Die

Post Reply
immelmanw

Re: Die "beter" 243Win?

Post by immelmanw »

BEN BRAND wrote: Middag manne

Ek wil net n klip in die bos gooi. Die 6mm brs wat ek al dopgehou het op bensrest bane skiet 95%+ flatbase koeels die koeels self gee dit nie dalk n "edge" aan 6mms nie. Soos ek verstaan werk n boattail eers beter vanaf 400m+.
ek luister wat julle s?

Groetnis
Ben.
Ben, goeie vraag, dalk nuwe topic begin flatbase vs boattail, vs VLD.....onderwerp op sy eie.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by tafjak »

Willem

Was vandag (geen kompetisie) op 'n baan gewees waar die manne so bietjie 95Bergers(6mm) geskiet. Daar was nog volksvreemde(vir my) goete soos 105Scenars en nog ander goete wat ek nie kan onthou nie.

Sommer so informele skietery op gonge en teikens, afstande gewissel van 325 -600meter en het my bek nie lekker oopgehang nie. Sal nie sommer met darie manne moeilikheid soek nie, nee wat, my ou 65grein koele gaan niks maak in die toestande wat hulle geskiet het nie. Lekker scopes(meeste Leupold's met turrets), net jammer ek kon nie deur 'n NightForce kyk nie.

Wanneer toestande 100% is kan ek dink dat die koe?l nie werklik tot hul reg kom nie, maar boeta wanneer die mirage en wind so bietjie optel is die perd se kleur bietjie anners!

Ek sal maar by jakkalse hou, lyk my net makliker as die teiken goete. Tog dink ek, ek kan maklik verslaaf word aan die tipe skiet.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by Arnold »

Ek is juis lus vir die nuwe 105gr Hybrid, maar ek moet nog bietjie kyk by watse dop hy mooi gaan pas.

Ek dink tog dat soos die afstand rek moet die kaliber ook groei. Daar is tog redes hoekom die f-klas manne 7mm skiet.

Dit bly interessant. Elke tipe skiet het sy eie vereistes.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by tafjak »

Arnold
Arnold wrote: Ek is juis lus vir die nuwe 105gr Hybrid, maar ek moet nog bietjie kyk by watse dop hy mooi gaan pas.........................................

Ek dink tog dat soos die afstand rek moet die kaliber ook groei. Daar is tog redes hoekom die f-klas manne 7mm skiet......................

Dit bly interessant. Elke tipe skiet het sy eie vereistes..........................
Jong, ek s? vir jou dat dinge maar kan lol van 600+ en ek dink dat die langer/swaarder goet tog hier meer kan beteken. Sien net dat die afstand en toestande dinge kan deurmekaar kan krap, so hoe meer jy in die loop het hoe beter.

Ek moenie nog so 3keer met sulke roere skiet nie, dit kan bietjie duur word vir my salarissie.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Die "beter" 243Win?

Post by Piet Breedt »

Taffie, ek het vanoggend die loop ingebreek en sommer so oor die chrony geskiet om te kyk watse spoed ek kry, en waar die druk begin wys.

Met 38gr S365 het ek nog n mooi ronde primer sonder enige kraters om slagpen merk gehad, en gemaklik net so rapsie onder die 3500ft/sek gekry. (3476 ft/sek) Dit is egter n kompressed load en ek weet nie of daar ongebrande kruit is nie. Ek sal dit mooi kan sien op die spread as ek once fired doppe gebruik. Dit was met nuwe Lapua doppe.

Met 34gr S355 het ek 3417 ft/sek gekry en met 35gr so 3503 ft/sek. Daar is dan effense verplatting van die slagdop, maar baie min. Daar is nog geen vloei (krater) om die slagpen merk te sien.

Dit lyk my die S355 gaan beter werk.

As hierdie nommertjie werk soos die tabelle wys, gaan hy baie mooi maak in die veldskiet, want daar is bykans geen recoil.
Last edited by Piet Breedt on Sat Dec 10, 2011 5:50 pm, edited 1 time in total.
bullseye

Re: Die "beter" 243Win?

Post by bullseye »

Piet as jy kan probeer cci se br2 primer ook werk vir my goed met s 355. ek is bly jy is tevrede.

groetnis
Ben.
User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by Biker »

Lekker hier al gelees.
Net n vragie aan julle slim manne . Word al die 243 AI patrone so bietjie met die vinger daai vassteeek stukkie in die kamer ingehelp  ??? Myne het n Howa aksie.
Groete Biker
muishond
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 293
Joined: Mon Jan 11, 2010 9:25 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by muishond »

Party keer loop hy mooi en soms n bietjie hakkerig, dan roer ek net die slot vinnig in kort hale voorentoe en agtertoe, maar nie met harde slae nie.
Dit is met die wby vanguard aksie wat identies is met die van die Howa

Muishond
User avatar
Rooies
Hero Member
Hero Member
Posts: 587
Joined: Fri Mar 06, 2009 9:26 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by Rooies »

Muishond

Lyk my die kompetisie is sterk tussen die buurmanne daar bo in die Stormberge ;)

Groete daar by julle
243 Howa]
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi



"Forgive your enemies, but never forget their names."
User avatar
WillemS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Wed Sep 15, 2010 4:30 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by WillemS »

Biker

Ek het ook die Howa aksie en my ackley loop soos stroop! Nog nooit gesukkel met enige voer probleme!

