Re: Eland Boog jag
Posted: Tue May 08, 2012 9:01 am
Manne, glo my as ek se dat die vraag oor uit 'n hide jag eties vs oneties is, is al baie bespreek op ander forums. Dit gaan oor elke persoon en sy vaardighede en of jy kan saamleef met dit.
Zack se 'n baie waar ding, boog jag vat baie meer dedication en dissipline as geweer jag. Die boogjagter moet amper elke dag oefen en seker maak sy pyle slaan vas waar hy mik. moet werk aan vorm en ankerpunte ens. As dit reg is sit hy broadheads (lemme) op en dan moet hulle weer getune word tot waar hulle vasslaan waar jy mik. Ek oefen op 50yards, sodat ek 'n gemaklike skoot kan skiet op 30yards. Ek kan sonder moeite 5 pyle in 'n piering groote sirkel sit op 50yards, maar as daai bok staan op 30yards, is dit bitter moeilik om daai pennetjie stil te hou op die killzone agv adrenalien ens.
Hoeveel van die geweerjagters wat jy ken of self skiet, oefen elke dag, al is dit net 4-5 skote? Bitter min, maar dis my opinie.
Jag is deesdae 'n besigheid, en ek weet as ek op 'n plaas kom wil ek graag 'n bok met my boog oes. Sal ek begin stalk as ek nog groen agter die ore is? Nee, want ek weet nie wat ek doen nie en die kans dat ek 'n bok gaan skiet is bitter skraal. Ek gaan gefrustreerd raak en jag ens afmaak as bog en dan verloor di ebedryf 'n potensiele jagter, net omdat mense vir hom gese het dis oneties om uit 'n hide te skiet.
Maar as ek 'n vir paar dae in 'n hide sit en 'n bok skiet, dan sal ek altyd 'n jagter wees en terugkom om nog te jag, en so hou ons die jag-ekonomie gesond.
Ek love dit om 'n in hide te sit, dit is daar waar dit stil is en ek met God kan praat ek kop kan skoonmaak en perspektief weer kry.
Oor oneties ens.
Diere het ongelooflike baie goeie reuk en sig en gehoor sintuie. As mens net 'n sagte poep gee in die hide ruik hulle jou en hardloop, jy moet absoluut stil wees daar binne. Weet jy hoe moeilik is dit om stil jou boog afte haal ens terwyl die bok 20m van jou staan en dit voel asof jou hart uit jou bors gaan klim? Dis bitter moeilik, maar mens moet dit so doen anders kan die bok jou HOOR of SIEN en dan weghol.
Dink jy dit is eties om 'n bok op 100-300m te skiet, waar hy nie eers weet van jou nie? Hy het jou nog nie eers gesien nie, en jy skiet hom? Ek dink dit is oneties, as jy dan moet, bekruip die bok tot op ten minste 80yards en skiet hom dan.
oor bloedvloei ens
Pyle word gemaak om bokke te SNY sodat hulle bloei. Dus 'n bok gaan dood agv bloedverlies. Pyle is nie sterk genoeg om bene af te skiet of kop skote te vat nie, en dit is bitter riskant. So hoekom moan julle as julle n bok sien bloed gooi. In my opinie, hoe meer bloed 'n bok gooi hom vinniger gaan hy val. Weereens, 'n pyl SNY en die bok weet nie eers van die pyl wat hom getref het nie, hy hardloop net en val dan neer agv bloedverlies. Mens kan dit nie met 'n geweer vergelyk waar jy gaan vir kopskote en jy die voorbene afskiet nie. Want skiet jy die voorbene af is daardie bok baie keer nog nie dood nie, hy le daar en versmoor in sy eie bloed. Hoeveel keer word horings en kakebene afgeskiet omdat die geweer skut dink hy is die beste, maar nie baie skiet met sy geweer nie?
Boogjagters wag so 'n paar minute voor hulle uit 'n hide kom, om die dier rustig kans te gee om dood te gaan. Dis 'n teken van respek dink ek. Is daar enige geweer jagters wat eers 'n paar minute wag, of hardloop almal dadelik na die dier toe om die horings te gryp?
Hoeveel geweerjagters bestudeer (en nou vra ek hoeveel het al actual prente gesien van bokke waar die organe en bene sit ens) die anatomie van die bok wat hy wil gaan jag? Bittermin weereens in my opinie, want die koeel wat jy het kan mos enigiets deurdring. So dis reg as jy die bene afskiet maar die vitals mis? Boogjagters bestudeer elke anatomie en weet presies waar sit die skouerbene ens sodat hulle die pyl in die vital triangle kan sit. Myns insiens is meer boogjagters beter voorbereid as hulle gaan jag as geweerjagters, maar dis net my opinie..
Dus, om op te som, daar is plek vir altwee, moet nie die een afkraak as jy nog nooit 'n skoot geskiet het hetsy met boog of geweer nie. Daar is cowboys daar buite met boog en gewere, maar dis ons verantwoordelikheid om hulle te leer. Ja, die BH wat op die eland gebruik was, was nie ideaal nie, maar hy het nogsteeds sy werk gedoen deur te penetreer tot in die vital area waar die bloed uitpomp.
Net my 2 sente