Page 2 of 2

Re: R1 (7.62mm Nato) ammunisie in .308Win

Posted: Mon Feb 22, 2010 3:10 pm
by Janjak
Insiggewend
Ek het vir n oomblik gedink die hoort onder droogmaak......
"Strontium Nipraat"

Re: R1 (7.62mm Nato) ammunisie in .308Win

Posted: Mon Feb 22, 2010 3:26 pm
by Louis Kriel
Ek wil nou nie strontium praat nie maar ek dink nie ons Weermag patrone het daai strontium in nie! ;D

Re: R1 (7.62mm Nato) ammunisie in .308Win

Posted: Tue Feb 23, 2010 3:28 pm
by Hein M.
Janjak wrote: Insiggewend
Ek het vir n oomblik gedink die hoort onder droogmaak......
"Strontium Nipraat"

Daar is soms - hier op die forum - ouens wat hierdie chemiese stof as brandstof gebruik ;D 

Re: R1 (7.62mm Nato) ammunisie in .308Win

Posted: Tue Feb 23, 2010 4:12 pm
by Brno308 jagter
Hein

Ek reken meeste van die " Strontium Nitpraat" reaksie word veroorsaak as daai baie gevaarlike mensel van brandewyn en coke gemeng word..  ;D

Re: R1 (7.62mm Nato) ammunisie in .308Win

Posted: Tue Feb 23, 2010 4:38 pm
by Wielie Waps
Dalk moet ons vir Malema 'n inspuiting daarvan laat kry.

Re: R1 (7.62mm Nato) ammunisie in .308Win

Posted: Tue Feb 23, 2010 8:49 pm
by Hein M.
;D ;D ;D

Re: R1 (7.62mm Nato) ammunisie in .308Win

Posted: Wed Feb 24, 2010 8:20 am
by Brno308 jagter
Wielie

Ek reken hy maak sy eie mengsel van daai 'Strontium Praat" hy sal net die kosbare lawaaiwater mors.!

Dink net hoe gaan hy dan geraas maak as hy een van daai inspuitings kry... ;D

Re: R1 (7.62mm Nato) ammunisie in .308Win

Posted: Wed Feb 24, 2010 8:22 am
by KSV
Bietjie 'Strontium Praat'

222 pas bietjie van daai bokse hier?

KSV Groete
Hein

Re: R1 (7.62mm Nato) ammunisie in .308Win

Posted: Wed Feb 24, 2010 9:10 am
by theterminator
ek dink hy het in 'n drom van daai goed geval toe hy klein was
;D ;D ;D ;D ;D ;D

Re: R1 (7.62mm Nato) ammunisie in .308Win

Posted: Thu Jul 01, 2010 8:24 am
by arjelou06
This was a very useful and informative post to me. Yeah, I also agree in that matter, the government should do something about that. Hope there will be a new invention for the Police gadgets in securing our safety.

Re: R1 (7.62mm Nato) ammunisie in .308Win

Posted: Thu Jul 01, 2010 3:44 pm
by Janjak
Net so terloops.
Ek het so rukkie terug n paar 7.62 patrone by n oom gekry om te toets op my Sako 308.
Hulle het n pers ring om die primer en daars n klein "B" na die kaliber.
Daai goed skiet wraggies mooi. Groep was onder 20mm.
Die oom se vorige loop (n Musgrave) het ook blykbaar mooi gewerk met daai Magnus voorraad.
Sy nuwe loop is n Truvelo en hy skiet hulle so-so.

Re: R1 (7.62mm Nato) ammunisie in .308Win

Posted: Fri Jul 02, 2010 12:28 pm
by Louis Kriel
Janjak wrote: Net so terloops.
Ek het so rukkie terug n paar 7.62 patrone by n oom gekry om te toets op my Sako 308.
Hulle het n pers ring om die primer en daars n klein "B" na die kaliber.
Daai goed skiet wraggies mooi. Groep was onder 20mm.
Die oom se vorige loop (n Musgrave) het ook blykbaar mooi gewerk met daai Magnus voorraad.
Sy nuwe loop is n Truvelo en hy skiet hulle so-so.
Ek weet my oom op Kakamas het altyd van die gewone rondtes en die Bisley rondtes gepraat. Lyk presies dieselfde maar die pers ink patrone skiet reguiter!

