Page 8 of 9
Re: 300WSM
Posted: Fri Jul 23, 2021 8:09 pm
by Diesel Dog
Het my afspraak met die elandkoei nagekom .Die eland het op 528m gestaan met 15mph dwars wind,die koeel het 50mm agter die blad en 200mm bokant die bors been getref.Die Eland het geen reaksie getoon nie en almal het gereken dit was mis skoot.Na so 3 minute het die Eland sy nek reguit gemaak en met wankelrige tree sy gat op ons gedraai.Ons het tot op 300m nader beweeg en toe skiet ek hom in die kop toe hy omkyk.Die koeel is in die oorkanste rib herwin. Daar was geen vleis skade(bloed swam).
DD
Sent from my SM-G980F using Tapatalk
Re: 300WSM
Posted: Fri Jul 23, 2021 9:16 pm
by Diesel Dog
Ons het ook n paar blesbokke geskiet. Eerste ( 6.5x55 met140gr sgk) was my jag maat ,die afstand was 478m en die wind het gegust tussen 15 en 20 mph,met die skoot sien ek die skoot tref hoog net voor die boude. Die bok het so 20 meter gehardloop en weer gaan staan, my maat kon hom nie vinnig in die scope optel nie en toe skiet ek hom hoog op die nek met die 300wsm en die monos.
Die res van die trop het nog op 520m gestaan ,ek skiet toe nog n blesbok net agter die blad, die bok het so 40m bergaf gehardloop en toe gaan le.Toe die werkers wat die bok uit die berg herwin by die bok kom het hy nog gelewe en het hulle hom keelaf gesny.
Die volgende bok was my maat weer aan die beurt op 570m tref sy koeel mooi agter die blad en die bok vorder so 60m en gaan le hy het sy kop so twee maal gelig toe is als verby.
DD
Re: 300WSM
Posted: Sat Jul 24, 2021 11:09 am
by ThinusS
Diesel Dog wrote: Fri Jul 23, 2021 9:16 pm
Ons het ook n paar blesbokke geskiet. Eerste ( 6.5x55 met140gr sgk) was my jag maat ,die afstand was 478m en die wind het gegust tussen 15 en 20 mph,met die skoot sien ek die skoot tref hoog net voor die boude. Die bok het so 20 meter gehardloop en weer gaan staan, my maat kon hom nie vinnig in die scope optel nie en toe skiet ek hom hoog op die nek met die 300wsm en die monos.
Die res van die trop het nog op 520m gestaan ,ek skiet toe nog n blesbok net agter die blad, die bok het so 40m bergaf gehardloop en toe gaan le.Toe die werkers wat die bok uit die berg herwin by die bok kom het hy nog gelewe en het hulle hom keelaf gesny.
Die volgende bok was my maat weer aan die beurt op 570m tref sy koeel mooi agter die blad en die bok vorder so 60m en gaan le hy het sy kop so twee maal gelig toe is als verby.
DD
DD.
Ek skiet heelwat wild met mono's (Hornady GMX, Peregrine VLR-4, Ballistix en Barnes in 6.5mm, 7mm, .308", 9.3mm en .375") en ondervind nooit die vertraagde doodmaak verskynsel nie. Ek glo nie dat die Kriek se verrigting veel verskil van die koeëls wat ek gebruik nie. Die enigste wesenlike verskil is dat jy meeste van jou wild agter die blad skiet terwyl ek wild wat dwars staan op die blad skiet, in lyn met die middel van die voorbeen. Ek vermoed dat dié verskil in skootplasing baie te doen het met die verskil in hoe lank die diere neem om te vrek. Eerstens klink 'n koeël wat die dik skouer spier tref vinniger om en is dus reeds vervorm wanneer dit die organe tref en, tweedens tref 'n skoot in lyn met die voorbeen die middel van die longe, bo die hart. 'n Skoot agter die blad tref die agterste gedeelte van die longe en ondervind ook minder weerstand voordat dit die longe binnedring. Met 'n loodkern koeël maak dit nie saak nie en is dit ('n skoot agter die blad) selfs voordelig maar met 'n mono werk 'n skoot op die blad beter.
Die nadeel van 'n skoot op die blad is natuurlik dat dit tot meer vleisskade lei.
Nog 'n moontlike faktor is dat die meeste van jou skote op die uiterste maksimum van 'n mono se bruikbare aanwendingsveld lê. Ek ondervind dat beide die 120gr Hornady GMX en 118gr Peregrine VLR-4 (in 6.5 Creedmoor en 6.5x55) effektief werk tot tussen 400 en 450m maar het nog nie veel wild verder as dit met mono's geskiet nie.
Groete
Thinus
Re: 300WSM
Posted: Sat Jul 24, 2021 3:55 pm
by Diesel Dog
Thinus
Ek stem saam met jou waarneming dit is ek wat die kopskuif moet maak "old habits die hard".Ek skiet al die jare met sagte koeels agter die blad en sukkel om die skoot op die been af te knyp.
Daar het gelukkig nie een bok weggekom nie en bloed swam is beduidend minder met die monos.
DD
Re: 300WSM
Posted: Sun Jul 25, 2021 11:43 am
by ruaanb
Presies soos Thinus daar sê is my ondervinding ook.
Re: 300WSM
Posted: Sun Jul 25, 2021 1:03 pm
by tripodmvr
Rooibok geskiet met 85gr Barnes TSX uit my 243. Spoed van 3100vps. Skoot op 80-100m op die knoppe en die bok het 25m gevorder en neergeslaan. Koeël is regdeur en slagter het opgemerk dat daar min bloedswam was.
