Page 2 of 2
Re: op soek na monster koedoe
Posted: Tue May 29, 2012 1:52 pm
by DanieDegenaar
Wat 'n voorreg!
Mag daar 'n ou grys monster oor julle pad kom.
Het self die voorreg gehad om my pa by my te gehad het van eerste mossie met kettie tot meeste van die wild wat ek al geskiet het. Gelukkig vir ons is hy nog daar en begin nou al saam met my seuntjie (2 jaar oud) in die veld rond loop en alles wys en vertel. Die mannietjie borrel elke keer vir 'n hele week lank oor!
Dink dis oomblike in 'n mens se lewe wat mens nooit sal vergeet nie, en ek het myself belowe dat my twee seuns dieselfde voorreg sal geniet al kos dit my wat!
Groete
Degenad
Re: op soek na monster koedoe
Posted: Wed May 30, 2012 10:23 am
by WillemS
Machann
Verskoon tog manne, dis bietjie van die topic af, maar kan jy omthou wat was Oom Ludwig se vrou se naam? Hoekom ek so vra is my ma se oom was van daai wereld en ek het hom geken as Oom Odendal Ludwig.
Ek en my pa het n paar keer by hom gejag, ook in 4 kampe en trek koedoes en baie loop was aan die orde van die dag daar!
Het by hom my eerste bok(steenbok) met sy .22 geskiet!
Wonder of dit dalk dieselfde Oomie is?
Willem
Re: op soek na monster koedoe
Posted: Wed May 30, 2012 1:26 pm
by Machann
Hi Willem
Dit kan so oom ook wees, oom Odendal Ludwig. Was altyd nie seker hoe om dit was. As ek reg onthou is dit tannie Sannie en moeder het dit nou bevestig. As jy van die oom praat wat net n .243 gebruik en soveel koedoes op daai plaas geskeit het dat jy hulle nie met trein kan weg ry is dit hy. Weet die jy het na hulle plaas toe gedraai uit die grond pad wat van Papkuil aangesluit het met die grondpad op Griekwastad toe.
Groot gees en ek dink hy en my oupa maak die koedoes mooi bymekaar daar bo.
groete
Re: op soek na monster koedoe
Posted: Wed May 30, 2012 2:00 pm
by WillemS
Machann
Dit is die einste!!
Tannie Sannie was my ouma se suster! Wonderlike mense en daai oom kom daai 243 dryf, volgens hom die enigste ordentlike kaliber ooit!
As kind was daar geen lekkerder plek as by hulle op die plaas nie!
Klein Wereld...
Groed gaan
Re: op soek na monster koedoe
Posted: Wed May 30, 2012 2:08 pm
by Machann
Ja, 243 op 50m gezero sonder enige probleme as jy die koedoe in die nek skiet. JA, wonderlike wonderlike mense! Daai tannie kon n skaap tjop gaar maak!
JA klein wereld en dink ons moet hier stop want ons Smal familie het baie familie so net nou vind ons uit ons is familie...
groete daar
Re: op soek na monster koedoe
Posted: Thu May 31, 2012 9:04 am
by Hugo
Stuur my n email dan sit ek jou op iemand wat vir jou een kan kry,
hugof99@gmail.com
Re: op soek na monster koedoe
Posted: Fri Jun 01, 2012 12:43 pm
by Jean Marais
Hallo almal
Op my swaer se plaas in die Dundee distrik het 'n buitelander verlede jaar 'n koedoe gejag met 'n horinglengte van 69,2" (hoop ek onthou die horinglengte reg). Ek weet egter dat dit 2" onder die SA rekord was.
Sy prys vir die dier was R7500-00
Daar loop nog 'n paar sulke bulle daar rond, beslis meer as 60"
Wanneer wil jy gaan probeer?
Groete
Re: op soek na monster koedoe
Posted: Sat Jun 02, 2012 9:47 am
by Piet Pille
Hier in die Grootfonteindistrik sal ek vir jou ook 'n 55"+ bul kan reel vir 'n redelike prys, maar die afstande en permitte is dan weer 'n drawback.
