Bietjie raad nodig

User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Bietjie raad nodig

Post by SV MAD (Henk) »

Baie geluk! HOYT is baie goed, en jy sal definitief nie fout gaan met die XT nie. Jy sal nog vir jare baie lekker methom skiet.

Ek voel my Maxxis is nou eers n jaar oud en hy begin nou eers lekker settle! Man, ek is so jaloers op jou nuwe boog!
ek soek nog wapens...
User avatar
Musketeer
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 73
Joined: Sun Apr 01, 2012 6:59 pm

Re: Bietjie raad nodig

Post by Musketeer »

Dankie Henk,

Ek herdloop elke dag soos 'n skooljind voor kersfees rond, ek kan nie meer wag nie.

Sal fotos op sit as ek hom het en dan sal hierdie beginner maar moet oefen.

Dankie vir al jou hulp en raad.
Groetnis,
Peet

Hoyt Rampage XT
Savage 30.06
Harrington and Richardson 12BR
User avatar
Musketeer
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 73
Joined: Sun Apr 01, 2012 6:59 pm

Re: Bietjie raad nodig

Post by Musketeer »

More Manne,

Ek vra sommer die vragie hier aangesien ek nou nie die seksie wil clogg met 'n klomp nuwe topics nie.

Nadat ek my Rampage gekry het, het ek seker al 24 spoedkaartjies gekry soos ek huis toe jaag om in die laaste lig gou paar pyle te trek. Ek is nou stadig maar seker besig om my "kit" op te bou en het die volgende vragies:

1. Watter koker werk die beste? Die een wat jy aan die boog vas maak of die een wat jy aan jou heup dra?

2. Ek het 'n gemsbok vel wat ek 'n sak van wil maak vir die boog en het gewonder of hier dalk iemand is wat die gereedskap het om so iets te doen of wat my dalk kan verwys na iemand wat dit kan doen.

Groetnis,

Peet
Groetnis,
Peet

Hoyt Rampage XT
Savage 30.06
Harrington and Richardson 12BR
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Bietjie raad nodig

Post by SV MAD (Henk) »

Hi Peet.

Ek kan jou ongelukkig nie help oor die gemsbok vel idee nie, maar dink dit sal mooi wees.

Oor die koker kan ek dit vir jou se:

As jy gaan walk en stalk sal die een wat jy aan jou boog vasmaak beste wees sodat hy uit die pad is. As jy wel uit blinds gaan skiet en vir oefen by die huis, werk die heup koker die beste.



Ek het so 'n ou gaar koker gekry by my broer wat hy op so boog gehad het. Ek persoonlik is nie baie gek oor 'n koker op my boog nie, onnodige gewig wat balans versteur. So as ek gaan jag en in die blind sit, sit ek my pyle met BH's in hom binne in my rugsakkie, kom die bok haal ek pyl uit en hy hoes.

vir net lekker skiet by die huis met FP's of as jy dalk n kompetisie wil skiet, werk die een op die heup baie lekker, jy kan jou pyle vinnig uithaal en dit pla nie balans van boog nie. as jy pyle ook trek sit hulle net terug in koker en jy is gesort.

Onthou net, as jy met koker wat aan boog vaskom besluit, oefen met hom ook aan sodat jy gewoond raak aan hom voor jy bok gaan skiet.
ek soek nog wapens...
User avatar
Musketeer
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 73
Joined: Sun Apr 01, 2012 6:59 pm

Re: Bietjie raad nodig

Post by Musketeer »

Dankie Henk,

So as ek jou reg verstaan is dit maar "personal preference"?

Ek sal maar met albei eksprimenteer voor ek 'n besluit maak.
Groetnis,
Peet

Hoyt Rampage XT
Savage 30.06
Harrington and Richardson 12BR
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Bietjie raad nodig

Post by SV MAD (Henk) »

Hi Peet.

Ja, dit is maar persoonlike voorkeur. Ek persoonlik hou nie van teveel goed aan my boog nie, dis hoekom ek die hip quiver het. Werk lekker, bere my release en pul-trekker daarin, asook my hex-keyset, boogrus en die voorste deel van stabiliser asook my arm-guard. Als lekker bymekaar.
ek soek nog wapens...
Post Reply