Re: 300WSM
Posted: Sun Mar 20, 2022 8:58 am
by Diesel Dog
Ek soek nog so 20 tot 30 180gr Krieke .308 .Gaan weer volgende maand jag en ek het te min oor om nuwe scope in te skiet en jag.
DD
Re: 300WSM
Posted: Sun Mar 20, 2022 4:50 pm
by Diesel Dog
Het 215gr Bergers hybrids, het iemand hulle al in n 1-11 loop geskiet?
DD
Re: 300WSM
Posted: Sun Mar 20, 2022 8:52 pm
by Francoisv
Diesel Dog wrote:Het 215gr Bergers hybrids, het iemand hulle al in n 1-11 loop geskiet?
DD
SF dui op 1.26. kan nog werk.
Shoot straight
Re: 300WSM
Posted: Tue Mar 22, 2022 10:25 am
by Capt. Yoda
Diesel Dog wrote: Sun Mar 20, 2022 4:50 pm
Het 215gr Bergers hybrids, het iemand hulle al in n 1-11 loop geskiet?
DD
Ek het hulle al in n 1/11 WM geskiet maar was bq hoer as jy gewees
Re: 300WSM
Posted: Sun Mar 27, 2022 12:20 pm
by Diesel Dog
Vandag my 300wsm reggekry vir BigWater en weer n duur les geleer.Na die DS
teleurstelling sit ek toe weer n "not practical scope " op en sit af skietbaan toe. Eerste skote nie te sleg nie maar hoe meer ek skiet hoe swakker gaan dit.Net voor ek moed opgee kom ek agter die scope skuif in die ringe draai hulle vaster en daar skiet die geweer.
DD


Sent from my SM-G980F using Tapatalk
Re: 300WSM
Posted: Sun Mar 27, 2022 12:23 pm
by Diesel Dog
.
Sent from my SM-G980F using Tapatalk
Re: 300WSM
Posted: Sun Mar 27, 2022 5:23 pm
by Diesel Dog
Toets lading vir kalibrasie
208 ELDM
67,7GR N560
tpl 77mm
cci250
norma doppe 80.12gr h2o
loop 610mm
spoed 2840 FPS
Met bo genoemde gaan 67.5gr oor druk wees met 215gr bergers en tpl van 79 .
Wat se die QL manne.
DD
Re: 300WSM
Posted: Sun Mar 27, 2022 7:54 pm
by tripodmvr
Druk bereken effe laer as jou 208ELDM, mits die brandtempo dieselfde bly.
Re: 300WSM
Posted: Sun Mar 27, 2022 8:00 pm
by Diesel Dog
Dankie Marius ,is dit naby n node? Skiet nie te sleg nie.
DD
Re: 300WSM
Posted: Sun Mar 27, 2022 8:36 pm
by tripodmvr
Die 208ELDM se node bereken by 2846vps en 67,8gr sal jou nader daaraan kry. Druk 61K psi van maks 64,5K.
Met die 215gr sal jy moet oplaai om weer 2840vps te kry en druk is dan by 64K psi. Jou keuse.
Re: 300WSM
Posted: Sun Mar 27, 2022 8:50 pm
by Diesel Dog
Sal nog kole gooi dankie,
DD
Re: 300WSM
Posted: Sun Feb 19, 2023 3:23 pm
by Diesel Dog
Dit is alweer tyd vir my 300WSM se jaarlikse uitstapie na Bigwater.
Gaan die keer die 180gr flatbase koeels van AMP probeer met S365.
Kalibrasie lading
tpl72gr 80.2gr h2o volume
610mm loop
S365 62grs 2896fps
62.3grs 2894fps
62.6grs 2904fps
62.9grs 2913fps
63.2grs 2943fps
63.5grs 2954 fps
Moet ek nog kruit gooi ?
DD
Re: 300WSM
Posted: Sun Feb 19, 2023 7:09 pm
by tripodmvr
My berekening toon 2 moontlikhede :-
1. Vol node - 61,8gr vir 2870vps Druk 55K psi
2. Half node - 64,2gr vir 2964vps Druk 63K psi
Daar is 3, duim verskil op 500 treë tussen die twee ladings. My keuse sou op die laer lesing val.
Re: 300WSM
Posted: Sun Feb 19, 2023 7:30 pm
by Diesel Dog
Dankie Marius.
Gaan hom op die vol node laai en kyk wat hy maak.Dit is n dikker mantel loodkern koeel ek wil eers sien hoe hy bymekaar hou op naby skote.
DD
Re: 300WSM
Posted: Sun Feb 19, 2023 7:42 pm
by tripodmvr
Kyk hoe maak my aanbevole lading, maar meet asb. die lengte van die koeël en gee dit deur. Dit is 180gr ne?
Is die 72mm TPL van basis na punt van koeël?
Re: 300WSM
Posted: Sun Feb 19, 2023 7:48 pm
by Diesel Dog
.
Sent from my SM-G980F using Tapatalk
Re: 300WSM
Posted: Sun Feb 19, 2023 7:50 pm
by Diesel Dog
Van basis tot punt van koeel 72mm
Sent from my SM-G980F using Tapatalk
Re: 300WSM
Posted: Thu Feb 23, 2023 8:51 am
by Diesel Dog
Ek het vanoggend die AMP koeels op papier en springbok getoets .Uitskiet wond op bladskoot 430m lyk of koeel omgeklink het bok het net daar bly staan en na 30sec omgeval.Nekskoot op 200m spreek vanself.
4 skote in.75moa hoekom die ander twee uit die groep is weet ek nie.


Sent from my SM-G980F using Tapatalk
Re: 300WSM
Posted: Thu Feb 23, 2023 9:01 am
by Diesel Dog
My laaste 3 Krieke uit geskiet
Sent from my SM-G980F using Tapatalk