Page 10 of 10

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Mon Oct 08, 2018 1:10 pm
by Diesel Dog
Frikkie Coetzee wrote:
Apie wrote:Ek het een van die eerste modelle gehad.
6.5x55

Moes hom herkamer omdat die skouer area nie lekker was nie.

Asof die reamer ge'Shudder' het met die aanvanglike sny van die kamer.

Na dit het ek weer ladings ontwikkel en hy het op n tiekie geskiet.

Sneller en kolf is baie lekker vir n fabrieks geweer.

Aksie is ook lekker 'rigid' en redelik glad.

Goeie vriend skiet die 7Saum en daai roer skiet verskriklik mooi!





Sent from my iPhone using Tapatalk
Apie is daai nie gehamerde lope met kamer klaar in gehamer nie?
https://youtu.be/oALJDh43K3I
Die mandrels op die rakke het nie die profiel van die kamer op nie.

DD

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Mon Oct 08, 2018 7:31 pm
by Frikkie Coetzee
Dankie. Ek was onder die indruk dat die kamers klaar ingehammer word. Ek weet nie hoekom ek so gedink het nie.

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Mon Oct 08, 2018 8:08 pm
by Apie
Frikkie Coetzee wrote:Dankie. Ek was onder die indruk dat die kamers klaar ingehammer word. Ek weet nie hoekom ek so gedink het nie.
Gedink jy steek die draak met ons.

So leer mens elke dag nĂȘ! Lekker plek die forum!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Sun Mar 05, 2023 12:20 am
by Cobus Wessels
Ek het gedink ek sal vir volledigheid net hierdie terugvoer gee:
Ek het vanoggend my Sabatti Rover in 308 met fluted swaar loop (klaar met draad gesny) gaan oplaai.

My moed het in my skoene gesak toe die berugte "Links mik" probleem dadelik opgeduik het met die montering van die Warne basisse !!!.

Gelukkig kon ons dit met Thor basisse en ringe vervang.

Sommer 'n paar pakkies S+B 150g SPCE ammunisie gekoop vir die inskiet.

Omtrent tien skote later kon ek 5 skote namekaar in die 1duim oranje blokkie skiet. CROOT VERLIGTING nadat ek hierdie draad 'n paar keer deurgelees het en die ergste verwag het.

Ook weereens gesoen hoe goed S+B ammunisie gelaai word -SD van 14 oor 10 skote. Uitstekend vir die prys.

Groete
Cobus Wessels


Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk


Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Sun Mar 05, 2023 8:03 am
by Nico Harris
So die gate op die aksie is skeef?

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Sun Mar 05, 2023 3:15 pm
by Cobus Wessels
Waarskynlik. Ek kon niks ooglopend sien nie maar omdat ek alles vooraf gelees het, het ek daar en dan Thor opgesit. Ek was nie lus vir tyd mors nie.

Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk


Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Sat May 20, 2023 8:20 pm
by Cobus Wessels
Die boonste skoot was die eerste skoot. Koud en silwerskoon loop. Die ander 9 skote was sonder afkoel geskiet.
Sandsakke. Nie slegte spoed vir 308 met 185g punte nie.
Ek dink die Sabatti vrees wat ek gehad het terwyl ek vir my lisensie gewag het is nou besweer.
20230520_201511.jpg
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk