Page 8 of 15
Re: knaldempers
Posted: Tue Dec 01, 2009 9:54 am
by Foxhound
Clarence
Sit dalk nuwe KD se mates weer op of edit net jou post
Groete
Foxhound
Re: knaldempers
Posted: Tue Dec 01, 2009 4:29 pm
by Janjak
Ek het hierdie naweek bietjie blou ape minder gemaak saam met Python en die nuwe Terminator is koning.
Hy is beslis stiller as my vorige demper. Groepe is dieselfde.
Dewald(Python) gebruik ook n Terminator op sy 223 en hy is net so beindruk.
Die ape was gladnie beindruk nie......
Dankie Clarence, jy mag maar.
Jy kan maar ouens stuur wat verwysings nodig het.
Groete
Jannie
Re: knaldempers
Posted: Fri Feb 12, 2010 11:19 am
by andre12
More Manne,
Na ek lank en hard huiswerk gedoen het oor watse knal demper , ?suppressor? , ?silencer? het ek op die einde besluit om vir `n dag deur te ry Bloemfontein toe van Pretoria af om daar by Clarence Swanepoel `n nuwe terminator te gaan optel. En ek moet eerlik wees dit was 110% die beste keuse ooit. My 3006 Tikka kla glad nie oor die extra bietjie lengte nie , veral nie agter die klein l? Harris nie . Groepe het dieselfde gebly net so 5 duim laag ( dis nou nie `n bull barrel nie) . Dra nie meer ore na die skietbaan toe nie, recoil is minder en het `n paar ouens se monde laat oophang toe ek `n 150 gr Gs custom HV punt teen so 1075 fps met 9.2 gr MS200 kruit in `n CNC gesnyde lae kapasiteit 3006 dop deur die terminator gestoot het. Een ou het ges? dit klink asof jy `n plastiese emmertjie laat val , een het ges? jy hoor hoe slaan die slagpen die dop en hoe die dop uitsit in die kamer en die knal demper bietjie suis . Jy hoor ook duidelik hoe die punt vasslaan op 100m maar sonder die bang

Punt val natuurlik teen `n stink spoed !! Maar ek is nie een dag spyt dat ek vir Clarence gaan besoek het in Bloemfontein nie. En die jag seisoen begin nou eers amper
Groete
Andre
Re: knaldempers
Posted: Sat Feb 13, 2010 5:37 pm
by KSV
?k het laas week ook n Terminator laat opsit. Ek kon vandag kans kry om bietjie te skiet.
Vir die eerste keer kan ek ook hoor as ek die teikens onder 200 raak skiet, dis nou met die vinnige manne. Ek kon nog nooit hoor as ek goed baie naby skiet nie.
Kalahari groete
Hein
Re: knaldempers
Posted: Wed Feb 24, 2010 3:37 am
by .220 Swift
Ek is nuut tot en op die forum en lees en leer baie...het juis so van Clarence te hore gekom. Ons bly in Vanderkloof - so die trippie Bloemfontein toe was darem nie te ver gewees nie.
Nie dat ek ontevrede was met die knaldemper wat ek gebruik het nie - behalwe dat Die Baas gekla het. Sy dryf mos vir my, sien - dat my skote haar laat wakker skrik net as sy begin insluimer. Daar waar ons stop en staan roep - natuurlik met die Foxpro!
Die hulpvaardigheid van die Bloemfonteiner het my daai dag verstom. Sommer ongevraagd aangebied om my gou na sy skietbaan toe te vat om die maaksel van hom op my geweer uit te toets. En my sommer raad oor my stoel ook gegee. In 30 minute het het ek ure se ervaring opgedoen...
En soos hulle se, the proof of the pudding is in the eating - 'n paar aande daarna sommer 8 Jakkies vir die aand geskiet. Die Baas se sy't net gehoor hoe klap dit daar iewers in die donkerte - hier agter haar op die bakkie kon sy net die slot hoor oop-en-toe maak ... die hardste klank was 'n doppie wat op die bak geval het
Clarence se silencer dra my volle goedkeuring weg - probeer dit gerus.
Stofs
Re: knaldempers
Posted: Wed Feb 24, 2010 7:31 am
by britsman
Stofs,
stofs wrote:
En soos hulle se, the proof of the pudding is in the eating - 'n paar aande daarna sommer 8 Jakkies vir die aand geskiet.
Was dit in Op's Tjank tyd? Wys ons jou Jag Rig?
mooi loop,
ou brits
Re: knaldempers
Posted: Thu Feb 25, 2010 2:04 am
by .220 Swift
ou brits
Nee, die Jakkies is op die aand van 4 Febr binne 15 minute se ry van Vanderkloof geskiet.
