knaldempers

Post Reply
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: knaldempers

Post by Beretta »

Baie dankie ek het ook jou fotos gekry ;D
Beretta
tafjak

Re: knaldempers

Post by tafjak »

Clarence

Ek sal graag wil weet of jy 'n knaldemper sou wou maak wat in die 125mm-lengte omgewing(nie langer nie) is en of dit redelik goed sal werk?

Taffie
theterminator

Re: knaldempers

Post by theterminator »

Taffie

op wat se kaliber wil jy so kort kd opsit,  hoe korter die kd is vir die hoeveelheid gas wat hy moet terughou, hoe meer oneffektief werk dit
tafjak

Re: knaldempers

Post by tafjak »

Clarence

Ek wil dit op 243 sit en gee nie regtig om hoe stil dit is nie, wil die klap/bang wegvat en recoil. Die akkuraatheid is ook uiteraard  belangrik.

Dankie vir die spoedige reply van jou.

Groete

Taffie
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: knaldempers

Post by Christo »

Clarence,

Gooi my ook by Taffie se 243 silencer lus. My ore smeek daarvoor.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: knaldempers

Post by JACQUES BOTHA »

C
Ek het n nuwe silincer van  TERMINATOR op my 25 gesit... wel hys 30 tot 40%sagter as  n ander een... Absoluut die geld werd..en dis n plesier om presies te sien waar jy gooi sonder recoil en die akkuraatheid is beter as voorheen, (ek moet bieg hy is darem oor gepak ook) ook deur n man wat sy storie ken en passie het vir die dinge..Weet net nie of sy naam genoem mag word nie, maar hy is ook op die forum..
groete
jb
knaldemper is deesdae n moet wonder net hoekom die knaldempoer span nie met knaldempers skiet nie?????
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: knaldempers

Post by Christo »

Terminator

Ek word maklik oorreed on goeie goed te koop ( bekostigbaar natuurlik, anners is die wederhelfte boos, en dit wil ons nie h? nie) . Jacques lyk my beveel jou aan. PM my met 'n prys vir een vir 'n 243. Ek sal seker hier iewers iemand moet kry om die loop draad te sny, sommer die "crown" ook weer mooi maak.

Dankie JB ek wag . My mini14 is bietjie siek en toe skiet ek Saterdagaand met die 243. WAT 'N GERAAS SO IN DIE STILLE VAN DIE DONKERTE. AMPER MY DINGES AFGESKRIK VIR MYSELF.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: knaldempers

Post by Janjak »

Christo,
ek kan Jacques sekondeer op daai aanbeveling.
Jy sal nie spyt wees nie.
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: knaldempers

Post by britsman »

Almal,
         Kyk biki op die website van "enclosed barrel suppressors" en anders
The over the barrel suppressor incorporates an extremely effective 3 port muzzle brake and large reflective face. While results vary from calibre to calibre, users can expect half the usual recoil with full power ammunition when a suppressor is fitted.
:http://www.gunworks.co.nz/suppressors.php
      Het iemand nog inligting oor die tipe knaldempers (enclosed barrel suppressors)?
                                Image                                         
    groete,
                 brits
Last edited by britsman on Wed Oct 21, 2009 11:46 am, edited 1 time in total.
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
User avatar
Foxhound
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Wed Jul 15, 2009 11:32 am

Re: knaldempers

Post by Foxhound »

Christo

Ek en n hele paar ban my vriende gooi met terminator silencers,van die ou en nuwe generasie, dit is beslis uitmuntende waarde vir geld en sal dit enige dag vir jou sonder twyfel aanbeveel...

groete uit bloemies

P.S "laat die lood hang"
You miss 100% of the shots you don't take...!!!
User avatar
Foxhound
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Wed Jul 15, 2009 11:32 am

Re: knaldempers

Post by Foxhound »

Ek het nou net vir my 25 'n hartoorplanting laat doen , is ook besig om 'n nuwe [glow=red,2,300]term[/glow] kd op te sit , sal terugvoering gee oor hoe die nuwes op my kettie werk

groete
Foxhound
You miss 100% of the shots you don't take...!!!
User avatar
Felix
Full Member
Full Member
Posts: 107
Joined: Wed Jun 10, 2009 1:43 pm

Re: knaldempers

Post by Felix »

Middag almal

Ek het nou vir my een van Clarence se nuwe model knaldempers op my bonzai laat sit en ek is meer as tevrede!!!! Sy werk is ongelooflik netjies en die reslutate het al my verwagtinge oorskry!

Ek sal terminator knaldempers enige dag aanbeveel!!!!
Vas!
User avatar
Foxhound
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Wed Jul 15, 2009 11:32 am

Re: knaldempers

Post by Foxhound »

Felix ek wag ook vir my nuwe generasie een van Terminator

Kyk eks soos n klein seuntjie voor hy sy eerste bok gaan skiet, ek wil sommer bikki by die bloemfontein chasa skiet saterdag n paar houe gaan gooi met die nuwe KD

laat weet bikki of jy hier gaan wees
You miss 100% of the shots you don't take...!!!
User avatar
Foxhound
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Wed Jul 15, 2009 11:32 am

Re: knaldempers

Post by Foxhound »

JACQUES wrote: C
Ek het n nuwe silincer van  TERMINATOR op my 25 gesit... wel hys 30 tot 40%sagter as  n ander een... Absoluut die geld werd..en dis n plesier om presies te sien waar jy gooi

