Page 2 of 3

Re: Vreemde jagters

Posted: Thu May 24, 2012 8:45 pm
by Kockp1
"Die 80-20 beginsel geld weereens 20% manne neuk alles op vir 80% van ons jagters."

Dit is maar altyd die geval as jy met mense te doen het.  Ek is nog net 'n jagter en jag al sedert 2003 ernstig maar het al agtergekom as daar een van die 20% manne voor my daar was, en ek kan dit heeltemal verstaan veral as jy op die volgende afkom:

* Pragtige pool tafel gebrand met sigarette en twee van die sakkies hang op een skroefie.
* Glas blad in die yskas is gekraak en met 'n melk boksie gestut om dit te verdoesel.
* Bierblik agter 'n blompot ingedruk omdat die idioot te lui was om hom in een van die drie asblikke te gooi.
* Eetgerei verkleur van brand in die vlamme.

Ek is partykeer verstom as ek sien hoe 'n "jagter" skielik kan ontaard in 'n onopgevoede barbaar met geen agting vir 'n ander se huis, eiendom, natuur of die voorreg om deel te kan wees met die skepping nie.  So ek het reeds my eie roetine ontwikkel om eienaars gerus te kan stel dat ek een vandie 80% is en poog om in die top 10% te bly.

Wanneer julle weer besoekers ontvang en hulle vra nie vir aanwysings na een/almal van die volgende nie, is moeilikheid dalk net een treetjie weg:

* Waar kan ons die wapens veilig bere - of gaan hulle die sak op die bank neergooi terwyl die drank afgelaai word?
* Is daar 'n kaart van die plaas - of gaan ons later die gids blameer wanneer jou pel se skoot hier by jou fluit?
* Waar is die skietbaan - of gaan ons die geweer blameer wanneer die derde bok gekwes aan die jakkalse oorgelaat word?
* Watter wild wil jy graag laat skiet/nie laat skiet nie - of het ons geen agting vir die volhoubaarheid van spesies nie?
* Hoe ver is die wapens vry grens om die woonplek - of gaan ons met gelaaide wapens tussen die volk rondloop?

Jag is nie 'n goedkoop speletjie nie en die van ons wat bevoorreg is om nog hierdie besonderse deel van ons kultuur te kan ervaar en geniet moet dit bewaar anders sal dit soos die res van ons land se uitdagings onbekostigbaar verdwyn.

En wanneer jy in harmonie met die eienaar, reels, omgewing en jou roer is kan daar mos geen beter ervaring wees nie en almal het baat by die ondervinding.

Ek loof julle wat met deernis dit vir ons moontlik maak en koester self na so 'n plasie wanneer ek klaar is met die beton oerwoud.

Dankie manne.

Re: Vreemde jagters

Posted: Fri May 25, 2012 12:32 pm
by Frikkie Coetzee
Ps. Groete aan die Vanrensburgs, nou die by Porkie verby en die bek is dik, ouens glo heeldag weer gesukkel om bokdood te kry.
[/quote]

Ek skiet more by by sy Pa patryse. Kan nie wag nie. My pointer wat ek op Jaracal raakgeloop het werk regtig mooi.

Vir Porkie gese hy moet volgende naweek saam plaas toe. Ek wil sy Pa vat om n Swartwildebees te skiet. Die Oom loop nie meer lekker nie en ek het klompie makkes.

As jy weer so sukkel met doppe wat vassit se net, ek het n ou skewe handboor. ;D

O ja ek het vergeet van die ou wat my gevloek het op my broer se grond toe ek hulle vra om mooi te kyk  waar almal sit want by die een ou het daar koels hoorboor bo oor gefluit. ( die ou was in n klofie en veilig maar dit is nie die punt nie)

Groete en mooiskiet.

Frikkie

Re: Vreemde jagters

Posted: Fri May 25, 2012 2:17 pm
by tafjak
Frikkie

As ek net geweet het van die "ou skewe handboor"! :D

Mooiloop

Re: Vreemde jagters

Posted: Wed May 30, 2012 2:05 pm
by DieLem
Middag Manne

Ek moet s? ek geniet die onderwerp.

