Page 10 of 11

Re: Bakkies

Posted: Mon Jan 17, 2011 4:17 pm
by Raven
Ambessa wrote: ...sien die landielorrietjie word weer hoog aangeskryf...
Ambessa
Oom Am, sy enjin is nou oorgedoen, so hy is sommer weer 'n plesier. Het ook 'n gelukkie gekry om 'n ekstra enjin en gearbox te kry vir hom teen R5000, met 'n Landy moet 'n man mos altyd 'n "spare" het  ;D

Raves

Re: Bakkies

Posted: Mon Jan 17, 2011 7:36 pm
by Freddie101
Biker
Ek stel ook belang in Uri.
Het laasjaar uigevind en as ek reg onthou was die turbolose model rondom R250 000. Laat weet maar as jy meer uitvind.
Freddie

Re: Bakkies

Posted: Mon Jan 17, 2011 8:03 pm
by Francois Marais
Freddie

Bel die maat van my, Werdus Smit, hy sal weet van enige goeie deals wat nog hier rond is, sy pa koop die ou karretjies op en revamp hulle, glo jy sal teen heelwat beter pryse regkom.

Mooi loop
Francois

Re: Bakkies

Posted: Mon Jan 17, 2011 8:38 pm
by krisie
Wouter.
Ek het hom in Windhoek by BIKE AND QUAD CLINIC gekoop, N$ 88000.00. DALK `n bietjie duur, maar m%@!%r lekker.
Het hom in swart turf gaan ry waar `n 4x4 bakkie NIE sal ry nie en hy loop heel gemaklik daar, `n ou kan in die moddergat stop, agteruit ry en weer voorentoe ry. As jy meer wil weet kan jy my kontak.

KRISIE.

Re: Bakkies

Posted: Tue Jan 18, 2011 6:54 pm
by Freddie101
Francois
Dankie. Sal jou weer kontak as dit ernstig raak. Freddie

Re: Bakkies

Posted: Tue Jan 18, 2011 8:15 pm
by Biker
FRed /FM

Ek is nie heel ernstig al nie snuffel net so bietjie
Groete

Re: Bakkies

Posted: Thu Jan 20, 2011 3:44 pm
by Geno
Oom Taffie,
Die een is net vir jou!
Ek gaan nie baie praat nie, die foto praat alklaar genoeg :angel:
Image


;D  ;D  ;D  ;D  ;D  ;D  ;D  ;D  ;D  ;D  ;D  ;D  ;D  ;D

Re: Bakkies

Posted: Thu Jan 20, 2011 4:04 pm
by Raven
;D  ;D  ;D  ;D

Geno, mooi man hehehehe

Raves.

Re: Bakkies

Posted: Thu Jan 20, 2011 4:05 pm
by JOHANNIC
Moenie dat die foto julle onder die verkeerde indruk bring nie.DIE PROBLEEM HIER WAS DAT DIE CRUISER SOOS GEWOONLIK NIE TEEN DIE WAENTJIE KON OPRY NIE  ;D

Re: Bakkies

Posted: Thu Jan 20, 2011 4:16 pm
by tafjak
Geens

Ja nee, wat die landy-manne nog nie aan sal dink nie, geweet daar sal een wees wat die Cruiser sal uitbuit om diesel te spaar. :D Gehoor die ouens neem nou landys saam om plekke waar die Cruiser sukkel, ook te kan uitkom.

Cruiser is maar 'n "image thing", en Landy "a thing of images".

Re: Bakkies

Posted: Thu Jan 20, 2011 4:26 pm
by Raven
Taffie,

Haha mooi gestel mater.

Raves.

Re: Bakkies

Posted: Thu Jan 20, 2011 4:31 pm
by BLOK
Geno

Mooiste foto tot dusver die jaar. ;D ;D ;D

Blok

Re: Bakkies

Posted: Mon Nov 28, 2011 4:23 pm
by Biker
ALMAL
Help asb. Ek beplan vir n dubbelcab nou watter een ??? ???
1. Hy moet 2,5 ton lekker kan sleep[ EK MOET GEREELD BULLE AFLEWER] My diesel Cruiser kan dit doen maar as jy wind van vooraf kry dan is dit net 3de en 2de rat teen die hoogtes hy maak my moedeloos en ek gaan bulle sleep vrystaat en transvaal toe.
2. Hy moet luuks wees en sal as kar gebruik word.
3. Hy moet 4x4 wees en sal soms plaaswerk doen.
5. Hy gaan vrag dra vanaf dorp plaas toe

Dit is die basiese vereistes. Nou ek ken Toyota en dit is n opsie maar dan hoor ek ook dinge van die Amarok en hy voldoen ook aan die veriestes MAAR daar is twee skole van denke , die een lot seg dat hy [120kw model] baie lekker sleep en die ander lot reken sy wringkrag is nie lekker nie en jy sleep met baie ratwisseling. Moet se dat spasie binne is baie ,wonder net hoe gaan hy hou.
Ek hoor graag julle kundige opinies.

Groete Biker

Re: Bakkies

Posted: Mon Nov 28, 2011 6:56 pm
by Skolla
Biker

Jy het my al goeie raad gegee met jakkalse.
Nou gee ek jou goeie raad.

3.0L D4D HILUX

Skolla

Re: Bakkies

Posted: Mon Nov 28, 2011 7:16 pm
by Wouter Roets
Biker

Sonder om te tegnies te raak lewer die Amarok sy 400nm in n relatiewe klein revolusieband teenoor die meeste 3.0 modelle wat hulle wringkrag alhoewel laer oor n weier toereband lewer. Dit is die rede dat jy meer in die ratte(ses ratte) met die Amarok ry teenoor die 3.0 liters(vyf ratte). Jy kan natuurlik wag vir die Ford 3.2 wat met sy 147kw en 470nm heetemal in n ander klas gaan wees. Hy is ook groter as enige iets huidig so binneruimte gaan uitstekend wees. Die Amarok is in die res van die afdelings n uitstekende bakkie.

