehemel is in die semi-woestyn - dis asemrowend elke keer as ek dit ervaar en dit my so klein laat voel. Gelukkig vir die vuurtjie wat heelaand om die beurt gestook is - anders het ek verkluim - vrek weet - dit was p/koud verby!
Dit was een van daai jagte wat ek nooit sal vergeet nie - dit was regtigwaar baie taai, en ons het ons alies losgeloop Saterdag. Ek sal dit weer doen - volgende jaar as die Oubaas dit so bestem vir my.
Groete
Re: Bles/Springbok jag die naweek
Posted: Mon Jun 18, 2012 11:40 am
by Gerhard
Lekker man,
Bly om te sien daar is nog manne wat bereid is om so hard te werk vir sy bokke...
Re: Bles/Springbok jag die naweek
Posted: Mon Jun 18, 2012 12:18 pm
by FHM
Gerhard wrote:
Lekker man,
Bly om te sien daar is nog manne wat bereid is om so hard te werk vir sy bokke...
En hoe!
Dis nie net die bokke wat gebloei het nie ou Gerhard - hier en daar op daai plaas le daar van my druppels ook. Lyk vanoggend soos n fisant mannetjie met my rooi kniee (en elmboe) agv die medichrome. Was waaragtig n harde en veeleisende jag, maar ai man, van ons hou mos van swaarkry se uitdagings.
Re: Bles/Springbok jag die naweek
Posted: Mon Jun 18, 2012 2:12 pm
by Carl
Re: Bles/Springbok jag die naweek
Posted: Mon Jun 18, 2012 2:23 pm
by FHM
Carl ek kani daai link oopmaak nie - ons webmaster blok dit.
Ja ek het so tussen die AFRIKAANS deur Saterdag vir my pel laat sweer ons sal pads kry as ons so iets in sulke terein weer aandurf ! Ek dink 'BOSSIES' in WHK maak ook sulke pads - sal weer n slag daar omgaan en kyk.
Re: Bles/Springbok jag die naweek
Posted: Mon Jun 18, 2012 3:30 pm
by Piet Pille
Lekker FHM,
Mooi gejag- dis nie enige man wat te voet daar skiet nie!!! Waaromtrend is die plaas waar julle was?
Re: Bles/Springbok jag die naweek
Posted: Mon Jun 18, 2012 4:05 pm
by FHM
Pieter Vorster wrote:
Lekker FHM,
Mooi gejag- dis nie enige man wat te voet daar skiet nie!!! Waaromtrend is die plaas waar julle was?
Yes Pieter,
die plaas is anderkant / Suid van die Swakoprivier gelee - dis verby Welwitchia vlaktes vanaf Swakop Suid-Oos en dan nog so 100 Km in n Oostelike rigting. Vanaf Swakop tot op die plaas is ongeveer 180 Km Oos tot Suid-Oos! Dis semi-woestyn - magtig man dis rowwe wereld daai om per voet aan te pak! Gelukkig laasjaar my ordentlike stapskoene ingetrap - anders het ek probleme gehad.
Re: Bles/Springbok jag die naweek
Posted: Mon Jun 18, 2012 4:22 pm
by Carl
So paar.
Re: Bles/Springbok jag die naweek
Posted: Tue Jun 19, 2012 9:58 am
by FHM
Carls wrote:
So paar.
Dankie Carls - sal uitkyk!
Re: Bles/Springbok jag die naweek
Posted: Tue Jun 19, 2012 10:35 am
by Piet Pille
FHM wrote:
Pieter Vorster wrote:
Lekker FHM,
Mooi gejag- dis nie enige man wat te voet daar skiet nie!!! Waaromtrend is die plaas waar julle was?
Yes Pieter,
die plaas is anderkant / Suid van die Swakoprivier gelee - dis verby Welwitchia vlaktes vanaf Swakop Suid-Oos en dan nog so 100 Km in n Oostelike rigting. Vanaf Swakop tot op die plaas is ongeveer 180 Km Oos tot Suid-Oos! Dis semi-woestyn - magtig man dis rowwe wereld daai om per voet aan te pak! Gelukkig laasjaar my ordentlike stapskoene ingetrap - anders het ek probleme gehad.
Boedie, daais in die middel van die gramadoelas en nie 'n man se maat nie. Dit lyk mos amper soos die maan (met springbokke op) daar!!! Wat my altyd verbaas in daai wereld is die kondisie van die wild! Partyplekke sien mens hulle mos staan en wei maar jy sien nie 'n grashalmpie nie - net klip. Smaak my daai klippe het kwaai voedingswaarde , die dat die gemsbokke en springbokke so vet raak! Weereens geluk met 'n moeilke jag- dis die taaies wat mens die langste bybly!
Groete
Re: Bles/Springbok jag die naweek
Posted: Tue Jun 19, 2012 11:24 am
by FHM
Piet ja, ons het voedsame klip daaikant

Ek het gesien die S/bokke daar wei ook op bos - nes n rooibok. Watse bos dit is weet ek nie - ek dink hulle het maar met die eeue so aangepas weens die gras skaarste in die winter - daar is regtig nie gras om van te praat op die hoogland nie. Melkbos, woestyn vygie bosse en dan die groenerige bos-affere waarop hulle wei. As mens af in die klowe beweeg na die droe rivier lope toe kry mens meer gras en dit raak bietjie meer bebos met hier en daar n ou kameeldoring wat te hardekwas is om op te gee. Sien ek toe nou Sbokke wei ook op die kameeldoring peule wat onder die boom le - nooit geweet nie - by so n boom gelukkig geraak en een van die groot alleenloper ramme daar gekry. Vir die weiding wat ek waargeneem het was die kondisie van daai BBokke en SBokke besonders.
Groete