Ek is nie 'n grondeienaar nie so ek kan nie uit daai oogpunt saam praat nie, maar ek as jagter moet ek s? is die een ding wat vir my uitstaan as dit by jagters trots en tradisie kom, is dit hoe 'n persoon hom self in die veld handhaaf.En dan daar volgens kan jy beskou word as 'n jagter of nie.Ek dink meeste jagters is trotser op die manier hoe hy homself handhaaf in die veld en by die kamp as die tipe skote en diere wat hy skiet.

Jagters etiket en huismaniere loop vir hand aan hand.Ek lees van ouens wat nie blikkies weggooi nie en sulke basiese maniere wat vergete raak as ouens jagveld toe gaan.Hoekom is dit dat ouens hulle maniere by die huis los as hulle jagveld toe gaan?

Dan my laaste punt en ek moet onverskoning as ek bietjie veralgemeen, maar ek kan nie verstaan dat party ouens se uitgangs by jag is dat hulle die boer 'n m__rse guns om by hom te kom jag nie.

Dis nie jou grond nie so respekteer die grond waarop jy jag en so ook alles daarop.

Groetnis

Lem

Re: Vreemde jagters

Posted: Mon Jul 09, 2012 8:02 pm
by johnny
ja manne daar sal maar altyd die ouens wees wat n kans vat, skiet nie gewere in nie en oefen  nie, en die boer laat ook nie inskiet nie want daar was nie tyd nie etc, boer moet seker maak jagter kan ten minste n springbok blad met drie skote oor skietstok raakskiet op 100 meter. dis jagter en boer se veratwoordelikheid om te verseker persone wat saam is ten minste wapenveiligheid kan toepas, n vrywarings vorm is kritiek, het n klompie jaar terug n pel gehad wat nie sy pelle wou laat vrywaring teken  nie, toe val persoon van bakkie af toe ry pappie vir pel tot in hof dat hy nou nog afbetaal.

Re: Vreemde jagters

Posted: Mon Jul 09, 2012 9:18 pm
by molopohunter
Hou baie van die topic.
Het van die jaar af weer "vreemde jagters" begin in neem, en sal nie maklik weer nie. Kan wel se die forum manne hier was almal droom jagters. Wag vir nog so 2 goepe en nog darem net goeie goed gehoor van die manne wat van die forum hulle jagte bespreek het.
Volgende jaar net buitelanders, slegs lede van n vereeniging...en jaracal manne. As ek nie die man ken nie...soek asb eerder ander plek.
As n man vra of kan hy n geweer huur, dan se ek klaar, ons is vol. Het laas week n man hier gehad wat nie n A4 paier op 100m kon skiet nie, en hy moes geweer wegsit, toe ons by gemmies kom skreeu hy...ek het n oop skoot links...ek moes keer en het gese hy skiet nie voor hy die teiken darem op long/ hart grote konstant kon skiet nie. Dieselfde groep het n koedoe op 50m gekwes en sy woorde "soek hom maar en as julle hom kry sal ek geld oor betaal"...werk nie so nie...

Re: Vreemde jagters

Posted: Tue Jul 10, 2012 8:25 am
by matewis
Hi Molopo,

Ek ken glad nie die inbring van buitelanders-besigheid nie, maar sien jy wil volgende jaar slegs buitelanders en jaracal-manne inneem, aangesien jy nie weet wat jy kry met "vreemde jagters" nie. Is buitelanders ook nie maar vreemd nie? Of is daar sekere "checks" wat jy op hul sal doen voordat hy buitelanders inneem?

Groetnis

Re: Vreemde jagters

Posted: Tue Jul 10, 2012 8:51 am
by molopohunter
matewis wrote: Hi Molopo,

Ek ken glad nie die inbring van buitelanders-besigheid nie, maar sien jy wil volgende jaar slegs buitelanders en jaracal-manne inneem, aangesien jy nie weet wat jy kry met "vreemde jagters" nie. Is buitelanders ook nie maar vreemd nie? Of is daar sekere "checks" wat jy op hul sal doen voordat hy buitelanders inneem?

Groetnis
Dagse Matewis.

