Nuwe aansluitings

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
Post Reply
User avatar
Jurgen Visser
Hero Member
Hero Member
Posts: 815
Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Jurgen Visser »

PWV wrote:Welkom, Franco. Geniet dit hier tussen skieters en jagters, tussen bakkie-jagters, "walk & stalkers" en "fair chasers" en gewone mense.
Ja oom pieter , Wat gebeur na die 11de Mei as jy nie meer agter op die bakkie mag ry nie , ga ons op die dak sit ?
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE >:D

Die lewe is te kort om nors te wees ++>:
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by PWV »

Jurgen Visser wrote:

Watse storie is dit?
User avatar
Jurgen Visser
Hero Member
Hero Member
Posts: 815
Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Jurgen Visser »

Die wet tree in werking op 11 Mei , geen persone mag meer agter op 'n bakkie ry nie
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE >:D

Die lewe is te kort om nors te wees ++>:
FrancoSwanepoel
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Mon May 08, 2017 1:27 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by FrancoSwanepoel »

Jurgen die suid Vrystaat is n wonderlike plek om in groot te word en om te leer jag en om te kom jag. Dis nie so plat vlaktes waar jy n 100km voor jou kan uitsien nie dis meer berge en randjies koedoe wereld tussen Bethulie~ Smithfield en na die Ooskaap se kant toe.
ONS JAG. WAT DOEN JY VIR BEWARING?
User avatar
Jurgen Visser
Hero Member
Hero Member
Posts: 815
Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Jurgen Visser »

FrancoSwanepoel wrote:Jurgen die suid Vrystaat is n wonderlike plek om in groot te word en om te leer jag en om te kom jag. Dis nie so plat vlaktes waar jy n 100km voor jou kan uitsien nie dis meer berge en randjies koedoe wereld tussen Bethulie~ Smithfield en na die Ooskaap se kant toe.
Dit klink mooi , ek het as kind in die oos kaap area groot geword " Kirkwood" sondag rivier vallei , daai is nou mooi wereld ja
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE >:D

Die lewe is te kort om nors te wees ++>:
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by PWV »

Jurgen Visser wrote:Die wet tree in werking op 11 Mei , geen persone mag meer agter op 'n bakkie ry nie
Ek wil nie bakkie ry nie, ek wil net van die bakkie af skiet!
User avatar
Jurgen Visser
Hero Member
Hero Member
Posts: 815
Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Jurgen Visser »

PWV wrote:
Jurgen Visser wrote:Die wet tree in werking op 11 Mei , geen persone mag meer agter op 'n bakkie ry nie
Ek wil nie bakkie ry nie, ek wil net van die bakkie af skiet!
:) Ek sien die wet is hoof saaklik toegespits op oop bakkies sonder canopy en mense wat opgelaai word en teen vergoeding agter op voertuig vervoer word , so ons is nog in die wet , ons betaal nie die drywer nie :)
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE >:D

Die lewe is te kort om nors te wees ++>:
User avatar
avo
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 79
Joined: Wed May 03, 2017 3:52 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by avo »

Middag mense.
hier van noord vrystaat se kant.
Geniet my jag en al die dinge wat daarmee gepaard gaan.

Ek skiet met Musgrave D90 30 06 of sien manne roep hom nul kwes hier.
Lees lekker hier, en al n hele paar dinge geleer by julle.
groete
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1495
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Eduard Venter »

Welkom avo. Ek sien dit weer as 'n 30sukses.

Groete

Sent from my LG-H735 using Tapatalk
Dawid Wiesner
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Fri Apr 07, 2017 11:16 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Dawid Wiesner »

My naam is Dawie Wiesner. Ek is van Vanderbijlpark en werk in Sasolburg.

