Page 2 of 2

Re: Eland jag

Posted: Thu May 10, 2012 7:21 am
by Shindzela (Pierre)
Kan ek ook gou op die 'band wagon' spring?

Ek gaan ook eland jag volgende maand, maar my 30-06 doppe is gelaai met 180gr Nosler Accubonds. Ek hoop dit sal werk, ek het egter geen idee hou vinnig die outjies hardloop nie. As ek reg onthou is dit gelaai met 51gr S365 met TPL van 81mm, my Howa se kamer is maar so bietjie aan die kort kant.

Re: Eland jag

Posted: Thu May 10, 2012 7:33 am
by SS
Pierre

Ekke kan nie sien dat jy enige probleme met daai accubonds sal kry  nie. Lekker jag

Groete
SS

Re: Eland jag

Posted: Thu May 10, 2012 7:38 am
by Gerhard
Shindzela (Pierre) wrote: Kan ek ook gou op die 'band wagon' spring?

Ek gaan ook eland jag volgende maand, maar my 30-06 doppe is gelaai met 180gr Nosler Accubonds. Ek hoop dit sal werk, ek het egter geen idee hou vinnig die outjies hardloop nie. As ek reg onthou is dit gelaai met 51gr S365 met TPL van 81mm, my Howa se kamer is maar so bietjie aan die kort kant.
Goeie skootplaasing in die vital triangle en die eland ry bakkie...

Re: Eland jag

Posted: Thu May 10, 2012 8:58 am
by sako 30-06
Eddie,ek gebruik 180gr Winchester XP3 ammunisie in my 30-06.Ek skiet al met hulle vir die laaste 3 jaar.Ek het al koedoe,gemsbok,vark en impale geskiet met hulle en elke keer het die koeel reg deur gegaan.Die vleissakede is ook minimaal,so ek kan die ammunisie aanbeveel as jy fabrieksammunisie wil gebruik.

Re: Eland jag

Posted: Thu May 10, 2012 10:00 am
by Flip Nel
Enige een van die premium koeels gaan goed werk, wees net versigtig  vir die groot blad bene in 'n Eland bul, Ek het al 'n hele paar bulle sien bakkie ry met gewone PMP, die verskil was net hulle was almal agter die blad geskiet, laaste was 'n bul wat 400 kg uitgeslag het.  Hy is agter die blad geskiet met 'n gewone 150 grain PMP het 30 tree gedraf en omgeval.  Let wel ek beveel dit nie aan nie gebruik 'n premium punt.

Re: Eland jag

Posted: Thu May 10, 2012 12:06 pm
by Carl
Goeie punte en gaan kyk weer mooi waar loop daai dik blad bene. My pa-hulle in Alldays het al 'n eland of 2 gekry wat met 375 gekwes is. Dis een ding van 'n eland hy draf nie net so 100m en gaan staan weer nie, hy draf klik-klik tot 5km.

Re: Eland jag

Posted: Thu May 10, 2012 12:57 pm
by Eddie
Dankie manne, ek sal hierna kyk en laat weet wat gebeur, ek hoop nou net die"kans" om die eland te skiet realiseer! Ek besef ook nou dat dit belangrik is om te weet watter bene waar loop, sal sommer vannaand gaan kyk. Hou maar duim vas dat my bewe verdwyn...'n pel van my se ek moet n beta blocker drink om my hardklop te kalmeer!

Groetnis

Eddie

Re: Eland jag

Posted: Thu May 10, 2012 2:27 pm
by Carl
Net nie onder daai koelte boom aan die slaap raak nie. Kan help om die koffie te los - die oggend s'n en die polisie koffie die vorige aand. Ek dink egter hart/long skoot op die bok is so groot jy hoef nie te bekommer vir die bewerasies nie.

Re: Eland jag

Posted: Thu May 10, 2012 7:32 pm
by Eddie
Haha, sal maar lig op albei probeer gaan...

Thanks