Nou juis gou met cobb oor die foon gesels oor die sakie. As ek stories moet begin post oor manne wat nie hulle jag ernstig opvat nie gaan ek n boek kan skryf. Kom ons se net 1 van die gevalle is waar ek amper die lewe verlaat het oor n kliente agter my wat met gelaaide geweer geloop het. Buitelanders spaar vir jare om te kom jag en is jou meer ernstige jagter in sy eie land, dis hoekom hy hier kom jag.
Die meeste van my jagters die jaar was lekker manne, maar n paar manne wat elke jaar op n ander plek moet jag, en verstaan hoekom hulle elke jaar moet skuif.
Dit gaan maar meer oor die feit dat ek geskrik het vir n paar manne.

Darem sal julle forum manne altyd welkom wees.

Groete,
Peet

Re: Vreemde jagters

Posted: Tue Jul 10, 2012 8:56 am
by matewis
Dankie Peet, ek stem saam dat die buitelander wat die moeite doen om al die pad te kom behoort (in meeste gevalle) gereed te wees en sal seker maak hy doen dinge reg.

Ek is net bang iemand wat nie lekker weet hoe dit werk nie sien jou post dat die dollars maar sal opmaak al mors die buitelander jou tyd, wat ek nie glo jou bedoeling was nie.

Ons het partykeer ons monde vol oor die buitelanders wat hier kom jag, maar ek dink ons kan 'n ding of twee by baie van hul leer.

Groetnis

Re: Vreemde jagters

Posted: Tue Jul 10, 2012 9:04 am
by molopohunter
Matewis, nee wat.
Dan is dit manne wat my nie ken nie. My pryse is baie goed en werk op dollars vir die buitelander.
Mens kan nooit jou biltong jagter weg gooi nie, hulle hou die pot aan die kook en is ook n baie gemaklike jagter.
Baie mense vra my hoekom ek voltyds jag, en nie bang die bedreif loop dood nie: Ek antwoord altyd: "baie manne sal vir sy vrou lieg en geld steel om te gaan jag, maar sal dit nooit doen om sy eie kar reg te maak nie." So, die bedreif is veilig.
Manne, sien die humor in my gesegde en moenie dit nou te ernstig opneem nie.

Groete,

Re: Vreemde jagters

Posted: Tue Jul 10, 2012 9:08 am
by matewis
;D

Neewat of ek kannie lieg nie of ek het net 'n skerp vroutjie, sy vang my gewoonlik uit! So ek s? sommer reguit wat ek met ons geld maak!

Maar ek stem heeltemal saam dat iemand nie jou tyd moet kom mors nie. As ek nie kan gholf speel nie moet ek ook nie verwag om by Fancourt of Sun City op te daag en 18 gaatjies te stap sonder om die ander manne bednrd te maak nie. Jy oefen en wanneer jy reg is boek jy jou rondte gholf. Tot dan is dit jy en die driving range.

Sterkte met die res van jou seisoen, mag jy slegs "ons dam se eende"-jagters ontvang!

Re: Vreemde jagters

Posted: Tue Jul 10, 2012 9:11 am
by molopohunter
Hehee, jy stel dit nou baie mooi daar.

Groete en mooi loop.

Re: Vreemde jagters

Posted: Sun Jul 15, 2012 6:46 pm
by Klaas de Jager
Ek sou s? vra die jagter/skut eerstens op watter afstand sy geweer ge-zero is.  Liefs 200 m, maar in geen geval minder as 100 m nie.  Laat hom dan 3 tot 5 skote op daardie afstand na 'n papierteiken skiet vanuit die posisie waaruit daardie dag geskiet gaan word - van 'n bakkie in die Kalahari, 'n skietstoel in die voorsit-Karoo, sittende, hurkende of staande met skietstokke in die Bosveld.  Nie minder as drie skote nie, want geen geweer skiet dieselfde met 'n koue skoon loop as 'n loop waardeur so pas 'n koe?l of twee deur is nie.  'n Groepering van maksimum 6 cm is aanvaarbaar.  Maar dan moet die groep darem min of meer in die middel van die teiken ook wees.  Indien nie, moet die teleskoop verstel word tot tevredenheid van die wildeienaar.  Jammer om so vol fiemies te wees, maar liewer genoeg tyd vooraf spandeer om seker te maak op watter afstand jy die jagter gaan laat skiet.  Almal het al mis of kwesskote geskiet, maar "prevention is better than cure", nie waar nie?