Ek staan huidig self voor die deur van verandering so is maar net so deurmekaar!

Groetnis
Wouter

Re: Bakkies

Posted: Mon Nov 28, 2011 7:47 pm
by Beretta
Wouter
Ken nie veel van die goed af nie maar ek lees baie ek dink die nuwe Ford gaan gat skop met mening
Beretta

Re: Bakkies

Posted: Mon Nov 28, 2011 7:53 pm
by JPS
Oom Biker,

As dit moontlik is wag vir daai Ford en toets hom ook. Ek glo dit sal die moeite werd wees.

Groete
JP

Re: Bakkies

Posted: Tue Nov 29, 2011 7:53 am
by Janjak
Toyota Hilux 3.0 D4D

My opinie - die Amarok is n lekker bakkie vir dorp ry. Die 2.0l motor moet egter te hard werk om dieselfde te doen as die 3.0l's

Die Ford is ook baie nice maar -het gehoor sy prys is nie so nice nie.

Toyota se 3.0 het homself al bewys en sy herverkoop waarde is baie goed.

Re: Bakkies

Posted: Tue Nov 29, 2011 8:01 am
by SS
Dagse

Toyota D4d 3.0L . uitstekende bakkie met great herverkoop waarde!!

Groete

Re: Bakkies

Posted: Wed Nov 30, 2011 2:43 pm
by Biker
Dankie almal vir julle insette
Groete Biker

Re: Bakkies

Posted: Thu Dec 01, 2011 10:09 am
by Arnold van Wyk
Biker wrote: ALMAL
Help asb. Ek beplan vir n dubbelcab nou watter een ??? ???
1. Hy moet 2,5 ton lekker kan sleep[ EK MOET GEREELD BULLE AFLEWER] My diesel Cruiser kan dit doen maar as jy wind van vooraf kry dan is dit net 3de en 2de rat teen die hoogtes hy maak my moedeloos en ek gaan bulle sleep vrystaat en transvaal toe.
2. Hy moet luuks wees en sal as kar gebruik word.
3. Hy moet 4x4 wees en sal soms plaaswerk doen.
5. Hy gaan vrag dra vanaf dorp plaas toe

Dit is die basiese vereistes. Nou ek ken Toyota en dit is n opsie maar dan hoor ek ook dinge van die Amarok en hy voldoen ook aan die veriestes MAAR daar is twee skole van denke , die een lot seg dat hy [120kw model] baie lekker sleep en die ander lot reken sy wringkrag is nie lekker nie en jy sleep met baie ratwisseling. Moet se dat spasie binne is baie ,wonder net hoe gaan hy hou.
Ek hoor graag julle kundige opinies.

Groete Biker




Biker, my eerste keuse is die nuwe Ford, tweede Toy D4D.
Jou landcruiser, hoekom sit jy nie n lae druk turbo op nie. 

Re: Bakkies

Posted: Thu Dec 01, 2011 11:39 am
by PvR
Hi Biker,
Ek stem saam met Bywoner, die Ford sal nou ook my eerste keuse wees.
Kyk n bietjie na van die basiese specs.

Ranger: 3.2 TDCi XLT D/C 4x4
Price : R 426,900
Ford spec:
Power: 147 kW
Torque: 470 Nm
Payload: 1 049 kg
Warranty: 4yr / 120 000 km
Towing (braked): 3 350 kg
Service Intervals: 15 000 km
Wheels: 17" Alloy
Transmission: 6 speed
Airbags: 7
Water wading: 800 mm
Trailer Sway Ast: Yes
Voice Activation: Yes

Toyota: 3.0 D-4D Raider D/C 4x4
Price : R 412,500
Toyota spec:
Power: 120 kW
Torque: 343 Nm
Payload: 815 kg
Warranty: 3yr / 100 000 km
Towing (braked): 1 840 kg
Service Intervals: 10 000 km
Wheels: 17" Alloy
Transmission: 5 speed
Airbags: 6
Water wading: 500 mm

VW: Amarok 2.0 BiTDi 4Motion D/C
Price : R 403,700
VW spec:
Power: 120 kW
Torque: 400 Nm
Payload: 862 kg
Warranty: 3yr / 100 000 km
Towing (braked): 2 800 kg
Service Intervals: 15 000 km
Wheels: 17" Alloy
Transmission: 6 speed
Airbags: 6
Water wading: 700 mm

As jy verder na die gedetaileerde spec's gaan kyk tussen die voetuie dan sal jy sien dat die Ford ho?r spec's het as die ander. Die Ford is ook die enigste een van die lot wat n Euro NCAP gradering het.

Ek het die 3.2 al gery, glo my daai enjin alleen is die prys verskil werd.

Sterkte met jou keuse.

Paul

Re: Bakkies

Posted: Thu Dec 01, 2011 12:31 pm
by Skolla
PvR wrote: die Ford sal nou ook my eerste keuse wees.
Daai mag dalk reg wees?
Mens moet net n baie goeie verskoning h?, om nie die Hilux te ry nie. ;) ;D

Re: Bakkies

Posted: Thu Dec 01, 2011 3:31 pm
by worshond
Vir die manne wat pryse op Toyota's, General Motors (Isuzu & Chev) John Deer producte soek stuur my n Pm ek het n baie goeie kontak met baie nice pryse.

Re: Bakkies

Posted: Thu Dec 01, 2011 4:48 pm
by JK
3l d4d hilux met n chip is n baie beter keuse as n Frod  :D