Page 8 of 31

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Thu Apr 20, 2023 1:43 pm
by LoopSoosStroop
Dankie! Dis 'n lekker speletjie maar ook baie moeite.

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Thu Apr 20, 2023 2:00 pm
by Dash431
Rudi Fischer wrote: Thu Apr 20, 2023 7:26 am
Dash431 wrote:Ek sal graag wil sien hoe maak die 150gr in die 308.

Ek is oortuig dit gaan n perfekte kombinasie wees.
Die 150gr gaan presies die selfde werk as die 180gr.

Selfde Ogive, en selfde gat en lood kombinasie.
Ek maak hom ligter deur korter te maak van agter af.
Dankie Rudi. Ek verwys na hoe die mushroom gaan lyk teen die hoër spoed. Sal seker naby aan die 180gr uit die 30-06 wees.

Sou jy voorstel dat n mens na Barnes se herlaai data kyk om te sien watter kruit sal werk?

Groete.

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Thu Apr 20, 2023 2:03 pm
by Rudi Fischer
Dash431 wrote:
Rudi Fischer wrote: Thu Apr 20, 2023 7:26 am
Dash431 wrote:Ek sal graag wil sien hoe maak die 150gr in die 308.

Ek is oortuig dit gaan n perfekte kombinasie wees.
Die 150gr gaan presies die selfde werk as die 180gr.

Selfde Ogive, en selfde gat en lood kombinasie.
Ek maak hom ligter deur korter te maak van agter af.
Dankie Rudi. Ek verwys na hoe die mushroom gaan lyk teen die hoër spoed. Sal seker naby aan die 180gr uit die 30-06 wees.

Sou jy voorstel dat n mens na Barnes se herlaai data kyk om te sien watter kruit sal werk?

Groete.
Die 150 behoort die selfde the lyk as die 30-06 teen 2700.

Ek het Bullet Files gemaak op QL, so ek help jou met laadings.

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Thu Apr 20, 2023 2:08 pm
by Rudi Fischer
LoopSoosStroop wrote:Dankie! Dis 'n lekker speletjie maar ook baie moeite.
Dis vir my die moeite werd.
As ek nie gelukkig is met n koeel se werksverigting nie, verander ek hom tot ek gelukkig is en eers dan sal ek hom op die mark sit.


Ek is nou klaar met die 180gr se wetpack toetse.
Nou stuur ek vir n paar manne wat ek weet baie bokke skiet en gaan kyk of hulle my koeels kan breek en om te toets in diere.

So wanneer ek hulle verkoop weet ek alles is gedoen dat jy jou vleis huis toe vat (mits jy jou werk doen en skoot plasing reg is)

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Fri May 05, 2023 5:31 am
by Frederik
Weer lekker jag gehad met die 300gr SBC koeels in my 375 H&H
5 diere omgegooi letterlik net my BWB koei het gehardloop na skoot.

Niks herwin nie alhoelwel ons die koeel verloor het uit groot koedoe bul.
Skoot was in net voor die regter agter been in die pens in en penetreer tot by die longe. Skiet Afstand 80 meter
Die bul het net daar geval en ons moes die binne goed uithaal om die bul gelaai te kry iewers daar het ons die koeel in die veld verloor.
Was tenminste 1 meter se penetrasie.

Image

Verder het ek koedoe koei gejag op 45 meter kopskoot en ook bwb koeie op 60 meter top van hart en longe gevang sy het gestruikel opgestaan en verder 60 meter gerhardloop en omgeval.
Vleis skade was minimaal en die uitganswonde het weer mooi gewys dat die koele lekker omgelkink het.

Image

Image

Dan was daar vlakvak sog ook op 160 meter met brilante skoot van my seun deur die hart niks herwin natuurlik nie.
Die hart was in flarde moes seker die hart vang toe dit vol bloed was DRT (Dropped right there)
Rooibok ooitjie ook deur die hart ongeveer selfde afstand ook net daar geval alles met die 375.

Image

So die 375 het hom regtig mooi gedra.

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Sat May 13, 2023 9:35 am
by GustavSnyman1
Hi Rudi

Beplan julle om enige 7mm koeels te maak?

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Sat May 13, 2023 12:50 pm
by Rudi Fischer
GustavSnyman1 wrote:Hi Rudi

Beplan julle om enige 7mm koeels te maak?
Goeie middag.

Sodra ek gelukkige is met die massa produksie op .30, dan begin ek met 7mm.

Dink n 160gr

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Sun May 21, 2023 7:16 pm
by Rudi Fischer
Het die naweek gewerk aan produksie en kan met n geruste hart se … ek het die reg gekry om 180gr .30 te kan maak in volume.