Groete

Klaas

Re: Vreemde jagters

Posted: Tue Jul 17, 2012 4:02 pm
by Renier
Hi Manne

Ons was so paar weke gelede naby Jagersfontein. Die boer vertel toe van "vreemde jagters" op sy buurman se plaas. Blykbaar was dit 'n klomp dokters wat kom jag het. Hulle laat weet toe die boer hulle soek 20 springbokke. Hulle het daar begin aan die drink raak en nie aan 'n geweer geraak nie, blykbaar vir 'n paar dae. Toe hulle tydjie aan 'n einde kom vra hulle vir die boer om hulle bokke te laai en daar vertrek hulle.

Die boer was gelukkig want sy kliente was tevrede en hy is ten volle betaal. Al wat dit hom gekos het was om self sy troppie springbokke uit te dun.

Groete

Renier

Re: Vreemde jagters

Posted: Tue Jul 17, 2012 4:43 pm
by Zack Benade
Hallo Klaas
n Groepering van maksimum 6 cm is aanvaarbaar.  Maar dan moet die groep darem min of meer in die middel van die teiken ook wees.
Die gemiddelde jagter wat die Bloemfontein Silhouette klub kom besoek sal beslis nie voldoen aan jou standaard nie.  Ek was jare Range Officer, Sekretaris en Voorsitter van die klub.
Die gemiddelde groepering is 2-3 en duim en groter op 100m van die bank af. Wat my bang maak is dat die skut nog tevere is met die groepering. ??? ??? ???
Daar is maar 'n handjie vol manne wat hulle groepering ernstig vat.  Naweek na naweek is hulle maar dieselfde klompie.

Groete
Zack

Re: Vreemde jagters

Posted: Tue Jul 17, 2012 5:48 pm
by tau
Renier wrote: Hi Manne

Ons was so paar weke gelede naby Jagersfontein. Die boer vertel toe van "vreemde jagters" op sy buurman se plaas. Blykbaar was dit 'n klomp dokters wat kom jag het. Hulle laat weet toe die boer hulle soek 20 springbokke. Hulle het daar begin aan die drink raak en nie aan 'n geweer geraak nie, blykbaar vir 'n paar dae. Toe hulle tydjie aan 'n einde kom vra hulle vir die boer om hulle bokke te laai en daar vertrek hulle.

Die boer was gelukkig want sy kliente was tevrede en hy is ten volle betaal. Al wat dit hom gekos het was om self sy troppie springbokke uit te dun.

Groete

Renier
Renier my beste skote op springbok gesien en self geskiet was so groep by skoonpa. Ek vat dit liewer so en hulle hou die gewere veilig as wat die manne in die veld wil drink. EN glo my daar is manne wat sal skelm drink. Eerder julle as ek ek sal nie met die vreemdes kan werk nie.

Re: Vreemde jagters

Posted: Tue Jul 17, 2012 8:51 pm
by Klaas de Jager
Naand Zack

Ja, dis werklik ontstellend dat so baie sogenaamde jagters nie eers op 100 m van die skietbank af 'n aanvaarbare groepering kan skiet nie.  En dit terwyl daar geen druk of haas by betrokke is nie.  Wat nog daarvan wanneer daar vinnig geskiet moet word na 'n klein lewendige dier soos 'n springbok op 250 m, en die adrenalien loop hoog! 

En as die wildeienaar dan nie wil toelaat dat die manne veld toe gaan nie, is hy die vark in die verhaal! 

Uiteraard moet daar volprys betaal word wanneer 'n bok gekwes word (sommige vra dit ook vir elke skoot wat afgetrek word), maar dit gaan nie net oor die geld nie - die dier moet te alle eerbiedig word.

