Page 2 of 3

Re: Watter Kaliber?

Posted: Wed May 09, 2012 7:38 am
by Arnold
Eendag, ek kyk nog uit watter 7mm kaliber vir my gaan werk :)
Dalk 'n 7mm-300WSM of die 7mm SAUM en dan is daar natuurlik die 7mm RM ...

Re: Watter Kaliber?

Posted: Wed May 09, 2012 8:35 am
by Marc
7mm STW - Bliksemstraal as ek reg onthou op die Magnum voorblad !!!

Van kleins af verlief op die Mnr, daai tyd het ons nog nie geweet van 338's nie  ;D

Sal graag so outjie in my kluis wil h?  :'(

Re: Watter Kaliber?

Posted: Wed May 09, 2012 10:16 am
by Johan JvR
Ek is self baie lus vir iets in 270WSM.

Ek maak dalk 'n fout, maar as jy 'n 150gr Berger of 140gr Barnes met hom skiet, is sy BC beter as soortgelyke gewig in 7mm. Met 7mm moet jy gaan na 160gr om BC te klop, dan verloor jy weer spoed.

270wsm en skiet net 150gr koeel??

Re: Watter Kaliber?

Posted: Wed May 09, 2012 12:27 pm
by Johan JvR
Luwig, baie waar wat jy s? en ek geniet die bespreking baie.

Ek wil graag verduidelik hoe ek dink:  Ek soek na 'n kaliber wat 'n .277/.284 koe?l in gewig 140/150gr kan skiet teen ongeveer 3100fps met gemak(nie op maks druk nie), wat die minste terugskop het in sy klas en as fabrieks geweer in Suid Afrika beskikbaar is. Die geweer is hoofsaaklik vir jag (springbok en koedoe) tot op maks 300m. Hy moet egter die potensiaal h? om papier en gongs verder ook te kan skiet.

Ek herlaai self, so komponente is nie deel van die kriteria nie.

As mens kyk na Berger VLD hunting in .277, kan jy die 150gr koe?l met BC .531 gebruik, teenoor die .284 se 140gr met .510 (die volgende koe?l in 7mm is 168gr - meer terugskop en stadiger spoed)

Barnes se TSX in .277 met gewig 140gr, BC is .404 en in .284 is die BC .394. Jy gaan meer baat om met die Barnes eerder kaliber .284 in gewig 150gr (BC .408) te gebruik.

Nou die ander vrae - maak die BC ooit enige noemenswaardige verskil as jy net tot 300m wil skiet?

Watse gewere is tans op die mark beskikbaar? S&O het 'n paar 270wsm's op die rak, geen 7mmWSM nie.

Ek self het 'n 300winMag, is ek nie beter af met 'n .270wsm as met 7mmWSM, omdat die 7mm heel waarskynlik eerder met 160gr koe?ls geskiet gaan word en nader aan die 300 is nie?

Iets wat ek egter nie presies seker is van nie, is die spoed wat beide kalibers skiet met al bg. koe?ls en hoeveel kruit elkeen vir elke koe?l benodig.

Ludwig ek sal dit vreeslik waardeer as jy dalk met q-load kan vergelyk hoeveel kruit die 270wsm benodig om 'n 140gr berger teen 3100fps te skiet en dan ook die 7mmwsm met Berger 140gr ook ongeveer 3100fps. (om terugskop te probeer bepaal, indien beide gewere dieselfde weeg)

groete

(Askies Hennie as ek jou thread hi-jack)

Re: Watter Kaliber?

Posted: Wed May 09, 2012 12:42 pm
by Johan JvR
Ek stem, vreeslik dankie !!  ;D

Hennie, as ek net 'n 375 gehad het sou my volgende geweer 'n 300wsm/winmag wees. Ek sou net Barnes 168gr TSX met hom skiet teen 3050fps.

Peter Flack het baie gaan jag met 'n 375/300 kombinasie en was baie suksesvol.

Re: Watter Kaliber?