Iemand het gevra ek moet myself voorstel. Ek is eintlik maar 'n privaat ou wat niemand probeer pla nie. Ek het my eerste geweer saam met my broer in st 6 gekry 'n Brno .22. Dis meestal waar my belangstelling in jag gevorm is. Ek en my broer het die Gatsrante so halfpad tusen Potch en Fochville daai jare plat gestap met daai .22. Ek het my eerste geweer in st 9 gekoop 'n 7X57 K98 Musgrave(jag steeds met hom) waarmee ek heelwat Rooibokke geskiet het, selfs Springbokke voor ek 'n Koedoebul kon bekostig. Ek is bietjie ou skool in my geweer smaak maar het deesdae self 'n Howa 1500 Varmint 22-250 met 'n kolf van Smoking Guns in Potch. Ek jag deesdae meestal ongediertes. Ek het aan die begin my tegnieke op Taffie en Heinrich Funck vir wie ek beide baie respek het se kursusse gebaseer. In die winter skiet ek hier rond gewoonlik 'n bok of wat. My gunsteling jag behalwe vir ongediertes is voorsitjag in die Karoo. Springbok is ook my gunsteling wild om te eet. Ongelukkig is hulle bietjie skaars hier in die Riemland waar Blesbokke koning kraai. Die res van die jaar help ek met ongediertes van Potch, Vredefort aan die een kant tot Heilbron en Frankfort aan die anderkant. Ek skiet ook graag voels, my gunsteling is watervoels. Ek en my laaities (9 en 12) skiet ook 'n hele paar "Meerkatte" wat by die mielie lande pla met ligte gerei elke jaar.

Ek herlaai en hou van mooi gewere wat raakskiet.

As daar enige vrae is, ek antwoord graag.

Groete,

Dawie Wiesner
User avatar
Aceofspades
Hero Member
Hero Member
Posts: 598
Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Aceofspades »

Welkom Guntalk! Jy sal dit geniet hier. Die ouens hier het baie ondervinding en deel graag.

Sent from my HUAWEI LUA-L21 using Tapatalk
User avatar
Jurgen Visser
Hero Member
Hero Member
Posts: 815
Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Jurgen Visser »

Welkom Dawie , baie mooi voorstelling , jy sal dit geniet hier , daar is altyd iemand wat kan help , van ladings tot bosluis koors
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE >:D

Die lewe is te kort om nors te wees ++>:
dwsmit
Newbie
Newbie
Posts: 32
Joined: Wed Dec 09, 2015 10:25 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by dwsmit »

Goeie dag manne,

Ek is van die vaal 3hoek af, geniet lang afstand skiet, jag asook om net te sit en papier vol gaatjies te maak met die .22.

Lekker om soveel kennis in een plek te he en dan nog ook in die moedertaal.

Lekker dag verder
User avatar
JacquesvT
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Mon May 22, 2017 6:12 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by JacquesvT »

Yes julle, wat 'n lekker forum is hierdie nie, wens ek het lankal van hom gehoor. Ek geniet veral die selfdoen projekte hier baie, self besig met n paar idees.
Ek het onlangs eers begin met die hobby, na n toevallige jag trippe.
Ek het n cz550 lux. 308, en wag vir my cz p07 lisensie.
Julle gaan nog baie van my hoor, glo my.

Sent from my E5823 using Tapatalk
CZ550 LUX 308 met Lynx LX3 5-30 x 56
CZ-P07
User avatar
Haasvel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Wed Mar 29, 2017 8:18 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Haasvel »

Middag Kerels

Ek is woonagtig in Nelspruit, geniet die langafstand en veldskiet kwai.

2 ketties is 'n 300wm en 243 ackley.

Hoop om baie te leer op die groep.

Mooi bly ;D
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by FHM »

Hartlike welkom aan al die nuwe manne hier in ons kamp.
Vertrou julle sal dit vreeslik geniet hier.
Sien uit na julle deelname ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Aceofspades
Hero Member
Hero Member
Posts: 598
Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Aceofspades »

Yes yes, welkom manne. Geniet dit hier en los eerder die 270 veilig agter die handelaar se toonbank.