Sou baie graag wou deelneem aan die ops - maar is ongelukkig weens werksverpligtinge uit sirkulasie
En hopelik kan iemand my laat weet hoe om foto's te laai? Ek kry dit gladnie reg deur die "Insert Image" icon te click nie.
Soos ek gese het - ek leer nog
Groette
Stofs
Re: knaldempers
Posted: Thu Apr 29, 2010 8:56 pm
by Arnold
Laat ek nou my 22" loop op my 223 Rem sny na 20" as ek 'n silencer opsit van 6" of maak die 2" nie regtig 'n verskil in die hanteer van die wapen nie?
Ek weet ek gaan seker so +-50 fps verloor maar dit is ok, ek skiet nie so v?r nie en my trajek sal nie baie verander nie. {amper 'n duim verskil op 350m as ek op 200 ge-zero is}
Re: knaldempers
Posted: Thu Apr 29, 2010 9:13 pm
by Francois Marais
Arnold
Sal hom nie korter maak as ek jy is nie, skiet hom net so, daai 2" gaan nie jou hantering genoeg ten goede beinvloed om dit te regverdig nie.
My 2c..........
Mooi loop
Francois
Re: knaldempers
Posted: Fri Apr 30, 2010 9:19 am
by Arnold
Wat se lengte is julle ouens se lope wat knaldempers op het?
Uit ondervinding, verander jou lading om nou weer by die geweer se sweetspot uit te kom met die KD op?
Re: knaldempers
Posted: Fri Apr 30, 2010 9:45 am
by Francois Marais
Arnold
Anything from 21" up to 26"
Uit ondervinding, verander jou lading om nou weer by die geweer se sweetspot uit te kom met die KD op?
Dit was al op n ander topic onder bespreking, en die algemene mening was dat dit nie die moeite werd is om n nuwe lading (sweet spot) te soek nie.
Mooi loop
Francois
Re: knaldempers
Posted: Fri Apr 30, 2010 1:15 pm
by Arnold
Thanks, sal 'n bietjie soek vir daai bespreking.
Re: knaldempers
Posted: Fri Apr 30, 2010 3:11 pm
by KSV
Arnold,
Ek dink die topic is 'lading verandering na knaldemper'.
Hein
Re: knaldempers
Posted: Fri Apr 30, 2010 7:04 pm
by Arnold
het hom gekry, dit lyk positief.
Het my knaldemper by terminator teen die spoed van wit lig gekry
Goeie diens sover, nou moet hy net werk

Re: knaldempers
Posted: Sat May 01, 2010 11:55 am
by KSV
Arnold,
Hy loop mooi, soos 'n aia met 'n mop en nuwe croc's.
Ek het vir my 22-250 en 308 laat opsit die begin van die jaar en is baie tevrede!
Hein
Re: knaldempers
Posted: Sat May 01, 2010 5:01 pm
by JACQUES BOTHA
FM
Lat ek weer gorrel en hoor wat jy se asb.
In sommige gevalle sal n 20 duim 223 n 23 duim 223 outperform met spoed en akkuraatheid.
Hoekom> Het n 222 of n 223 wat skiet met 20 to 25 grein 321 of 341 werklik 22 to 26 duim nodig om ten volle te kan kruit brand. Kan dit nie gebeur dat jou dryfmiddel uitgebrand is by 20 duim en dan jou projektiel al klaar begin spoed verloor in die looop? Onthou in terme van ontbranding en tyd in die loop dink ek nou in die "fast world" terme. Dalk is dit nie waar nie en spekuleer ek net. N 20 duim loop op n 222 of 223 kan dalk net meer akkuraat wees as n 26 duim 223 loop of hoe?
Groetnis
JB
(jou mail is op pad)
Re: knaldempers
Posted: Sat May 01, 2010 9:55 pm
by Francois Marais
JB
Hoekom moet ek altyd die moeilike vrae kry??
Jou redinasie dat n korter loop partykeer akurater is as n langer loop, is baie waar, want 'all else being equal' is n korter loop meer 'rigid' as n langer loop en daarom is die vibrasie, as die skoot afgaan, minder en daarom die loop meer akuraat.
Met dieselle redinasie, "all else being equal" kan ek egter nie met jou saamstem oor die spoed nie, selle lading gaan n langer loop (binne perke) jou altyd meer spoed gee as n korter loop.
Oor jou opmerking op watter lengte loop nodig is vir alle kruit om te ontbrand, ek weet regtig nie, maar ek dink die industrie standaard van 26 duim is n goeie aanduiding. Sou dit nodig wees om langer lope te he, sou die slim manne dit ons voorgestel het, en ek dink ons almal ken die gevolg van te kort lope, drastiese spoed afname in lope onder so 20".
