Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
ruaanb wrote:Fanie vra jou DFO vir n brief/permit wat wys dit is goedgekeur asook n brief van die kaartjie print span dat printers stukkend is. dalk kan jy so geholpe raak.
Nee wat Ruaan. Het probeer, hulle wil niks weet nie. Wat snaaks is, is die een vrou wat met printers werk sê hulle gaan die week print en die ander een sê die printers is stukkend. Haha.
Maar eks ook simpel, het vir myself gesê as ek die geweer na die jagseisoen kry isit ook reg. Was glad nie hastig vir die lesensie nie, maar nou wat hy goed gekeur is wil ek hom net hê. Moet nou seker maar net rustig raak.
hello almal kan imand dalk vir my se hoe die mense by cfr werk dat mense wat na my aansoek gedoen het voor my goed gekeer word of hang dit maar net af by wie die goed land ( as die ou/vrou ly is dan vat dit 6 maande as nie dan vat die 6 weke?)
heinie07 wrote:hello almal kan imand dalk vir my se hoe die mense by cfr werk dat mense wat na my aansoek gedoen het voor my goed gekeer word of hang dit maar net af by wie die goed land ( as die ou/vrou ly is dan vat dit 6 maande as nie dan vat die 6 weke?)
Presies
Don't get confused between my personality and my attitude
My personality is who I am, my attitude depends on who you are
Darem ook na amper 5 maande toestemming gekry om kalier te verander.
Gister die aansoek verandering form ingesit en die R70 betaal. Met die smid gepraat vandag vir die brief dat veranderinge wel gedoen het en das dit seker wag vir die kaartjie.
Tal wrote:Na 7weke voor my aansoek by provinsiaal was, het ek maandag sms gekry hys by provincial, vandag sms gekry hys by CFR! Daai is vinnig gewees, hopelik oor n week of 2 is die ding klaar!!!
Tal wrote:Na 7weke voor my aansoek by provinsiaal was, het ek maandag sms gekry hys by provincial, vandag sms gekry hys by CFR! Daai is vinnig gewees, hopelik oor n week of 2 is die ding klaar!!!
Jy gaan nog lank wag....
ruaan!!!!
MY LISENSIE IS GISTER GOED GEKEUR!!!
Bokkie kom huistoe
9weke
Mooi Tal. Geluk
My geweer het gister al gekom, more word die scope net gemount en dan loop ingebreek. Sondag word daar bietjie ladings getoets en hopelik kan 'n paar springbokke bakkie ry volgende naweek.
Fanie, weet nie hoe wetties korrek dit is nie, maar die handelaar het gesê hy sal my geweer vir my gee as ek met n printout van die polisie kom wat bevestig my lisensie is wel goed gekeur, so het toe teen dit besluit om met n hele trek skietbaan toe te ry vandag en om eerder net die geweer maandag te gaan kry en dan sommer hier by die huis my ladings doen. Ek boer, so het baie plek sommer hier in die tuin vir dit.
Tal wrote:Fanie, weet nie hoe wetties korrek dit is nie, maar die handelaar het gesê hy sal my geweer vir my gee as ek met n printout van die polisie kom wat bevestig my lisensie is wel goed gekeur, so het toe teen dit besluit om met n hele trek skietbaan toe te ry vandag en om eerder net die geweer maandag te gaan kry en dan sommer hier by die huis my ladings doen. Ek boer, so het baie plek sommer hier in die tuin vir dit.
Man dis darem lekker om so tuin te hê. Ek is jaloers.
Tal, ek boer ook so ek skiet ook maar net hier op die plaas. Wat lekker is ek kan n lading of 2 laai en gou na werk gaan skiet.. Weer huis toe en verstellings maak en gou weer opgaan.
Die creedmoor lyk goed, ek wag nou net my gunworrier chassis..
Wat is die prosedure indien cfr jou aansoek verloor het? My aansoek is veronderstel om in consideration te wees, maar klink of hulle sukkel om hom op te spoor... Moet 'n mens van vooraf aansoek doen of is daar 'n kortpad?
Net bietjie terugvoer. Klink of hulle darem gister my papiere gekry het, my lisensie is gister goedgekeur. Die enigste probleem is dat die DFO sê die kaartjie word nou in PTA gedruk, so dit gaan 'n maand vat!!!