Sent from my HUAWEI LUA-L21 using Tapatalk
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Gawie(13mm) »

Welkom aan al die nuwe jagters en skieters! ;D
Staan nader en gesels saam. Gooi maar hout op die vuur. Hoe hoër hy brand, hoe verder sien ander die lig.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Ammion
Hero Member
Hero Member
Posts: 571
Joined: Wed Jun 07, 2017 10:07 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by Ammion »

Goeie dag almal,
My naam is Paul van Gass van Queenstown in die Oos Kaap. Is hoofsaaklik betrokke met luggeweer kompetisie skiet - Benchrest. Het onlangs vir my Tikka Varmint in 260 rem gekoop en beplan om betrokke te raak in medium afstand skiet.
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by andre007 »

Welkom Paul
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
User avatar
airhunter
Hero Member
Hero Member
Posts: 545
Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by airhunter »

Daarshy Paul.

Nog n Queenstowner.

Welkom
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
AndrevW001
Newbie
Newbie
Posts: 1
Joined: Mon May 09, 2016 6:13 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by AndrevW001 »

Hello

Andre hier van Pretoria
Ek jag al vandat ek 5 jaar oud is (al was dit die buurvrou se hoenders)

Deesdae praat die 300 WM en 308 Win maar meeste in die veld maar so nou en dan kan jy die vluisterstemmetjie van die Bowtech ook hoor

Ek hou baie van herlaai en lang afstand skiet en die kennis op hierdie forum is great

Dabkie dat ek mag deel wees
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by tripodmvr »

Sien hier is heelwat nuwe manne wat bygekom het. Welkom en lekker gesels.

Die Vuildriehoekers raak nou al 'n rugbyspan. Miskien het ek van julle al by die SA Jagters skiete gesien.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Frikkie 25-06
Newbie
Newbie
Posts: 0
Joined: Wed Jun 07, 2017 6:07 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Frikkie 25-06 »

Goeie dag almal
Wil my net graag voorstel. Ek is van die Oos kaap. Ek hou baie van sportskiet en doen dit al vir so 20 jaar. Ek herlaai self ook. Op die oomblik gebruik ek 6mm AL en n 25-06 geweere wat gebou is vir my.
Dis lekke om saam te deel in wat mens van hou.
Baie danki vir die geleentheid.
Lekke dag
Groete
Frikkie 25-06

Sent from my SM-P585 using Tapatalk
User avatar
Ammion
Hero Member
Hero Member
Posts: 571
Joined: Wed Jun 07, 2017 10:07 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by Ammion »

Guntalk wrote:My naam is Dawie Wiesner. Ek is van Vanderbijlpark en werk in Sasolburg.

Iemand het gevra ek moet myself voorstel. Ek is eintlik maar 'n privaat ou wat niemand probeer pla nie. Ek het my eerste geweer saam met my broer in st 6 gekry 'n Brno .22. Dis meestal waar my belangstelling in jag gevorm is. Ek en my broer het die Gatsrante so halfpad tusen Potch en Fochville daai jare plat gestap met daai .22. Ek het my eerste geweer in st 9 gekoop 'n 7X57 K98 Musgrave(jag steeds met hom) waarmee ek heelwat Rooibokke geskiet het, selfs Springbokke voor ek 'n Koedoebul kon bekostig. Ek is bietjie ou skool in my geweer smaak maar het deesdae self 'n Howa 1500 Varmint 22-250 met 'n kolf van Smoking Guns in Potch. Ek jag deesdae meestal ongediertes. Ek het aan die begin my tegnieke op Taffie en Heinrich Funck vir wie ek beide baie respek het se kursusse gebaseer. In die winter skiet ek hier rond gewoonlik 'n bok of wat. My gunsteling jag behalwe vir ongediertes is voorsitjag in die Karoo. Springbok is ook my gunsteling wild om te eet. Ongelukkig is hulle bietjie skaars hier in die Riemland waar Blesbokke koning kraai. Die res van die jaar help ek met ongediertes van Potch, Vredefort aan die een kant tot Heilbron en Frankfort aan die anderkant. Ek skiet ook graag voels, my gunsteling is watervoels. Ek en my laaities (9 en 12) skiet ook 'n hele paar "Meerkatte" wat by die mielie lande pla met ligte gerei elke jaar.

Ek herlaai en hou van mooi gewere wat raakskiet.

As daar enige vrae is, ek antwoord graag.

Groete,

Dawie Wiesner
Hi Dawie, goed om jou weer raak te loop of eerder se lees.

Groete
Paul
Post Reply