Posted: Wed May 09, 2012 1:15 pm
by Geno
Hennie,
Hier is net die geweer vir jou!
http://www.sahuntingrifle.co.za/index.p ... 9&catid=49

Ruger MKII Varmint Target, 25-06Rem, met Terminator knaldemper. Aksie is gepak. Leupold VX3L 4.5-14x56 scope ingesluit. Soos 'n nuwe geweer. R 18000-

Re: Watter Kaliber?

Posted: Wed May 09, 2012 1:21 pm
by BLOK
Seker nou weer jou geweer wat jy wil verkoop Geno

Re: Watter Kaliber?

Posted: Wed May 09, 2012 1:26 pm
by Geno
Nope. Sal myne NOOIT smous nie!

Re: Watter Kaliber?

Posted: Wed May 09, 2012 1:46 pm
by Alvar
Ek sal se 270. Is nie so sensitief vir wind nie en skiet lekker plat.

Re: Watter Kaliber?

Posted: Thu May 10, 2012 5:39 pm
by Johan22
Ja jy vra nou 'n groot vraag. Watter kaliber? as jy wil ver skiet en lekker skiet praat die manne lof van die.223SSM hulle se dit is nou 'n wapen om mee reken te hou.

Groete Johan

Re: Watter Kaliber?

Posted: Thu May 10, 2012 7:27 pm
by Hein M.
Gerhard wrote: Nee man Hennie,

Wat is jou storie....

Kry nou vir jou n 30 06 en dan het jy klaar gekoop....

Gooi 150gr's teen 3050fps en jy hoev nie te stress oor wind op 300m nie...

Daai kop skoot storie van jou sal ek maar eers bietjie los. Veral op daai afstande wat jy noem.  :o  :o  :o

30 06 en die 375 en jy het meer as wat jy is reg vir die vlaktes en die bosveld....  ;)
;)

Goeie raad!  Veral die kopskote gedeelte..

Persoonlik sal ek 'n 7x64Bren aanskaf.  Ek is nie 'n groot 7mil fan nie, maar hierdie outjie is 'n uitsondering - en is al oor en oor bewys...

Sterkte met die besluit!

Hein

Re: Watter Kaliber?

Posted: Fri May 11, 2012 6:28 am
by obasch
Manne, lyk my Hennie soek 'n geweer waarvoor hy maklik ammo kan kry so los nou maar die WSM's en AI's. 'n 7x64 is al wat hy nodig het. Wees nou maar eerlik met mekaar, die gewone ou 308Win met 150 na 168gr koeels sal hom enige dag net so goed dien as 'n 243 of 270 vir die vlaktes. Op die winderige dae nog beter ook.

Re: Watter Kaliber?

Posted: Fri May 11, 2012 7:46 am
by Hartskoot Hennie
Die groot rede vir die kopskote ding is dat ek saam met my oom hulle al vir 'n hele paar jaar elke jaar gaan Blesbokke uitskiet, en die slaghuis waarvoor ons skiet aanvaar nie blad skote nie. So dis nie 'n nuwe ding vir my nie, ek doen dit al 'n geruime tyd. Die ding is ek gebruik altyd my oom se .308win maar ek soek my eie roer en dan natuurlik iets wat bietjie platter kan skiet...

Dankie vir al die opinies, ek lees lekker... Hehehehe!

Re: Watter Kaliber?

Posted: Sat May 12, 2012 6:20 pm
by velskoen
Ek dink 'n gewone .270 Win sal spot on wees.

Re: Watter Kaliber?

Posted: Sat May 12, 2012 7:02 pm
by Marc
Hennie OU MAAT,

Het jy toe nou al kon besluit watter roer gaan pas. Magtag ek is bly ek het nie die post begin nie, heheheheeee  ;D ;D ;D ;D

Hier is hoekom:

Danie01 - 7x64
Ludwig - 243, 25-06, 6.5x55, 6.5x284, 7x64, 280Rem, 7mmRM
Henk aka SVMad - 200gr GSCHP uit jou einste 375 {Goedkoopste opsie  ;D ;D ;D ;D}
Gerhard & Vlakvark1 - 30.06
Ek raai aan .338 om te pas by jou ander byters  8)
Frederik - 7mm08
Oom Pine & Velskoen - 270
Arnold - 7mm WSM
JohanJvR - 270 WSM, 300 WSM
Geno - 25-06Rem
Johan22 - 223SSM
HeinM - 7x64 Bren

Eish, watter een sal dit wees  ??? ??? ??? ??? ??? ??? ??? ??? ??? ???