Willem
muishond
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 293
Joined: Mon Jan 11, 2010 9:25 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by muishond »

Rooies

Jy onthou goed. Nou kan ek ook die gisig by die naam sit na die Aliwal skietery.
Dit is maar moeilik om by Biker kers vas te hou, sy ackley is ook vinniger as myne .

Groete daar by jou kant.
Muishond
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by Wouter Roets »

Louis

Ek het vinnig gaan loer ook en ek moet se min goed klop of gee die balans van 243AI. Sy hoogste node in die 28 duim loop met 70gr Sierra's BlitzKings is 3653ft/sek en dan idle hy op 45 000psi met S365 en TPL van 65.5mm. Vir eenvoud van doppe verkryging ens is daar min wat daai logika oortref. Om ding te vererger kan jy met die standaard 243 daai node ook slaan teen 3530ft/sek ook op n drafstappie. Baie van hierdie nuwe kalibers het groter akkuraadheispotensiaal en meeste van die tyd realiseer hulle dit ook wel maar weinig gee die spoed van die oorspronklike.

Manne net so iets interessand. Ek het n paar boeke oor Wildcats en die oorspronklike artikels van die ontwikkelaars. In die artikels is baie keer ongelooflike snelhede behaal en die persone is gesoute herlaaiers wat na al die druktekens kyk van die komponente. Primers en al die tekens wat daaraan gelees kan word, uitsetting op die dop se basis, blowback van die poeier ens. en sonder uitsondering was almal se ladings optimisties gewees toe daai Wildcats se druk werklik getoets was later. Baie van die kalibers wat ons nou oor praat was die waaroor die artikels geskryf was en met latere sukses van die kalibers is hulle vir die eerste keer getoets en toe gevind dat die oorspronklike ladings optimisties was. QL is nie die Alpha en Omega nie maar dem naby met sy voorspellings toe ek hierdie herlaai data van destyds inlees en dit toe toets met die werklike gemete informasie.

Wat ek uit bogenoemde se is dat n mens dink n lading is in die 60000psi klas maar baie keer is hy ver oor en al die tekens wat ons dophou wys dit nie uit nie!

Groetnis
Wouter
Last edited by Wouter Roets on Sun Dec 11, 2011 11:11 pm, edited 1 time in total.
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by Beretta »

Wouter
Dankie vir die inligting watter boeke stel jy voor n mens lees oor die onderwerp
Beretta
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by Louis102 »

Wouter, dankie vir die moeite!

Dat hierdie doppe nie standaard van die geweerwinkel se rak af beskikbaar beskikbaar is nie, het my in die verlede bietjie gepla van hierdie opsie.  Maar ek hoor presies wat jy, Taffie e.a. s? omtrent hierdie opsie.

Groete
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by raychell »

Wouter
Ek het 'n Lyman 47 Herlaai boek wat drukvlakke aandui en het sommer vir interesantheid  .243Win ladings in die quickload gegooi.
Alhoewel die spoed naby is verskil die boek se drukvlakke baie met die van Quickload. Doen ek iets verkeerd?
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by Wouter Roets »

Hallo Raynie

Goed om bietjie van jou weer te hoor. Gaan lees bietjie daar by Ludwig se tutorial oor QL. Weighting factor speel n groot rol. QL kan ook nie n spesifieke loop en kamer demensies in ag neem nie so daar sal maar altyd daai verskille wees.

Beretta die boek waarna ek verwys het was Wildcat Cartriges Vol1&2 as ek reg die titel kan onthou. Die artikels wat daarin verskyn was uitreksels uit Amerkaanse jagtydskrifte oor hierdie kalibers en baie van die artikels dateer uit 1950/60 era. Die meeste herlaaiboeke bespreek die lesing van tekens maar soos ek se elke ou se interpritasie verskil mos maar met die goed en dit is waar hierdie nuwe hulpmiddels geweldig handig inkom.

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by Louis102 »

Kan die QL-fundi's my dalk help.  Speel die groefdraai verhouding 'n groot rol as dit by druk kom?  Ek neem aan 'n stywer groefdraai behoort gouer druk probleme te veroorsaak as 'n slapper groefdraai? Weet nie of dit regtig so is nie, maar ek glo die QL-program gee wel so 'n indikasie?  D.w.s. met die selfde lading behoort 'n 1:8 groefdraai verhouding ho?r druk te gee as 'n 1:14 groefdraai verhouding, of neem ek verkeerd aan?  En wat is die invloed van groefdraai verhouding op spoed, indien die res van die relefante data (bv. koe?l, loop lengte, tpl, lading ens,) die selfde bly?
Goeie dade oortref goeie woorde.
Post Reply