As julle my so 2-3 weke kan gee dan behoort ek te kan verkoop.


Image

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Sun May 21, 2023 7:28 pm
by Rigby
Fantasties!!!!!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Sun May 21, 2023 7:46 pm
by DWB
Welgedaan mater!

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Sun May 21, 2023 7:48 pm
by Cobus Wessels
Lyk soos die perfekte dieet vir my 300win. Kan nie wag nie. Uitstekende werk.

Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk


Re: Safari Bullet Company.

Posted: Sun May 21, 2023 9:29 pm
by Pvdw
Hoe meer ek die koeëls sien hoe meer like ek hulle.

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Mon May 22, 2023 6:03 am
by Frederik
Mooi Rudi laat hy loop en dan die ander kalibers.

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Mon May 22, 2023 6:26 am
by jdpretorius
Netjies Rudie !
Gan jy dalk nog n 150gr maak in die .30 cal ?
Ek sal verseker hulle wou probeer.

Sent from my SM-A536E using Tapatalk


Re: Safari Bullet Company.

Posted: Mon May 22, 2023 8:28 am
by Carlc
Ek gaan beslus in die ry staan vir n 7mm 160gr. Eks juis opsoek na 160gr punte vir my 7mm RM.

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Mon May 22, 2023 9:48 am
by Charles7x57
Dankie vir jou moeite.
Ek gaan hulle beslis probeer sodra jy die 180s vrystel.

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Mon May 22, 2023 9:54 am
by Grenslyn
Baie geluk. Dit is nou wragtig netjies. Ek sal van hulle vat saam met my .375 en .450 koele.

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Wed May 24, 2023 5:53 pm
by ThinusS
Twee SBC 300gr .375 koeëls uit 'n buffelbul. Trompsnelheid ±2400vps.

Koeël links is op ±3 treë in die bul se ruggraat geskiet, net om seker te maak. 219.8gr (73.3%).
Koeël regs is op ±60 treë geskiet en het die bul net agter die blad getref en is in die oorkantste blad gevind. 284.8gr (94.9%)

Image

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Fri May 26, 2023 11:22 am
by Rudi Fischer
Nou net terugvoer gekry.

N pel van my wat nie wou wag vir my om klaar te toets nie het besluit hy toets die 180gr .30.

30-06
Spoed 2660 fps

Hy het n Impala en bwb geskiet vanoggend, Impala was hier by 60m gewees op die blad en Impala se koeel is deur.
BWB is op 80m geskiet, skuins na links gestaan en op die linker blad geskiet, het been getref en net voor die regter agter been gekry. (Quartering too)

Weet nog nie wat die koeel weeg nie maar meer inligting sal volg soos ek dit kry.

Hy soek nou n eland om te kyk of hy die koeel kan breek.


Image
Image
Image

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Mon May 29, 2023 9:10 am
by Rudi Fischer
Image

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Wed Jun 14, 2023 7:49 am
by Frederik
Buffel op 20-25 meter wat weg beweeg het van my voor hy regtig spoed opgetel het.
Vinnige skoot wat geneem is BASA se jare se oefening mooi ingeskop.

Image

Koeel is deur lewer en dubbel long die koeel het nie onder die vel vasgesit nie maar wel in die vleise bo die skouer en daar uiteghaal so penetrasie was besonders. Buffel het net 40 meter gegaan en toe begin bloed spoeg uit bek en neus. Daar was nie tyd vir 'n tweede skoot omdat die ander buffels dadelik om die siek ene was. Toe ek die bloed sien uitkom toe weet ek die ene is klaar.
Skoot was wel bietjie hoer so 4 duim as wat ek wou gehad het maar bewegende teiken.

Weight retention 89% of 443.7 gr.
Geskiet uit my 458 Lott trompsnelheid van 2200fps
My tweede buffel met die koeel eerste een wat ek herwin het nog nie ander koeel herwin uit ander wild met die 375 ook nie.

Image

Image

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Wed Jun 14, 2023 12:39 pm
by Louisdewet
Baie mooi!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Wed Jun 14, 2023 3:21 pm
by tau
Tipe kuns!!!!!

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Wed Jun 14, 2023 5:54 pm
by Supacow
Blomme vir mans

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Wed Jun 14, 2023 6:37 pm
by DWB
Ek kon ook een uit ñ buffel koei uit haal.

500gr 458" uit die 22" 450 Rigby teen so 2250fps.

Skoot was op die punt van die skouer.

90% retensie!!!

Die koeels is puik!!!!
20230614_183008.jpg
20230614_182905.jpg
20230614_182603.jpg