Ek gaan die naweek in die diep Kalahari (die Molopo-rivier vorm die grens tussen die plaas en Botswana) springbok skiet.  Hou duim vas vir die weer!

Ons praat weer.

Klaas

Re: Vreemde jagters

Posted: Tue Jul 17, 2012 9:00 pm
by Zack Benade
Hallo Klaas

Ek hoop jy gaan jou jag geniet.  Springbok jag is een van die lekkerste jagte.  "n Lewertjie en 'n bietjie potbrood. :angel: :angel:
Moet nie bekommerd wees oor die weer nie.  So twee naweke terug het ek en 'n vriend in die koue gaan springbok en blesbok jag.  Na 'n ruk het dit begin reen maar alles was nog lekker.
Dis hierdie skiete wat jy altyd sal onthou.

My pa het ook 'n blesbok geskiet.  Hy is nou 72 en nog vol spoed.  Hy glo in sy 30-06 en het sy blesbok met 'n mooi nek skoot platgetrek.  Ek is trots op hom. :angel: :angel:

Watter geweertjie vat jy saam?

Re: Vreemde jagters

Posted: Tue Jul 17, 2012 9:02 pm
by Klaas de Jager
Vriende

Ek kan ten enemaal nie verstaan waarom sommige "jagters"(?) wil suip tydens 'n jagtog nie.  Jag is duur en drank is duur.  Is dit dan nie goedkoper om by jou huis te drink as om baie kilometers te ry om kwaai dop te maak nie?  Of is dit 'n kwessie van bang vir die mammas? 

My vrou gaan ook meestal saam op my jagtogte en geniet dit baie.  Ek het niks om vir haar weg te steek nie - of sy by is, of nie! Ek vat ook 'n biertjie en 'n paar wyne wanneer die dag se jag verby is en ons almal om die braaivleisvuur sit en oordenking en nabetragting hou. 

Hou ons jagters se naam hoog, manne!

Klaas

Re: Vreemde jagters

Posted: Tue Jul 17, 2012 9:07 pm
by Klaas de Jager
Zack

Ek vat die 25.06 (Musgrave 200) saam vir die springbokkies - 'n beproefde geweer en 'n trougeskenk deur my bruid van weleer.  Sy gaan ook saam en sien dikwels die wild eerste!


Jy is uitermate bevoorreg om nog jou vader te h? - wat nog te s? om saam te jag!

Mooi bly

Klaas

Re: Vreemde jagters

Posted: Wed Jul 18, 2012 12:13 pm
by NicoSmit
Ek het so paar jaar terug 'n onderonsie met 'n goeie p?l gehad agv drank . Hy het so pas sy geweer gekry en het gesoebat om saam te kom . Sommer met die intrap slag was die moere gekoer toe hy op die plaas aankom met 'n bakkie vol le? bierblikke en so slim soos 'n kas bobbejaan . Kyk ek is ook lief vir my bier maar hel nie as jy die eerste keer saam mense gaan nie .  Die volgende oggend was die man maar baie bleek om die kiewe gewees en het omtrent die hele tenk water uitgedrink voor hy veld toe is . Die cherry op die koek was toe ons vir die middag sessie opklim op die bakkie .die knaap wou op die bakkie klim met 'n bier in die hand .Dis toe ek my toys uit die kot gooi . Na ek my bors skoon gemaak het (kyk toe was ek nou al mooi gatvol om vir die man op te kom ....immers ek het hom dan saam genooi en die ander jag pelle het al onderlangs na my begin loer oor hoe ek die "hooligan kon saam nooi)  en die boer die man vertel wat hy met sy bier moet maak het  ek en die gids sommer van die kamp af hakke begin klap jagkamp toe, dit was seker so 2km se stap . Kyk want 'n patroon en 'n bier meng nie en ek klim nie op 'n bakkie vol gewere en drank nie Toe ek laat middag en amper donker by die kamp opdaag was die man se bed leeg gewees en het die boer die man sy marching orders gegee . Gelukkig het die boer ons geken en nie een van ons het so iets al van tevore gedoen nie en sou ook nie .Die boer kon ons almal van die plaas gejaag het oor een man se stront .Na die episode het ek maar min van my "p?l gesien net so in die verby ry gesien wonder waar is hy.

