Page 62 of 62
Re: Gebede versoek
Posted: Thu Oct 14, 2021 10:21 pm
by Lategan1
Genade my maat, Genade.
Veels geluk met hierdie 1ste verjaarsdag van jou. Mag daar nog baie wees.
Beste.
Re: Gebede versoek
Posted: Thu Oct 14, 2021 11:17 pm
by joe rocket
So vra ons hoekom en waarom, maar partykeer moet ons net sit en dankbaar wees sonder om niks te dink.
Re: Gebede versoek
Posted: Fri Oct 15, 2021 2:17 am
by ruaanb
Amen Francois!
Re: Gebede versoek
Posted: Fri Oct 15, 2021 7:33 am
by Frederik
Dankie vir die deel Francois.
Re: Gebede versoek
Posted: Fri Oct 15, 2021 8:57 am
by PWV
Sterkte, Francois. Plaas jou hoop op ons Skepper!
Re: Gebede versoek
Posted: Fri Oct 15, 2021 10:22 am
by jdpretorius
Manne & maters, vandag net gou 'n gebed van dankbaarheid aan ons Hemelse Vader.
Dit lyk of ek weer werk gekry het, na 10 maande se harde bene kou.....dit is nou wel vir 'n heelwat skraler loon as wat ek voorheen verdien het, en sal vir nou moet aan gaan met my leerwerk dinge in my vrye tyd, maar dit is minstens 'n vaste inkomste. Dit lyk of die maatskapy se prosedure darem nou in die finale stadium is.
Daar is 'n paar manne hier wat my geweldig ondersteun het, en ook gereeld moed in gepraat het....julle weet wie julle is....BAIE DANKIE, julle is ysters !
Re: Gebede versoek
Posted: Fri Oct 15, 2021 11:47 am
by wynis
Francoisv wrote:Die palmboom is wat ek vir 24 dae lank by die venster uit kon sien. Partykeer was hy my beskerm Engel, partykeer het ek gedink dit is die Engel van die dood.
Vandag 'n jaar gelede het ek by die Bone Marrow Transplant (BMT unit) ingeboek en na 24 dae net met genade van Bo weer daar uit gestap. Die oorplanting het gewerk, my beenmurg is eers totaal vernietig met enorme dosisse chemoterapie. Die stamselle het in die beenmurg gaan sit en dit geregenereer. Die kanker is weg. God's wonder.
Na 'n jaar kyk ek terug en dit voel soos gister. My persepsie oor baie dinge het verander. 30kg ligter. Vol lewe. En ongelooflik dankbaar dat ek saam my vrou en 2 dogters léwe.

Baie mooi getuienis Fracois! Wees geseend met jou gesin.
Sent from my iPhone using Tapatalk