My 2c...........
Mooi loop
Francois
Re: knaldempers
Posted: Sun May 02, 2010 7:41 pm
by Arnold
Ek weet verseker dat ek gaan spoed verloor as ek die die loop laat korter maak. Maar gaan die 50-60fps wat ek verloor regtig 'n verskil maak in my trajek? {nie noemenswaardig nie}
Gaan die korter stywer loop nie meer in my guns tel nie?
{hy behoort akurater te wees}
Gaan die korter geweer nie makliker hanteer nie?
{twee duim is min, maar elke bietjie help seker?}
Iets interesaant wat ek so tyd terug raak gelees het
http://www.accuratereloading.com/223sb.html
Terloops, die optimum loop lengte vir 'n .22lr is hier by 16", dan begin die ko?el weer spoed verloor. Ek dink nie die 26.2gr S321 wat ek gebruik is al verbrand teen die tyd dat die ko?el die loop verlaat nie. Ek gaan nog eksperimenteer met S265, maar alhoewel dit moontlik heeltemal sal ontbrand is die dop vulling nie baie hoog nie agv die min kruit wat jy gebruik {sal begin by so 19gr agter 'n 55gr ko?el}
Re: knaldempers
Posted: Mon May 03, 2010 11:57 am
by Arnold
Ek het toe tog maar vir die geweersmit gevra om die loop se kroon te sny op 20"
Ek hoop nou nie dit voeter iets wat gewerk het te veel rond nie. Met die korter loop en silencer sal die geweer nou net 4" langer wees as met die 22" loop
Re: knaldempers
Posted: Sat May 08, 2010 12:02 am
by Francois Marais
Arnold
Laat weet hoe doen hy as jy hom met KD en KORT lopie gaan skiet.
Mooi loop
Francois
Re: knaldempers
Posted: Sat May 08, 2010 9:53 am
by Arnold
Sal verseker so maak, ek het Vrydag my 308 ook ingevat om een van Clarence se KD's op te sit, sy loop gaan ook 'n operasie kry en bietjie lengte verloor ...
Re: knaldempers
Posted: Mon May 10, 2010 10:54 am
by Danie01
Ek het na baie van die "posts" onder knaldempers gelees om te soek na n antwoord op my vraag, maar nie 100% sekerheid daaroor gekry nie. Is daar van jul manne wat dalk n aluminium KD gebruik? Ek wil graag weet wat jul opinie daaroor is? Hier in Kimberley is n ou wat aluminium dempers maak: Die dempers is lig, kan oopgemaak word vir die skoonmaak en die prys is dieselfde as die meeste ander dempers in die omgewing. Ek het nie baie ondervinding met verskillende soorte KD's nie, maar dink tog die aluminium behoort lekker te werk omdat so lig is en omdat dit skoon gemaak kan word. Is daar van jul is wat my dalk kan help of raad kan gee asb?
Baie dankie
Danie
Re: knaldempers
Posted: Mon May 10, 2010 11:06 am
by tafjak
Danie01
As jy nie gaan bokke oes of baie skote in kort tydjie gaan skiet nie, behoort hy te werk. Het al gesien dat van die alluminium KD's nie die punch kan vat as dit by rowwe hantering kom nie. Maar, om alle alluminium Kd's oor die deiselfde kam te skeer is ook nie goed nie en sal seker die maker meer vetrou as die materiaal.
Groete
Re: knaldempers
Posted: Mon May 10, 2010 12:37 pm
by Danie01
Tafjak
Dit is eintlik vir my pa se 243. Hy skiet nie baie nie, nie meer as 80 tot 100 skote n jaar nie. Ek ken die oom wat die knaldemper verkoop nou al n hele ruk en wil graag die oom ondersteun, wil net eers seker maak dat dit die moeite werd gaan wees en nie my geld mors nie.
Dankie vir die inset, maak keuses dam so bietjie makliker.
Danie
Re: knaldempers
Posted: Mon May 10, 2010 12:41 pm
by JACQUES BOTHA
Danie
Koop die knaldemper As jy die oom n geruime rukkie ken, glo ek hy sal naverkope diens lewer as jy die alm. ding nie na wense vind nie...
As hy nie hou nie, vra hom of hy jou n anner een sal maak of die een sal vervang, Dalk is dit een van die bestes wat daar is...iemand moet dit toets..Laat waai en gee terugvoer..
laat weet hoe klink hy, en wat maak hy
Groete
Jacques