Re: R1 (7.62mm Nato) ammunisie in .308Win

Posted: Fri Jul 02, 2010 1:48 pm
by Geno
As enigiemand van R1 rondtes wil ontslae raak, praat maar, ek sal hul vat!

Groete,
Eugene

Re: R1 (7.62mm Nato) ammunisie in .308Win

Posted: Fri Jul 09, 2010 5:27 pm
by 300 Holland
EK het gister n Magnum tydskrif gelees van 1993 waar hulle toevallig oor die 7.62 skryf.Hulle skryf daar dat die meeste 7.62 rontes wat vir millitere gewere soos die R1 gebruik is in Amerika vervaardig is en dat die rontes nie baie stabiel was nie .Die nekke het glo gekraak of gebreek of die doppe het heeltemal geskeer. OP een van die oorspronklike pakkies ,staan daar ,dat dit nie in n outomatiese geweer wat met n belt voer gebruik mag word nie.

Hulle skryf ook dat die skyfskiet manne net SA rontes gebruik het wat deur PMP vervaardig is , of dit toe al die palmar doppe en palmar punte (155 gr ) was weet ek nie , maar as dit was dan was dit uitstekende
ammunisie,  want daardie kombenasie in n Littelton RSA werk @##$% goed

300 Holland ;D

Re: R1 (7.62mm Nato) ammunisie in .308Win

Posted: Tue Jul 20, 2010 6:02 pm
by hagar
Brno308 jagter wrote: Ek het by 'n vriend 'n tracer gekry vir 'n R1, het enige van julle dalk al so patroon geskiet in 'n 308 Win net vir interessantheid onthalwe.?

Daar is baie mites oor die R1 maar een van dit is dat daai staalpunt regdeur 'n treinspoor kon skiet.? Kan enige van julle die mite bevestig.?
As jy die punt omdraai skiet hy deur n treinspoor. Dit is iets wat ek self gedoen het, nie stories wat ek hoor by Jan Piet nie. Skiet hom met die skerp punt voor en hy maak net n duikie. My neef in Rhodesie het vir my in 1977 n klomp armor piercing incendiary AK47 patrone gegee, ek het die punte getrek en in my R1 gelaai, en daai goed het deur enige iets geskiet, tot die militere staalplate wat 1/2 duim regte armor gehad het.

Die tracers begin eers brand so 100 tree uit die loop uit, hulle maak nie jou loop vuiler as enige ander patroon nie. Die 7,62X51 het minder druk as die 308 Winchester, maar die kopspasie is effens groter en in sekere gewere met "tigh headspace" mag jy probleme optel. In die algemeen kan jy enige 308 in n 7.62 skiet en andersom, maar dit is nie waar vir die 223 en 5.56X45 nie. Die militere patroon is heelwat warmder, en ek het amper my splinternuwe Remington 223 VS opgeblaas deur militere patrone in hom te skiet.

Re: R1 (7.62mm Nato) ammunisie in .308Win

Posted: Wed Jul 21, 2010 8:59 am
by Piet Breedt
Ek het duisende .223 Magnusse in my Sako .223 geskiet oor die jare. Sy loop is onlangs vervang met n nuwe Sako loop, maar hy sal nooit weer .223 magnus ammo te ete kry nie, bloot net omdat ek hom nou nurse.

Re: R1 (7.62mm Nato) ammunisie in .308Win

Posted: Sat Sep 11, 2010 6:57 pm
by Christo
Kry die stuk op Gunsite, gepost deur KHUMBA

http://www.gunsite.co.za/forums/showthread.php?10228-Ammo-for-LM6-amp-FN/page2

http://www.303british.com/id36.html

KYK SPESIFIEK OP DIE 303 LINK. DIT ANTWOORD MEESTE VAN ONS VRAE