As jy egter so week of twee tot jou beskikking het eendag, sal ek absoluut voorstel dat jy 'n trippie met jou seun Namibie toe doen vir prima pa en seun tyd. Dan reel jy 'n lekker jag vir 'n paar dae en vat hom dan vir tiervisvang op die kavangorivier vir so paar dae terwyl julle langs die rivier kamp.
Oppad terug dalk deur die Kaudom/ Etosha vir 'n dag of twee... die opsies is legio
Vra maar die manne wat dit al gedoen het

.. jy sal nie spyt wees nie en jou seun die ondervinding van 'n leeftyd bied. As ek in jou skoene was, sou ek dalk die R5000 extra gespaar het om vir 'n 63" bul te betaal, en daai geld eerder op so trip spandeer het. En wie weet, daar is nog altyd 'n goeie kans vir so groot bul hierbo ook, maar teen 'n 53" se prys..
Pm my gerus, ek help jou graag so-iets reel. Dan skip mens die "deurgetrapte toeriste hoofweg" met die meegaande U$, en ek kan kyk wat ek kan reel deur 'n paar privaat kontakte.
Re: op soek na monster koedoe
Posted: Sat Jun 02, 2012 11:31 am
by matewis
Demmit Pieter dit klink nou vir jou na 'n droomtrippie!
Re: op soek na monster koedoe
Posted: Mon Jun 04, 2012 9:48 am
by Jean Marais
Hallo almal
Hier is daai koedoe waarvan ek 'n 'n vorige post gemeld het.
[img width=560 height=373]
http://i1242.photobucket.com/albums/gg5 ... trofee.jpg[/img]
Re: op soek na monster koedoe
Posted: Mon Jun 04, 2012 10:00 am
by Geno
Liewe ouers....

Re: op soek na monster koedoe
Posted: Mon Jun 04, 2012 10:02 am
by BLOK
Is mooi en dan het hy nog sulke laang wit punte ook.
Re: op soek na monster koedoe
Posted: Mon Jun 04, 2012 10:36 am
by PJS
Sjoe dit is n monster. Ek hoop maar ek sal ook eendag, as ek groot is, so n dier mag skiet!
Re: op soek na monster koedoe
Posted: Mon Jun 04, 2012 10:40 am
by Marc
Re: op soek na monster koedoe
Posted: Mon Jun 04, 2012 10:48 am
by grumpy
Dit is nou is moer-e monster koedoe daai!!!
Ek dink enige man droom van SO n Koedoe!!!!
Sal my linker een gee vir so bok!!
Re: op soek na monster koedoe
Posted: Mon Jun 04, 2012 11:01 am
by Wouter Roets
Hallo Manne
Jean dit is seker een van mooiste stel horings wat ek in my lewe gesien het! Hy voldoen voorwaar aan al die kreteria wat n mens aan n koedoe trofee kan stel!
Op die punt van die oorspronklike topic. Ons was die naweek op die plaas n paar manne wat se opinies en ondervinding hoog by my tel het hierdie onderwerp heerlik bespreek. Ons gesamentlike opinie is dat daar vandag n baie ongesonde toestand bestaan onder die algemene jagter. Waaroor jag werklik moet bestaan word ongelukkig misgekyk. Koedoejag veral is iets besonders en n mens besef nie wat se geluk daaraan betrokke is om n bul te skiet wat vir RW kwalifiseer nie. Ons almal voel soos een man gekant dat n spesifieke dier van so en so horinglengte vooraf op ooreengekom word en dan gejag word. Die hele idiee van koedoejag word totaal misgekyk in die geval!
Enige koedoebul is n vooreg om te kan jag en horinglengte is irelevant. Gaan geniet die jag en as dit jou seun beskore is om wel n besonderse lengte koedoe te skiet is dit net die cherrie op die koek!
Groetnis
Wouter
Re: op soek na monster koedoe
Posted: Mon Jun 04, 2012 11:58 am
by Piet Pille
+1 Wout