Ek s? nogsteeds die 338 in savage, hy skop minder as 'n 308  8) BELOWE  ;D ;D ;D ;D ;D

Mooiloop
en my inige simpatie

Marc  ;D

Re: Watter Kaliber?

Posted: Sat May 12, 2012 7:30 pm
by vlakvark1
Marc, mooi opgesom hier bo ;) ja die keuses is baie ??? maar dit bly lekker om n nuwe geweer te kan vashou ;D
Sterkte Hennie

Re: Watter Kaliber?

Posted: Sat May 12, 2012 7:57 pm
by Hartskoot Hennie
Baie dankie vir al die raad! Ek het toe besluit dat ek vir my 'n .450 Rigby gaan laat bou...  ;D

Re: Watter Kaliber?

Posted: Sat May 12, 2012 8:41 pm
by Marc
Hartskoot Hennie wrote: Baie dankie vir al die raad! Ek het toe besluit dat ek vir my 'n .450 Rigby gaan laat bou...  ;D
Daar's hy, die ander helfte gaan maar moet bel? in maseer olie, vir haarself  ;D ;D ;D ;D ;D

Re: Watter Kaliber?

Posted: Sat May 12, 2012 10:34 pm
by Hein M.
Hartskoot Hennie wrote: Baie dankie vir al die raad! Ek het toe besluit dat ek vir my 'n .450 Rigby gaan laat bou...  ;D
???

Vir die 200m+ kopskote... ;D

Hein

Re: Watter Kaliber?

Posted: Sun May 13, 2012 2:05 pm
by Hartskoot Hennie
Hahahaha, nee ek grap darem net. Maar dit is ook in die pyplyn... ;D

Re: Watter Kaliber?

Posted: Sun May 13, 2012 6:41 pm
by Wouter Roets
Hallo Hennie

Laat ek ook maar iets byvoeg aangesien almal al hulle 2c ingegooi het. Vir n algemen beskikbare kaliber of jy nou herlaai of die fabrieks amunusie roete wil gaan, gaan jy sukkel om n 7mm Rem Mag te klop. Ek weet hier gaan n klomp manne wees wat se die 7x64 doen amper net so goed met minder kruit en recoil, maar dan se ek vir jou dis waar, maar die 7x64 kan nog steeds nie doen wat die 7mm Mag kan doen nie al wil hy. Recoil is in die 30-06 klas so dit behoort jou nie te pla nie en met n silencer is hy n sussie.

Dit is n kaliber wat uitblink aan die onderkant van die spekrum en sy man staan vir die groter goed. Akkuraadheid is geensins n probleem met die kaliber nie en daar is n magdom van keuses in koeels. Die meeste fabrikate bied die kaliber so die keuse is legio. As jy bietjie rondspeel met die kaliber sal jy sien dat hy n node(lees akurate spoed lewer) teen maksimum druk met die meeste koeel gewigte. Moet dit nie mis kyk nie want min kalibers kan dit se. Baie manne hier raak teoreties maar kan vir se uit ondervinding dat die kaliber ontsaglike satisfaksie bring vir n klomp fasette in die jagarena. Sterkte met jou keuse en dink sterk daaraan om n geweer te kies in die maak van jou huidge geweer. Dit skep dadelik vertroudheid en selfvertoue wat baie beteken in die jagveld.

Groetnis
Wouter

Re: Watter Kaliber?

