Page 9 of 9

Re: Jaracal Reeks "Goodies"

Posted: Fri Nov 15, 2013 1:49 pm
by PWV
DWB wrote:Dalk net 'n voorstel om die jakkals so rapsie regs te skuif soos hier?

Anders bitter mooi!
...dalk 'n bosluis op sy oor! >:D >:D

Re: Jaracal Reeks "Goodies"

Posted: Fri Nov 15, 2013 4:50 pm
by andre007
andre007 wrote:Heinrich. Ek hou ook meer van die oue maar die nuwe 1 is aanvaarbaar. Wat van n kruishaar/gedeeltelikke kruishaar in die sirkel bysit?
Stem saam met Frikkie en Douw se idee ekt dit in my laaste post op 8 November ook voorgestel

Re: Jaracal Reeks "Goodies"

Posted: Fri Nov 15, 2013 6:37 pm
by jaracal
Die voorstelle tov die kruishaar.
Jaracal forum is maar een afdeling van Jaracal en sal die kruishaar nie funksioneel/pas by die die ander afdelings nie.

Die nuwe logo lyk vir my is ook meer algemeen aanvaar en aangesien die vorige "nuwe een" reeds die meerderheid stemme gekry het is ek van mening dat 'n stemming nie nodig is nie, tensy daar gestem word vir die twee kleure of 'n enkele kleur vir die nuwe logo.

Hier is die pryse van die klere wat ek van Petri ontvang het net eers vir kennisname.
Petrie gaan die breathable hemde se pryse kry en sal hy dan fotos opsit en dan die bestellings neem.

Daar sal per maand bestellings geneem word en die bestellings sal sluit op 'n sekere datum om die bestellings vir daardie maand te voltooi en uit te stuur.

Die bestellings sluit nie posgeld in nie.
Pryse:
Pet met logo voor/website agter: R70
Camo jag hoed logo voor/website agter: R105
T-Hemp logo + website: R95
Golf hemp logo voor + website:
S-XXL : R200
3XL-5XL : R210

Olyf en Khaki jag hemde + logo en website: R210

Two Tone jag hemp logo voor + website:
S-XXL : R225
3XL-5XL: R245.

Combo Deal: Enige jag hemp + enige hoed/pet + Golfer of T-hemp = 5% afslag.
Posgeld: R30.

Produk kodes:
Khaki pet – JKP
Olyf pet – JOP
Camo jag hoed – JCH
T-Hemp – JTH
Golf Hemp – JGH
Khaki Jag hemp – JKJH
Olyf Jag hemp – JOJH
Two –Tone jag hemp – JTTH.

Groete

Re: Jaracal Reeks "Goodies"

Posted: Fri Nov 15, 2013 6:42 pm
by Pappabeer
Dankie Hein. Ek dink die nuwe "nuwe" logo lyk goed soos hy is in die kleure. Ek persoonlik verkies dit ook sonder die teleskoop.

Die jaghempde, gaan hulle kort of langmou wees?

Sodra die bestellings oopmaak is my naam op.

Re: Jaracal Reeks "Goodies"

Posted: Fri Nov 15, 2013 7:32 pm
by andre007
Heinrich. Dit lyk gaaf. Kan Petri vir ons n prys gee vir los aanwerk logos om op ons bestaande klubhemde ens aan te werk en indien moontlik in watter kleure hy dit kan verskaf (agtergrond lap en stiksel)?

Re: Jaracal Reeks "Goodies"

Posted: Fri Nov 15, 2013 7:36 pm
by jaracal
Ek dink nie daar behoort 'n probleem te wees nie en hy behoort hier te kom inloer en sal dan verseker die vrae beantwoord.
Groete

Re: Jaracal Reeks "Goodies"

Posted: Fri Nov 15, 2013 11:52 pm
by Kalahari
Ek dink die 2 kleure laat kom die nuwe logo tot sy volle reg, lyk baie goed.
As ek moet stem vir dit: definitief 2 kleur.

Re: Jaracal Reeks "Goodies"

Posted: Sat Nov 16, 2013 8:53 am
by Johan Nel
Kalahari wrote:Ek dink die 2 kleure laat kom die nuwe logo tot sy volle reg, lyk baie goed.
As ek moet stem vir dit: definitief 2 kleur.
Ek stem saam.

Re: Jaracal Reeks "Goodies"

Posted: Sat Nov 16, 2013 9:41 am
by Piet Pille
Sal daar moontlik ook plakkers beskikbaar wees met die logo. Daar is 'n spesiale plekkie agterop my trokkie vir dit.... :-)

Ek stem ook vir die nuutste logo in die 2 kleure.

Re: Jaracal Reeks "Goodies"

Posted: Sat Nov 16, 2013 11:27 am
by smitjs
Pieter Vorster wrote:Sal daar moontlik ook plakkers beskikbaar wees met die logo. Daar is 'n spesiale plekkie agterop my trokkie vir dit.... :-)

Ek stem ook vir die nuutste logo in die 2 kleure.
Ek stem, en miskien nog een bietjie groter om op die deure te plak.

Re: Jaracal Reeks "Goodies"

Posted: Sat Nov 16, 2013 12:09 pm
by Capt. Yoda
Lyk baie goed.Sal mooi lyk op n Khaki hemp.
Ek sal ook verseker een vat

Miskien kan Petri ons name onder die logo sit of aan die ander kant as die website dalk onder die logo kom?

Re: Jaracal Reeks "Goodies"

Posted: Sat Nov 16, 2013 3:09 pm
by NicoSmit
Mamma het gesê sy sal vir my 'n hemp koop met die logo vir Kersfees

Re: Jaracal Reeks "Goodies"

Posted: Mon Nov 18, 2013 7:32 am
by GreyGhostGear
smitjs wrote:
Pieter Vorster wrote:Sal daar moontlik ook plakkers beskikbaar wees met die logo. Daar is 'n spesiale plekkie agterop my trokkie vir dit.... :-)

Ek stem ook vir die nuutste logo in die 2 kleure.
Ek stem, en miskien nog een bietjie groter om op die deure te plak.
Daar sal plakkers beskikbaar wees.
Ons sal in hierdie week alles finaliseer met fotos, pryse, bestel prosedure ens, sodra die logo gefinaliseer is.
Lekker week,
Petrie.

Re: Jaracal Reeks "Goodies"

Posted: Mon Nov 18, 2013 5:17 pm
by johans
jaracal wrote:Die wit en swart versoek:
jaracal_logo_black.png
Groete
hierdie lyk top mense

Re: Jaracal Reeks "Goodies"

Posted: Mon Nov 25, 2013 1:31 pm
by jaracal
Die klere is nou te koop.
Sien die volgende topic:
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=1&t=27285
Hierdie topic word nou gesluit.
Groete
Heinrich