Page 69 of 74
Re: REEN METER:
Posted: Thu Mar 12, 2020 4:43 pm
by Gideon@1
Wonderlike 50mm gister tussen Cradock en Graaff Reinet. Baie baie dankbaar!!!
Re: REEN METER:
Posted: Fri Mar 13, 2020 6:55 am
by Toxxyc
Wow dis fantasties. Ek wou nounet brag oor die 60mm storms in Pretoria gisteraand maar daardie is baie goeie nuus!
Re: REEN METER:
Posted: Fri Mar 13, 2020 7:01 am
by Roger
Weer gisteraand 10mm gekry, baie geseend.
Hennenman, FS
Re: REEN METER:
Posted: Fri Mar 13, 2020 9:00 am
by FHM
Methos wrote: Thu Mar 12, 2020 10:38 am
François
Sit daar so paar fotos op van hoe die veld lyk asb man! Namibie lyk altyd pragtig as dit gereen het. Ek het in die suide in Aroab gebly. As dit darem mooi gereen het en daar skaap lammertjies raak sommer simpel van geluk en begin bokspring en die boesmans gras en die geel blommtjies van die duwweltjies staan so ver as wat jy kan sien...
Yes mater,
ek het nie self fotos nie maar het gou n paar gesoek om jou hartsnare te pluk - og dis n mooi land die!!!
Luister na TOTO se " AFRICA" liedjie, inteendeel, jy kan sommer Vicky Sampson se AFRICAN DREAM ook luister as jy hierdeur blaai saam mamma en dan kom se jy ons wanneer verwag ons julle terug hierso...
Aroab.jpg
Duine naby 6riem na reens.jpg
Omarunga Epupa falls Camp Mar 2020.jpg
Hier is ook 50 x
uitstekende fotos van oral oor in Namibia - geniet dit!
https://www.safaribookings.com/namibia/photos#photo1
Re: REEN METER:
Posted: Fri Mar 13, 2020 9:02 am
by Plaashaas
Ons is nou op 515mm vir die seisoen. Laas jaar die tyd 505mm
Re: REEN METER:
Posted: Fri Mar 13, 2020 2:12 pm
by Methos
Baie dankie François. Dit lyk awesome! Darem mooi as jy sien hoe groen dit is en jy weet dit was 'n maand terug net grond en stof!
Sent from my SNE-LX1 using Tapatalk
Re: REEN METER:
Posted: Mon Mar 16, 2020 12:41 pm
by Carl
Ons het Vrydag 44mm gehad in Rustenburg
Re: REEN METER:
Posted: Tue Mar 17, 2020 7:10 am
by Roger
12mm deur die nag, lekker koel vanoggend. 20deg maks vandag.
Re: REEN METER:
Posted: Wed Mar 18, 2020 6:18 am
by Mellies
Gister 55mm in Potch. Verlede week Donderdagaand 34mm.
Met n vleisie...
Re: REEN METER:
Posted: Wed Mar 18, 2020 7:47 am
by Carl
16mm gisternag! Ons gaan 'n mooi winter hê. Ons leivoor wat fontein water uit die berg lei is kant en wal.
Re: REEN METER:
Posted: Thu Mar 19, 2020 10:13 am
by FHM
Ek merk daar is moontlik weer watertjie oppad manne.
So bietjie goeie nuus (hopelik) tussen die virusse deur
19 Mar - 04 Apr.png
Re: REEN METER:
Posted: Thu Apr 23, 2020 6:45 am
by FHM
Lyk my die Suid/Wes Kaap kan so paar druppels verwag...hel die weer is deurmekaar - dit in laat April???
24hr_rainfall_forecast.jpg
Re: REEN METER:
Posted: Thu Apr 23, 2020 7:47 am
by tau
Laat middag mag ons reën kry. Ons hoop maar.
Re: REEN METER:
Posted: Wed Apr 29, 2020 8:22 am
by Mellies
39mm die laaste 48h in Potch.
Met n vleisie...
Re: REEN METER:
Posted: Wed Apr 29, 2020 10:44 am
by tripodmvr
Vereeniging is nie vêr agter nie. Pragtige dag toe ek vanoggend buite geloer het.
Re: REEN METER:
Posted: Mon Jul 13, 2020 6:25 pm
by Diesel Dog
Manne nou reen dit ou meide met knop kieries!65mm vir die week.
DD
Re: REEN METER:
Posted: Mon Jul 13, 2020 6:49 pm
by naas222
hel dit klink mooi... julle is baie geseend
Re: REEN METER:
Posted: Mon Jul 13, 2020 7:20 pm
by Diesel Dog

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Re: REEN METER:
Posted: Mon Jul 13, 2020 7:39 pm
by ruaanb
Ek hoop die manne in die karoo / noord kaap kry ook so ietsie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: REEN METER:
Posted: Mon Jul 13, 2020 8:59 pm
by Methos
Van wat ek gehoor het, het Calvinia se wêreld so 50mm gekry. Die dorpsdam is voller as wat hy was vir jare. Iemand al iets gehoor van @cassie?
Sent from my SNE-LX1 using Tapatalk
Re: REEN METER:
Posted: Mon Jul 13, 2020 9:30 pm
by tau
Methos wrote:Van wat ek gehoor het, het Calvinia se wêreld so 50mm gekry. Die dorpsdam is voller as wat hy was vir jare. Iemand al iets gehoor van @cassie?
Sent from my SNE-LX1 using Tapatalk
Ek is gister daar deur. Hanram het 15mm gekry staan nou op 42mm vir winter. WAter het uit berg onderdeur pad geloop. So 20km uit dorp na Niuwoudtville is dit baie mooi tot onder Vanrhynspass.
Re: REEN METER:
Posted: Mon Jul 13, 2020 9:30 pm
by tau
Ons het in Tulbagh 120mm vanaf Donderdag tot vanaand 19:30.
Re: REEN METER:
Posted: Mon Jul 13, 2020 9:39 pm
by tripodmvr
Waar is PWV. Hy noem 175mm daar in die Paarl vir Julie.
Re: REEN METER:
Posted: Tue Jul 14, 2020 7:45 am
by LN (Louis)
Baie bly vir julle part en opgewonde oor die koue wat ons hier bo het. Maak al die goggatjies dood wat die plante vreet
Re: REEN METER:
Posted: Tue Jul 14, 2020 7:54 am
by tau
tau wrote: Mon Jul 13, 2020 9:30 pm
Ons het in Tulbagh 120mm vanaf Donderdag tot vanaand 19:30.
155mm
Donderdag - Vanoggend.