Manne net om te bevestig soos JB ook op die forum gese het, ek het gister my 25 se nuwe generasie terminator KD opgesit en n hou of 3 gaan gooi,kon toe nie my lus keer nie en het maar n jakkie gaan soek,kry die man sommer toe tussen die ooie met lammers wat nou lam, gestop en jakkie na die plek met die  baie jakkies gestuur, my punt is dus dat die skape nie eens geskrik of weggehardloop het van die skiet na die jakkie nie, gelukkig was jakkie dood, en om mee af te sluit wil ek beaam om te soos JB te se  dat die nuwe Terminator KD werklik , of op die oor 30-40% sagter skiet as die gewone

Groetnis
Foxhound
You miss 100% of the shots you don't take...!!!
GREYHOUND

Re: knaldempers

Post by GREYHOUND »

YES ALMAL
EK  HET SO RUK TERUG OOK N SILENCER LAAT BOU PLAASLIK VIR R2000-00, WAT N MORS VAN GELD SWAAR, HARD ENS TOE HOOR EK VAN TERMINATOR SE DEMPERS EN BESTEL TOE EEN VIR HALFTE DIE PRYS. DIS SOOS DAG EN NAG VERSKIL, 100% BETER, EK RAAI ENIGE IEMAND AAN OM SYNE TE KOOP. THANX TERMINATOR HYS BAIE GRAND.

GREYHOUND
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: knaldempers

Post by Danie01 »

Terminator manne

Ek jammer, ek wil nou nie almal se replies onder hierdie onderwerp van vooraf deurlees nie, wil hoor waar kry mens die Terminators en is daar dalk n foto beskikbaar. Hoeveel prys hulle?

Dankie 
Danie
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: knaldempers

Post by Janjak »

Clarence en die Mpumalanga manne.

Ek het gister gehoor by iemand dat n parkeraad man reken ons mag nie jakkalse (of enige wild) jag met n knaldemper in Mpumalanga nie. Toe ry ek soontoe om mooi te gaan uitvind.
Die ordonansie se jy mag nie wild in Mpu jag met n K/D tensy jy in besit van n spesiale permit is nie en dan moet jy ook skriftelikke toestemming van die grondeienaar he. Jakkalse is egter nie wild nie maar wel n probleemdier. Hulle raak net wild as jy hulle miskiet...... Daa dwaal ek nou weer af.

Ek het het toe sommer aansoek gedoen vir daai spesiale permit en kan hom vandag gaan afhaal. Net vir die wis en die onwis. Dis n maklikke proses, jy sit net al jou besonderhede -adresse, ID, geweer ens op n motifering brief dan maak die vriendelike oom een uit.
As iemand dalk daai stukkie wet wil sien laat maar weet dan stuur ek dit aan.

So moet nie alles glo wat almal kwytraak nie al dra hulle kakie met mooi borduurwerk op.
Ambessa

Re: knaldempers

Post by Ambessa »

Hallo Janjak
Janjak wrote:...sommer aansoek gedoen vir daai spesiale permit en kan hom vandag gaan afhaal...  ...maklikke proses, jy sit net al jou besonderhede -adresse, ID, geweer ens op n motifering brief dan maak die vriendelike oom een uit...  ...stukkie wet wil sien laat maar weet dan stuur aan...
Wat 'n goeie dag vir jou?

Werk dit oral so?

Ambessa
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: knaldempers

Post by Janjak »

Oom Ambessa,

Ek weet nie maar sal probeer uitvind by parkeraad self.
Jaco Bezuidenhout
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 293
Joined: Tue Dec 09, 2008 1:39 pm

Re: knaldempers

Post by Jaco Bezuidenhout »

Almal

Het gestraand met my nuwe Terminator silencer gejag,groep bly dieselfde en hy is n plesier op die oor. Baie dankie Clarece vir dit plus die
ander goed wat jy vir my gedoen het! Sal enige tyd sy produk en diens aanbeveel.

Groete
Jaco
theterminator

Re: knaldempers

Post by theterminator »

HI MANNE

EK PLAAS 'N PAAR FOTO'S VAN TERMINATOR KNALDEMPERS
Image
Image
Image
Image
Image
Ambessa

Re: knaldempers

Post by Ambessa »

Hallo Theterminator
theterminator wrote:...'N PAAR FOTO'S VAN TERMINATOR KNALDEMPERS 
Mooi. Hoe lyk die binnewerke (lengtesnit) sonder om die diep geheime weg te gee?

Ambessa
theterminator

Re: knaldempers

Post by theterminator »

kom kuiers vir my dan wys ek jou
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: knaldempers

Post by Francois Marais »

Oom Am

Dis juis waar die geheim le ;) ;)

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Louis Nel
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 63
Joined: Tue Feb 03, 2009 8:40 am

Re: knaldempers

Post by Louis Nel »

Ek het vir my een van Clarence se nuwe modelle op my 243 gesit. Die klank is defnitief 30 tot 40% minder as my vorige De Aar knaldemper. Ek kan met die grootste vrymoedigheid Clarence se knaldemper aanbeveel. My akkuraatheid is ook beter. Baie dankie Clarence vir jou puik werk op my geweer en jou goeie advies rondom ladings ens.

Groete
Louis
Post Reply