Posted: Sun May 13, 2012 7:15 pm
by Hein M.
Wouter Roets wrote: Hallo Hennie

Laat ek ook maar iets byvoeg aangesien almal al hulle 2c ingegooi het. Vir n algemen beskikbare kaliber of jy nou herlaai of die fabrieks amunusie roete wil gaan, gaan jy sukkel om n 7mm Rem Mag te klop. Ek weet hier gaan n klomp manne wees wat se die 7x64 doen amper net so goed met minder kruit en recoil, maar dan se ek vir jou dis waar, maar doe 7x64 kan nog steeds nie doen wat die 7mm Mag kan doen nie al wil hy. Recoil is in die 30-06 klas so dit behoort jou nie te pla nie en met n silencer is hy n sussie.

Dit is n kaliber wat uitblink aan die onderkant van die spekrum en sy man staan vir die groter goed. Akkuraadheid is geensins n probleem met die kaliber nie en daar is n magdom van keuses in koeels. Die meeste fabrikate bied die kaliber so die keuse is legio. As jy bietjie rondspeel met die kaliber sal jy sien dat hy n node(lees akurate spoed lewer) teen maksimum druk met die meeste koeel gewigte. Moet dit nie mis kyk nie want min kalibers kan dit se. Baie manne hier raak teoreties maar kan vir se uit ondervinding dat die kaliber ontsaglike satisfaksie bring vir n klomp fasette in die jagerena. Sterkte met jou keuse en dink sterk daaraan om n geweer te kies in die maak van jou huidge geweer. Dit skep dadelik vertroudheid en selfvertoue wat baie beteken in die jagveld.

Groetnis
Wouter
Wouter,

Ek is baie lief vir die 7mm Rem Mag.  Ek het al spesiale geleenteden met hierdie kaliber gedeel.

Die terugskop en looplewe is dalk? 'n faktor...  Dit bly egter 'n goeie keuse!

Hein

Re: Watter Kaliber?

Posted: Sun May 13, 2012 7:30 pm
by Wouter Roets
Hallo Hein/Manne

Hennie skiet met n 375 so ek glo recoil gaan nie te veel pla nie. In elk geval is daar heelwat wat gedoen kan word om dit te tem. Pachmayer Decelerator pad+kwikstaaf+silencer en die persoon wat nog steeds sukkel moet maar liewer vir hom iets anders kry om te doen met sy tyd. ;D Loopleeftyd is over-rated as dit kom by n jaggewere. Gaan lees onder Arnold se post oor loopleeftyd om n meer realistiese prent daaroor te kry. Kom ons wees nou eerlik, gaan n mens eerder een kaliber kies bo die ander een wat heelwat opgee in terme van trajek, doodmaakvermoe en dies meer oor n honderd skote meer uit die loop?

Die 7mm Rem Mag het dalk nie die beste reputasie onder Suid Afrikaners nie maar dit het groetendeels te doen oor manne skiet met fabrieks amunusie soos PMP. Gin wonder dan dat mense hom afmaak as n meat master nie. Dit is n premuim koeel kaliber by uitstek en dit slaan my altyd stom dat mense n high performance kar koop en retreads op hulle sit en dan wil kla oor die kar se verrigting wat teleurstel! Hein hierdie is geensins gerig op jou nie, maar sommer so skoot in die algemeen. :laugh:

Groetnis
Wout

Re: Watter Kaliber?

Posted: Tue May 15, 2012 10:29 am
by SmitH
Ek plaas die vraag sommer hier aangesien dit dieselfde topic is my skoonseun het so twee weke trug sy eerste bok geskiet en nou wil hy vir hom ook n wapen koop aangesien dit sy enigste wapen sal wees tot hy eendag sy pa se 243 sal erf enige voorstelle sal wardeer word


[img width=560 height=420]http://i1129.photobucket.com/albums/m50 ... 012117.jpg[/img]

Groete
SmitH

Re: Watter Kaliber?

Posted: Tue May 15, 2012 10:51 am
by BLOK
Smith

Ek sou se n 30-06, saam met die 243 het hy omtrent alle senarios dan gedek, behalwe die groot 5