Re: Vreemde jagters

Posted: Tue Mar 26, 2013 3:13 pm
by Jake1
mens kry ook plaaseienaars wat dink hulle doen jou 'n moerse guns dat jy daar gaan jag. Mens is partykeer ook nie lus dat die eienaar die hele aand by jou kom sit en stront praat nie. Ek het al ph's of eienaars gehad wat saamloop en sommer voor loop......... Ek soek 'n ou wat my kan kalmeer en rustig op 'n bok kan sit. Ek wou eendag 'n rooibok skiet en het 'n ou gehad wat gese het ek moet skiet, toe sien ek dis 'n rooihartbees.......... Mens moet hare op jou tanne he met jagters hulle betaal jou immers,maar jag en drank gaan nie saam nie ek stem. Besef voor die tyd die ouens is in 'n vakansie bui en hulle gaan jou omkrap, as jy dit nie kan hanteer nie moenie jagters kry nie. As jy geirriteerd raak met jagters in die veld wat nie die bok raaksien nie of te lank vat om te skiet is jy nie 'n ph se gat werd nie!

Een van my pels was op 'n jagtog waar die eienaar en sy seun heeltyd saamgeloop het- ek dink dis uiters irriterend, hulle het tot vir hom gese "skiet skiet!" toe hulle die bok kry. Ek skiet meestal op familie en vriende se plase en verkies om stoksiel alleen te jag, en ek het nog nooit 'n bok verloor nie.

Re: Vreemde jagters

Posted: Tue Mar 26, 2013 3:55 pm
by NEGE3
Ek dink die boer is ook geregtig indien 'n jagter of groep die eerste keer by hom bespreek om hulle te vra vir verwysings waar hulle al gejag het en dit op te volg.
My ondervinding van sogenaamde jagters wat die grootste kopsere veroorsaak is die sogenaamde korporatiewe groepe waar die jagters nie vir hulle eie wild betaal nie maar die maatskappy die hele rekening dra asook die verversings voorsien. Net 'n idee.
Groetnis.

Re: Vreemde jagters

Posted: Wed Mar 27, 2013 8:39 am
by kwagga_1
Ai, dis so jammer dat daar ouens is wat dit moeilik maak vir ons wat ernstig is oor jag en ook oor bewaring van die natuur en die wild. Ek het verlede jaar op 'n plaas gejag waar die boer ons vertel het van 'n man wat kom Eland jag het, en toe die stoet Brahman bul geskiet het.... Op daai einste jag kwes ek toe mos 'n bok, maar ek het self agter hom aangehardloop en hom so uur later gekry.

Ons gaan hierdie jaar weer op daai plaas jag, vat skoonpa en sy broer want hulle het net 'n klomp dogters en ek is die enigste skoonseun 8) Die trippie is eers in Mei, maar beide omies kom skiet saam op die baan sodat ons kan oefen nog voor ons op die plaas kom.

Ek dink dit moet regtig baie moeilik wees vir boere om uit te maak wie "ordentlike" jagters is, en wie nie. Ek sit ordentlik in aanhalingstekens omdat ek bedoel ouens wat die boer en sy eiendom respekteer, eties jag, ens. Ek het nou al vrede gemaak dat mens partymaal bietjie stief gaan behandel word wanneer jy die eerste keer op 'n plaas kom, al wat jy kan doen is om aan die boer / PH te bewys dat jy nie deel is van die 20% ongepoetste manne nie

Re: Vreemde jagters

Posted: Wed Mar 27, 2013 9:42 am
by smitjs
Laat ons hoor wat is die opinies omtrent kwesbokke.
My opinie is dat die plig is van enigeen wat 'n kwesbok sien om die bok neer te sit indien moontlik.
Dan het die een wat die bok neergesit het, die eerste keuse om die bok te koop of nie, daar is geen verpligting nie.
Indien bekend wie, is die een wie die bok gekwes het, verantwoordelik vir die koste van die bok tensy die een wat die bok neergesit het, dit koop.
Hierdie situasie het al warm argumente uitgelok.